0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (3)
  • R100 - R250 (5)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 8 of 8 matches in All Departments

Kolossense Bybelstudie (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe): Riekert Botha Kolossense Bybelstudie (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe)
Riekert Botha
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) In Stock

Is Jesus regtig wie Hy gesê het Hy is? Die dilemma waarmee die gemeente in Kolosse geworstel het, eggo vandag nog in die kerk en wêreld.

In Kolossense – ’n Bybelstudie ondersoek Riekert Botha die identiteit van Christus in ’n vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense. Paulus het aan die gemeente in Kolosse geskryf om die waarheid omtrent Jesus Christus te bevestig sodat hulle enige misleiding deur vals leraars sou kon herken. Die 8 studies gee agtergrond oor Paulus se verhouding met die gemeente, asook die redes vir sy brief aan hulle. Elke hoofstuk eindig met vrae en aan die einde van die Bybelstudie is daar ’n diagram om meer as 25 eienskappe van Jesus wat in die brief voorkom, in te vul. Daar is ook ’n blokkiesraaisel met die name van die persone wat in die brief genoem word. Hierdie Bybelstudie is vir groepe of individue.

• 8 Studies oor die identiteit van Jesus Christus vir groepe en individue.
• ’n Vers-vir-vers-bespreking van die Bybelboek Kolossense met besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf.
• Sluit ’n diagram in waarop die 25 eienskappe wat Christus se identiteit beskryf, ingevul kan word, asook ’n blokkiesraaisel oor die name van die persone wat in die brief genoem word.
• Skrywer van die bekende Pleisters vir die siel-reeks.
• Hersiene uitgawe met nuwe buiteblad.

Ek Is Tot Alles In Staat (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Ek Is Tot Alles In Staat (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Riekert Botha neem lesers in Ek Is Tot Alles In Staat: Deur Hom Wat My Krag Gee: 10 Studies Oor Die Boek Filippense deur die vreugde-brief Filippense en daag elkeen uit om die ware betekenis van dié bekende boek te ontdek.

Dié bekende skrywer breek Filippense in 10 studies op om te sien wat die boodskap van die boek is. Eerstens word daar gekyk vir wie die boek oorspronklik geskryf is en wat die boodskap vir hulle was. Dan kan die leser uitvind wat hierdie boek vir hom of haar persoonlik sê. Ons omstandighede is vandag anders as die eerste lesers van die brief s’n, maar God se boodskap bly dieselfde deur al die eeue heen.

Groot gedeeltes Bybelteks uit die NLV in Ek is tot alles in staat sorg vir maklike naslaan.

Efesiërs: 'n Bybelstudie - 8 Studies (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Efesiërs: 'n Bybelstudie - 8 Studies (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Sien jy ook soms oral waar jy kyk net afgodery, geldgierigheid en vyandigheid teenoor Christene? Is jy bewus van ’n intense geestelike oorlog en wil jy soms net moed opgee? Dis wat die Bybelse gelowiges in die stad Efese ook beleef het! Paulus deel dan sy boodskap met hulle oor die kragtigste wapen om in moeilike tye staande te bly.

Hierdie vers-vir-vers-Bybelstudie oor Efesiërs deur Riekert Botha vestig jou aandag op God se allesoortreffende liefde vir elkeen wat in Christus glo. Ontdek dat dit jou identiteit in Christus is wat jou in staat stel om staande te bly wanneer chaos en vyandskap jou wil onderkry.

Aan die einde van die agt studies is daar verdere vrae om te besin oor die dorp of stad waar jy bly en hoe jy kan meewerk om die evangelie in jou gemeenskap uit te dra.

• Vers-vir-vers-bespreking van Efesiërs vir groepe en individue
• Besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf
• Vrae aan die einde om jou dorp/stad te evalueer vir moontlike evangelisasiewerk
• Relevante tema vir gelowiges vandag
• 120 bladsye

Wees Oor Niks Besorg Nie (Afrikaans, Hardcover): Riekert Botha Wees Oor Niks Besorg Nie (Afrikaans, Hardcover)
Riekert Botha
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Is jy op soek na vrede? ’n Kalm oomblik te midde van die chaos? Voel dit of selfs één dag sonder bekommernisse eenvoudig buite jou bereik is?

