![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 9 of 9 matches in All Departments
Op 25 is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot
mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in
Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n
kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte”
werk. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van
‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent,
besluit sy om aansoek te doen. Wie nie waag nie, sal nie wen nie,
is haar leuse.
Toe Kristina een aand vermis raak nadat sy gaan draf het, bel haar
huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroeë oggendure teen die
berg. Sy kan nie onthou wat met haar gebeur het nie; daar is ook geen
verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy
ondergaan het nie. Ten einde raad word die hulp van psigiater Ben Krige
ingeroep. By sy kliniek is Kristina vir hom soos ’n labirint–vreemd en
onbekend. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek woorde
alle grense af.
Milla Roux is ’n veearts wat werk by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang. Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan ’n gewonde Milla op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense.
Die woord “weduwee” is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy
haarself moeilik vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig
sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele
drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar haar
ondersteuningsnetwerk is. Of dit ’n goeie plan is om terug te gaan na
die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium
wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens
tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die
roudiens en die werklikheid van ’n leë plek langs haar in die bed, het
sy haarself verloor en in haar plek ’n bang vreemdeling gevind. In
Stellenbosch wag ook die gewilde Big Pink-teaterrestaurant. Hoe sy kans
gesien het om dié onderneming te koop, weet sy nie, en wens dis net ’n
nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die
vliegtuig vir haar sê daar bestaan nie iets soos beter dae nie…
Ellie McKenna likes her new, quiet life in the countryside. She has time to reflect on the death of her dad, that fateful night at the police roadblock, and to recover from her physical and psychological scars - the result of her last mission. Here in her safe haven she even finds time to help out as church organist. But when they finally - inevitably - track her down, she knows that she'll need to find out who is looking for her, and why. The keenly anticipated sequel to Blindside.
Die fassinerende verhaal van ’n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950’s in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die tagtigerjare en die ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor haar identiteit en plek binne die samelewing. Sy is ’n vrou wat vasgevang is binne die beperkings van ’n sisteem, maar met ’n versigtige blik op dinge soos die “tuisland-beleid”, die “expat”-generasie, moederskap, die lewe in Afrika en vele ander betekenisvolle aangeleenthede. Hierdie uiteenlopende invloede word deurlopend teen die agtergrond van haar witheid beleef. Die titel van hierdie fyn genuanseerde roman dui op ’n bewustheid dat haar storie maar net een van vele in hierdie land en op hierdie kontinent is.
Hulle is almal in die land. Van die Chinese triades tot die Russiese mafia. Niemand is egter hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor ’n politieke bestel of ’n reënboognasie nie. Geld is die enigste god wat aanbid word. Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie. En nou is haar pa nie meer daar nie, en moet sy self besluit wie sy kan vertrou, en waartoe sy in staat is. Haar pa het ook gesê dis ’n job waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.
In Die wingerd sal weer bot bly Juliétte aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Ná ’n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Daar ís ’n romantiese vonk tussen haar en Conrad, al ontken sy dit ook, maar daar is gerugte dat Conrad met die geitjie van ’n Susan gaan trou . . . In Liefde is ’n kleur sukkel Emma lank ná haar egskeiding steeds om haar lewe in orde te kry. ’n Vakansie in die Alpe bring egter nie rus vir haar siel nie, want daar loop sy haar vas in nie minder nie as drié mans wat almal haar hartsnare roer. Hoe gaan sy dié keuse maak? En in Brug van woorde is Magriet ’n aantreklike vrou wat alles het waarvan sy kan droom. Maar pleks van tevrede te wees, is sy sielsongelukkig, want haar huwelik ly onder haar man se sukses. Sy begin navorsing doen vir ’n artikel oor Afrikaanse internet-kletskamers, en ontmoet ’n baie gawe kletsmaat, ’n man wat haar só goed verstaan . . .
Wilna Adriaanse se deurbraakboek is nou weer beskikbaar! Op vyf-en-twintig is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italie op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n 'regte' werk. Verkieslik een wat opwindend is en 'n groot salaris betaal. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van 'n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistant, besluit sy om aansoek te doen.
|
You may like...
Handbook of Nutrient Requirements of…
Newton Castagnolli, C. Young Cho, …
Paperback
|