|
|
Books > Afrikaans > Nuwe Vrystellings
In elke seisoen van jou lewe is daar een ding wat konstant bly: God se
liefde en teenwoordigheid. As jy toelaat dat God jou treë rig, sal jy
altyd sy vrede ervaar – selfs wanneer jy deur ’n winterseisoen gaan.
Gebede uit ’n vrou se hart bevat 366 gebede wat elke vrou sal inspireer
om in elke seisoen van haar lewe aan God oorgegee te leef. Word
geïnspireer om in die lente gebede van hoop en moontlikheid te bid, en
in die somer gebede van dapperheid om te antwoord op God se roepstem.
Skuil in die herfsmaande by God terwyl jy Hom toelaat om sy werk te
doen. En roep in die winter van die lewe uit na die God van lig en lewe
wat jou toevou met die versekering dat die lente weer sal kom.
’n Alfabetiese indeks van die gebede is ingesluit sodat jy die gebed
wat jy nodig het maklik kan opspoor.
• 366 gebede vir vroue.
• Die gebede sentreer rondom die vier seisoene in ’n mens se lewe:
lente, somer, herfs en winter.
• Alfabetiese indeks van gebede.
• 400 eenkleur-bladsye.
• Hardeband.
• Merklint.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Prayers for a Woman’s Heart.
Geloof soos 'n mosterdsaad
Om elke dag tyd saam met God in gebed deur te bring, kan ons help om
ons verhouding met Hom te verdiep. Dit is tydens hierdie tye van
gemeenskap met God waar ons leiding, krag en genade ontdek om elke nuwe
dag in die oë te kyk.
Vroue van geloof is ’n gebedsjoernaal wat deur die lewens van 30
geloofsreuse soos Corrie ten Boom, Susanna Wesley, Francis Havergal en
Amy Carmichael tot Bybelse geloofshelde soos Hanna, Maria, Rut en Ester
die noodsaaklikheid, moontlikhede en krag van gebed ontdek.
Vroue sal hul verhouding met God versterk deur die vrae om oor na te
dink, inspirerende aanhalings, bypassende teksverse en gebedsriglyne
wat aansluit by die lewens en leringe van hierdie geloofsreuse.
• ’n Gebedsjoernaal vir vroue.
• 30 oordenking oor die lewe van vroue van geloof soos Corrie ten Boom,
Susanna Wesley, Francis Havergal en Amy Carmichael tot Bybelse
geloofshelde soos Hanna, Maria, Rut en Ester.
• Elke stukkie bevat vrae vir dieper denke, gebedsriglyne, inspirerende
aanhalings en bypassende verse uit die Bybel.
• Sagteband
• 128 tweekleur-bladsye.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Women of Faith Prayer
Journal.
Gebed is ’n kragtige hulpmiddel om enige uitdaging met God se krag en
wysheid te oorkom. Vind die leiding en genade wat jy nodig het in jou
daaglikse stiltetyd by God.
In Manne van geloof Gebedsjoernaal ondersoek topverkoper-outeur Angus
Buchan die lewens van 30 geloofshelde wat berge verskuif het deur
getroue gebed, waaronder Charles Spurgeon, Oswald Chambers, E.M.
Bounds, Johannes Calvyn, Augustinus, en ook Bybelkarakters soos Dawid,
Job, Abraham en Salomo.
Met die vrae vir dieper denke, gebedsriglyne, inspirerende aanhalings
en bypassende verse uit die Bybel sal hierdie gebedsjoernaal jou help
om die man van God te word wat jy bedoel is om te wees.
Delf diep in die Johannes-evangelie en ontdek die ware Jesus soos
Johannes Hom beskryf.
Die hele Skrif openbaar dat Jesus God is, maar geen boek beskryf
hierdie waarheid duideliker as Johannes se Evangelie nie. Hierdie
Evangelie is ’n openbaring van God se karakter soos dit waargeneem is
deur die man aan wie Hy die naaste was.
Ken Jesus as God is ’n Bybelstudie oor 10 weke wat individue of groepe
deur die hele Evangelie van Johannes begelei. Dit sluit die volgende in:
• Daaglikse sessies wat nie te lank is nie.
• Vrae vir diep nadenke en plek vir antwoorde en notas.
• Weeklikse uitdagings sodat toegepas kan word wat geleer is.
• Memorisering van teksverse.
Of hierdie studie van Johannes jou eerste of jou honderdste is, die
gelyktydige eenvoud en kompleksiteit van hierdie Evangelie-bespreking
bied ’n onuitputbare bron van bemoediging. Die boek wat geskryf is
“sodat julle tot die geloof kan kom dat Jesus die Messias is, die Seun
van God” (Joh. 20:31), wys bladsy vir bladsy dat Hy die bron van ware
lewe is!
• ’n Bybelstudie oor 10 weke vir individue of groepe oor die
Johannes-evangelie.
• Bevat daaglikse sessies, vrae vir diep nadenke en plek vir antwoorde
en notas.
• 224 bladsye.
• Sagteband.
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Knowing Jesus as God.
