0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (1)
  • R250 - R500 (7)
  • R500 - R1,000 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 10 of 10 matches in All Departments

Grensloos (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Grensloos (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R350 R260 Discovery Miles 2 600 Save R90 (26%) Pre-order

Sabine Maartens is nie iemand wat getem kan word nie. Ná pynlike jeugjare het sy haar eie weg gebaan as vlieënier in Botswana, maar daar is altyd die risiko dat haar onblusbare drang om wilde diere te beskerm haar aan die verkeerde kant van die reg kan laat beland.

Haar pad het jare gelede kortstondig gekruis met dié van Max Krige, 'n eks-Interpolagent wat deesdae 'n top-onderhandelaar is vir 'n internasionale sekuriteitsmaatskappy … en toe het die vonke gespat. Nou bevind Sabine haar in 'n lewensgevaarlike situasie as een van die gyselaars wat uit die deltagebied weggevoer word. Reeds is 'n bloedspoor agtergelaat. Kan Max verdere lewensverlies verhoed?

Dit voel asof die noodlot hierdie omstandighede bestem het, want Max weet dit is nie 'n situasie waar hy koel en berekend kan optree nie. Sy hart vertel hom dit.

Grensloos is 'n boeiende roman, propvol spanning en intrige, asook die meesleurende karakterverhoudings waarvoor Wilna Adriaanse so geliefd is.

Vier Seisoene Kind (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Vier Seisoene Kind (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R350 R260 Discovery Miles 2 600 Save R90 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Die woord “weduwee” is ’n verdrietige woord, ’n toestand waarmee sy haarself moeilik vereenselwig. Maar hier waar Cato in die vliegtuig sit, is dit ongelukkig haar werklikheid. Haar man is dood, ’n skamele drie jaar ná hul troue. Sy is op pad terug Stellenbosch toe, waar haar ondersteuningsnetwerk is. Of dit ’n goeie plan is om terug te gaan na die plek waar sy vir Neil ontmoet het, weet sy nie, maar in dié stadium wil sy nêrens anders wees nie. Veral nie alleen in Londen nie. Êrens tussen die tyding van die motorongeluk, die blyke van waardering, die roudiens en die werklikheid van ’n leë plek langs haar in die bed, het sy haarself verloor en in haar plek ’n bang vreemdeling gevind. In Stellenbosch wag ook die gewilde Big Pink-teaterrestaurant. Hoe sy kans gesien het om dié onderneming te koop, weet sy nie, en wens dis net ’n nare droom. Dit help ook nie dat die vreemdeling langs haar op die vliegtuig vir haar sê daar bestaan nie iets soos beter dae nie…

Rebecca (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe): Wilna Adriaanse Rebecca (Afrikaans, Paperback, Hersiende Uitgawe)
Wilna Adriaanse
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Op 25 is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts.  Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italië op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner.  Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n “regte” werk.  Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van ‘n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistent, besluit sy om aansoek te doen.  Wie nie waag nie, sal nie wen nie, is haar leuse.

Met ander woorde (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Met ander woorde (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Toe Kristina een aand vermis raak nadat sy gaan draf het, bel haar huismaats die polisie. Hulle kry haar in die vroeë oggendure teen die berg. Sy kan nie onthou wat met haar gebeur het nie; daar is ook geen verklaring vir die drastiese persoonlikheidsverandering wat sy ondergaan het nie. Ten einde raad word die hulp van psigiater Ben Krige ingeroep. By sy kliniek is Kristina vir hom soos ’n labirint–vreemd en onbekend. Al wat hulle het, is woorde. Maar geleidelik breek woorde alle grense af.

Vlug (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Vlug (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Milla Roux is ’n veearts wat werk by ’n rehabilitasiesentrum vir sjimpansees in die DRK. Spoedig begin die skermutselings tussen regeringstroepe en rebelle-organisasies van die hele Kongo ’n gevaargebied maak, en kort voor lank is ook die rehabilitasiesentrum in die kruisvuur vasgevang.

Saam met drie klein sjimpansee-wesies slaan ’n gewonde Milla op die vlug, vergesel van die enigmatiese Graham Saunders van die organisasie Dokters sonder grense.

End Game - A Novel (Paperback): Wilna Adriaanse End Game - A Novel (Paperback)
Wilna Adriaanse
R350 R312 Discovery Miles 3 120 Save R38 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Ellie McKenna likes her new, quiet life in the countryside. She has time to reflect on the death of her dad, that fateful night at the police roadblock, and to recover from her physical and psychological scars - the result of her last mission. Here in her safe haven she even finds time to help out as church organist. But when they finally - inevitably - track her down, she knows that she'll need to find out who is looking for her, and why. The keenly anticipated sequel to Blindside.

Dubbelspel (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Dubbelspel (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R288 Discovery Miles 2 880 Ships in 4 - 6 working days

Hulle is almal in die land. Van die Chinese triades tot die Russiese mafia. Niemand is egter hier vir die land en die Kaap se natuurskoon nie. Hulle het nie sentiment oor ’n politieke bestel of ’n reënboognasie nie. Geld is die enigste god wat aanbid word.

