0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R50 - R100 (29)
  • R100 - R250 (44)
  • R250 - R500 (12)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Nuwe Vrystellings

Skorpio (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Skorpio (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R375 R299 Discovery Miles 2 990 Save R76 (20%) In Stock

Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het . . . was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind . . .

Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R420 R319 Discovery Miles 3 190 Save R101 (24%) In Stock

Vir hom begin alles met ’n besluit: Om mense te nooi vir ete. En dan kom die groot beplanning: die datum, die gaste, die tema en dekor en laaste – maar seker die belangrikste – die spyskaart.

In Herman se tafel bied Herman Lensing tien unieke spyskaarte, elkeen geskoei op ’n tema waarby al die gange – voorgereg, hoofgereg, nagereg en meer – pas. Die keurige geregte in hierdie boek is saamgestel met kundigheid en styl, maar is deurgaans gebruikersvriendelik en aanloklik. Daar is ou Suid-Afrikaanse bekendes, maar ook Italiaanse pastas en ’n Franse nagereg of twee; disse waarin vars kruie die kollig steel, kuierkos vir lank eet, afshow-geregte om jou gaste te beïndruk en ja, selfs happies vir honde. En dan wys hy jou ook hoe om jou tafel te dek: óf met uitspattighede, óf met dit wat jy reeds in jou huis het. Vir Herman is die etenstafel die kern van die huis en van saamwees – van bande versterk en van vriendskappe smee – en ’n simbool van alles wat mooi en goed is. Met hierdie boek nooi Herman jou uit om fees te vier, om moeite te doen, om die lewe te vier en om groot – dog moeiteloos – te kook.

Dagboek van 'n Wimpy Kid 20: Pretploert (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek van 'n Wimpy Kid 20: Pretploert (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney; Illustrated by Jeff Kinney
R195 R149 Discovery Miles 1 490 Save R46 (24%) Ships in 5 - 10 working days

Greg Heffley verpes verrassings – veral op sy verjaardag. Maar hy sou hom nooit die skokkende planne kon verbeel wat sy gesin hierdie jaar vir hom in gedagte het nie.

Wanneer Greg se partytjieplanne begin uitrafel, hoop hy nog sy verjaardagwens word waar – ’n gesogte ruilkaart wat ’n fortuin werd is. Die probleem is dat hy nie alleen is wat daarvan droom nie. Die kanse is skraal dat hy dit gaan opraap.

Gaan Greg se verjaardagdrome waar word? Of gaan hy leer om versigtig te wees waarvoor hy wens?

Donker Spoor (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Martin Steyn Donker Spoor (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Martin Steyn
R350 R310 Discovery Miles 3 100 Save R40 (11%) Ships in 7 - 11 working days

Waarheen sal die donker spoor hom lei?

Hulle kry haar lyk in ’n veld. ’n Tienermeisie – verkrag, gemartel, vermoor. En sy’s nie die eerste een nie.

Adjudant-offisier Jan Magson moet die reeksmoordenaar vang. Hy moet die slagoffers se ma’s en pa’s in die oë kyk en hul vrae beantwoord, maar hy kan nie. Hy kan nie eens sy eie vrae beantwoord nie. Want agter hom lê daar ook ’n donker spoor ...

Kort voor lank haal die moorde hoofopskrifte en die gemeenskap eis antwoorde:

Hoekom trek die polisie nie die boosaard vas nie? Toe ’n ma ’n brief vir die koerant skryf en ’n pa ’n beloning uitloof, word dinge op ’n mespunt gedryf. Bevind Magson hom op nóg ’n dwaalspoor of is hy uiteindelik op die donker spoor wat hom na die ware antwoorde sal lei?

Donker spoor was blitsverkoperskrywer Martin Steyn se bekroonde debuutroman.

In dié splinternuwe heruitgawe met ’n treffende nuwe omslag kan lesers weer saam met Jan Magson in die duistere psige van die moordenaar delf.

Die Weerligvoël (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Weerligvoël (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Iain Rennie
R230 R175 Discovery Miles 1 750 Save R55 (24%) Ships in 5 - 10 working days

“Pundu is een van die laastes van sy soort,” sê Khaia. “En, Timo, jy is dalk ons enigste hoop om hulle te red.”

Timo het ’n vreemde talent. Van kleins af al kan hy met diere praat. Wel, soort van.

