0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (21)
  • R100 - R250 (45)
  • R250 - R500 (14)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Nuwe Vrystellings

Op Die Spoor Van Die Stasiemoordenaar (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Op Die Spoor Van Die Stasiemoordenaar (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R330 R249 Discovery Miles 2 490 Save R81 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Vir agt jaar het die sogenaamde Stasiemoordenaar die Kaapse Vlakte in sy greep gehou – van 1986 tot 1994 verdwyn 22 jong seuns spoorloos en die gemeenskap leef in vrees. Sommige van die seuns se liggame word later gevind, begrawe in vlak grafte in bosse en
sandduine, met hulle hande agter hul rûe gebind. Meeste van die misdade is egter nooit opgelos nie en talle ouers soek steeds na die waarheid.

Norman Simons, ’n laerskoolonderwyser, is in hegtenis geneem, maar is in 1995 slegs skuldig bevind aan een van die moorde. Ná 28 jaar van gevangenisstraf is Simons op parool vrygelaat in 2023, met talle onbeantwoorde vrae. Waarom het ooggetuies destyds ’n ander
man beskryf? Aan wie behoort die DNA wat op tonele gevind is?

Die gesoute joernalis en skrywer, Julian Jansen, volg die spoor van die Stasiemoordenaar en ondersoek hierdie donker raaisel wat steeds by die families en gemeenskap spook.

Kanniedood (Afrikaans, Paperback): Irna van Zyl Kanniedood (Afrikaans, Paperback)
Irna van Zyl
R350 R265 Discovery Miles 2 650 Save R85 (24%) Ships in 5 - 10 working days

Speuradjudant Storm van der Merwe en kollega Shirien Niemandt is vroegoggend eerste op die toneel, in ’n eenslaapkamerhuis in Zwelihle digby Hermanus. Op die oog af lyk die bejaarde Gerty Jonas se afsterwe na natuurlike oorsake, maar hoekom het Kai nie by sy ma se lyk gewag nie? En hoekom het hy soos mis voor die son verdwyn?

Die lysie raaisels raak al hoe langer. Shirien ignoreer skielik haar oproepe, en kolonel Mier Ritchie kom met die storie vorendag dat Storm oneties opgetree het, en sy word summier tydelik ontslaan.

Sy besluit op ’n kort blaaskans op Jane English se wildsplaas buitekant Barrydale. Maar Jane vertel haar ’n sindikaat het net die vorige week skaars vetplantjies gestroop en sy smeek Storm om te help om die internasionale smokkelnetwerk oop te vlek. Toe sy instem, verskyn die einste Kai Jonas weer op die toneel.

Doodgewoon Mevrou Smit - Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Elizabeth Wasserman Doodgewoon Mevrou Smit - Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Elizabeth Wasserman
R330 R260 Discovery Miles 2 600 Save R70 (21%) Ships in 5 - 10 working days

Bendes in die Kaap is weer op mevrou Smit se spoor. Sy sal self moet ingryp as sy haar doodgewone lewe wil behou.

Al wat sy wil wees, is doodgewoon. Maar dít is vir mevrou Smit nie so maklik beskore nie. Sy en Tomas is uiteindelik getroud, maar sy trek vinnig haar kop uit die huweliksknoop toe iemand uit haar verlede weer opduik om moeilikheid te maak.

’n Ou vriend van haar gewese man probeer ’n ooreenkoms tussen mevrou Smit en die polisie beding om die uitbreiding van die Kaapse onder-wêreld te stuit, in ruil vir haar veiligheid.

Dinge loop skeef, en mevrou Smit moet bontstaan om te keer dat meer bloed vloei.

