![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 23 of 23 matches in All Departments
Moet ek bly of emigreer? Is hier plek vir my in Suid-Afrika? Ons moet ons besluite as morele keuses benader. Ons het dan minder keuses om te maak omdat ons al daardie selfsugtige keuses van die tafel af vee. Morele keuses organiseer ons opsies beter in verskillende kompartemente vanaf eties tot oneties, en vanaf nuttig tot nutteloos. Ons wil hê ons lewens moet iewers tel, daarom maak ons gedurig goeie keuses. Ons maak morele keuses - ook wanneer ons reis-en-verblyf keuses maak.
Being the head of the home and holding down a job can make you feel like you’re carrying the world on your shoulders. But you are not alone. God is right there with you.The Pocket Bible Devotional for Men features 366 daily readings that will help you trade in the pressures of life for God’s peace as you learn to stand strong on the foundation of faith. Each day includes a collection of key Scripture verses and a short devotional thought on relevant topics such as anxiety, family, finances, leadership, success and wisdom. A thematic index is included so you can easily look up topics in order to find the answers you are looking for.
Baie gelowiges hunker na ’n inniger verhouding met God en wil graag
geestelik meer groei. In 12 Sleutels tot geestelike groei span vier
bekende outeurs saam om vir gelowiges 12 Skrifbeginsels te gee wat ons
geloofslewe moet kenmerk. Dit is Skrifbeginsels wat God wil hê aan die
fondament van elke volgeling van Christus se
12 Sleutels tot geestelike groei is ideaal vir persoonlike studie, maar is so saamgestel dat ’n mens groter waarde daaruit sal kry as dit as ’n handboek gebruik word vir kleingroepe. Met die deurwerk van hierdie Bybelstudie sal lesers wonderlike groei en geestelike verryking ervaar. Dit sal hulle ook aanmoedig om die Woord beter te leer ken en meer vrug te dra in die Koninkryk.
Soms is dit maklik om te sien hoe God in jou lewe aan die werk is, en
ander kere het ’n mens ’n anker van hoop nodig.
Besef jy regtig hoe waar die woorde “wat jy dink, bepaal wie jy is” is?
Ontsluit die Bybel: ’n Omvattende Studie oor die Ou en Nuwe Testament
is ’n omvattende Bybelreis van Genesis tot Openbaring deur Stephan
Joubert en Leonard Maré. Dié Bybelstudie sal soekendes help om dieper
te delf in die kosbare waarhede van die Skrif en sodoende nuwe insigte
te ontdek op hulle pad na geestelike groei. Ontsluit die Bybel bied 95
studies oor die Nuwe Testament en 71 studies oor die Ou Testament.
Kom stap saam met Stephan Joubert in die Bybelstudie Perspektief op die
Heilige Gees op die spoor van God se spesiale Helper en ontsluit ’n
waarlik Geesvervulde lewe.
Hang die wolke van vrees en hooploosheid swaar rondom jou kop? Voel jy
moedeloos oor alles wat om jou uitmekaarval?
“Moet ek eers wag tot ek dood is voordat ek God se wil verstaan?” So
begin Stephan Joubert sy boek God se wil vir jou lewe.
Jou program is oorvol. Jy het skaars energie vir jou werk. Hoe kan jy
nog elke dag vir Christus leef en sy teenwoordigheid in jou lewe ervaar?
In ’n wêreld wat nooit ophou verander nie, moet suksesvolle leiers ook deurgaans die koers aanpas en veranderinge aanbring. Dit wat gister gesorg het vir sukses, werk nie meer vandag nie. Maar hoe lyk suksesvolle leierskap vandag? In Leierskap 101 bespreek Stephan Joubert en Johan Smith 101 aspekte van hoe leierskap vandag lyk. Hierdie unieke blik op leierskap bevestig dat leiers God se gestuurde dienaars is. Deur te kyk na sake soos integriteit, visie, leierskap in die kerk en gehoorsaamheid wys hulle dat leierskap nie ’n lyding hoef te wees nie, maar ’n heerlike en vervullende voorreg. Ontdek ’n heel nuwe waarheid oor leierskap en word die leier wat God bedoel het jy moet wees.
Draers Van Die Lig is 200 oordenkings vir mense vandag, geskryf deur goeie vriende Stephan Joubert en Johan Smith. Die oordenkings is relevant, kragtig en op die man af en bespreek alledaagse kwessies soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade en hoe om steeds draers van die Lig in die wêreld vandag te wees.
When times are tough, it's helpful to take time out to count your
blessings and spend quality time with God. Sometimes, it's easy to see
how God has been at work in your life; other times, it takes some
reflection.
50 skrywers skryf saam om vrae rondom die kerk, geloof en God te beantwoord en gee ook opinies oor hoekom kerke leeg loop ... Sominge gelowiges voel dat ander Christene hulle met ‘n valkoog dophou. Hulle het ‘n vrees vir die kerk se hoë standaard en hulle dink net perfekte mense hoort daar. Baie het al negatiewe ondervindings gehad en seergekry en is liefdeloos behandel. 50 skrywers het saamgespan en deel hulle wysheid oor Christenskap en sal jou nuut laat dink oor kerkwees en wat dit regtig betek om Jesus te volg
As die hoof van die huis wat ook nog werkstres moet hanteer, kan dit
soms vir jou voel of jy die hele wêreld op jou skouers dra. Maar jy is
nie alleen nie. God is reg langs jou.
