|
Books > Afrikaans > Nuwe Vrystellings
Die Klasgids (Laerskool) is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as
ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense
wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.
Die inhoud van die Klasgids behels artikels geskik vir beide Afrikaans
Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om
al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek:
Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en
-konvensies.
Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole,
IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan
word en as verryking en ekstra oefening kan dien.
Die Klasgids (Laerskool) is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 1-7. Dit dien as
ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders, mense
wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.
Die inhoud van die Klasgids behels artikels geskik vir beide Afrikaans
Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om
al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek:
Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en
-konvensies.
Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole,
IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan
word en as verryking en ekstra oefening kan dien.
Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 8-12. Dit dien
as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders,
mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, en
leerders kan dit met vrug vir selfstudie gebruik.
Die inhoud van die Klasgidse behels artikels geskik vir beide Afrikaans
Huistaal en Afrikaans Eerste Addisionele Taal, en daar word gepoog om
al die aspekte van die leerplan (soos in die KABV aangedui) te dek:
Luister en praat, Lees en kyk, Skryf en aanbied, Taalstrukture en
-konvensies.
Onderwysers van alle kurrikulums kan die Klasgids gebruik: staatskole,
IEB-skole, tuisskole. Die inhoud is van so ’n aard dat dit aangepas kan
word en as verryking en ekstra oefening kan dien.
In Jesus luister: 100 mini-oordenkings vir vertroosting & vrede
neem Sarah Young jou op 'n reis van 100 dae om vrede in sy
teenwoordigheid te vind en verkwik te word.
Deur hierdie reis saam met haar te onderneem, sal jy:
• jou hart voor God kan uitstort
• leer om God werklik te vertrou
• vertroosting vind
• leer om jou wêreldse bekommernisse te vergeet
• ontspan in God se teenwoordigheid
• vrede ervaar
• God se teenwoordigheid kan geniet
Kenmerke:
• 152 mm x 107 mm, sagteband
• 10-punt lettergrootte
In Jesus luister: 365 gebede vir kinders help die topverkoperskrywer
Sarah Young kinders om elke dag met God te praat. Hulle sal die
gewoonte aanleer om God se Woord te lees en daarna tot Hom te bid.
Kinders sal in die proses leer dat hulle oor enigiets met God kan
praat, selfs wanneer hulle bang, bekommerd of angstig is, hulle sal
leer hoe om vir Hom dankie te sê en Hom te prys en dat Hy altyd na hul
gebede luister. En só word gebed 'n daaglikse gewoonte.
Kenmerke sluit in:
• ʼn Gids vir ouers om hul kinders te leer bid
• Sluit 'n toewydingsbladsy in wat dit 'n ideale geskenk maak
• Elke dag sluit 'n vers, gebed en skrifverwysings in om die Bybel
beter te leer ken
• In 9-punt lettergrootte
• 190mm x 140mm. hardeband
• Met ʼn lint vir maklike plekaanduiding
• Vir kinders van 8 - 12 jaar oud
Die Skooldagboek 2025 vir kinders tussen 8 en 12 met sy opvallende
voorblad, bevat nuwe uitdagende aktiwiteite en 'n persoonlike seksie
agterin die boek. Met 'n opwindende nuwe voorkoms sal hierdie dagboek
nog gewilder wees as voorheen.
Kenmerke sluit in:
• Twee dae per bladsy, met spasie vir 'n ouer of voog se handtekening
• 2025 kalender, Suid-Afrikanse skoolkwartale en openbare vakansiedae
vir Suid-Afrika, Namibië en Botswana
• Klasroosters, naskoolse aktiwiteite en eksamenroosters vir elke
kwartaal
• Suid-Afrika se volkslied
• Interessante feite, grappies, koel dinge om uit te toets en
veiligheidswenke
• Vermaaklike speletjies soos verbind die kolle, soek die verskille,
woordsoek, wiskunde kopkrappers en hoe om 'n ruimtepak en sonwyser te
maak
• 210 x 142 mm, A5 sagteband
Het jy geweet die teenoorgestelde van geloof is nie twyfel nie, maar
vrees? As jy angstig en bang vir die toekoms voel, sal die verhale in
hierdie dagboek jou bemoedig om Jesus volkome te vertrou en daagliks sy
teenwoordigheid op te soek.
Die eerste ses maande in Van vrees na vertroue: Vir elkeen wat op soek
is na sekerheid in ’n wêreld vol onsekerheid en vrees bevat insigte
rondom die “moenie vrees nie”-verse in die Bybel. In die laaste ses
maande verskuif die perspektief na Christus en hoe ons ons vrese kan
oorkom deur God al hoe meer te vertrou en ’n Christus-gesindheid te
kweek deur ses spesifieke bewegings; van die afleer van onsself tot by
die beliggaming van ’n nuwe skepping.
