![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 11 of 11 matches in All Departments
Piet van Rooyen bring met hierdie werk twee van sy groot liefdes bymekaar: perdry en lees. Die gedigte in hierdie bundel, telkens gebaseer op tekste uit die wereldletterkunde waarin perde prominent figureer, word uiteindelik klein kamees van uiteenlopende eras, samelewings en ruimtes.
In Gif vind die geheime patrone van die natuur neerslag in die mens se persoonlike stryd om oorlewing en begrip. Die hoofkarakter in hierdie roman gaan 'n weddenskap van 'n honderdduisend rand aan vir 'n wedren te perd oor 'n honderd myl; sonder reels, sonder beperkinge. Gaandeweg word dit duidelik: gif kan net met gif besweer word.
In die afgeleë Sneeuberge van die Oos-Kaap soek ’n groep argeoloë onder leiding van die nimlike professor Attie Vermaak na ’n reeks rotstekeninge: ’n befaamde oorlogstafereel van ruiters en vlugtendes. Groot is hul vreugde toe hulle dié kunswerk na ’n uitmergelende soektog vind. Hulle blydskap is egter van korte duur: ’n gevaarlike groep drosters oorrompel hulle en neem hulle gevange. Onder angswekkende omstandighede deel ekspedisie- en bendelede dieselfde kampeerplek terwyl die bendekaptein wag op verslag deur twee verspieders wat hy na die buitewêreld stuur om ’n losprys te eis. Amatola is Piet van Rooyen op sy beste.
Wanneer dinge te warm raak vir die skatryk Duitse swendelaar Hans-Joachim Kramer, vestig hy hom en sy jong gesin op 'n plaas in Namibie. Hy stel vir Daantjie Weerlig as voorman aan om hom met sy boerdery te help. Kramer pas gou aan by die nuwe land en sy mense, maar vir sy blondekopvrou en hul tweeling raak die ongenaakbaarheid van die nuwe tuiste gou te veel en hulle keer terug Duitsland toe. Wanneer Kramer vir Vaalperd Ses in diens neem, neem sake 'n dramatiese wending. Die nuweling kruis swaarde met Daantjie Weerlig en hy sweer wraak wanneer hy uiteindelik gevra word om die plaas te verlaat. Intussen is 'n lasbrief vir die inhegtenisname van Kramer in Duitsland uitgereik. Die agent wie se taak dit is om Hans-Joachim uitgelewer te kry, betrek die meedoenlose Vaalperd Ses om die Duitser die skrik op die lyf te jaag - met bloedige gevolge. Gou word alles wat vir Kramer kosbaar was hom ontneem, maar dan ontmoet hy 'n jong vrou, Rachel da Silva, wie se wortels stewig geanker is in Afrika-grond ...
Karel Fechter, parkhoof van Etosha, weet goed sy dae is getel. Hy staan in die pad van die nuwe regering se planne vir ontwikkeling en vooruitgang. Met sy Anti-Poaching Unit (APU) probeer hy sy geliefde diere beskerm, onbewus oor hoe die groep oud-soldate sy opdragte uitvoer. In die afgelee ooptes van die park maak hulle 'n wildstroper wreed dood. Die wildstroper is die hoofman van 'n Himba-stam en Justus Tjambiro se pa. Die renosterhoring wat hy laat val terwyl hy vlug, moes betaal vir sy seun se universiteitsopleiding. Justus keer terug uit die stad om sy pa op te spoor. Wanneer hy sy pa se lyk vind, neem hy hom voor om hom te wreek op die man wat die APU's beheer - Karel Fechter. Hy kry uiteindelik sy kans wanneer Fechter se APU's ontbind word en verban word na ’n afgelee plaas. Fechter word met die APU's verbind en hy vlug uit aanhouding om hom noodgedwonge aan te sluit by die APU's. Justus (nou Justice) werk vir Nasionale Intelligensie en word aangese om Fechter op te spoor.
Sentraal in hierdie spanningsroman is 'n klomp dolfyne wat gedurende die Koue Oorlog deur Rusland gebruik is om sabotasiewerk te doen. 'n Suid-Afrikaanse dieresielkundige, ene Anton Dreyer, word, in die huidige klimaat van demokrasie en diereregte, gehuur om hierdie dolfyne te deprogrammeer - hulle mag nie van kant gemaak word nie, hulle moet hul nare streke afleer. Hy werk saam met 'n pragtige Russiese dolfynafrigter, Sasja. Daar is uit die staanspoor ‘n erotiese spanning tussen hulle en dit word weldra 'n vuurwarm verhouding. Die paar kom egter te staan teen 'n misterieuse booswig, ene Edelweiss, wat van die dolfyne steel om aan vermaaksentra wereldwyd te verkoop. Edelweiss se boot is die Jan Wandelaar, 'n moderne variant op die Vliegende Hollander, die vervloekte spookskip wat glo storms om die Kaap veroorsaak. Hy lei Anton en Sasja onder meer deur allerhande letterkundige leidrade in 'n doolhof van gevaar, waansin en uiteindelike ondergang. Dit is 'n apokaliptiese roman waarin elke teer moment besmet is met iets dreigends. Selfs Anton se aangetrokkenheid tot Sasja het wesenslik iets te make met sy onbewuste doodsverlange, sy sluimerende behoefte om saam met die dolfyne weg te sink in die oneindige vegetelheid van die diepsee, om hom oor te gee aan die begin en einde van alles, aan die oermoment toe alles nog water was.
|
You may like...
Leading for Differentiation - Growing…
Carol Ann Tomlinson, Michael Murphy
Paperback
Chemistry as a Second Language…
Charity Flener Lovitt, Paul Kelter
Hardcover
R2,722
Discovery Miles 27 220
The Pendulum - A Case Study in Physics
Gregory L. Baker, James A. Blackburn
Hardcover
R3,739
Discovery Miles 37 390
|