0
Your cart

Your cart is empty

Browse All departments
Price
  • R50 - R100 (26)
  • R100 - R250 (87)
  • R250 - R500 (22)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Nuwe Vrystellings

Showing 1 - 25 of 135 matches in Nuwe Vrystellings

Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback): Madelein Rust Kanker Schmanker! (Afrikaans, Paperback)
Madelein Rust
R265 R209 Discovery Miles 2 090 Save R56 (21%) In stock

Die oorlewingstog van 'n dapper vrou.

“ ʼn Kale vlakte waar my regterbors eens was. Ek maak my oë toe en laat my brein toe om te proe aan hierdie monumentale ding. Kanker schmanker, besluit ek. Ek is nog net soveel vrou soos voor die operasie. My vroulikheid het toe al die tyd nie in my bors gesit nie. Dit sit in my kop, in my hart, in daardie onmeetbare, onaantasbare iets wat die gees genoem word.”

In hierdie aangrypende boek deel die bekende spanningsverhaalskrywer Madelein Rust die intiemste besonderhede van haar reis met borskanker. Dit is ʼn brutaal eerlike vertelling wat haar belewenis van die siekte met patos en humor uitbeeld. Lesers verkry ʼn eiesoortige blik op die fisieke ervarings van borskankerstryders sowel as die ewig veranderende binnewêreld van dié wat teen die siekte veg.

Kanker schmanker! rus borskankerstryders toe met inligting wat nie altyd geredelik beskikbaar is nie en help hul geliefdes om die reis met kanker beter te verstaan. Dit is ʼn boek van hoop en triomf wat die leser hardop laat huil en laat lag. Dis 'n verhaal vir elkeen van ons wat ʼn stryd van enige aard stry.

Skuif - Die Evolusie Van Ons Wereld Vanaf Die Begin Van Lewe Tot In Die Toekoms (Afrikaans, Hardcover): Martin Ince Skuif - Die Evolusie Van Ons Wereld Vanaf Die Begin Van Lewe Tot In Die Toekoms (Afrikaans, Hardcover)
Martin Ince; Translated by Esta Grobler
R475 R389 Discovery Miles 3 890 Save R86 (18%) Dispatched within 10 - 15 working days

Skuif handel oor die evolusie van ons wêreld vanaf die begin van lewe tot in die toekoms. Die boek gee ’n ongelooflike oorsig van elke tydperk in die aarde se tektoniese geskiedenis. Hierdie verstommende visuele voorstelling van die aarde se geologiese geskiedenis beskryf die verskuiwing van landmassas en die ontwikkeling van die kontinente soos ons dit vandag ken.

Met pragtige wêreldkaarte en illustrasies wat die oorsprong van lewe uitbeeld en die aarde se moontlike toekoms vorspel, is Skuif die ideale gids tot ons planeet se geskiedenis. Martin Ince beskryf op toeganklike wyse wat die impak van geologiese veranderinge op die lewe op aarde is.

Jagter (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Jagter (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
R250 R189 Discovery Miles 1 890 Save R61 (24%) In stock

Klippe, messe en pyle uit ’n kruisboog: Die vreemste – en wreedste –misdaadtoneel in Kaptein Nicci de Wee se loopbaan.

Dan moet sy en haar nuwe taakspan boonop bontstaan om saam met die nimlike Blackie Swart ’n internasionale insident te voorkom.

Ook op haar lessenaar: die dood van twee jong meisies. En die angswekkende vermoede dat al hierdie sake met mekaar verband hou.

Met soveel kinkels in die kabel soos dooies in die staatslykhuis, moet Nicci-hulle alles tot hul beskikking inspan om ’n nuwe hel af te weer: van ’n rekenaarfundi, tot stiletto’s en selfs ’n paar petrolbomme.

Gou kom Nicci agter die monsters wat haar lewe en dié van haar kollegas bedreig, is gevaarliker as Ramoth, vlymskerp polisiefotograaf Stella Jansen se mak Komododraak.