Riekert Botha se raad om ons woeste wêreld te navigeer, is reguit: Fokus op Jesus. Wanneer jou hele lewe op Hom gefokus is, word jou visie helder, jou prioriteite duidelik en onmoontlike situasies hanteerbaar. Jy kan rus in die wete dat Jesus jou krag is en dat Hy al is wat jy nodig het. Hý is jou stilte in die storm.

Wees oor niks besorg nie is ’n treffer-dagboek met 366 dagstukke wat jou sal lei om elke dag daarop te fokus om Jesus, jou Verlosser, beter te leer ken sodat jy kan groei in ’n meer volwasse volgeling wat ook vir die wêreld sal wys hoekom Jesus ook die antwoord op húl soeke na vrede is.

Openbaring Ontsluit - ?n Verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha Openbaring Ontsluit - ?n Verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha 1
R179 R165 Discovery Miles 1 650 Save R14 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hoeveel mense het al Openbaring gelees en álles verstaan? Tog sê Riekert Botha Openbaring kán verstaan word. Die sleutel lê in een spesifieke vraag: "Wat het Openbaring beteken vir die eerste mense aan wie dit geskryf was?"

Riekert kyk in Openbaring ontsluit na die volgende aspekte wat vorm gee aan hierdie Bybelboek:

• Wie was die oorspronklike ontvangers van die boodskap?
• Wat was die omstandighede waarin hulle geleef het?
• Watter spesiale behoeftes of sake het moontlik aanleiding gegee tot die skrywe van die boek?
• Wat was God se boodskap aan daardie mense in daardie tydvak en spesiale omstandighede?

Riekert bespreek dan die boodskap aan die sewe gemeentes en die sewe visioene in Openbaring teen hierdie agtergrond.

Openbaring ontsluit bied ’n verrassende, vars perspektief op die laaste boek in die Bybel. Dit is ideaal vir elkeen wat ’n verstaanbare uitleg van Openbaring wil hê.

Sielsgedagtes (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Riekert Botha Sielsgedagtes (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Riekert Botha
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

’n Hele jaar se dagstukkies van bekende skrywers nou saam in een Bybeldagboek, soos die uitgesaai is op RSG.

Sukkel jy ook om te hoor wat die Here se wil vir jou lewe is? Die geraas van die wêreld maak dit moeilik om stil te word en te luister. Daar is so baie stemme wat aandring op jou aandag – jou huweliksmaat, jou kinders, kollegas, sosiale media...

Wanneer jy so oorweldig word, hoor jy nie meer God se Stem nie. Sonder hierdie konneksie met jou Skepper, voel ’n mens alleen en sonder hoop, toegegooi met probleme en frustrasies.

Die 44 skrywers in hierdie Bybeldagboek wil jou daarom elke dag, ’n hele jaar lank verseker dat innerlike vrede en geluk ook vir jou bedoel is. Soos wat hulle stemme oor die radio gehoor is, sal hulle jou leer om weer die belangrikste Stem uit die hemel te hoor.

Sielsgedagtes bied jou...

- Riglyne vir jou dag – alles van geld tot kinders grootmaak, werk tot ontspanning, goeie gewoontes tot standvastige vriendskappe

- Insig oor aktuele kwessies waaroor gelowiges vrae het

- Beloftes waaraan jy kan vashou wanneer swaarkry oor jou pad kom

- Wyshede en inspirasie uit die pen van Riekert Botha, Stephan Joubert, Piet Smit, Johan Smit, Elza Meyer, Louis Brittz, Retief Burger en ander gewilde predikers van RSG se oggendprogram

- ’n Alternatiewe grootdruk uitgawe vir makliker lees.

Jy kan die oordenkings lees voor jy met ’n nuwe dag begin. Of jy kan hulle gebruik wanneer jy terugkyk na ’n dag wat verby is. Jy sal telkemale ontdek dat God met jou praat.

Wanneer Seerkry En God Se Koninkryk Ontmoet (Afrikaans, Paperback): Riekert Botha, Albert Theron Wanneer Seerkry En God Se Koninkryk Ontmoet (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha, Albert Theron
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R122 Discovery Miles 1 220 Ships in 4 - 6 working days

Vind vreugde en genesing in saamwees met ander gelowiges.