’n Hele jaar se dagstukkies van bekende skrywers nou saam in een Bybeldagboek, soos die uitgesaai is op RSG. Sukkel jy ook om te hoor wat die Here se wil vir jou lewe is? Die geraas van die wêreld maak dit moeilik om stil te word en te luister. Daar is so baie stemme wat aandring op jou aandag – jou huweliksmaat, jou kinders, kollegas, sosiale media... Wanneer jy so oorweldig word, hoor jy nie meer God se Stem nie. Sonder hierdie konneksie met jou Skepper, voel ’n mens alleen en sonder hoop, toegegooi met probleme en frustrasies. Die 44 skrywers in hierdie Bybeldagboek wil jou daarom elke dag, ’n hele jaar lank verseker dat innerlike vrede en geluk ook vir jou bedoel is. Soos wat hulle stemme oor die radio gehoor is, sal hulle jou leer om weer die belangrikste Stem uit die hemel te hoor. Sielsgedagtes bied jou... - Riglyne vir jou dag – alles van geld tot kinders grootmaak, werk tot ontspanning, goeie gewoontes tot standvastige vriendskappe - Insig oor aktuele kwessies waaroor gelowiges vrae het - Beloftes waaraan jy kan vashou wanneer swaarkry oor jou pad kom - Wyshede en inspirasie uit die pen van Riekert Botha, Stephan Joubert, Piet Smit, Johan Smit, Elza Meyer, Louis Brittz, Retief Burger en ander gewilde predikers van RSG se oggendprogram - ’n Alternatiewe grootdruk uitgawe vir makliker lees. Jy kan die oordenkings lees voor jy met ’n nuwe dag begin. Of jy kan hulle gebruik wanneer jy terugkyk na ’n dag wat verby is. Jy sal telkemale ontdek dat God met jou praat.
Te veel gelowiges voel skuldig omdat hulle nie voldoen aan ander se
geestelike verwagtings nie. Of omdat hulle nie die standaard-resepte
uitleef wat gedurig in die kerk uitgedeel word van hoe ’n “regte
Christen” moet leef nie. Hulle is kerklik betrokke, maar voel
moedeloos. Godsdienstige uitbranding is ’n paar van hulle se voorland.
Tot vervelens beleef hul die Here is teleurgesteld met hulle.
Jesus - Radical, Righteous, Relevant invites readers to think in a radically different way about Jesus by exploring where exactly He fits into Christianity, the church and their lives. Author Stephan Joubert unlocks readers' minds with a refreshing approach that enables them to determine where they belong in God's kingdom, His church and His world. Jesus - Radical, Righteous, Relevant guides readers to realize that Christians attach so much value to a church culture, and have adapted the gospel to such an extent, that Jesus has been pushed to the background. Jesus - Radical, Righteous, Relevant is an open invitation to think differently about the Messiah, to follow in Jesus' footsteps and experience Him as never before.
Jy is ongetwyfeld op soek na rus, daarom het jy nou hierdie boek in jou hand. Aan die een kant is jy elke dag deel van hierdie gejaagde wêreld. Maar aan die ander kant weet en glo jy dat daar iets meer vervullends in die lewe moet wees. En jy’s reg! Daar is regtig meer vreugde in die lewe te vind as wat die meeste mense tans geniet. ’n Lewe van rustigheid en innerlike vrede is selfs vandag nog moontlik. Om God se vrede te ervaar, daardie vrede wat jou elke dag soos ’n tevrede kind in die teenwoordigheid van jou hemelse Vader laat sit, vra egter dissipline en oefening. So ’n lewe kom nie vanself nie. Dit vra toewyding en gehoorsaamheid, maar dit vra ook luister en rus. Hierdie jaarboek is bedoel as jou gids op die pad na ’n meer gedissiplineerde lewe saam met God. Dit wil jou stap vir stap, dag vir dag en maand vir maand begelei deur ’n paar geestelike oefeninge sodat jy aan die einde van die jaar iemand kan wees wat nuwe geestelike vreugde ervaar. Geniet hierdie jaarprogram. Gebruik dit as jou bousteen vir jou jaar van geestelike groei. Dan gaan dit die opwindendste een ooit wees.
'n Lewe voor God bestaan uit 366 dagstukkies uit die pen van een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers en teoloë, Stephan Joubert. Stephan help ons om elke dag bewustelik en met oorgawe in die aangesig van God te leef. Hy lei ons deur middel van alledaagse temas soos gebed, naasteliefde, vergifnis en genade om elke dag in eerlikheid voor God ons lewe aan te pak.
Baie gelowiges voel soms asof God slegs sommige van hulle gebede
verhoor, en ander nie. Of dalk voel dit selfs asof jou gebede nooit
beantwoord word nie, terwyl dit lyk asof ander mense sonder faal
antwoorde en resultate ontvang wanneer hulle bid. Baie kinders van God
voel moedeloos oor hul gebedslewe en wonder dikwels, “Bid ek reg?
Waarom voel dit partykeer asof my gebede nie verder as die plafon gaan
nie?” Jesus sê dan in Matteus 7:7, “Bid, en vir julle sal gegee word
...”
|
You may like...
Titanic - 4K Ultra HD + Blu-Ray
Leonardo DiCaprio, Kate Winslet
Blu-ray disc
|