0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (3)
  • R250 - R500 (5)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 9 of 9 matches in All Departments

Patmos (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Patmos (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
R320 R286 Discovery Miles 2 860 Save R34 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ná ’n meteoriet op ’n plattelandse dorp neerstort, kom soek ’n komponis inspirasie vir die klankbaan van ’n wetenskapsfiksiefliek. Hy loseer by ’n astronoom wat navorsing oor gravitasiekolke doen. Haar agtjarige seun praat nie.

Die astronoom wil van haar verlede ontsnap. Die komponis het ’n toekoms wat hy nie wil trotseer nie. In die onmoontlike “nou” ontstaan ’n aarselende verhouding tussen dié twee beskadigdes; wentel hulle om mekaar met kragte wat tot vernietiging óf vernuwing kan lei.

Skepsel (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Skepsel (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
R270 R241 Discovery Miles 2 410 Save R29 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Aan die Kaapse Weskus versorg Rebecca Maas haar sterwende pa in ’n tegnologies gevorderde slimhuis, ’n huis wat praat in ’n halfbekende stem. Op die horison, ’n olietenkskip.

’n Posthuman biohacker trou met die enorme skip, en maak kuns oor die wittebroodsreis.

En in die yswildernis van Svalbard verdwyn ’n navorser se kollega en minnaar spoorloos. Hulle is daar om geheimsinnige spierwit items te ondersoek – dalk beendere, maar dan beendere wat vertak en ineensmelt soos geen bekende skepsel s’n nie.

Willem Anker se roman Buys (2014) is bekroon met die Universiteit van Johannesburg-prys, die WA Hofmeyrprys, die kykNET-Rapportprys, die Hertzogprys en die Helgaard Steyn-toekenning. In vertaling as Red Dog was dit in 2020 op die langlys vir die International Booker Prize. Anker doseer skeppende skryfkunde aan die Universiteit Stellenbosch.

Siegfried - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Siegfried - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
R370 R330 Discovery Miles 3 300 Save R40 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Universiteit van Johannesburg-debuutprys (2008) Jan Rabie Rapport-prys vir innoverende letterkunde (2008) Siegfried Landman is iets in die dertig. Sy lewe lank het hy saam met sy pa op ’n afgeleë plaas iewers in die Karoo gewoon. Maar dan, op ’n dag, sterf sy pa, en moet Siegfried maak soos sy pa hom al die jare laat oefen het: gaan haal Wilhelm Smit (jare lank al ’n bywoner op hulle plaas) en gaan Kaap toe, na oom Bert Fischer, sy enigste oorlewende familielid naas sy ma, wat ’n meermin in die see is. Dit word ’n magiese reis, wat begin met ’n besoek aan ’n boeregesin op nog ’n afgeleë plaas in die Karoo en amper eindig by Georg Fafnir, sirkusbaas met ’n voorliefde vir die teatrale. ’n Verstommende, meesleurende roman – ’n verhaal wat voortsnel tot ’n onafwendbare einde. ’n Kosbare toevoeging tot die Afrikaanse letterkunde.

Buys - 'n Grensroman (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Buys - 'n Grensroman (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker 1
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R330 Discovery Miles 3 300 Ships in 4 - 6 working days

Coenraad de Buys was die gevaarlikste man in die Kolonie. Op agtjarige ouderdom het hy sy eerste grens oorgesteek en sy ouerhuis agtergelaat. Van die Langkloof swerf Buys – oftewel Khula, Koning van die Basters, veelwywer - deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Hy bly anderkant die Vis by Xhosa-opperhoof Ngqika, wat soos sy seun is. Hy bly by die Tamboekies; in die republiek van Graaff-Reinet; op die trekpad. Oral trek hy saam met en sonder Maria, Nombini, Elizabeth en ander vroue. Oral verwek hy kinders; oral sluit ander rowers en weglopers by hom aan –’n ganske Buysvolk. Hy sterf teen die oewer van die Limpopo. Maar Buys is nie dood nie.

Red Dog (Paperback): Willem Anker Red Dog (Paperback)
Willem Anker
R390 R348 Discovery Miles 3 480 Save R42 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Coenraad de Buys was the most dangerous man around in the Cape of the late 1700s.

At eight he crossed his first frontier and left his mother’s house behind. Left his home (the first of many); left the Cape; left civilisation.

From the Langkloof Buys roves – a giant, a legend, polygamist and swindler; the bane of government, father to chieftains and a Buysvolk of his own. Everywhere his wild oats are sown; everywhere renegades and criminals join his band of outcasts. He interprets between Xhosa and English but speaks only his own words.

And everywhere on his travels, always there is the pack of dogs and the earless red leader that put Buys on his restless path. In Buys’ tracks, in his head, around his camp fires the slavering jaws snap.

He was born in the Langkloof. He died on the banks of the Limpopo. But Buys is not dead.

Red Dog is a novel about frontiers and borders. The Afrikaans original Buys was hugely acclaimed in 2014. Now it has been masterfully translated by Michiel Heyns.