This Genade in Oorvloed Afrikaans Canvas Tote Bag is perfect for women
who work, travel, shop, exercise, or need a roomy place to carry things
while on the go.
The Tote Bag makes a lovely gift for a teacher's end of year gift, a
girlfriend's birthday, or a grandmother's & Mother's Day gift.
• Cotton Canvas Tote bags
• Genade in Oorvloed
• 2 Petrus 1:2
• Genade - Fynbos Reeks
• Screen-printed
• Collapsible and Reusable
• Carry in Hand or on Shoulder
• Hand-Wash and Air dry recommended
• Two-sided Printed Design
• Packaged in a poly bag
• Size: 380 x 375 x 3 mm
• Length with Handles: 670mm
• Afrikaans Product
God wil jou hart hê. Die hele Bybel is vol waarheid en werk in ons
hart, maar die psalms is net besonders. Hulle raak nie net ons hart nie
– hulle plaas ons hart op die voorgrond. Hulle nooi nie net ons emosies
om op God se waarheid te reageer nie – hulle stel ons emosies ten toon.
Die psalms doen meer as om ons te leer. Ons ervaar alles wat dit leer.
Ons hoor en ervaar die onbeskaamde uitroepe van smart, skaamte, berou,
verlies, woede, ontmoediging en ontsteltenis. Maar wat hierdie gedigte
– almal van hulle – so verstommend anders maak as die smart van die
wêreld is dat hulle almal ervaar word in verhouding tot die totaal
alleenheersende God.
Hierdie boek is ’n uitnodiging. God wil ons hart hê. Hy sal dit neem
soos dit is. En dan, deur die inspirasie van die psalms, sal Hy dit
vorm. Aanvaar sy uitnodiging om te kom.
Sien jy ook soms oral waar jy kyk net afgodery, geldgierigheid en
vyandigheid teenoor Christene? Is jy bewus van ’n intense geestelike
oorlog en wil jy soms net moed opgee? Dis wat die Bybelse gelowiges in
die stad Efese ook beleef het! Paulus deel dan sy boodskap met hulle
oor die kragtigste wapen om in moeilike tye staande te bly.
Hierdie vers-vir-vers-Bybelstudie oor Efesiërs deur Riekert Botha
vestig jou aandag op God se allesoortreffende liefde vir elkeen wat in
Christus glo. Ontdek dat dit jou identiteit in Christus is wat jou in
staat stel om staande te bly wanneer chaos en vyandskap jou wil
onderkry.
Aan die einde van die agt studies is daar verdere vrae om te besin oor
die dorp of stad waar jy bly en hoe jy kan meewerk om die evangelie in
jou gemeenskap uit te dra.
• Vers-vir-vers-bespreking van Efesiërs vir groepe en individue
• Besprekingsvrae en plek om antwoorde neer te skryf
• Vrae aan die einde om jou dorp/stad te evalueer vir moontlike
evangelisasiewerk
• Relevante tema vir gelowiges vandag
• 120 bladsye
As gelowiges in Christus sien ons uit na die ewigheid en om eendag by
ons geliefde Saligmaker te wees. Maar hoe moet ons intussen leef en hoe
moet ons die kwessies op ons pad hanteer? Vaste geloof se 366 dagstukke
sal jou help om ’n man of vrou na God se hart te wees met ’n geloof wat
gebou is op ’n vaste fondament. Met onwankelbare vertroue op God sal jy
toegerus wees om enige uitdaging, probleem of onsekerheid te hanteer.
Stap saam met Angus Buchan op ’n jaarlange reis en leef elke dag voluit
vir Jesus terwyl jy jou aardse reis sterk en oorwinnend voltooi.
• 366 oordenkings
• 392 bladsye
• Hardeband met merklint
• Ook beskikbaar in Engels onder die titel Firm Faith
Alten die akkedis met sewe sterte is 'n storie van vriendskap en
avontuur. Alten, 'n akkedis met die merkwaardige vermoë om sy stert te
verloor en weer te laat groei, vind homself in 'n tuin vol gevare.
Wanneer sy vriend Frida, die verkleurmannetjie, in die moeilikheid
beland, moet Alten sy moed bymekaar skraap om haar te red. Saam droom
hulle van 'n plek waar hulle veilig kan wees, weg van die bedreigings
van die menslike wêreld. Ontdek hoe Alten se unieke
talent hom help om die dag te red en leer meer oor die wonderlike
verdedigingsmeganismes van akkedisse. 'n Verhaal vol humor, spanning en
die krag van ware vriendskap.
Leesboek R is ’n skatkis van konsepte wat kinders bekendstel aan
basiese klanke en letters. Gebruik die boek saam met Leer my lees Vlak
RR en R om ’n wonderlike begin aan jou kind se leesreis te gee, of dit
nou by die skool of tuis is.
1996.
Die jaar van ons nuwe grondwet en die krieketwêreldbeker.
Van die tweede KKNK en die begin van “Friends” op MNet.
Liam is ’n lenige diskusgooier. Hy herinner Martin aan ’n lelike Brad
Pitt. Wat nog steeds mooi is.