In Jagter, haar derde Nicci de Wee-riller, draai Bettina Wyngaard al die krane oop.

Kaarte - 'n Pretereis Deur Die Lande, Oseane En Kulture Van Die Wereld (Afrikaans, Hardcover): Aleksandra Mizielinska,... Kaarte - 'n Pretereis Deur Die Lande, Oseane En Kulture Van Die Wereld (Afrikaans, Hardcover)
Aleksandra Mizielinska, Daniel Mizielinski; Translated by Esta Grobler
R350 R329 Discovery Miles 3 290 Save R21 (6%) Dispatched within 10 - 15 working days

Hierdie kaartboek is veel meer as ’n gewone atlas – dit is ’n visuele fees vir lesers van alle ouderdomme, ryklik versier deur die bekende Mizielinskis.

Ontdek grense, stede, riviere en bergpieke, maar ook geskiedkundige plekke, ikoniese mense, belangrike plante en diere, kulturele gebeurtenisse en baie ander fassinerende feite wat met die verskillende plekke op ons planeet geassosieer word.

Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback): Dolf van Niekerk Legkaart van 'n Jong Lewe - Essays Oor Wat Was en Geword Het (Afrikaans, Paperback)
Dolf van Niekerk
R180 R150 Discovery Miles 1 500 Save R30 (17%) Dispatched within 10 - 15 working days

Ter viering van Dolf van Niekerk se negentigste verjaarsdag verskyn hier ’n versameling filosofiese, bepeinsende en besinnende essays uit die pen van een van Afrikaans se meesterskrywers.

Vanaf sy vroegste gewaarwordinge tot sy kennismaking met groot filosowe soos Nietzsche, Kant en Hegel op universiteit en in sy daaglikse handel en wandel daarna: altyd maar bly die bewustheid van ’n onsigbare “iets” by hierdie aristokratiese gees – en ’n soeke na ’n beter verstaan van dít wat “die sterretyd en die menstyd aan mekaar verbind”.

In 48 essays wat die biografiese tydperk tussen ongeveer sy vyfde en twintigste lewensjaar dek, skryf ’n deurleefde, wyse Van Niekerk oor sy vroegste herinnerings aan sy geboortedorp, sy gesin en sy helderste herinnerings aan die plekke en mense wat hom gevorm het tot die mens wat hy geword het. Want, soos wat hy in die verhaal “Die skinkbord” skryf: Jy kan net wees wie jy is, en jy is wat jy word.

Stiltetyd (Afrikaans, Paperback, Herdruk): Marita van der Vyfer Stiltetyd (Afrikaans, Paperback, Herdruk)
Marita van der Vyfer
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Dispatched within 10 - 15 working days

Die Kapenaars Hester Human en haar argitekman, André, het besluit om ’n verwaarloosde huis op ’n plattelandse dorp in Frankryk te koop en te restoureer as ’n vakansiehuis. ’n Jaar in Provence sal hulle en hul twee kinders, Manon en Emile, net goed doen.

Maar net voordat hul jaar in Provence aanbreek, gebeur daar iets tragies wat die Humans se lewe vir altyd verander.

Die huisrestourasie gaan voort, maar die gesin spartel om te verwerk wat gebeur het.

Asterix In Korsika (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny Asterix In Korsika (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny; Illustrated by A. Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R130 R110 Discovery Miles 1 100 Save R20 (15%) Dispatched within 10 - 15 working days

Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leër op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar …

Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Melk & Vleis / Bloed & Bodem (Afrikaans, Paperback): Marina Albertyn Melk & Vleis / Bloed & Bodem (Afrikaans, Paperback)
Marina Albertyn
R180 R150 Discovery Miles 1 500 Save R30 (17%) Dispatched within 10 - 15 working days

Twee plaasdramas oor grense, tradisies, grond en bloed.