Skrapnel (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Skrapnel (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
R188 Discovery Miles 1 880 View more sellers Ships in 6 - 10 working days

Skrapnel is 'n boeiende drama oor twee jong Suid-Afrikaners in Londen: 'n meisie wat bejaardes oppas en 'n man wat as sekuriteitswag by 'n winkelsentrum werk. Hulle ontmoet in 'n jeugherberg en knoop 'n verhouding aan. Die man sterf op 7 Julie 2005 in 'n selfmoordbomaanval in die Londense metro. Die stuk open oomblikke na die ontploffing en die verhaal word as flitsende tonele in die jong man se sterwensoomblikke vertel. Dwarsdeur die stuk word 'n jong Moslem-selfmoordbomdraer se fundamentele geloofsoortuiging weergegee. Dit kontrasteer skerp met die twee Suid-Afrikaners se losgeslaanheid en hulle onsekerheid omtrent identiteit, geloof en kultuur.

Red Dog (Paperback): Michiel Heyns Red Dog (Paperback)
Michiel Heyns; Willem Anker 1
R289 Discovery Miles 2 890 Ships in 10 - 15 working days

LONGLISTED FOR THE 2020 INTERNATIONAL BOOKER PRIZE At the end of the eighteenth century, a giant strides the Cape Colony frontier. Coenraad de Buys is a legend, a polygamist, a swindler and a big talker; a rebel who fights with Xhosa chieftains against the Boers and British; the fierce patriarch of a sprawling mixed-race family with a veritable tribe of followers; a savage enemy and a loyal ally. Like the wild dogs who are always at his heels, he roams the shifting landscape of southern Africa, hungry and spoiling for a fight. This is his story; the story of his country, and of our blood-soaked history.

Samsa-Masjien (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Samsa-Masjien (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 6 working days

Samsa-masjien tree in gesprek met Franz Kafka se ‘Die Verwandlung’. Dit vertel die storie van die insekwording van Gregor Samsa sr. Gregor, in sy sewentigs, 'n afgetrede biologie-onderwyser, skoolhoof en ook klavierstemmer in sy jongdae. Hy ly aan dementia en as gevolg daarvan bly hy en Josephine by hul dogter Grete en haar man Tjaart in hul luukse, moderne huis in 'n woonbuurt soos Sandton. Soos die Gregor van die Kafka-verhaal, ondervind Gregor 'n stelselmatige insekwording, wat deur die sielkundiges, psigiaters en dokters toegeskryf word aan die ouditiewe en taktiele hallusinasies van dementia-lyers. Gregor sien oral insekte, voel hulle loop op hom en voel homself uiteindelik 'n insek word. Stelselmatig beweeg die ouerpaar uit die huis uit na die kelder waar hulle 'n geraasmasjien (soos die van die futuriste) begin bou uit skroot en rommel. Klank en musiek is sentraal tot die stuk en dien as deurlopende metafoor en is daarom as 'n CD ingesluit in die publikasie. Die komponis Pierre-Henri Wicomb was verantwoordelik vir die klankbaan.

Buys / Red Dog (Afrikaans, Paperback): Willem Anker Buys / Red Dog (Afrikaans, Paperback)
Willem Anker
R598 Discovery Miles 5 980 Ships in 18 - 22 working days

Coenraad de Buys was die gevaarlikste man in die Kolonie. Op agtjarige ouderdom het hy sy eerste grens oorgesteek en sy ouerhuis agtergelaat. Huis-uit, Kaap-uit, beskawing-uit. Uiteindelik wêrelduit. Van die Langkloof swerf Buys - oftewel Khula, Koning van die Basters, veelwywer, rampokker, voëlvry-verklaarde, pes van die regering, reus - deur die onrustige landskap van die laat sewentienhonderds. Buys is 'n roman oor grense en oor grond. Dit vertel waar ons vandaan kom.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Spark Of Light
Michael Bolton CD R398 Discovery Miles 3 980
Psychophysiology of Consciousness
Eugene Sokolov Hardcover R3,277 Discovery Miles 32 770
The Lockdown Sessions
Elton John CD R128 Discovery Miles 1 280
Back Together
Michael Ball & Alfie Boe CD  (1)
R122 Discovery Miles 1 220
Dawn Chorus - A Sound Portrait of a…
British Library CD R277 R202 Discovery Miles 2 020
Noise
Daniel Kahneman, Olivier Sibony, … Paperback R330 R295 Discovery Miles 2 950
Subtract - The Untapped Science of Less
Leidy Klotz Paperback R440 R387 Discovery Miles 3 870
Vagus Nerve, Vagal Tone & Polyvagal…
Erika Newton Hardcover R1,008 R857 Discovery Miles 8 570
On Dialogic Speech
L P Yakubinsky Paperback R278 Discovery Miles 2 780
La La Land - Original Motion Picture…
Various Artists CD R380 Discovery Miles 3 800

 

Partners