0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
Status
Brand

Showing 1 - 21 of 21 matches in All Departments

Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik Groener Aan Die Ander Kant? (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik Groener Aan Die Ander Kant? (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R220 R197 Discovery Miles 1 970 Save R23 (10%) Ships in 5 - 10 working days

Moet ek bly of emigreer? Is hier plek vir my in Suid-Afrika?

Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Ons het dan minder keuses om te maak omdat ons al daardie selfsugtige keuses van die tafel af vee. Morele keuses organiseer ons opsies beter in verskillende kompartemente vanaf eties tot oneties, en vanaf nuttig tot nutteloos. 

Ons wil hê ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons gedurig goeie keuses. Ons maak morele keuses - ook wanneer ons reis-en-verblyf keuses maak.

Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Leierskap 101 - Toekomsgerigte Realiteite Vir Innoverende Leiers (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith
R169 R156 Discovery Miles 1 560 Save R13 (8%) In Stock

In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag?

In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg.

Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.

Mini-Oordenkings Oomblikke van Hoop (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Mini-Oordenkings Oomblikke van Hoop (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R59 R55 Discovery Miles 550 Save R4 (7%) Ships in 4 - 8 working days

Soms is dit maklik om te sien hoe God in jou lewe aan die werk is, en ander kere het ’n mens ’n anker van hoop nodig.

Mini-oordenkings: Oomblikke van hoop se 180 kort, kragtige dagstukke nooi vroue om stil te word by God en opnuut hoop te vind in Hom. Die dagstukke fokus op hedendaagse kwessies soos gebedstye, tevredenheid, tydsbestuur en verhoudings. Dit sal jou verhouding met God verinnig en jou die moed gee om elke dag aan te pak in die wete dat Hy by jou is en jou liefhet.

Dit is die ideale grootte om oral met jou saam te dra sodat jy enige plek en enige tyd kan stilword by God.

• 180 kort, kragtige dagstukke vir vroue
• 184 eenkleur-bladsye
• Sakpas-grootte
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Mini Devotions: Meaningful Moments with God

12 Sleutels Tot Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback): Dirkie van der Spuy 12 Sleutels Tot Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback)
Dirkie van der Spuy; Bennie Mostert, Johan Smith, Stephan Joubert
R199 R183 Discovery Miles 1 830 Save R16 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Baie gelowiges hunker na ’n inniger verhouding met God en wil graag geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die fondament van elke volgeling van Christus se
geloofslewe moet lê:

  • Geloofsekerheid
  • Groei
  • Gehoorsaam
  • Groepe

  • Gawes
  • Getuig
  • Genade
  • Gebed

  • Gaan
  • Gee
  • Genesing
  • Gesin

12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar is so saamgestel dat ’n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as ’n handboek gebruik word vir kleingroepe.

Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Die Sakpas-Bybel met Oordenkings vir Mans (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Die Sakpas-Bybel met Oordenkings vir Mans (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) Ships in 4 - 8 working days

As die hoof van die huis wat ook nog werkstres moet hanteer, kan dit soms vir jou voel of jy die hele wêreld op jou skouers dra. Maar jy is nie alleen nie. God is reg langs jou.

Die sakpas-Bybel met oordenkings vir mans bevat 366 daaglikse gedagtes wat jou sal help om die daaglikse eise van die lewe te verruil vir God se vrede namate dit jou leer om sterk te staan in jou geloof. Elke dag bevat ’n versameling kernverse uit die Skrif en ’n kort oordenking oor temas soos spanning, gesin, finansies, leierskap, sukses en wysheid. Daar is ook ’n tematiese indeks om maklik antwoorde te kry oor kwessies waaroor jy wonder.

?n Hart Soos Jesus s?n - 365 Dagstukke vir Elkeen Wat Voluit in Jesus Se Voetspore Wil Stap (Afrikaans, Paperback): Stephan... ?n Hart Soos Jesus s?n - 365 Dagstukke vir Elkeen Wat Voluit in Jesus Se Voetspore Wil Stap (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R279 R257 Discovery Miles 2 570 Save R22 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Hang die wolke van vrees en hooploosheid swaar rondom jou kop? Voel jy moedeloos oor alles wat om jou uitmekaarval?

Hierdie 365 dagstukke van Stephan Joubert nooi jou om in Jesus se voetspore te volg en sy hartklop van naby te leer ken. Leer om nie vas te val in niksseggende idees oor godsdiens of jou blind te staar teen alles wat verkeerd is nie. Sien die mense en plekke raak waar God se lig die duisternis kan laat verdwyn. Volg Jesus met alles in jou waar jy jou op jou daaglikse roetes bevind en word ’n voltydse geloof-doener. Met ’n hart soos Jesus s’n sal jy hoop en lig in ’n stikdonker wêreld bring.