Melk & Vleis

Dis 1996. Suid-Afrika het verander, maar sekere huishoudings nog nie. ’n Suksesvolle aktuaris los haar werk in die stad nadat sy verlief raak op ’n sjarmante jong boer. Sy probeer haar bes om in te pas by die kleindorpse gemeenskap, haarself in haar huwelik te laat geld, en die familieplaas van ondergang te red. Nadat ’n erfgenaam gebore word, begin dinge egter op die plaas uitrafel ...

Bloed & Bodem

Jana besoek haar pa en oom op die familieplaas. Die plaas gaan agteruit en haar pa sit meer op die kroegstoel as die kerkbank. Een nag los hy in sy dronkenskap die hek oop en dit word ‘n aand wat niemand sal vergeet nie... ’n Verhaal oor plaasaanvalle en die desperate nalatenskap van Afrikanermans wat nooit kon heel nadat hulle aan die “verkeerde” kant van die apartheidstryd geveg het nie.

Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback): Christine Capendale Maaltye - Maklike Geregte vir Elke Geleentheid (Afrikaans, Paperback)
Christine Capendale
R325 R250 Discovery Miles 2 500 Save R75 (23%) In stock

Die bereiding van lekker en voedsame maaltye vir die gesin is gewoonlik hoog op die lys van uitdagings wat ons elke dag die hoof moet bied. In Maaltye – maklike geregte vir elke dag kan jy slim oplossings kry vir middagetes, aandetes en onthaalmaaltye wat jou familie en vriende sal geniet en weer voor sal vra. Geïnspireer deur mense wat graag interessante en gesonde kos eet maar nie baie tyd het vir koskook nie, het Christine Capendale verleidelike geregte geskep wat nogtans maklik is om te maak en jou nie ure lank in die kombuis besig sal hou nie.

Goue Lint-Stories: Die Mooiste Verhale van Andersen (Afrikaans, Hardcover): Moon S.R.L. Goue Lint-Stories: Die Mooiste Verhale van Andersen (Afrikaans, Hardcover)
Moon S.R.L.
R200 R155 Discovery Miles 1 550 Save R45 (22%) Dispatched within 7 - 15 working days

Hierdie wonderlike boek met 13 tydlose verhale, pragtige illustrasies en onvergeetlike karakters stel kinders bekend aan die betowerende wêreld van Christian Andersen.

As Klaas Vakie se Sand nie Werk nie! (Afrikaans, Paperback): Elana Alberts As Klaas Vakie se Sand nie Werk nie! (Afrikaans, Paperback)
Elana Alberts
R80 R63 Discovery Miles 630 Save R17 (21%) Dispatched within 4 - 8 working days

Klaas Vakie is die koddige mannetjie wat elke aand slaapsand in al die kinders se ogies strooi sodat hulle aan die slaap kan raak. Mevrou Muis se muiskinders is geen uitsondering nie. Maar toe sy vir Klaas Vakie weer ’n keer moet ontbied om die kinders aan die slaap te maak, begin sy wonder of daar nie miskien fout is met die slaapsand nie.

Het jy al ooit gewonder wat sal gebeur as Klaas Vakie se sand nie werk nie? Kom lees saam oor die raaisel van die muiskinders wat nie aan die slaap kan bly nie en die plan wat Klaas Vakie maak om die dag – of altans die nag – te red.

Die Skilpad se Laaste Traan (Afrikaans, Paperback): Carol Campbell Die Skilpad se Laaste Traan (Afrikaans, Paperback)
Carol Campbell
R240 R179 Discovery Miles 1 790 Save R61 (25%) Dispatched within 4 - 8 working days