Goed Genoeg (Afrikaans, Paperback): Gerridene Berg Goed Genoeg (Afrikaans, Paperback)
Gerridene Berg
R270 R199 Discovery Miles 1 990 Save R71 (26%) Ships in 5 - 10 working days

Gerridene Berg, motiveringspreker, entrepeneur en gelowige vrou, glo baie vroue is vasgevang in die leuen dat hulle nie goed genoeg is nie. Sy wil hulle help sodat hulle hul roeping kan instap met oorwinning. Gerridene vertel haar eie storie aan die hand van die volgende kwessies:

* die waarde van woorde en die invloed daarvan op ons
* hoe vroue dikwels probeer presteer om aanvaarding te kry
* die wortel van trauma en vrees
* hoe mislukte verhoudings ons selfbeeld skeeftrek
* vriendskappe en eensaamheid
* hoe Christus die alleenheid vul
* hoe God by ons is in ons donkerste oomblikke
* vergifnis en
* om elke dag jou identiteit as oorwinnaar te kies en daarin te leef.

Sy daag vroue uit om hul storie te deel, om sodoende ander vroue te help om hul eie stories te verstaan en deur te werk. Sy wil graag mense inspireer om genesing te vind.

Hierdie boek is nie net Gerridene se storie nie, dit is 'n getuienis van hoe 'n liefdevolle God 'n gewonde vrou gebruik om buitengewone dinge te doen.

Brief Op Veertig Duisend Voet - Gedigte (Afrikaans, Paperback): Tom Dreyer Brief Op Veertig Duisend Voet - Gedigte (Afrikaans, Paperback)
Tom Dreyer
R240 R179 Discovery Miles 1 790 Save R61 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Soos die verwysing na perspektief in sy digbundeltitel, Brief op veertigduisend voet, aandui, laat Dreyer die leser nuut en in verwondering na objekte en verskynsels kyk.

Lig, wat sig moontlik maak, word metafories ingespan vir die menslike belewening van die verbygaan van tyd. Verlatenheid, ooptes, en ongekarteerde gebiede word metafore vir die onsekerheid en prekêre avontuur van die post-postmoderne mens.

Die bundel sluit natuur- en bewaringsgedigte in, asook reisgedigte, verweef met geskiedenis, wat die mens se interaksie met sy omgewing belig.

Spanning tussen die antieke en moderne word geskep met die insluiting van gedigte oor tegnologiese en wetenskaplike innovasie, asook wetenskapsfiksie – reeds deur die titel gesuggereer. En menslike verhoudinge – deur die “brief” van die titel geaktiveer – word in roerende dog onsentimentele liefdesgedigte verbeeld.

Brief op veertigduisend voet is opwindend en verbeeldingryk, terwyl dit ook die beste aspekte van die poëtiese tradisie bevat.

Ballade Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback): Mari Roberts Ballade Van Die Liefde (Afrikaans, Paperback)
Mari Roberts
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Carli en Ruben ken mekaar al van Graad 1 af. Toe hulle op universiteit trou, is Ruben se ouers hewig daarteen gekant. Ruben verdwyn en Carli vlug, verneder.

Kort daarna ontdek sy sy is swanger. Ses jaar later ontmoet hulle weer toe Ruben die reservaat besoek waar Carli werk. Ruben vind uit hy het ’n dogter en eis dat Carli en hul dogter ‘n vakansie saam met hom in die Kaap deurbring.

Kan hulle mekaar weer leer vertrou?

Groete Uit Skotland (Afrikaans, Paperback): Sunet du Plessis Groete Uit Skotland (Afrikaans, Paperback)
Sunet du Plessis
R300 R245 Discovery Miles 2 450 Save R55 (18%) Ships in 7 - 11 working days

Frances vlug van ’n hartseer verlede weg na ’n koue Skotland toe. Hier, waar haar ma se mense vandaan kom, wil sy graag ’n nuwe lewe begin en vergeet van wat gebeur het. Daar aangekom, laat weet sy haar ouma Martie wat op ’n plaas naby Hazyview woon. Sy begin werk as ’n onderwyseres by ’n plaaslike skool en loseer by gawe Skotte, maar selfs die pragtige landskap en mense is nie altyd genoeg om haar siel te salf nie.