Elke dagstuk van ’n Hart soos Jesus s’n bevat ’n kort teksvers en inspirerende oordenking propvol geestelike aanmoediging.

• Bekroonde topverkoper-skrywer
• 365 vernuwende oordenkings met ’n teksvers vir elke dag
• Wenke vir praktiese uitlewing van geloof

Ontsluit die Bybel - ?n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Ontsluit die Bybel - ?n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R599 R539 Discovery Miles 5 390 Save R60 (10%) Ships in 4 - 8 working days

Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95 studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.

Deel 1 van hierdie boek bespreek: “Hoe verstaan en gebruik ons die Bybel reg?” Daarna volg die fokus op die Bybel self in Deel 2 (Ou Testament) en Deel 3 (Nuwe Testament). Die Ou en Nuwe Testament word vir die leser uitgelê deur die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke Bybelboek te bespreek. Dit word afgerond deur ’n verklarende uitleg van sekere kerngedeeltes.

Ontsluit die Bybel begelei die leser in meer as 160 studies om self dieper te delf ten einde die onderskeie Bybelboeke se teologie, opbou, inhoud, doel, verhaalgang en styl te verstaan.

• Bybelstudie ideaal vir groepe of individue.
• 160 studies oor die Ou en Nuwe Testament
• Fokus op die ontstaansituasie, opbou, hooffigure en/of hooftemas van elke boek

Ontsluit die Bybel sal lesers uitdaag om die Bybel boek vir boek dieper te leer ken deur konteks te gee waarmee hulle dan groot vraagstukke kan deurdink en dieper betekenisse kan ontdek - op hul eie of saam met ander.

Perspektief op die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Perspektief op die Heilige Gees (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R79 R73 Discovery Miles 730 Save R6 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Kom stap saam met Stephan Joubert in die Bybelstudie Perspektief op die Heilige Gees op die spoor van God se spesiale Helper en ontsluit ’n waarlik Geesvervulde lewe.

Die 10 studies in hierdie Bybelstudie draai om temas rakende die werking van die Heilige Gees, soos: vol van die Heilige Gees, dra vrug wat die Gees verheerlik, getuies van die Heilige Gees en die Gees maak regtig vry. Stephan Joubert wil lesers herinner aan die hemelse hulp wat ons in ons moeilikste tye kan kry en mense se aandag op die wonders van die Gees vestig.

Elk van die 10 studies sluit af met ’n kort samevatting wat die kernwaarhede van die spesifieke gedeelte saamvat.

Perspektief op die Heilige Gees is ideaal vir individuele of groepstudie en sal lesers lei tot ’n Geesvervulde lewe.

Verander Jou Kop, Verander Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Verander Jou Kop, Verander Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R99 R91 Discovery Miles 910 Save R8 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Besef jy regtig hoe waar die woorde “wat jy dink, bepaal wie jy is” is?

Die mens se brein is ’n fassinerende orgaan wat ons lewe kan verander en groei. In Verander jou kop, verander jou lewe wys Stephan Joubert aan die hand van die jongste navorsing oor die brein:

• mans en vroue verskil inderdaad van mekaar
• kreatiwiteit neem nie af soos jy ouer word nie
• negatiewe omstandighede is sleg vir jou brein
• jou brein is in staat om deurlopend nuwe, beter paadjies te lê
• en vele meer

Navorsing toon ook dat die mens se brein op so ’n unieke manier saamgestel is dat dit inderdaad bedraad is vir godsdiens. Saam met die brein se kapasiteit vir analitiese denke of wiskundige berekening het dit ook ’n ingeboude vermoë om God te ervaar.
Verander jou kop, verander jou lewe sal jou geïntegreerd laat nadink oor jou geloof as ’n verhouding met God wat nie net jou hart nie, maar jou hele menswees insluit.

God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R129 R119 Discovery Miles 1 190 Save R10 (8%) Ships in 4 - 8 working days

“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.

Op sy unieke manier doen Stephan Joubert ’n diepgaande ondersoek na hierdie vraag om vas te stel hoe ons nou al God se wil kan ken. Die boek is verdeel in twee dele:

• Deel 1 is 9 hoofstukke waarin Stephan onder andere kyk na die misterie van God se wil, Jesus as die gesig van God se wil, reëls oor God se wil en vensters op God se wil.
• Deel 2 is 31 Bybelstudies, vir individue of groepe, wat die verskillende fasette van God se wil bekyk, waaronder: Verander God se wil my in ’n robot?, Mag ek vrae vra oor God se wil? en vele meer.