Toe Ellie McKenna instem om hierdie wêreld te infiltreer, het sy gedink sy weet waarvoor sy haar inlaat. Maar soos haar pa altyd gesê het, die duiwel deel nie visitekaartjies uit nie.

En nou is haar pa nie meer daar nie, en moet sy self besluit wie sy kan vertrou, en waartoe sy in staat is. Haar pa het ook gesê dis ’n job waaruit iemand dikwels nie lewend wegstap nie.

?n Klein Lewe (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse ?n Klein Lewe (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R231 Discovery Miles 2 310 Ships in 4 - 6 working days

Die fassinerende verhaal van ’n wit, middeljarige vrou wat in die laat 1950’s in Suid-Afrika gebore is. Gebeure soos die oproer van die tagtigerjare en die ingrypende sosio-politiese veranderinge in die land dra by tot haar politieke bewuswording en belewenisse en laat haar dikwels vrae vra oor haar identiteit en plek binne die samelewing.

Sy is ’n vrou wat vasgevang is binne die beperkings van ’n sisteem, maar met ’n versigtige blik op dinge soos die “tuisland-beleid”, die “expat”-generasie, moederskap, die lewe in Afrika en vele ander betekenisvolle aangeleenthede. Hierdie uiteenlopende invloede word deurlopend teen die agtergrond van haar witheid beleef.

Die titel van hierdie fyn genuanseerde roman dui op ’n bewustheid dat haar storie maar net een van vele in hierdie land en op hierdie kontinent is.

Wilna Adriaanse Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Wilna Adriaanse Omnibus 3 (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R526 Discovery Miles 5 260 Ships in 18 - 22 working days

In Die wingerd sal weer bot bly Juliétte aan as wynmaker nadat sy van die plaaseienaar se onstandvastige seun Bertus geskei het. Ná ’n paar jaar keer Bertus se broer, Conrad, terug van oorsee om die bestuur van die plaas oor te neem. Daar ís ’n romantiese vonk tussen haar en Conrad, al ontken sy dit ook, maar daar is gerugte dat Conrad met die geitjie van ’n Susan gaan trou . . . In Liefde is ’n kleur sukkel Emma lank ná haar egskeiding steeds om haar lewe in orde te kry. ’n Vakansie in die Alpe bring egter nie rus vir haar siel nie, want daar loop sy haar vas in nie minder nie as drié mans wat almal haar hartsnare roer. Hoe gaan sy dié keuse maak? En in Brug van woorde is Magriet ’n aantreklike vrou wat alles het waarvan sy kan droom. Maar pleks van tevrede te wees, is sy sielsongelukkig, want haar huwelik ly onder haar man se sukses. Sy begin navorsing doen vir ’n artikel oor Afrikaanse internet-kletskamers, en ontmoet ’n baie gawe kletsmaat, ’n man wat haar só goed verstaan . . .

Rebecca (Afrikaans, Paperback): Wilna Adriaanse Rebecca (Afrikaans, Paperback)
Wilna Adriaanse
R530 Discovery Miles 5 300 Ships in 18 - 22 working days

Wilna Adriaanse se deurbraakboek is nou weer beskikbaar! Op vyf-en-twintig is Rebecca Fagan in besit van 'n regsgraad, 'n rugsak, 'n groot mond en baie guts. Sy het twee jaar lank druiwe gepluk in Frankryk, in Italie op 'n olyfplaas gewerk en in Duitsland was sy 'n kelner. Maar nou is sy terug in Suid Afrika en sy soek 'n 'regte' werk. Verkieslik een wat opwindend is en 'n groot salaris betaal. Toe sy hoor dat Julian Hoffman, derde geslag erfgenaam van 'n multibiljoenrand-maatskappy, op soek is na 'n persoonlike assistant, besluit sy om aansoek te doen.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Solar-Type Activity in Main-Sequence…
Svetlana Knyazeva Hardcover R2,739 Discovery Miles 27 390
Contemporary Issues in Management…
Lindsay Hamilton, Laura Mitchell, … Hardcover R3,366 Discovery Miles 33 660
Surrealist Sabotage and the War on Work
Abigail Susik Hardcover R2,373 Discovery Miles 23 730
Exploring the Forest
Robin Twiddy Paperback R143 R129 Discovery Miles 1 290
Theology as Repetition
Stephen Foster Hardcover R1,068 R901 Discovery Miles 9 010
Creating Successful Telementoring…
Frances K. Kochan, Joseph T. Pascarelli Hardcover R2,830 Discovery Miles 28 300
Reviews in Frontiers of Modern…
Petr Kabath, David Jones, … Hardcover R3,397 Discovery Miles 33 970
Beyond the Cubicle - Job Insecurity…
Allison J. Pugh Hardcover R3,754 Discovery Miles 37 540
The Cluster Active Archive - Studying…
Harri Laakso, Matthew Taylor, … Hardcover R7,737 Discovery Miles 77 370
A History of Alcatraz Island Since 1853
Gregory L. Wellman Paperback R543 R502 Discovery Miles 5 020

 

Partners