Besef jy dat die gemeenskap van gelowiges God se skepping is en nie deur mense uitgedink is nie?

Riekert Botha en Albert Theron daag jou in Wanneer seerkry en God se koninkryk ontmoet uit om eers te vergeet wat jy “weet” van gemeentes. Gaan terug na die kern van die saak en ontdek hoekom God gemeentes geskep het. Besef dat dit Sy eiendom is en ook die draers van Sy lig en waarheid in die gemeenskap. Dan sal jy weer opnuut die vreugde en genesing in die saamwees met gelowiges ontdek wat jou sal help om te groei en te ontwikkel in Christus – die Een waarop jou fokus moet wees.

Wanneer seerkry en God se koninkryk ontmoet se praktiese aanslag sal jou veilig laat voel in die geborgenheid van die eenheid wat God daargestel het.

Pleisters vir verhoudings - Uit die pen van die skrywer van pleisters vir die siel soos uitgesaai in Brekfis met Derrich op RSG... Pleisters vir verhoudings - Uit die pen van die skrywer van pleisters vir die siel soos uitgesaai in Brekfis met Derrich op RSG (Afrikaans, Paperback)
Riekert Botha
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 6 working days

Wie het nog nie gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie? Die saal is stil. "Miskien het jy my nie reg verstaan nie. Ek wil weet wie hier teenwoordig het nog nooit gehoor dat ons mekaar moet liefhe nie?" Geen hande gaan op nie. Hier en daar is 'n skalkse glimlag sigbaar. "Hiermee aanvaar ek dan dat ons almal dit al gehoor het." Qui tacet consentire videtur. Die stilte was die antwoord. "Waarom is hierdie dan steeds die grootste krisis in ons lewe?" Hierdie situasie speel hom telkemale voor gehore af waar ek genooi word om te praat. Ons is gelowiges met 'n ywer vir God, maar met stukkende, geskeurde verhoudings. Het Jesus dan nie juis gekom om dit te kom herstel nie? Wat is fout? Dis ons almal se krisis. Hierdie boek is nie soseer 'n lesing in die dinamika van verhoudings nie, as wat dit 'n belydenis en 'n getuienis is. Is dit nie vreemd dat die meeste van ons eers besef hoe belangrik hierdie saak in ons lewe is as ons aan die bloeikant daarvan staan nie? Kan 'n mens regtig goeie verhoudings he? Selfs met taxibestuurders, politici, misdadigers en teenstanders? En met jou vrou of man of kinders? In hierdie boek se ek hard en duidelik: Ja! Maar dit kos meer as 'n motiveringspraatjie om dit te bewaarheid. My leermeesters op hierdie pad is by uitnemendheid my vrou en kinders en ouers. Hulle word bygestaan deur my vriende, mede-gemeentelede, mede-inwoners op die dorp en vyande. Ek leer by diegene wat my opbou en diegene wat my seermaak. Maar die dekaan van hierdie lewensuniversiteit is Jesus Christus self. Hy is die beste en die kundigste. Dis 'n fees om by Hom en die res van die "fakulteit" te leer wat regtig belangrik in die lewe is. Mag jy saam met my hierin feesvier en leer, want miskien ontmoet ons mekaar more in die straat...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Complete Works of Henry Wadsworth…
Henry Wadsworth Longfellow Paperback R535 Discovery Miles 5 350
The Butler
Danielle Steel Paperback R394 Discovery Miles 3 940
Six Years With Al Qaeda - The Stephen…
Tudor Caradoc-Davies Paperback R307 Discovery Miles 3 070
The Boat Runner
Devin Murphy Paperback R414 Discovery Miles 4 140
The Girl Who Takes An Eye For An Eye…
David Lagercrantz Paperback  (6)
R248 Discovery Miles 2 480
Kamei Cutting Dies - Circle Lace Round…
R110 R88 Discovery Miles 880
Kamei Cutting Dies - Xmas Tree (92 x…
R134 R107 Discovery Miles 1 070
Kamei Cutting Dies - Xmas Reindeer (36 x…
R40 R32 Discovery Miles 320
Apostle Lodge
Paul Mendelson Paperback  (1)
R459 R198 Discovery Miles 1 980
The List
Barry Gilder Paperback R294 Discovery Miles 2 940

 

Partners