Toe hy en sy troetelrot, Lucky, op ’n dag die koerant haal, is dit die begin van ’n wilde avontuur – die soort avontuur waarvan hy nog altyd net in boeke gelees het.

Waarom is ’n wêreldbekende multimiljoenêr skielik op Timo se spoor? En watter asemrowende geheim steek sy op haar private eiland weg?

Soetdoring in die ruigtes (Afrikaans, Paperback): Christiaan Bakkes Soetdoring in die ruigtes (Afrikaans, Paperback)
Christiaan Bakkes
R290 R210 Discovery Miles 2 100 Save R80 (28%) Ships in 5 - 10 working days

In 1916 keer Caleb Kelly, ’n jong WOI-veteraan, getraumatiseerd en geskend terug na die Oos-Kaap. Die afgryse wat hy in Frankryk beleef het, is ingebrand in sy wese.

Kort ná sy terugkeer vernietig olifante die windpomp op sy plaas.

Caleb is woedend en gereed om wraak te neem. Maar dan gebeur iets onverwags en sy toorn maak plek vir ’n vriendskap met ’n trop wat bedags tussen die ruigtes naby die plaas skuil.

Intussen word grootskaalse landbou-ontwikkeling in die Sondagsriviervallei deur die regering van stapel gestuur. Dewald Troskie word aangestel om die olifante in die omgewing uit te dun.

Deur historiese feite met fiksie te verweef neem Bakkes lesers op ’n reis vanaf 1919 tot die stigting van die Addo-olifantpark in 1931. Soetdoring in die ruigtes is meer as ’n historiese roman – dit is ’n meditasie oor trauma en genesing, oor die mensdom se vermoë tot
beide vernietiging en verlossing. Die onbreekbare band tussen Caleb en sy trop olifante sal lesers ontroer, uitdaag en inspireer.

Die avonture van Helga Roets (Afrikaans, Paperback): Riaan Grobler Die avonture van Helga Roets (Afrikaans, Paperback)
Riaan Grobler
R320 R230 Discovery Miles 2 300 Save R90 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Helga Roets is dalk aan die verkeerde kant van 80, maar jy kan haar steeds deur ’n ring trek, elke dag van die week. Sy woon nou al amper vyf jaar by Silwerhare Aftreeoord in Pretoria, en hoewel die aanpassing swaar was, voel haar blyplekkie deesdae soos huis. Sy het darem nog haar motortjie waarmee sy gereeld winkel toe ry.

Soms besoek sy vriendinne of gaan sit by ’n koffiewinkel om die mense om haar te bekyk.

Dit kom dus as ’n groot skok wanneer die oogarts makulêre degenerasie in albei haar oë diagnoseer. En vandeesweek is hoeka so ’n bedrywige week: twee begrafnisse, en Saterdag ’n troue in die Paarl.

Ten spyte van haar kinders se teenkanting, glip Helga Dinsdag suutjies uit by die aftreeoord, bagasie gepak, reg om haar reisavontuur te begin. Maar wie wag onder die lamppaal? Niemand anders nie as Stefaans de Wet, so ewe van plan om haar op haar tog te vergesel – net omdat sy nie mooi kan sién nie.

Een Keer Om Die Son (Afrikaans, Paperback): Francois Bloemhof Een Keer Om Die Son (Afrikaans, Paperback)
Francois Bloemhof
R280 R210 Discovery Miles 2 100 Save R70 (25%) Ships in 5 - 10 working days

DIE AARDE HOU AAN MET DRAAI

As jy iemand verloor, gaan die lewe voort. Jý moet ook. Dit is wat die Van Wyk-gesin leer met een van hulle se dood.

Op ’n manier moet hulle sin maak uit wat gebeur het – en uit wat volg.

Daar is Ruan, die chirurg-pa wie se werk altyd eerste gekom het.

Markus, die matriekseun van wie almal groot verwagtinge het, wat bots met sy eie. Die drie jaar jonger Leandri wat besef sy het nooit haar ma geken nie. En Sophia wat met haar eerste skooljaar begin.

Veelbekroonde skrywer François Bloemhof het hierdie TV-reeks, wat só die land se verbeelding aangegryp het, verwerk tot ’n aangrypende roman wat wyd byval sal vind.