In Suid-Afrika vind Martie dit moeilik om alles alleen te behartig. Dit is nie maklik om ’n weduwee op ’n plaas te wees en haar kleinkinders groot te moes maak nie, al doen sy so met baie liefde en geloof. Toe Frances se broer, Deon, gewerf word deur ’n skool in Pretoria voel sy egter heeltemal alleen. Ná onstellende gebeure op die plaas, besef Martie dat sy ’n plaasbestuurder sal moet aanstel, en só betree Dillon Geduld haar wêreld.

Gerbrand is ’n Suid-Afrikaanse predikant in Skotland en worstel met sy eie gebrokenheid en pyn terwyl hy ander moet bystaan. Sy troos is die Skotse landskap, die Woord, sy bediening en sy ouers se ondersteuning. Een Sondag sien hy vir Frances raak ... By die kerk ontmoet Frances ’n landheer en word na sy herehuis genooi. Daar besef sy, sonder dat hulle dit weet, dat die MacIntyres bloedfamilie is ...

Groete uit Skotland is verhaal van intrige, familiebande en verrassings. Gebroke mense vind hoop en bemoediging by mekaar terwyl hul worstel deur hulle eie verliese, verhoudings en teleurstellings. Soms draai dinge nie uit soos jy verwag het nie, selfs nie eers op die asemrowende hooglande en eilande van Skotland nie.

Leer My Leef (Afrikaans, Paperback): Louise van der Merwe Leer My Leef (Afrikaans, Paperback)
Louise van der Merwe
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Juanita Goosen erf haar ouers se gastehuis in ’n kusdorpie en vind vrede in eenvoud. Viljoen Kleynhans, ryk en gerekend, ervaar die wreedste verraad en vlug blindelings. Hy laat alles agter en kom uiteindelik by Juanita se gastehuis uit. In haar wêreld vind hy betowering wat geld nie kan koop nie, terwyl sy ’n hunkering na meer as oorlewing ontdek.

Twee vreemdelinge, een dorpie, en ’n passie wat hulle uitdaag om reëls te breek.

Soms is die lewe wat jy nooit beplan het nie die moeite werd.

Harte In Harmonie (Afrikaans, Paperback): Felicia Snyman Harte In Harmonie (Afrikaans, Paperback)
Felicia Snyman
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Ná haar musikantpa se dood en 'n liefdesteleurstelling, leef Elara Hartwell vir haar werk as ouditeur. Toe sy gevra word om liedjies te skryf vir Marko Roos, verander alles.

Marko, 'n gebore swerwer, vind in Elara iets wat hom laat twyfel aan die lewe wat hy ken - en vir die eerste keer vra hy homself af of konstante beweging regtig vryheid beteken.

Maar kan 'n man wat gewoond is aan vlug, regtig stilstaan? En kan Elara waag om weer lief te hê?

Maanskyn En Brandewyn (Afrikaans, Paperback): Cecilia Nortje Maanskyn En Brandewyn (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Nortje
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Ná ’n mislukte huwelik en jare in die buiteland, besluit Trix om haar lewenskoers te verander. Sy word ’n grimeerkunstenaar op die Wes-Kaapse platteland.

Haar eerste kliënt, ’n teësinnige bruid, veroorsaak konflik met die bruid se ouboet, Ray. Ray is toevallig Trix se nuwe buurman en eienaar van Landauer Distilleerders. Hy wil Trix se plasie hê en begin ’n romanse met haar.

Toe dinge versuur, maak Trix uit weerwraak ’n mampoer-proelokaal langs sy distilleerdery oop. Kan maanskyn en brandewyn versoen?

Om Weer Te Dans (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Om Weer Te Dans (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R300 R240 Discovery Miles 2 400 Save R60 (20%) Ships in 7 - 11 working days

Zivah werk op Ezra se plaas in Galilea waar sy geurige olies leer meng en parfuum maak. Sy dra swaar aan ’n verlore liefde en is ’n gevangene van ’n donker geheim uit haar verlede, maar hoop dat haar stukkende emosies heel sal word terwyl sy haar passie uitleef.