God se wil vir jou lewe wys dat God se wil vir ons duidelik in die Bybel gegee word en dat ons dus nie tot ons dood hoef te wag om dit te verstaan nie. Dit is moontlik om elke dag in blydskap en volkome binne God se wil te leef.

Gereed vir Vandag (Afrikaans, Hardcover): Stephan Joubert Gereed vir Vandag (Afrikaans, Hardcover)
Stephan Joubert
R249 R229 Discovery Miles 2 290 Save R20 (8%) Ships in 4 - 8 working days

Jou program is oorvol. Jy het skaars energie vir jou werk. Hoe kan jy nog elke dag vir Christus leef en sy teenwoordigheid in jou lewe ervaar?

Om in hierdie chaotiese tyd vas te hou aan jou geloof, verg die regte ingesteldheid en fokus. Die wêreld gaan jou beslis nie hiermee help nie – inteendeel.

In Gereed vir vandag wys Stephan Joubert jou in 365 dagstukke hoe ’n paar eenvoudige besluite jou denke kan teruglei na die eenvoudige Bybelse opdragte van vertroue, dankbaarheid, liefhê en respek. Deur hierdie en ander beginsels in jou dag-tot-dag-lewe toe te pas, word jou las ligter, die waarheid duideliker en ’n lewe van diens haalbaar.

Jy sal vryer kan asemhaal en elke dag aandurf met die krag en moed wat slegs van God af kom.

Draers Van Die Lig - 200 Oordenkings Vir Vandag (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert, Johan Smith Draers Van Die Lig - 200 Oordenkings Vir Vandag (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert, Johan Smith 1
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Draers Van Die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith.

Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die wêreld vandag te wees.

Paul as Benefactor (Hardcover): Stephan Joubert Paul as Benefactor (Hardcover)
Stephan Joubert
R1,203 R1,006 Discovery Miles 10 060 Save R197 (16%) Ships in 18 - 22 working days
Meaningful Moments With God (Paperback): Stephan Joubert Meaningful Moments With God (Paperback)
Stephan Joubert
R59 R55 Discovery Miles 550 Save R4 (7%) Ships in 4 - 8 working days

When times are tough, it's helpful to take time out to count your blessings and spend quality time with God. Sometimes, it's easy to see how God has been at work in your life; other times, it takes some reflection.

Mini Devotions: Meaningful Moments with God features 180 short yet powerful devotions that invite you to grab a cup and settle in to spend quiet, meaningful moments with God. The devotions cover real-life issues such as setting aside time for prayer, finding contentment in a hurried world, managing a busy schedule, and showing respect and kindness to others. This devotional is sure to deepen your relationship with the Lord, giving you the courage to face the challenges of each new day.

It fits perfectly in any pocket or bag, allowing you to pause, reflect and spend time with God anywhere and at any time.

Pocket Bible Devotional For Men: Stephan Joubert Pocket Bible Devotional For Men
Stephan Joubert
R189 R174 Discovery Miles 1 740 Save R15 (8%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Being the head of the home and holding down a job can make you feel like you’re carrying the world on your shoulders. But you are not alone. God is right there with you.The Pocket Bible Devotional for Men features 366 daily readings that will help you trade in the pressures of life for God’s peace as you learn to stand strong on the foundation of faith. Each day includes a collection of key Scripture verses and a short devotional thought on relevant topics such as anxiety, family, finances, leadership, success and wisdom. A thematic index is included so you can easily look up topics in order to find the answers you are looking for.

Vat die Regte Pad - Jesus s'n (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Vat die Regte Pad - Jesus s'n (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R195 Discovery Miles 1 950 Ships in 2 - 4 working days

Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland. Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.

Hierdie boek is nie die groot antwoord op dissipelskap in drie maklike stappe nie. Jy gaan definitief nie hier tien beproefde resepte vir suksesvolle Christenwees, of so iets, raakloop nie. Maar dit wil wel saam met jou reis na ’n paar onontdekte skatte in die Here se skatkamers. Dit wil die “las van gewone gelowiges soos ek en jy se skouer aflig om (buiten-)gewone lewens tot eer van die Heer te leef. Net dit.

