0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (6)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Fiksie

Showing 1 - 7 of 7 matches in Fiksie

Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback): Irma Venter Al Wat Tel (Afrikaans, Paperback)
Irma Venter
bundle available
R330 R240 Discovery Miles 2 400 Save R90 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Toe Ami hoor dat ’n man voor haar gim geskiet is, weet sy daar is moeilikheid. Hoekom is die Valke op die misdaadtoneel? Was dit ’n sluipmoord? En wat is dit wat die speurder optel en in sy sak druk? Voor Ami hierdie raaisels kan oplos, kruis haar pad met dié van ’n Duitse joernalis wat bewerings van ’n ontstellende voorval in Mosambiek ondersoek. Is daar werklik ’n verband tussen die twee stories?

Massamoord Op Kaapsche Hoop (Afrikaans, Paperback): Maria Prinsloo Massamoord Op Kaapsche Hoop (Afrikaans, Paperback)
Maria Prinsloo
bundle available
R185 R135 Discovery Miles 1 350 Save R50 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Hugo hou sy hand in die lug. “Wag jy ook eers in die eetsaal. Ek gaan net gou die situasie bekyk. Ek kan nie toelaat dat hierdie ʼn sirkus word nie.”

“Ek verstaan,” fluister Irma. ʼn Warm gloed van woede stoot teen haar wange op. Sirkus! Sy draai om en stap na die eetsaal waar die span en Inus reeds sit en wag. Irma frons. As almal siek is, is dit dan net die span en syself, Inus en Mari wat nie simptome toon nie. Hoe kan dit wees?

Irma Mulder vind haarself steeds vasgevang na die reeksmoorde van die verlede. Die Bloedspore van haar verlede weerhou haar sosiale vryheid. Tog besluit sy om deel te neem aan die groot skryf uitdaging waarheen sy genooi is. Wat kan tog verkeerd gaan? Nes Irma dink dinge werk in haar guns val haar drome plat en staan sy te midde van ‘n massamoord. Weereens word sy as verdagte gesien deur Hugo.

Gaan die saak vinnig opgelos word, en wat gaan oorbly van die reeds sukkelende vriendskap tussen haar en Hugo. Of gaan daar dalk die keer erkenning gegee word aan die liefde wat in haar hart brand?

Die Kleine Klitse (Afrikaans, Paperback): Bonham Jayden Jimmy Kukari Die Kleine Klitse (Afrikaans, Paperback)
Bonham Jayden Jimmy Kukari
bundle available
R95 R70 Discovery Miles 700 Save R25 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Kom ontmoet die mense van Volksvreemd, ’n gemeenskap in die Bruinstad van Suid-Afrika. Hulle is ’n hegte klomp, al kan hulle ook heerlik oor mekaar skinder.

Die vurige en ondeunde Marie is ’n tipiese 12-jarige-effens aan die katterige kant, meestal selfbehep, dikwels in die moeilikheid. Sy maak haar streng Oupa Martinus en godvresende Ouma Hettie mal! Wanneer gaan sy leer dat die lewe nie net om haar draai nie, en dat ’n mens soms opofferinge moet maak om ander te help wat nie so bevoorreg is soos jy nie?

Marie se neef, Leroy, is baie wyser as wat sy ouderdom verklap. Ou Wouks, die suinige buurman wat homself sien as ’n sjarmante heer, en Lêven, die dorpie se grapjas, sorg vir kleur in die alledaagse doen en late van Volksvreemd.

Die kleine klitse is ’n verhaal van hoop – ’n vars, humoristiese storie oor wat dit werklik beteken om deel te wees van ’n gemeenskap.

Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal
bundle available
R290 R215 Discovery Miles 2 150 Save R75 (26%) In Stock

In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem, het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.

'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback): Elaine Marais 'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback)
Elaine Marais
bundle available
R270 R199 Discovery Miles 1 990 Save R71 (26%) In Stock

’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo. Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is ’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy van haar omgekeerde wêreld probeer sin maak, begin een van die laaste bastions in haar lewe wankel.

Die Beweging Van Bloed (Afrikaans, Paperback): Pieter Stoffberg Die Beweging Van Bloed (Afrikaans, Paperback)
Pieter Stoffberg
bundle available
R320 R239 Discovery Miles 2 390 Save R81 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Professor Nino Everhard word op sy kombuisvloer wakker met bloed oral. Iemand het ingebreek en hom en sy vrou, Willemien, aangeval, maar niks gesteel nie. Wat wou die aanvaller hê? Nino weet dit was nie toeval nie. Hy is uitgekies. Iemand wou vir hom ’n boodskap stuur. Op sy speurtog na antwoorde lei die leidrade hom op ’n kronkelpad deur sy verlede na die skadukant van die samelewing. Elke tree nader aan die waarheid is ook ’n tree nader aan lewensgevaar. Sal Nino die antwoorde kry waarna hy soek? En hoeveel van sy eie duiwels gaan hom langs die pad inhaal? Die beweging van bloed is ’n naelbytspanningsverhaal wat jou laat raai tot die einde.

Weskus-Omnibus 2 - Ter wille van Talita / Haar ma se kind (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Weskus-Omnibus 2 - Ter wille van Talita / Haar ma se kind (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
bundle available
R320 R235 Discovery Miles 2 350 Save R85 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Twee inspirerende topverkoper-romans in een omnibus

Ter wille van Talita: Die Van den Heevers hou hulle eenkant, maar beland onder die soeklig wanneer Theuns van den Heever nie wil hê sy dogters moet aan ’n Kersspel deelneem nie.

Haar ma se kind​: Dania Pietersen is Dora en Jonnie se susterskind wat by hulle bly. Sy is ’n modelkind en volgende jaar is Dania sestien en Dora en Jonnie kan dit nie meer ontken nie: Dania hoort nie by hulle nie – sy is haar ma se kind.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Die Verevrou
Jan van Tonder Paperback R375 R322 Discovery Miles 3 220
Kersfeeswonderwerk
Elsa Winckler Paperback R110 R95 Discovery Miles 950
Doolhof
Rudie van Rensburg Paperback R365 R314 Discovery Miles 3 140
Die Wet Van Gauteng
Hannes Barnard Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Vrydagaand
Elsa Winckler Paperback R310 Discovery Miles 3 100
Misverstand
Marita van der Vyver Paperback  (2)
R300 R240 Discovery Miles 2 400
Die Bewonderaar
Erla-Mari Diedericks Paperback  (1)
R280 R241 Discovery Miles 2 410
Een Voet Innie Kabr
Gaireyah Fredericks Paperback R280 R200 Discovery Miles 2 000
Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal
Barend Vos Paperback  (1)
R260 R224 Discovery Miles 2 240
Soene Onder Die Kersboom
Madelie Human Paperback R110 R95 Discovery Miles 950

 

Partners