Barabbas met sy charismatiese persoonlikheid, onwrikbare avonturiersgees en vreeslose najaag van sy ideaal om die Jode van Romeinse heerskappy te bevry, vergestalt vir haar die vryheid en geluk waarna sy verlang. Maar sy obsessie om die Jode van Romeinse onderdrukking te bevry dryf hom al dieper die verderf in en verder van Zivah af weg.

Ezra ontferm hom al hoe meer oor Zivah, maar sy is vasgevang in haar pyn en hoop vir ’n tweede kans met Barabbas toe Pontius Pilatus hom vrylaat in plaas van die misterieuse Messias-man wie sy ontmoet het ... Maar dit verander steeds nie Barabbas se verterende haat, wraaksug en begeerte om vir sy mense ’n held te wees nie. In ’n wêreld verskeur deur bloedvergieting, verlies en onvervulde hoop soek Zivah en Barabbas elkeen na heling, liefde en ’n tweede kans. Hul paaie kruis telkens in liefde en pyn, maar net God se belofte van herstel – om weer te dans – kan hulle ware vryheid bring.

Sal Sy liefde genoeg wees om twee gebroke siele te heel en hul verledes in hoop te omskep?

Die Eilandbruid Se Sluier (Afrikaans, Paperback): Elize Parker Die Eilandbruid Se Sluier (Afrikaans, Paperback)
Elize Parker
R300 R249 Discovery Miles 2 490 Save R51 (17%) Ships in 7 - 11 working days

Chrisanne Alberts het haar hele lewe gewerk om die bitterheid van die verlede en verwerping agter haar te los. As ’n grootwithaainavorser is sy gewoond aan die wêreld van wetenskap, maar sy dra swaar aan die verlies van haar ouers, haar broer, en die skuld wat daarmee saamgaan.

Nadat sy as voog van haar broerskind aangestel is, bevind sy haar op ’n nuwe lewenspad wat haar terugneem na die afgeleë dorp, Albatroshoek.

Hiér het sy en haar kleintydvriendinne, Reinet en Essie, saam grootgeword en trauma beleef. Wanneer ’n moordwalvis sy weg na Albatroshoek vind, bring hy verandering saam, en alles wat Chrisanne geglo het oor die balans van die see en haar eie lewe, word op die proef gestel.

Die kluisenaar van Atlaseiland, Ben Benade, lei haar op ’n reis van onthullings, en saam baklei hulle teen die uitbuiting van seebronne. Maar Chrisanne moet al hoe meer gewigtige keuses maak ... Wat gebeur met ’n vrou wat nie net haar mense verloor het nie, maar ook haar plek in die wêreld, en haar eie geloof betwyfel?

Soos ’n sluier wat stadig gelig word, ontsluit haar verhouding met die eilandkluisenaar al hoe meer van haarself. Saam soek sy en haar vriendinne oplossings vir hul kleintydtrauma terwyl die geheime van die dorp ontrafel.

En die vraag bly: Is jy die som van jou verlede en jou pyn, of is jy wie God sê jy is? Geroep, gesalf, geliefd.

Voor Dit Te Laat Is (Afrikaans, Paperback): Quintus van der Merwe Voor Dit Te Laat Is (Afrikaans, Paperback)
Quintus van der Merwe
R345 R279 Discovery Miles 2 790 Save R66 (19%) Ships in 5 - 10 working days

Ná ‘n geheimsinnige operasie in Simonstad word ‘n Suid-Afrikaanse akademikus in België opdrag gegee om betrokke te raak by ‘n joernalis uit Belarus. Sy is mooi, briljant, en waarskynlik ‘n spioen.

By die Europese Parlement kruis Lex de Lange se pad ook met dié van Alina, ‘n tolk uit Oekraïne. Hulle raak verstrengel in ‘n dodelike spel van geheime, verraad en begeerte. Met oorlogswolke wat saampak en toenemende konflik tussen Rusland en NAVO, is die wêreldorde op ‘n mespunt gebalanseer.