Drie Misdade in 'n Knoop (Afrikaans, Paperback): Eleanor Baker, Alex Muller Drie Misdade in 'n Knoop (Afrikaans, Paperback)
Eleanor Baker, Alex Muller
R270 R195 Discovery Miles 1 950 Save R75 (28%) Ships in 5 - 10 working days

Die moord-en-roofspeurder Adriaan Kruger verhuis saam met sy nuwe vrou na Overberg, ’n dorpie in die Suid-Kaap. Daar ontdek hy gou onheil is nie beperk tot die grootstad nie. Die egpaar is nog besig om hul voete te vind toe hy skielik gekonfronteer word met ’n
raaiselagtige verdwyning, ’n dorpenaar wat sterf weens vergifting, en ’n ou, onopgeloste saak wat lyk asof dit met die twee onlangse sake verband hou.

Drie misdade, wat oënskynlik geen raakpunte het nie – maar los jy één op, so vermoed Adriaan, word die ander los drade ook vasgeknoop . . .

Wen die stryd in jou gedagtes (Afrikaans, Paperback, 30 Jaar Uitgawe): Joyce Meyer Wen die stryd in jou gedagtes (Afrikaans, Paperback, 30 Jaar Uitgawe)
Joyce Meyer
R280 R210 Discovery Miles 2 100 Save R70 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Bekommernis, twyfel, verwarring, depressie, woede en gevoelens van veroordeling is alles aanvalle op die gemoed. Bekende outeur Joyce Meyer sal jou help om hierdie belangrike gevegte te wen. In hierdie opgedateerde uitgawe leer Joyce ons hoe om ons gedagtes te fokus op die manier waarop God dink. Sy deel persoonlike stories uit haar eie lewe, saam met Bybelse waarhede en aanmoediging om jou te help om doelgerig te dink, die gevegte in jou gedagtes te wen en 'n vreugdevolle lewe te begin.

Wat ruik so? In die huis (Afrikaans, Board book): Elsa Silke Wat ruik so? In die huis (Afrikaans, Board book)
Elsa Silke
R240 R175 Discovery Miles 1 750 Save R65 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Krap, ruik en los die stinkerigste raaisel op! Wie woon almal op die plaas? Die diere daar is almal maats. Maar al waaroor hulle heeldag praat, is wie die stinkste wind kan laat! Op 'n pretreis deur die plaas word elke verdagte een vir een ondersoek, van die skaap wat na koekies ruik tot die hen wat na springmielies ruik. Kinders sal giggel van begin tot einde giggel! Elemente soos rymteks, flappies en "krap-en-ruik" skep 'n interaktiewe leeservaring wat kinders keer op keer sal wil herhaal.

Opwipsprokie: Sneeuwitjie en die sewe dwergies (Afrikaans, Hardcover): Elsa Silke Opwipsprokie: Sneeuwitjie en die sewe dwergies (Afrikaans, Hardcover)
Elsa Silke
R265 R195 Discovery Miles 1 950 Save R70 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Herontdek die tydlose verhaal van Sneeuwitjie en die sewe dwergies met hierdie betowerende opwipboek! Wanneer die wrede koningin van haar ontslae wil raak, bevind Sneeuwitjie haar diep in die woud. Daar kom sy af op 'n fraai huisie waar sewe dwergies woon. Hulle nooi haar om by hulle te bly, maar wat as die koningin daarvan uitvind? Hierdie boek is perfek vir enige boekrak en kombineer klassieke storievertelling met illustrasies wat werklik voor jou oë lewendig word!

Opwipsprokie: Die Slapende Skoonheid (Afrikaans, Hardcover): North Parade Publishing, Elsa Silke Opwipsprokie: Die Slapende Skoonheid (Afrikaans, Hardcover)
North Parade Publishing, Elsa Silke
R265 R195 Discovery Miles 1 950 Save R70 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Herontdek die tydlose verhaal van Die slapende skoonheid met hierdie betowerende opwipboek! 'n Vloek word oor die prinses en al die koning se onderdane uitgespreek wat hulle honderd jaar lank laat slaap. Baie prinse probeer deur die jare, maar net een kry dit reg om die slapende skoonheid wakker te maak. Hierdie boek is perfek vir enige boekrak en kombineer klassieke storievertelling met illustrasies wat werklik voor jou oë lewendig word!

