![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Afrikaans > Nuwe Vrystellings
Bennie Griessel en Vaughn Cupido ontvang die blye tyding dat hulle
uiteindelik weer bevorder is tot die rang van kaptein. Maar hul vreugde
is van korte duur. Die vergruisde liggaam van een van Cupido se beste
vriende is gevind onder die motor waaraan hy in sy motorhuis gewerk het
. . . was dit 'n ongeluk, of koelbloedige moord? En op ’n imposante
plaas buite Stellenbosch ontplof ’n woonwa. Onverklaarbaar. Nadat die
vuur geblus is, word ’n liggaam in die wrak gevind . . .
Vir hom begin alles met ’n besluit: Om mense te nooi vir ete. En dan
kom die groot beplanning: die datum, die gaste, die tema en dekor en
laaste – maar seker die belangrikste – die spyskaart.
Ami het geweet die dag gaan kom dat sy moet afskeid neem van Paul de
Jager, die afgetrede polisiegeneraal wat met mening teen alzheimers
baklei het.
Eben Etzebeth is tans die speler wat al die meeste toetswedstryde in
die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word
hierdie ellelange slot se intelligensie, energie en aggressie gevrees,
gerespekteer en dikwels nageboots – maar hy bly ongeëwenaard.
Op die vooraand van speurder Arrie Dogh se aftrede beland ’n
oënskynlik doodgewone inbraaksaak op sy lessenaar. En wanneer hy begin
ondersoek instel na die inbrekers op Louis Jooste se perdeplaas neffens
Wildernis, besef hy daar skuil ’n slinkse slang in die gras.
Hierdie splinternuwe versameling van Nataniël bevat 31 stories — 5 in
Engels, 26 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is uit
Nataniël-produksies oor ’n periode van twee jaar: Ring Van Vuur,
Nineveh Song, Cake Topper en Duif.
Soois Swart bedryf sy sukkelende koerantjie op die dorpie Erdvark in
die Knersvlakte waar die afwesigheid van moderne tegnologie groot
uitdagings aan hom stel. Met die naderende munisipale eleksie
vermenigvuldig sy kopsorge.
Wat skuil agter die Sheldon-fortuin?
Buig die boompie ...
Waarheen sal die donker spoor hom lei?
Jan Braai Junior In die kombuis is ’n boek vir die volgende geslag. Dis
geskryf in Jan Braai se kenmerkende styl en die hele gesin kan die
maklik volgbare, stapvir-stap-resepte geniet. Gemik op jong kinders om
hulle te help om heerlike kos suksesvol te maak en vertroue in hul
vaardighede in die kombuis te ontwikkel, pak jy ’n lewenslange reis aan
waar jy spesiale etes met gemak en selfvertroue sal kan maak.
Ruben Lambrechts en sy gesin is oor die węreld heen bekend vir hulle
Namibiese plaaswerf waar 'n verskeidenheid wilde diere dolgelukkig saam
met die gesin woon. Meerkatte, grondeekhorings, vlakvarke, ystervarke
en Cindy die bobbejaan, die beroemdste gesinslid naas Ruben, kan kom en
gaan soos hulle wil. Die diere is nie troeteldiere nie en bly nie in
hokke nie. Ontmoet die oulike meerkatte Minki en Jerry, die vlakvarke
of "Kalahari Walkie Talkies" Betsie en Bennie en Cindy die bobbejaan -
op 30 jaar oud Ruben en sy tweelingbroer se "ousus" - in hierdie boek
met ses stories vir kinders. Foto's en illustrasies sorg vir
volkleur-dieremanewales op elke bladsy!
Wat doen jy wanneer jou kind uit die bloute ’n vraag vra waarop jy nie
dadelik die antwoord het nie? Of dalk dink jy dat jy die antwoord het,
maar jou kind is nie heeltemal tevrede met jou verduideliking nie?
Wanneer 'n rondreisende pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede
opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom
gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. Alhoewel hulle
aanvanklik skepties is oor die hele gedoente, neem hulle vrywillig deel
aan 'n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit
net ’n skadelose toertjie? Want sedert die vreemde Madame Zelda hulle
op die verhoog gehipnotiseer het, voel Johan, Anton en Karin . . .
anders. Iets vreemds is besig om in hul stil klein dorpie te gebeur.
Hoekom tree mense so snaaks op? Wat gebeur met hulle wanneer hulle die
park in die nag besoek? En wat van daardie swart kraai wat elke
beweging fyn dophou? Johan en sy vriende is vasbeslote om die waarheid
te ontbloot - voordat Madame Zelda se duistere planne almal in gevaar
stel.