Moeilike keuses oor lojaliteit, liefde en die lewe moet gemaak word.

Voor dit te laat is.

Van Kettings Tot Keuses - Nege Gesigte Van Meswees (Afrikaans, Paperback): Savnola Goldridge, Jacques Engelbrecht Van Kettings Tot Keuses - Nege Gesigte Van Meswees (Afrikaans, Paperback)
Savnola Goldridge, Jacques Engelbrecht
R345 R279 Discovery Miles 2 790 Save R66 (19%) Ships in 5 - 10 working days

Van Kettings tot Keuses deur Savnola Goldridge en Jacques Engelbrecht is ’n transformerende Afrikaanse boek wat die Enneagram gebruik om die nege fundamentele maniere te belig waarop mense hulself onbewustelik bind — en hoe daardie selfde patrone die beginpunt van vryheid kan word.

Die boek wys hoe ons van vroeg af oorlewings- en aanpassingstrategieë ontwikkel om veilig, geliefd of in beheer te voel. Mettertyd word hierdie strategieë outomatiese patrone van denke, emosie en gedrag. Wat eens beskerming was, word dikwels ’n beperking.

Deur nege herkenbare verhale maak Van Kettings tot Keuses die Enneagram toeganklik en prakties, en wys hoe elke tipe nie net ’n vorm van gebondenheid dra nie, maar ook ’n unieke pad na integrasie, volwassenheid en bewuste keuse.

Van Kettings tot Keuses is nie bloot ’n boek oor persoonlikheid nie. Dit is ’n uitnodiging tot selfondersoek en transformasie — ’n reis van onbewuste herhaling na bewuste keuse. Deur die nege gesigte van menswees te verken, word lesers genooi om hul eie kettings te herken en die moed te hê om anders te kies.

Spienekelientjies - Taalmusiek Vir Kleintjies (Afrikaans, Paperback): Antjie Krog Spienekelientjies - Taalmusiek Vir Kleintjies (Afrikaans, Paperback)
Antjie Krog
R260 R210 Discovery Miles 2 100 Save R50 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Spienekelientjies is ‘n verseboek wat deur Antjie Krog saamgestel is.

Lees en leer ou bekende versies soos “Trippe trappe tone” asook ‘n paar oorspronklike versies uit die pen van die Antjie Krog. ‘n Pragtige bundel wat sorgvuldig saamgestel is om jong kinders aan die taalmusiek van versies bloot te stel.

‘n Moet-hê versameling vir elke huis!

Myner Van My Hart (Afrikaans, Paperback): Mariette Wenhold Myner Van My Hart (Afrikaans, Paperback)
Mariette Wenhold
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Katarien Roos, ’n rotsingenieur, keer terug na Suid-Afrika nadat haar ouma ’n beroerte kry. Na ’n verwoestende ervaring is haar werk die enigste plek waar sy suksesvol voel.

Op pad Rustenburg toe kry haar motor ’n pap wiel. Armandt du Toit, beesboer en uitvoerende beampte van Mabewhu Platinummyn, help haar. Hy sien haar vrees en probeer deur haar emosionele skanse breek om haar hart te bereik.

Sal sy hom kan vertrou en haar ware self aan hom wys?

Die Groot Storieboek Avontuur (Afrikaans, Paperback): Kristien Potgieter Die Groot Storieboek Avontuur (Afrikaans, Paperback)
Kristien Potgieter; Illustrated by Nadia du Plessis
R195 R160 Discovery Miles 1 600 Save R35 (18%) Ships in 7 - 11 working days

Talia spandeer elke pouse in die skoolbiblioteek om vir die boelies weg te kruip, tot die nare nuwe biblioteekjuffrou haar skuilplek in ’n nagmerrie verander. Saam met Mario, nog ’n buitestander, maak sy ’n geheime biblioteek in ’n ou skuur en bied ’n toevlug vir al die kinders wat voel asof hulle nêrens hoort nie.