Kleinkat 2: Perspektief (Afrikaans, Paperback): Dave Pilkey Kleinkat 2: Perspektief (Afrikaans, Paperback)
Dave Pilkey; Illustrated by Kobus Geldenhuys
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Welkom terug in die kreatiewe wêreld van Kleinkat se strokiesklub waar een-en-twintig paddavissies die kunsklas onderstebo keer! Die paddavissies het nou reeds geleer om hulle eie strokies te skep en die kreatiewe chaos bars behoorlik los. Elke padda ontdek hulle unieke stem. Maar wanneer die perfeksionistiese Manie met reëlbreker Nannie bots oor die "regte" manier van strokies maak, moet Kleinkat hulle leer dat die beste kuns ontstaan wanneer beide orde én chaos gehandhaaf word.

Harlekyn (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Jaco Jacobs Harlekyn (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Jaco Jacobs; Illustrated by Luan Serfontein
R185 R135 Discovery Miles 1 350 Save R50 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Ná ’n skrikwekkende ervaring by die sirkus, het Werner een reël: Bly weg van narre! Maar wanneer sy suster vir Billy huis toe bring – ’n antieke harlekynpop – word Werner se ergste nagmerrie waar. Sy suster dring aan dis net ’n onskuldige speelding . . . maar dan begin daar vreemde goed in die huis gebeur. Werner moet sy grootste vrees in die gesig staar om Billy te vernietig – voordat die nagmerrie permanent word.

Op Soek na Wysheid - Lewensveranderende waarhede uit Spreuke (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Op Soek na Wysheid - Lewensveranderende waarhede uit Spreuke (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R280 R200 Discovery Miles 2 000 Save R80 (29%) Ships in 5 - 10 working days

Die boek Spreuke is 'n skatkis van geestelike en praktiese wysheid wat ons toerus om ons beste lewe te lei. Kennis is belangrik, maar as dit nie in aksie omgeskakel word nie, slaag dit nie daarin om ons lewe te verander nie.

Dit is belangrik om 'n deurdagte en praktiese begrip van die sewe fundamentele beginsels in die boek Spreuke te verkry:

• Wysheid
• Begrip
• Versigtigheid
• Kennis
• Onderskeidingsvermoë
• Onderskeiding
• Vrees van die Here

As ons hierdie eienskappe wil besit, moet ons 'n verbintenis maak tot 'n dieper begrip en implementering van hierdie waardes in ons daaglikse lewe.

Met inspirerende vrae om deurdagte refleksie te bevorder, sal Op soek na wysheid jou die fundamentele beginsels leer en God se hulp verseker om dit te beoefen.

Die boek werk volledig deur al die hoofstukke van Spreuke.

Goeters Wat Gaan (Afrikaans, Board book): De Wet Hugo Goeters Wat Gaan (Afrikaans, Board book)
De Wet Hugo
R175 R129 Discovery Miles 1 290 Save R46 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Kom saam op ʼn heerlike avontuur met voertuie wat op land, water en hoog in die lug beweeg! Ontdek iets nuuts op elke bladsy: ʼn fiets met ʼn vrolike klokkie wat lui, ʼn groot geel bus vol passasiers, en ʼn stoomtrein wat van doer aankom.

Die vrolike rymteks nooi kleintjies uit om saam te gesels, terwyl die "soek-en-vind"-speletjie op elke bladsy kinders lank sal besig hou.

Met 'n handige drahandvatsel, perfek vir klein handjies, sorg dat hierdie boek oral kan saamreis!

Rooikappie en die Wolf (Afrikaans, Hardcover): North Parade Publishing, De Wet Hugo Rooikappie en die Wolf (Afrikaans, Hardcover)
North Parade Publishing, De Wet Hugo
R240 R175 Discovery Miles 1 750 Save R65 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Betree die betowerende wêreld van sprokiesverhale met hierdie interaktiewe hervertelling van Rooikappie! Die opwiptonele en flappe in hierdie klassieke storie sal kinders se verbeelding aangryp en hul nuuskierigheid prikkel.

Rooikappie loop deur die woud om ʼn mandjie lekkernye vir haar ouma te neem. Maar langs die pad ontmoet sy 'n geheimsinnige wolf met glinsterende oë en skerp tande, en by Ouma se huisie is alles nie pluis nie . . .