Dis 'n donker Karoonag en 'n bebloede vrou hardloop grondpad langs. Iets grusaam het gebeur en Siena weet sy moet by Seekoegat Primere Skool uitkom, daar sal sy veilig wees. Dis baie ver, drie dae met 'n donkiekar en sy is te voet. Hierdie roman vertel die verhaal van Siena, Boetie en Kriekie, wie se lewens sedert kinderdae nou verweef is. Soos wat Siena hardloop ontmoet lesers die mense in haar lewe: Boetie is verwilderd en verwaarloos, altyd besig met kattekwaad. Sy vriendskap met Siena laat hom egter sy selfwaarde besef. Kriekie is 'n wrak. Sy ma is 'n prostituut wat by die stilhouplekke langs die n1 werk en hy het skaars 'n huis. Wanneer sy ma, Dolly, nie terugkom nie, beland hy deur een vrou se goedhartigheid ook by Seekoegat Primere Skool. Die Karooskilpad se simboliese spore kan deur die hele roman gesien word. Siena se pa, 'n karretjiemens, het altyd gese dat 'n skilpad die wysheid van die antieke landskap in hom dra. Daar word geglo dat 'n skilpad slegs een traan in sy leeftyd stort, die oomblik wanneer hy sterf. Die skilpad se laaste traan is bekroonde skrywer Carol Campbell se derde boek oor die Karoo. Soos haar vorige werk fokus sy sterk op sosiale realisme, maar vir die eerste keer is hier ook magiese realisme, so eie aan die mense oor wie sy skryf.

Die Verevrou (Afrikaans, Paperback): Jan van Tonder Die Verevrou (Afrikaans, Paperback)
Jan van Tonder
R295 R229 Discovery Miles 2 290 Save R66 (22%) In stock

Liora word groot op ’n volstruisplaas in Algerië, naby die Sahara. Sy is omring deur mense wat lief is vir haar, Maman en haar tante, oom Moshe, en haar pa, wanneer hy in die rondte is. Van kleins af bring sy tyd deur in haar tante se pluimery, ’n magiese omgewing waar volstruisvere omskep word in kostuums vir die filmbedryf en die verhoë van Parys.

Maar Liora loop haar telkens in grense vas wat sy moet oor. En in Algerië broei onrus. Eers verhuis sy na die oorloggeteisterde Algiers waar sy leer om dokter te word, maar dan word sy gedwing om inderhaas landuit te vlug, Parys toe.

Jare later kom Liora, steeds verwonderd oor die skoonheid van volstruisvere, in die Klein-Karoo aan om oom Moshe te besoek. Hier ontmoet sy Candice, ook behep met volstruisvere, ’n priester, ’n kunstenares en ander Kannalanders. Haar lewe word opnuut omgedop, en weer eens lê daar ’n grens voor haar – en sy moet besluit of sy dit sal oorsteek.

Kleuterland (Afrikaans, Hardcover): Helena J.F. Lochner Kleuterland (Afrikaans, Hardcover)
Helena J.F. Lochner
R177 Discovery Miles 1 770 Dispatched within 10 - 15 working days

Kleuterland is ‘n pragtige kinderboek met 40 stories en pragtige illustrasies vir kleuters uit die verhaleskat van Helena J.F. Lochner en was oorspronklik deel van ’n reeks van ses bundels, onder andere Diereland, Storieland, Kammaland en Avontuurland. Dit is lekker-lees stories vir voorlees aan kleuters. Protea gaan dit weer publiseer in ‘n nuwer moderne baadjie om hierdie wonderlike stories aan ‘n nuwe generasie bekend te stel. Die stories in die bundel word volgens bevatlikheid rangskik. Die langste woorde in die eerste ses stories bestaan uit slegs drie letters, die in die volgende drie stories uit vier lettes en die volgende drie uit net vyf. Gaandeweg word die woorde moeiliker en langer.

Min Shaw: Sprokie van 'n Liefling - 'n Plakboek van Herinneringe (Afrikaans, Paperback): Shaun Andrew Mynhardt Min Shaw: Sprokie van 'n Liefling - 'n Plakboek van Herinneringe (Afrikaans, Paperback)
Shaun Andrew Mynhardt
R250 R219 Discovery Miles 2 190 Save R31 (12%) Dispatched within 10 - 15 working days

“Sy bly nog steeds ná 50 jaar in die vermaaklikheidsbedryf ’n nooi soos Min!” – André H. van Dyk

In hierdie pragboek word foto’s en memento’s uit Min Shaw se persoonlike fotoalbums en plakboeke opgeneem. Min se herinneringe aan haar kinderdae, haar transformasie van onderwyseres tot sang- en filmster, en die mense wat haar op haar pad na sukses gehelp het, word in haar eie woorde weergegee. Min deel verder snaakse staaltjies uit haar verlede, skoonheidsgeheime en interessante “Min-feite”. Sy vertel hoe haar geloof haar positief en plat op die aarde hou. Boodskappe aan Min van bekendes soos Corlea Botha, Franz Marx, Lance James en Leon van Nierop word ook ingesluit.

Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth en die Bedorwe Brakke (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R160 R139 Discovery Miles 1 390 Save R21 (13%) Dispatched within 10 - 15 working days

Die derde boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks.

Die wêreld se beroemdste skrywers kom spog met hulle bedorwe brakke by die Grommengrys-herehuis se literêre hondeskou.

Maar daar is allerhande vreemde dinge in en om die herehuis wat Ada pla – geheimsinnige dierespore, tjankgeluide snags en skoene waaraan gekou is. Kan sy uitvind wat aangaan voor dit weer volmaan is?

Karaktermoord (Afrikaans, Paperback): Carina Diedericks-Hugo Karaktermoord (Afrikaans, Paperback)
Carina Diedericks-Hugo
R230 R179 Discovery Miles 1 790 Save R51 (22%) Dispatched within 4 - 8 working days

Jare gelede het die beeldskone digter Anna Neethling finaal uit die uitgewer Malan Sinclair se lewe gestap. Hul verhouding was ’n maalkolk wat sy huwelik en loopbaan wou verswelg. Maar nou is Anna onverwags terug. Wanneer Malan haar lyk langs sy motor vind ná ’n helse uitval in sy kantoor, bou die afwaartse spiral momentum op.

’n Paar dae later maak ’n uittreksel uit Anna se dagboek Malan die hoofverdagte in haar moord en kom gebeure wat ’n dekade gelede tydens ’n drinkparty op ’n wynplaas afgespeel het op die lappe. Iets het daardie aand in die kelder gebeur en meer as een paar hande is bevlek.

Bos (Afrikaans, Paperback): Jaco Wolmarans Bos (Afrikaans, Paperback)
Jaco Wolmarans
R280 R219 Discovery Miles 2 190 Save R61 (22%) In stock

Bloedbroers. 'n Vriendskap en totale vertroue gesmee in Angolese pseudooperasies. Carlos Veiyera, die veteraan met 'n duister, gewelddadige verlede. Tex Texeira, sy talentvolle protégé.

En toe is die oorlog verby. Of is dit?

Hoekom, na jare van donker geheime, het Carlos nou die grens oorgesteek as renosterstroper in Mosambiek? Die gevreesde, onaantasbare Kalingono, dood verklaar na ‘n duister operasie … nou moordend terug?

Militêre Inligting soek antwoorde. En Tex Texeira is die enigste operateur wat dit naby hom kan waag. As hy die skietdood van sy eie vrou kan verwerk. En die gevoel van 'n lokval wat hy net nie kan afskud nie ...

Doodsbleek - 'n Bernie Gunther Speurverhaal (Afrikaans, Paperback): Philip Kerr Doodsbleek - 'n Bernie Gunther Speurverhaal (Afrikaans, Paperback)
Philip Kerr
R250 R179 Discovery Miles 1 790 Save R71 (28%) Dispatched within 4 - 13 working days

In Die bleek oortreder moet die gesoute speurder Bernie Günther ’n reeksmoordenaar vastrek wat paniek regoor Berlyn saai.