Liam dink Martin lyk soos Jonty Rhodes met sy aarbei-blonde hare. En hy
is irriterend slim.
’n Valentynssokkie en ’n wolkbreuk. ’n Rekenaarspeletjie en ‘n oomblik
in die fliek.
’n Laataand gesprek met Eurythmics se “Sweet Dreams” wat speel.
’n Vonk.
Martin, die dominee se kind, weet wie en wat hy is. Hy hoort nie in
hierdie dorp nie, maar hy weet hy hou van Liam. Liam droom van meisies
en seuns. Hy weet nie wie hy is nie, maar hy weet hy hou van Martin.
Die vraag is, mag hy?
In hierdie dorp?
In hierdie tyd?
Is die liefde sterk genoeg om alles te oorwin?
Die seerowers van die Silwer Sardien is ‘n reeks oor seerower-seemeeue,
pratende katte en geheime skatte.
In “Oogsterretjies” leer Septimus die skaam seerower en Grommer die kat
oor wat hulle harte laat warm klop. Wat dit is wat vir hulle
oogsterretjies gee sodat hulle presies doen wat hulle veronderstel is
om te doen!
In “Die drie swaarde” moet Septimus en Grommer help om ‘n verlore skat
te vind voor die verkeerde groep seerowers hulle kloue op die skat kry.
Gaan hulle betyds die skat kan vind?

Die opwindende finale boek in die Aksieheld Austin-reeks!
Ewald Eloff staar sy grootste uitdaging ooit in die gesig. Al speel hy
al jare lank die rol van die geliefde Aksieheld Austin, moet Ewald
homself nou bewys teen sterk mededinging van die nuwe akteurs Geon en
Lex, wat ook die gesogte rol wil hê.
Teen die agtergrond van 'n Mars-agtige landskap is hierdie avontuur vol
spanning, aksie en onverwagte kinkels. Sal Ewald sy titel as die ware
Aksieheld Austin behou, of sal hy deur sy mededingers oorskadu word?
Ciska Luckhoff, ’n joernalis by Dagblad, se lewe verander handomkeer
wanneer beide haar ouers kort na mekaar sterf en haar geliefde, Liam,
gediagnoseer word met ’n lewensbedreigende siekte. Gedurende hierdie
tyd neem sy onbetaalde verlof om as voltydse versorger en broodwinner
op te tree met haar deeltydse werk as manuskripontleder en skrywer.
Haar omstandighede dreig egter om haar onder te kry en sy nader haar ma
se sielkundige, Isobelle Verwey. Isobelle staan Ciska nie net by
gedurende hierdie traumatiese tyd nie, maar word ook ’n hegte vriendin.
’n Bejaarde kunstenaar, Francina Bernardi, nader Ciska om haar memoires
te skryf en Isobella moedig haar aan om die aanbod te aanvaar. Opsoek
na ’n nuwe begin en begrip vir God se plan vir haar lewe, gryp Ciska
die geleentheid aan. Sy vertrek na Casalina, die drietoringhuis naby
Knysna, waar sy deel van die Bernardi-familie se huishouding raak. Sy
vind inspirasie in die intrige van die muurskilderye, waarin die
kunstenaar met taferele daarop haar en haar man se lewensgeskiedenis
verbeeld.
Maar die teenwoordigheid van ’n aantreklike Bernardi-nasaat verwar haar
omdat sy nie weet hoe om haar verlede af te sluit óf wat om met haar
nuwe gevoelens te maak nie. Tydens Kerstyd by Casalina ontvou ’n
verhaal wat die verlede en hede se geheime ontrafel. Ciska moet vrede
maak met ’n skokkende ontdekking sodat die dogters van Casalina
uiteindelik in ’n sirkel van genade kan terugkeer.
Henk en sy ma het na Chengdu in China verhuis. Henk is nogal 'n
senuweeagtige kind en hy het allerhande bygelowe – bo-aan die lys is
die nommer 13. Almal weet bose dinge gebeur as daardie nommer betrokke
is. Wanneer die hysbak in hul woonstelgebou aanhou om by die 13de
verdieping te stop en Henk begin knipperende oë in die donker sien
wanneer die deure oopgaan, beteken dit sekerlik dat die spook van Sarah
Mallory hom teister, nie waar nie? Hoekom anders gebeur allerhande
vreemde en onverklaarbare dinge met Henk in hierdie land vol mites en
legendes?
‘n Naelbyt-verhaal wat perfek is vir jonger tieners!
Leer speel-speel lees saam met Tippie die olifant!
Die LEER MY LEES-reeks bestaan uit trots Suid-Afrikaanse gegradeerde
leesboeke wat ontluikende leesboeke wat vroeë geletterdheid ondersteun.
Die Vlak R boeke 11-20 stel jong lesers bloot aan hoëfrekwensiewoorde
met behulp van kleurvolle en duidelike illustrasies.
Die stories is interessant en relevant met alledaagse avonture.
Leer my lees het baie herhaling en duidelike progressie wat steeds
natuurlike ontwikkeling in gedagte hou.