Die 365 dagstukke deel verhale en teksverse uit die Bybel, asook
kosbare verhale van hedendaagse gelowiges wat God volkome vertrou het.
Elke maand skop ook af met ’n spesiale sielsoefening met nadink-vrae of
praktiese voorstelle. Ewald van Rensburg se unieke
hart-tot-hart-skryfstyl sal jou inspireer om jou vrese vir God te gee
en te sien dat Hy werklik die Een is wat ons volkome kan vertrou.
• 365 Bybelse dagstukke deur die gewilde skrywer Ewald van Rensburg
• Sielsoefening aan die begin van elke maand met nadink-vrae of
praktiese voorstelle
• Bevat verskeie verhale van Bybelse en eietydse geloofshelde
• Eenkleur-drukwerk
• 392 bladsye
Dit is soms moeilik om God se wil te ken. Daaglikse wysheid vir dogters
is dus ideaal vir dogters van 8 tot 12 om God se teenwoordigheid,
leiding en liefde in hulle elkedagse lewe te ervaar. Die 365 dagstukke
sal hulle help om nader aan hul Skepper te leef en in sy liefde te
floreer. Saam met die Skrifgedeeltes en gebede sal hulle God leer ken
en sy liefde, omgee en plan vir hulle beter verstaan. Dit is die ideale
manier om dogters te leer hoe om elke dag ’n pad saam met God te stap.
Die teks is ook beskikbaar vir seuns onder die titel Daaglikse wysheid
vir seuns.
Weet jy hoe ’n leeuwyfie haar welpie optel? En het jy al ’n
renoster se groot pote gesien? Kom ontmoet die Groot Vyf.
Peuters en kleuters leer ken die bekendste wilde diere in Suid-Afrika
in hierdie stimulerende kartonboek.
Herontdek die tydlose verhaal van Die drie varkies met ons
betowerende opwipboek! Drie varkies besluit om vir hulle huisies te
bou, maar hulle sal moet oppas vir die wilde, wrede wolf.
Pragtige 3D-illustrasies sal jong lesers en volwassenes boei. Elke
dubbelbladsy is 'n nuwe avontuur wat jou nooi om die varkies se huisies
te verken en hul slim eskapades te aanskou. Hierdie interaktiewe
boek is perfek vir enige boekrak en kombineer klassieke
storievertelling met lieflike illustrasies.
Het jy al 'n perd met kolle gesien? En weet jy waar varkies graag
speel? Kom ontmoet al die diere op die plaas.
Peuters en kleuters leer van hulle gunstelingplaasdiere in hierdie
stimulerende kartonboek.
Herontdek die tydlose verhaal van Gouelokkies en die drie
bere met ons betowerende opwipboek! Wanneer Mamma Beer, Pappa Beer
en Baba Beer in die woud gaan stap, gaan die ondeunde klein
Gouelokkies hulle huisie binne. Toe die bere terugkom, wag daar ’n
groot verrassing op hulle . . .
Pragtige 3D-illustrasies sal jong lesers en volwassenes boei.
Elke dubbelbladsy is 'n nuwe avontuur wat jou nooi om die knus
beerhuisie te verken en Gouelokkies se nuuskierige eskapades te aanskou.
’n Nuwe uitgawe van die geliefde roman, wenner van die ATKV-prys vir
Liefdesromans.
Die Tweede Wêreldoorlog verdeel die wêreld, dit skeur gesinne
uitmekaar. Binne hierdie milieu maak ons kennis met De Wet en
Klara, Gerbrand en Christine – jongmense met drome en aspirasies wat
elkeen op ’n unieke manier deur die oorlog beïnvloed word.
Wanneer ’n Italiaanse krygsgevangene op die Fouries se
Bosveldplaas ’n klipbrug oor die Nyl moet kom bou, ontmoet hy vir Klara
en vind in haar ’n geesgenoot . . .
Keur 10 van dié gewilde liefdesverhaalskrywer sluit drie
bekoorlike verhale in: Die glasappel is ’n heerlike roman
waarin humor en eksentrisiteit sjarmant verweef is.
In Die blou uur besef Klarissa du Toit dat haar man se werk
besig is om ’n wig tussen hulle in te dryf, maar is ’n toekoms sonder
hom wat sy werklik wil hê?
En in Die groen maan kom die protagonis voor die eeueoue
probleem te staan: Besluit jy met jou hart of jou kop wanneer dit kom
by die liefde?
Gaan jou kind binnekort kleuterskool toe? Dis so opwindend! Maar dit
beteken baie dinge gaan verander.
Hierdie aktiwiteitsboek berei kinders speel-speel voor op kleuterskool
met boeiende aktiwiteite wat kreatiwiteit stimuleer en emosionele
uitdrukking aanmoedig. Met 'n mengsel van prettige en grondliggende
vaardigheidsbou, verseker hierdie boek dat kinders gereed en opgewonde
is vir hierdie nuwe avontuur.