Maar gaan juffrou Grizzle hulle skuilplek kry, of gaan sy ’n geheim van haar eie ontbloot? Die Groot Storieboek Avontuur is vir elke kind wat al soos ’n buitestander gevoel het, maar ’n tuiste gekry het tussen die blaaie van ’n boek.

Die boek is ryk in diversiteit en bevat karakters met neurodiversiteit, verskillende rasse en orientasies. Die boek word ook gemaak met verskeie leesbaarheidstegnieke, soos disleksie-vriendelike lettertipes en papier, groot spasies en meer.

'n Skuilplek Vir Sofie (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Skuilplek Vir Sofie (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Sofie Olivier hou van haar werk as sekuriteitsbeampte en het nie tyd vir romanse nie. Toe sy saam met kolonel Jordaan Wessels van die polisie moet werk, vryf hy haar dadelik verkeerd op. Hy is arrogant, ’n beheervraat en skynbaar ’n rokjagter. Trou is nie deel van Jordaan se toekomsplanne nie, maar Sofie se groen oë vang hom elke keer. Toe hy en Sofie in ’n veilige woonstel moet bly en voorgee hulle is verloof, verander sake. Is dit net die vreemde omstandighede, of iets meer?

Jo En Sue - Maanschijnbaai 1 (Afrikaans, Paperback): Chanette Paul Jo En Sue - Maanschijnbaai 1 (Afrikaans, Paperback)
Chanette Paul
R350 R280 Discovery Miles 2 800 Save R70 (20%) Ships in 7 - 11 working days

Ontmoet die Calitze: vier uiteenlopende vroue, elkeen in ’n ander lewensfase, elkeen met haar eie geite en ’n verlede – met ’n hoofletter V. Die Maanschijnbaaiers sit behoorlik regop toe die Calitz-vroue die dorpie in oorlede Casper se pienk Cadillac binnevaar. As dit maar al was. Casper het egter sy afskuwelike turkoois kasarm ook aan hulle bemaak.

Die Maanschijnbaaiers glo dit moet platgeslaan word, maar vir die Calitze kan dit dalk net uitkoms bied. As hulle die kasarm leefbaar maak, kan hulle dalk die onlangse verlede ontvlug. Jo kan 'n verhouding wat haar finansieel en emosioneel geruïneer het, verwerk. Sue kan ontsnap aan al haar eks-lovers. Nan kan oor die skok kom dat sy afgelê is. En Jeannie kan wegkom van die Maidens of Sappho.

Maar op Maanschijnbaai haal die verre verlede hulle in. Want daar is iemand wat reken Casper se erfenis kom die “Calitz-slette” nie toe nie.

Basjan Se Flessie Vir Depressie (Afrikaans, Paperback): Joe Kleinhans Basjan Se Flessie Vir Depressie (Afrikaans, Paperback)
Joe Kleinhans
R325 R265 Discovery Miles 2 650 Save R60 (18%) Ships in 5 - 10 working days

Basjan Louw slaap sleg na hy hoor hy moet drie jaar vroeër op 60-jarige ouderdom aftree. Een nag vererg sy vrou, Blom haar vir sy rondrollery op die bed en slaan hom met haar kussing van die bed af. Verlep en verlore sit hy op sy stoep in die vroeë oggendure, betyds om te sien hoe sy buurvrou, Linda Potgieter, skelm by die nuwe bankvloeksel in sy spogmotor klim en rivier se kant toe ry.

Basjan kry die verneukery nie uit sy sisteem nie. Thys Potgieter, sy wonderlike buurman vir twintig jaar, sweis op die buurdorp. Hy wik en weeg, besluit uiteindelik hy moet maak soos Dominee altoos preek, vir Thys eerder die verneukery wys, want wys is altyd beter.

Daarom bestel hy Thys vroegoggend sodat sy buurman alles wat gebeur eerstehands kan gadeslaan. En daar voor hulle oë gebeur die verneukery weer. Maar Thys se reaksie hierna spook vir maande lank by Basjan. Dis “n oggend wat Basjan spoedig wens nooit gebeur het nie. Maar hoe hard hy ook al probeer om dié oggend ongedaan te maak, dis net nie moontlik nie. Dit bly knaag aan sy en Thys se siele, duik op om elke hoek en draai. En Basjan durf nie vir Dominee vertel op watse liederlike gemors sy gewysery uitgeloop het nie.