Feetjieland (Afrikaans, Board book): Townhouse Publishing, De Wet Hugo Feetjieland (Afrikaans, Board book)
Townhouse Publishing, De Wet Hugo
R175 R129 Discovery Miles 1 290 Save R46 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Welkom in ʼn betowerende sprokieswêreld! In Feetjieland wag ʼn skatkis van avonture: dans saam met die eenhoring, speel saam met die feetjie en maak maats met ’n prinses.

Die vrolike rymteks nooi kleintjies uit om saam te gesels, terwyl die "soek-en-vind"-speletjie op elke bladsy kinders lank sal besig hou. 'n Handige drahandvatsel, perfek vir klein handjies, sorg dat hierdie towerwêreld oral kan saamreis!

Wat ruik so? In die huis kartonboek (Afrikaans, Board book): Elsa Silke Wat ruik so? In die huis kartonboek (Afrikaans, Board book)
Elsa Silke
R240 R214 Discovery Miles 2 140 Save R26 (11%) Ships in 5 - 10 working days

Krap, ruik en los die stinkerigste raaisel op! Ek soek die kalant wat die stinkste winde laat, maar niemand wil praat! Was dit Ouma? Was dit die hond? Wie se walm hang hier rond? Elke verdagte in die huis moet een vir een ondersoek word, van die oupa wat na pipperment ruik tot die hond wat na appels ruik. Kinders sal van begin tot einde giggel! Elemente soos rymteks, flappies en "krap-en-ruik" skep 'n interaktiewe leeservaring wat kinders keer op keer sal wil herhaal.

Pretpark (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Pretpark (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Luan Serfontein
R185 R135 Discovery Miles 1 350 Save R50 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Wanneer 'n rondreisende pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. Alhoewel hulle aanvanklik skepties is oor die hele gedoente, neem hulle vrywillig deel aan 'n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit net ’n skadelose toertjie? Want sedert die vreemde Madame Zelda hulle op die verhoog gehipnotiseer het, voel Johan, Anton en Karin . . . anders. Iets vreemds is besig om in hul stil klein dorpie te gebeur. Hoekom tree mense so snaaks op? Wat gebeur met hulle wanneer hulle die park in die nag besoek? En wat van daardie swart kraai wat elke beweging fyn dophou? Johan en sy vriende is vasbeslote om die waarheid te ontbloot - voordat Madame Zelda se duistere planne almal in gevaar stel.

'n Grillerige avontuur perfek vir dapper lesers wat nie bang is vir die donker nie!

Ena Murray Speurverhale (Afrikaans, Paperback): Ena Murray Ena Murray Speurverhale (Afrikaans, Paperback)
Ena Murray
R350 R259 Discovery Miles 2 590 Save R91 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Drie van die die geliefde Ena Murray se heel beste speur- en spanningsverhale word hier byeengebring:

In Satan van Zimbabwe begin die intrige met 'n koerantberig oor 'n bloedlose lyk met erg verswakte organe. Kan dit die volmaakte moord wees, of is daar bonatuurlike kragte ter sprake? Êrens, verskuil in die mis tussen die mistieke Zimbabwe-ruïnes, lê die antwoord.

In Die man met die geel oë gee die werkgewers van geheime agent majoor Brand Böhm aan hom 'n unieke opdrag: dié aangewese "Suid-Afrikaanse James Bond" moet saam met 'n vrou van sy keuse een nag lank die stad rooi te verf, en hom in die proses so skandelik
gedra dat hy oneervol uit die weermag ontslaan sal word.

En in Onrus op Oshakati hoop dr. Linda Maartens sy kan die donker wolk wat oor haar professionele naam hang, ontvlug. Maar die verlede het ’n manier om 'n mens te agtervolg . . . Terreuraktiwiteite en dwelmsmokkelary vier hoogty – en kort voor lank word sy in ’n
web van misdaad vasgespin.

Fotogids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe): Braam van Wyk, Piet van Wyk, Ben-Erik van Wyk Fotogids tot Bome van Suider-Afrika (Afrikaans, Paperback, 2de Uitgawe)
Braam van Wyk, Piet van Wyk, Ben-Erik van Wyk
R495 R359 Discovery Miles 3 590 Save R136 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Suidelike-Afrika spog met merkwaardig ryk boomdiversiteit, met hierdie indrukwekkende plante wat verskeie plantegroeitipes domineer en skuiling en voedsel vir ontelbare organismes verskaf.

Hierdie volledig hersiene derde uitgawe dien as 'n onskatbare identifikasie- en naslaangids vir meer as 300 algemene boomspesies in die streek.