Dit is 1938 en Duitsland wag angstig op die bevindinge van die München-konferensie. Onsekerheid hang in die lug: Hitler kan Europa dalk in ’n oorlog dompel. Vir Bernie is daar egter belangriker sake wat aandag verg. Hy ondersoek twee sake waar afpersing betrokke is: die een betrek ’n ryk weduwee, en die ander, homself. Terselfdertyd het dit op die lappe gekom dat die Kripo – Berlyn se misdaadpolisie – ’n onskuldige Jood gearresteer het vir die reeks wrede moorde in die stad. En hoewel die Kripo dié keer alles sal doen om die regte moordenaar vas te trek, is hulle weereens nie verhewe bo afpersing en manipulasie nie. Omdat Bernie onlangs aangestel is as Kripo-kommissar, moet hy die raaisel oplos – ’n ondersoek wat hom uiteindelik aan die heel donkerste kant van die menslike psige blootstel.

Hierdie vertaling van The Pale Criminal is die tweede boek in Philip Kerr se Berlin Noir-trilogie, nou vir die eerste keer beskikbaar in Afrikaans. Die vertaling van die derde boek in die reeks, A German Requiem, verskyn in 2019.

Witboy in Berlyn - Avonture in die Eerste Wêreld (Afrikaans, Paperback): Deon Maas Witboy in Berlyn - Avonture in die Eerste Wêreld (Afrikaans, Paperback)
Deon Maas
R260 R185 Discovery Miles 1 850 Save R75 (29%) Dispatched within 4 - 13 working days

“Die honde en kinders verstaan Duits, maar ek nie.”

Toe sy vrou werk kry in Duitsland, besluit Deon Maas in ’n oogwink om Berlyn toe te trek. In hierdie intellektueel stimulerende, dekadente stad voel hy hom op sekere maniere dadelik tuis – op ander nie.

In die reis wat alle immigrante meemaak, ontdek hy meer oor homself en sy wortels terwyl hy sy voete in sy nuwe omgewing vind. Hy verwonder hom aan tipies Duitse gewoontes soos dat alle oorsese televisieprogramme (swak) oorgeklank word en dat die Duitsers hul sin vir ordelikheid op alles en almal afdwing.

Op sy avonture ontmoet hy veganistiese anargiste, sokkerboewe, ’n lid van ’n satiriese Duitse politieke party en neem hy selfs aan ’n protesoptog deel.

Maas ontdek dat alles nie perfek werk in die Eerste Wêreld nie. Mense daar sukkel om probleme op te los oor alles so streng gereguleer is en hulle weet nie eintlik hoe om die uit-dagings te hanteer wat toenemende immigrasie veroorsaak nie.

Hy probeer ook antwoorde vind op vrae oor verlies, oor identiteit en hoe om as ’n wit immigrant uit Afrika in Europa in te pas. Maas besef al is hy op papier dalk iets van ’n Duitser danksy sy Duitse stamouers, is hy eintlik iemand heeltemal anders. Iemand wat in wese van Afrika is.

Asterix En Die Waarseer (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny Asterix En Die Waarseer (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny; Illustrated by A. Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R130 R110 Discovery Miles 1 100 Save R20 (15%) Dispatched within 10 - 15 working days

Op ’n stormagtige nag arriveer ’n geheimsinnige vreemdeling in die Galliese dorpie. Die vreemdeling maak daarop aanspraak dat hy ’n waarsêer is en voorspel dat mooiweer sal volg ná die woeste storm – en dit gebeur ook so! Die inwoners van die dorpie hang nou aan Jowaarlix se lippe en glo alles wat hy voorspel, maar Asterix is skepties. Is Jowaarlix ’n regte waarsêer of ’n bedrieër?

Asterix en die waarsêer is die 19de boek in die gewilde Asterix-reeks.

Soek die Paadjie! Vlak 1 (Afrikaans, Paperback): Editions Caramel Soek die Paadjie! Vlak 1 (Afrikaans, Paperback)
Editions Caramel
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Dispatched within 7 - 15 working days

Met hierdie opwindende aktiwiteitsboek soek die kind nie net die regte pad deur elke doolhof nie, maar leer ook speel-speel tel. Die pen word gebruik om die regte hoeveelheid items in die sirkels neer te skryf en die skoonveepapier maak dit maklik om ’n fout uit te vee en oor te begin. ’n Reuse-plakkaat word ingesluit!