Basjan vat af en toe ‘n sluk uit sy flessie vir sy kom-en-gaan depressie.

Die flessie word sorgvuldig uit Blom se oog weggesteek. Dis in elk geval net ‘n noodflessie.

Van Oekraine Tot Iran - Reisverhale Met 'n Lag En 'n Traan (Afrikaans, Paperback): Evert Buurman Van Oekraine Tot Iran - Reisverhale Met 'n Lag En 'n Traan (Afrikaans, Paperback)
Evert Buurman
R275 R225 Discovery Miles 2 250 Save R50 (18%) Ships in 5 - 10 working days

Van Oekraïne tot Iran is 'n kort verhaalbundel wat saamgestel is uit 'n keur van talle reisverhale en ervarings wat deur die skrywer, Evert Buurman, oor jare van herwaarts en derwaarts reis neergeskryf en opgeteken is.

In hierdie bundel verskyn staaltjies en annekdotes van veral ervarings in moeiliker begaanbare gebiede en bestemmings. Die verhale dek hoofsaaklik die gebied rondom die Swart See en verder suid na die Midde-Ooste en uiteindelik Iran.

Die verhale in hierdie bundel spruit uit die skrywer se voorliefde vir geskiedenis en argeologie en reise wat onderneem is vir doeleindes van navorsing oor die oudste strata van die mensdom se geskiedenis

Ontdek God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback): Joyce Meyer Ontdek God Se Wil Vir Jou Lewe (Afrikaans, Paperback)
Joyce Meyer
R250 R189 Discovery Miles 1 890 Save R61 (24%) Ships in 5 - 10 working days

God het elkeen van ons geskep om groot dinge te doen. Maar hoe kan ons seker wees dat ons werklik God se roeping vir ons lewe gevind het?

Geliefde skrywer en TV-persoonlikheid Joyce Meyer nooi jou uit om saam met haar te reis na vertroue, vryheid en vrede in die wete dat jy die pad loop wat Hy vir jou bestem het. Sy verken God se karakter, sy liefde – en sy doel vir jou. Hierdie boek deel ook praktiese stappe wat help om jou vertroue in God te bou. Dit wys hoe jy sy leiding kan soek en die vrees dat jy sy beste vir jou gaan misloop kan oorkom.

Ontdek God se wil vir jou lewe sal jou vul met vrede en selfvertroue sodat jy met vreugde in God se liefde kan leef.

Die Serwier (Afrikaans, Paperback): Carel van der Merwe Die Serwier (Afrikaans, Paperback)
Carel van der Merwe
R330 R240 Discovery Miles 2 400 Save R90 (27%) Ships in 5 - 10 working days

In ’n hiernamaals waar die goeies beloon word en skuldiges moet boete doen, glo hy nie. Almal wat aandadig was, moet in hierdie lewe gestraf word. Dit gaan haar nie terugbring nie, of hom vryspreek nie, maar dit is ten minste iets.

’n Serwiese geheime agent wat ’n dwelmsindikaat ondersoek, word koelbloedig vermoor in Kaapstad se berugte nagklubdistrik. Die Suid-Afrikaanse Polisiediens was hulle hande – dit was ’n gewone straatroof; die skuldiges is onbekend.

Die Serwiese geheime diens, ’n organisasie met ’n reputasie vir vergelding, koop dit nie; hulle stuur die gedugte majoor Viktor Vesić na Suid-Afrika om ondersoek in te stel.

Sy speurwerk lei hom na onverwagse plekke . . . en dan raak dit persoonlik. Nou word die spoor ’n bloedspoor.