In Die Teenwoordigheid Van Die Allerhoogste - 'n Jaar Van Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert In Die Teenwoordigheid Van Die Allerhoogste - 'n Jaar Van Geestelike Groei (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand. Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde wêreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg!

Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram.

Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.

'n Lewe Voor God (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert 'n Lewe Voor God (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R318 Discovery Miles 3 180 Ships in 2 - 4 working days

'n Lewe voor God bestaan uit 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Stephan help ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van alledaagse temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.

Paul as Benefactor (Paperback): Stephan Joubert Paul as Benefactor (Paperback)
Stephan Joubert
R754 R658 Discovery Miles 6 580 Save R96 (13%) Ships in 18 - 22 working days
Jesus - Radical, Righteous, Relevant (Paperback): Stephan Joubert Jesus - Radical, Righteous, Relevant (Paperback)
Stephan Joubert; Foreword by Nelus Niemandt
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R159 Discovery Miles 1 590 Ships in 2 - 4 working days

Jesus - Radical, Righteous, Relevant invites readers to think in a radically different way about Jesus by exploring where exactly He fits into Christianity, the church and their lives.

Author Stephan Joubert unlocks readers' minds with a refreshing approach that enables them to determine where they belong in God's kingdom, His church and His world.

Jesus - Radical, Righteous, Relevant guides readers to realize that Christians attach so much value to a church culture, and have adapted the gospel to such an extent, that Jesus has been pushed to the background.

Jesus - Radical, Righteous, Relevant is an open invitation to think differently about the Messiah, to follow in Jesus' footsteps and experience Him as never before.

Die geheime van effektiewe gebed (Afrikaans, Paperback): Stephan Joubert Die geheime van effektiewe gebed (Afrikaans, Paperback)
Stephan Joubert
R290 R230 Discovery Miles 2 300 Save R60 (21%) Pre-order

Baie gelowiges voel soms asof God slegs sommige van hulle gebede verhoor, en ander nie. Of dalk voel dit selfs asof jou gebede nooit beantwoord word nie, terwyl dit lyk asof ander mense sonder faal antwoorde en resultate ontvang wanneer hulle bid. Baie kinders van God voel moedeloos oor hul gebedslewe en wonder dikwels, “Bid ek reg? Waarom voel dit partykeer asof my gebede nie verder as die plafon gaan nie?” Jesus sê dan in Matteus 7:7, “Bid, en vir julle sal gegee word ...”

Hierdie is eeueoue vrae wat meeste gelowiges hulself al gedurende hulle wandel met die Here afgevra het. Is dit omdat God meer vir ander omgee as vir jou, of dalk net sekere geheime gebede verhoor wat jy nie van kennis dra nie? En indien dit die geval is, waarom dan bid as God reeds besluit het of Hy gaan antwoord, of nie. Die vraag is egter: Weet jy wat God van jou verwag wanneer jy bid?

In Die geheime van effektiewe gebed ondersoek en beantwoord Stephan Joubert hierdie vrae en meer, en lei die leser op ’n heerlike en interessante ontdekkingsreis deur Habakuk in die Woord waar die geheime van effektiewe gebed gevind kan word. In hierdie gebedsgids sal jy die sleutels ontdek van hoe om waarlik volgens God se wil te bid, Hom in die proses te eer en te verheerlik, en jou daaglikse kommunikasie met Hom na nuwe vlakke van vreugde en vervulling te neem.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
OS X Mountain Lion
David Pogue Paperback  (1)
R1,057 R936 Discovery Miles 9 360
Maped Smiling Planet 16cm Shaped…
R87 Discovery Miles 870
OS X Exploits and Defense - Own…
Paul Baccas, Kevin Finisterre, … Paperback R1,278 Discovery Miles 12 780
SDS 210mm Sabre Deluxe Soft Grip…
R481 R385 Discovery Miles 3 850
Radio Frequency Transistors - Principles…
Norman Dye, Helge Granberg Paperback R1,750 Discovery Miles 17 500
Real World Modo: The Authorized Guide…
Wes Mcdermott Hardcover R4,937 Discovery Miles 49 370
Sensors and Transducers
Ian Sinclair Hardcover R1,649 Discovery Miles 16 490
Machine Learning Techniques for Adaptive…
Chia-Hung Wei Hardcover R4,605 Discovery Miles 46 050
Numerical Control: Part B, Volume 24
Emmanuel Trelat, Enrique Zuazua Hardcover R4,968 Discovery Miles 49 680
Intelligent Technologies for Internet of…
Naercio Magaia, George Mastorakis, … Hardcover R1,724 Discovery Miles 17 240

 

Partners