Soek die Paadjie! Vlak 2 (Afrikaans, Paperback): Editions Caramel Soek die Paadjie! Vlak 2 (Afrikaans, Paperback)
Editions Caramel
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Dispatched within 7 - 15 working days

Soek die paadjie! Vlak 2 bevat iewat moeiliker doolhowe en meer items om te tel. Met hierdie opwindende aktiwiteitsboek soek die kind nie net die regte pad deur elke doolhof nie, maar leer ook speel-speel tel. Die pen word gebruik om die regte hoeveelheid items in die sirkels neer te skryf en die skoonveepapier maak dit maklik om ’n fout uit te vee en oor te begin. ’n Reuse-plakkaat word ingesluit!

Die Nagbeer (Afrikaans, Paperback): Ana de Moraes Die Nagbeer (Afrikaans, Paperback)
Ana de Moraes
R160 R129 Discovery Miles 1 290 Save R31 (19%) Dispatched within 7 - 15 working days

Die Nagbeer se gunstelingkos is nagmerries, en as jy joune vir hom los, sal hy dit vinnig afsluk. Dié lieflike prenteboek is perfek vir voorlees, veral vir kinders wat sukkel met nagmerries, of om aan die slaap te raak. Die rymvertaling sorg vir ’n lekker-lees-ervaring en die instruksies vir jou eie Nagbeer-wegneemboks maak dit nog meer spesiaal!

Operasie Droomvrou (Afrikaans, Paperback): Jade Mc Menamin Operasie Droomvrou (Afrikaans, Paperback)
Jade Mc Menamin
R95 R82 Discovery Miles 820 Save R13 (14%) Dispatched within 7 - 15 working days

Elmien en Riekert is sedert hul tienerjare onafskeidbaar. Maar Riekert het nog nooit enige tekens van romantiese toenadering getoon nie. Dan daag hy onverwags met groot nuus by Elmien se voordeur op – hy het sy droomvrou gevind. Altans, hy het haar gesién, te laat besef hy moet iets doen om haar aandag te trek en in die proses slegs haar inkopielys in die hande gekry. Sy droomvrou blyk ’n interessante en avontuurlustige vrou te wees – die lysie bevat immers allerlei unieke items.

Elmien moet nou vir die eerste keer die moontlikheid oorweeg dat Riekert nie vir altyd net aan háár sy kan wees nie. Sy hoor ook voortdurend haar oorlede ouma se stem in haar kop terwyl sy met haar gevoelens worstel. Elmien besef gou dat sy op haar beste vriend verlief is en besluit sy sal hom help om die droomvrou op te spoor, al beteken dit sy gaan hom by iemand anders gelukkig moet sien.

Dinge verloop uiteraard nie soos die twee vriende beplan het nie en mettertyd moet albei hul planne heroorweeg.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Smulkos - 100 Watertand Resepte
Esther Malan Paperback R290 R229 Discovery Miles 2 290
Die Dag toe die Draak Kom - 'n Boek vir…
Fanie Viljoen Paperback R110 R95 Discovery Miles 950
Duinhuis - Smake. Geure.
Isabella Niehaus Paperback R400 R309 Discovery Miles 3 090
'n Ander Mens - 'n Misdaadroman
Zirk van den Berg Paperback R260 R209 Discovery Miles 2 090
Wanneer Water Wyn Word
Jacqueline Leuvennink, Vivian Kleynhans Paperback R230 R179 Discovery Miles 1 790
Ons Raaiselpad Met Alzheimersiekte - 'n…
Elise Nel Paperback R200 R155 Discovery Miles 1 550
Die Skandalige Susters Smit
Adeline Radloff Paperback R155 R120 Discovery Miles 1 200
Vir Mans - Oorkom Moderne…
Johan Ferreira Paperback R195 R155 Discovery Miles 1 550
Ek Wens, Ek Wens
Zirk van den Berg Paperback R220 R179 Discovery Miles 1 790
'n Man van Min Belang
Chris Karsten Paperback R275 R219 Discovery Miles 2 190

 

Loyalty partners