Liewer As Lig (Afrikaans, Paperback): Juanita Aggenbach Liewer As Lig (Afrikaans, Paperback)
Juanita Aggenbach
R300 R225 Discovery Miles 2 250 Save R75 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Dis hoe mens weet dat die Here werklik leef: Jy sien sy krag wanneer Hy van mense splinternuwe skepsels maak.

Leah en Schalk leef die voorstedelike droom, hulle is gelukkig getroud, het baie vriende, 'n goeie ondersteuningsnetwerk en alles wat hul hart begeer.

Schalk is Leah se beste vriend en ’n wonderlike pa vir hul twee dogtertjies. Terwyl Schalk meer betrokke raak by die kerk en minder tyd saam met haar en die kinders deurbring, waardeer en aanvaar Barend Lubbe haar net soos sy is. Schalk verander as hy ’n
Bybelstudiegroep begin bywoon. Maar Schalk se lewe begin uitmekaar val: Sy ou vriende vermy hom; hy weet nie hoe om die kloof tussen hom en Leah te oorbrug nie en hy verloor sy inkomste. Uiteindelik ontdek Leah en Schalk om God se leiding van dag tot dag te vertrou en dat Hy hulle nie wil straf nie, maar sy liefde aan hulle wil bewys.

Juanita Aggenbach se vyfde roman is ’n roerende verhaal van tweede kanse, vergifnis en die krag van God se liefde en genade.

Aan Die Hemeltrans (Afrikaans, Paperback): Anton Roodt Aan Die Hemeltrans (Afrikaans, Paperback)
Anton Roodt
R340 R249 Discovery Miles 2 490 Save R91 (27%) Ships in 5 - 10 working days

Die duiwel is hierdie jaar los by die klooster van die heilige sint William, Beskermheilige van die Metaversum. Dapper de Wet, roosteler, gourmand en deurwinterde loodswaaier, word teen sy sin deur die Departement afgevaardig om vas te stel wat aan die gang is.

Die klooster, geleë in wat eens die vrugbare mieliedriehoek in die Vrystaat was, bied jaarliks ’n Passiespel aan waarop hulle alle hoop vestig vir oorlewing. Maar JC van Schouwenburg, wat die hoofrol vertolk, het onverklaarbaar verdwyn en Dapper is desperaat om hom
op te spoor. Die moederowerste is ontwykend, die personeel onbehulpsaam en Broeder P, die newelagtige leier van die klooster, is ontoeganklik.

Om sy lewe verder te kompliseer moet Dapper boonop chaperone speel vir ’n beeldskone onderwyser wat met ernstige vraagstukke worstel en vir wie hy gevoelens ontwikkel het wat dreig om sy ewewig te laat kantel.

’n Verbeeldingryke, onthutsende roman wat die leser sal wegvoer na ’n ander – dog totaal geloofwaardige! – wêreld.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Working with Dynamic Crop Models…
Daniel Wallach, David Makowski, … Hardcover R3,641 R3,001 Discovery Miles 30 010
Chemomechanical Instabilities in…
Pierre Borckmans, Patrick De Kepper, … Hardcover R2,802 Discovery Miles 28 020
400 Straights Puzzles - Very Hard…
Mindful Puzzle Books Paperback R288 Discovery Miles 2 880
Common Data Sense for Professionals - A…
Rajesh Jugulum Paperback R912 Discovery Miles 9 120
An American's Grand Slam - A True…
Ryan Waters, Hudson Lindenberger Paperback R401 R378 Discovery Miles 3 780
The Flower of Battle - MS Latin 11269
Richard Marsden Hardcover R1,234 Discovery Miles 12 340
In Too Deep
Lee Child, Andrew Child Paperback R395 R353 Discovery Miles 3 530
Fencing, Form and Cognition on the Early…
Dori Coblentz Hardcover R2,612 Discovery Miles 26 120
Crafting Transnational Policing - Police…
Andrew Goldsmith, James Sheptycki Hardcover R3,364 Discovery Miles 33 640
Rich Pickings Out Of The Past
Bernard Makgabo Ngoepe Paperback  (1)
R373 Discovery Miles 3 730

 

Partners