Het jy al ooit ’n goor week gehad? Justin Chase het! Ná
’n gespartel en gespook lewe hy darem nog ná ’n
taai Maandag,
Dinsdag, Woensdag en Donderdag. Maar nou is dit . .
. Vrydag!
Net toe Justin dink sy woeste week kan
nie woester word nie, bereik hy ’n
nuwe laagtepunt. ’n Onderaardse ontbering. Op die
bodem van ’n gapende gat. Die donkerste, diepste
dieptes. Maak jou reg vir ’n bibberboud-belewenis!
Dit is 'n nuwe dag en die son skyn buite. Tjoppie en sy maats verken
die tuin en baljaar in die park. Wat gaan hulle nog alles doen?
Kom speel saam met Tjoppie, die nuuskierige hondjie!
Hierdie prettige kartonboek met pragtige illustrasies sal peuters
en kleuters bekendstel aan herkenbare dinge en situasies.
"Dit was 'n besige dag. Tjoppie maak gereed om te gaan slaap. Hy pak sy
speelgoed weg, baljaar in die bad en lees 'n lekker slaaptydstorie.
Kom sê goeienag saam met Tjoppie, die nuuskierige hondjie!
Hierdie prettige kartonboek met pragtige illustrasies sal peuters en
kleuters help om gereed te maak vir slaaptyd."
Wanneer Helena se vervreemde pa toevallig by haar ma se werkplek inloop
en sy besluit om hom vir onderhoud te dagvaar, gebeur daar iets wat
hulle lewens onherroeplik verander. Soos 'n hedendaagse Aspoestertjie
verruil Helena die gehawende wendyhuis op die plot vir al die luukses
wat haar hart begeer. Maar selfs in hierdie idilliese bestaan kan
Helena nie van die werklikhede van die lewe ontsnap nie.
Een middag terwyl Carmi Molenaar, ’n eerstejaarstudent op
Potchefstroom, diep ingedagte op haar fiets ry, kruis haar pad met dié
van Herman Hattingh. Al het hierdie senior regstudent al die eienskappe
van ’n droomman, laat Carmi se verantwoordelikhede min tyd of
ruimte vir romanse.
Die lewe deel egter links en regs klappe uit, en Herman is elke keer
dáár om te help wanneer Carmi hom nodig het. Maar sal hulle kan leer om
mekaar te vertrou?
André le Roux se tweede digbundel verskyn 47 jaar ná sy debuut,
Struisbaai-blues, wat kort ná publikasie in 1977 verbied is. Nou skryf
hy met selfs skerper eerlikheid oor die liefde, begeerte, verlange en
vreugde. Meer nog: oor die afslyt van die liggaam en die insig wat
leefervaring bring. Hy tree in gesprek met mededigters soos Krog,
Breytenbach, Bukowski, Van Wyk Louw, Cohen, cummings en Neruda, en
steek kers op by die Oosterse meesters.
Le Roux se verse spreek van universele menslikheid en deernis, met
bytende humor en selfspot. Hy verken ’n landskap van verval en
vervreemding – nie sonder verset nie.
Leer kinders speel-speel meer oor hulle
gunstelingtroeteldiere. Met kleurvolle illustrasies, teks wat rym,
dinge om op elke bladsy te soek en 'n drahandvatsel vir klein handjies,
is hierdie lieflike kartonboek perfek vir kleuters wat aan die beweeg
is.
Leer kinders speel-speel meer oor hulle gunstelingdinosourusse. Met
kleurvolle illustrasies, teks wat rym, dinge om op elke bladsy te soek
en 'n drahandvatsel vir klein handjies, is hierdie lieflike kartonboek
perfek vir kleuters wat aan die beweeg is.
Enzo, Frikkie en Georgi neem deel aan die Wêreld-Robotolimpiade se
kompetisie vir robotte van Lego-blokkies. Een van dr. Ragno se
spinnebotte kom handig te pas en word met Lego-blokkies gepantser.
Georgi is bekommerd oor die spinnebotte se ingeboude lasers. Die
kompetisiereëls verbied wapens. Toe die Dassie-span met Skerpioen 8 by
die kompetisie opdaag, sien hulle ’n lang skraal man en ’n meisie wat
baie bekend lyk. Maar dr. Ragno en Veronica moet mos in die tronk wees
. . .
|
You may like...
Swyg
Erla Diedericks
Paperback
R300
R219
Discovery Miles 2 190
Atmosvuur
Jan Braai
Hardcover
R590
R425
Discovery Miles 4 250
Hans Hou Bruilof
Rudie van Rensburg
Paperback
(1)
R280
R219
Discovery Miles 2 190
Heks
Dibi Breytenbach
Paperback
R320
R235
Discovery Miles 2 350
Hoe Ek Dit Onthou
Francois Van Coke, Annie Klopper
Paperback
R300
R219
Discovery Miles 2 190
|