Met meer as 1 000 fotos, bygewerkte wetenskaplike name, verspreidingskaarte, en omvattende inligting oor habitatvoorkeure en menslike gebruike, help hierdie gesaghebbende gids lesers om bome maklik te herken deur subtiele verskille in vertakkingspatrone en blaarkenmerke.

Lea en die Boelies (Afrikaans, Paperback): Zuleka Smit Lea en die Boelies (Afrikaans, Paperback)
Zuleka Smit; Illustrated by Johann Strauss
R190 R153 Discovery Miles 1 530 Save R37 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Lea wil nie meer skool toe gaan nie want dit is deesdae nie vir haar lekker nie. Daar is ’n kwaai tweeling, Miems en Elsie, wat lelike dinge vir haar sê by die skool en die meisies vat haar kos wanneer dit pouse is. Op ’n dag verloor Miems haar gunstelingpop se haarlint en voel baie hartseer daaroor. Maar Lea maak ’n slim plan om vir Miems te help en sy en die tweeling word vriende!

Lea en die boelies bespreek die sensitiewe tema van boeliegedrag, veral by skole, en is gebaseer op die skrywer se baie jare van ondervinding in die onderwys en ook haar ervaring met haar eie kinders.

Lea en die boelies is gebaseer op die suksesvolle Ben-reeks deur Zuléka Smit met soortgelyke temas wat by dogtertjies aanklank sal vind. Dit is die tweede boek in die gewilde Lea-reeks. Johann Strauss se bekoorlike illustrasies versier die bladsye

Die Vrywilligers (Afrikaans, Paperback): Malene Breytenbach Die Vrywilligers (Afrikaans, Paperback)
Malene Breytenbach
R300 R239 Discovery Miles 2 390 Save R61 (20%) Ships in 7 - 11 working days

Met die aanvang van die Anglo-Boereoorlog besluit Robert Campbell, ’n dokter in Pretoria, en sy aptekersvriend, Thomas Park, om ’n ambulans na die gevegsfront te stuur. Campbell se dogter, Eleanor, saam met Thomas se dogter, Mary, en hul buurvrou, Martha, sluit aan as verpleegsters.

Dr. Campbell se seun, Rory, onderbreek sy mediese studies in Skotland om by die ambulanspoging aan te sluit. Op pad na Pretoria ontmoet hy drie Russe wat as vrywilligers aan die Boerekant gaan veg, insluitend Ivan van Sint Petersburg.

Soos die oorlog groei en baie gewondes in Eleanor se sorg kom, word haar geloof geskud deur die gruwels van die oorlog, die geweld en die verlies.

Wanneer Ivan in die Slag van Elandslaagte gewond word, versorg Eleanor hom. Gedurende hierdie tyd raak hulle verlief, maar hulle besef gou dat daar te veel struikelblokke tussen hulle liefde staan. Tydens die onrus van die oorlog word Eleanor mislei en sy glo dat Ivan gesterf het.

Ná die oorlog bly Eleanor ongetroud en help sy haar moeder as vroedvrou in haar praktyk. Maar, in 1919, verskyn Ivan weer ...

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Isoconversional Kinetics of Thermally…
Sergey Vyazovkin Hardcover R3,999 Discovery Miles 39 990
The Constable of the Tower
William Harrison Ainsworth Paperback R537 Discovery Miles 5 370
Emigreer Of Bly - Is Die Gras Werklik…
Stephan Joubert Paperback R220 R197 Discovery Miles 1 970
Liyoze Line Nangakithi
William Zulu Paperback R75 R70 Discovery Miles 700
My Favorite Sport - Gymnastics
Nancy Streza Hardcover R639 Discovery Miles 6 390
The Glory Of The Lord: A Theological…
Hans Urs Von Balthasar Hardcover R5,932 Discovery Miles 59 320
Low-Code/No-Code - Citizen Developers…
Phil Simon Hardcover R772 R681 Discovery Miles 6 810
The Contracts of Fiction - Cognition…
Ellen Spolsky Hardcover R2,120 Discovery Miles 21 200
Cyberbullying in the Global Playground…
Q. Li Hardcover R2,735 Discovery Miles 27 350
Elements of Criticism,1
Lord Henry Home Kames Paperback R606 Discovery Miles 6 060

 

Partners