Betree die betowerende węreld van sprokiesverhale met ʼn interaktiewe
hervertelling van Jan en die boontjierank!
Drie van die die geliefde Ena Murray se heel beste speur- en
spanningsverhale word hier byeengebring:
Betree die betowerende węreld van sprokiesverhale met hierdie
interaktiewe hervertelling van Rooikappie! Die opwiptonele en flappe in
hierdie klassieke storie sal kinders se verbeelding aangryp en hul
nuuskierigheid prikkel.
Soms lę ek in my bed, my lyf opgekrul om herinneringe aan hom, totdat
dit voel asof die woonstel se dak oplig en die mure wegval en ek omhels
word deur die nag se fluweelsagte duisternis. Dan dryf ek uit my lyf,
tot in die buitenste ruim waar my ouers glo al vir dekades lank saam
met ruimterommel en stukkies meteoriet, al om en om ’n hemelliggaam
sweef.
Neo hou van avonture, maar partykeer voel hy ’n bietjie bang. Sy
suster, Thandi, is sterk en dapper … en sy het ’n slim plan om Neo
veilig te laat voel. Sy gee vir hom ’n spesiale kombers – ’n onsigbare
kombers. En dit werk! Hy skrik nie eens meer vir die hoogste boom in
die tuin nie. Maar sal die onsigbare kombers help wanneer Neo na ’n
nuwe skool toe moet gaan … en aan die swemgala deelneem? ’n
Inspirerende storie oor dapper wees en glo in jouself.
Elke titel in hierdie stylvolle reeks het vyf bladsye met vriendelike
karakters om agter kleurvolle viltflappe te vind. In Waar's die Babahasie? is jy op die
uitkyk vir Babahondjie, Babamuisie, Baba-eentjie en Babahasie self! Lig
die laaste flap op en daar is 'n verrassingspieel - altyd 'n treffer
met die kleintjies. Ouers is mal oor hierdie boeke omdat dit pragtig
is, maar sterk genoeg is om selfs die mees entoesiastiese jong lesers
te weerstaan. En kinders is lief vir hulle omdat hulle net soveel pret
is.
Elke titel in hierdie stylvolle reeks het vyf bladsye met vriendelike
karakters om agter kleurvolle viltflappe te vind. In Waar's mev. Kat? is jy op die
uitkyk vir mnr. Goudvis, mev. Hond, mnr. Marmot en mev. Kat haarself!
Lig die laaste flap op en daar is 'n verrassingspieel - altyd 'n
treffer met die kleintjies. Ouers is mal oor hierdie boeke omdat dit
pragtig is, maar sterk genoeg is om selfs die mees entoesiastiese jong
lesers te weerstaan. En kinders is lief vir hulle omdat hulle net
soveel pret is.
Elke titel in hierdie stylvolle reeks het vyf bladsye met vriendelike
karakters om agter kleurvolle viltflappe te vind. In Waar's mev. Lieweheersbesie?, is jy
op die uitkyk vir mnr. Ruspe, mev. By, mnr. Slak en mev.
Lieweheersbesie haarself! Lig die laaste flap op en daar is 'n
verrassingspieel - altyd 'n treffer met die kleintjies. Ouers is mal
oor hierdie boeke omdat dit pragtig is, maar sterk genoeg is om selfs
die mees entoesiastiese jong lesers te weerstaan. En kinders is lief
vir hulle omdat hulle net soveel pret is.
Elke titel in hierdie stylvolle reeks het vyf bladsye met vriendelike
karakters om agter kleurvolle viltflappe te vind. In Waar's mnr Leeu?, is jy op die
uitkyk vir mnr. Kameelperd, mnr. Krokodil, mev. Olifant en mnr. Leeu
self! Lig die laaste flap op en daar is 'n verrassingspieel - altyd 'n
treffer met die kleintjies. Ouers is mal oor hierdie boeke omdat dit
pragtig is, maar sterk genoeg is om selfs die mees entoesiastiese jong
lesers te weerstaan. En kinders is lief vir hulle omdat hulle net
soveel pret is.
Ontdek die groot buitelewe in hierdie aksiebelaaide dierebordboeke met
skuifblaaie op elke bladsy. Hierdie reeks bordboeke sal 'n liefde vir
die natuur inspireer by selfs die kleinste diereliefhebbers. Met
lewendige kunswerke gedruk op wit bord, robuuste maklik-om-te gebruik
meganismes vir klein handjies en 'n rymende teks met vriendelike
dierefeite, is hierdie die perfekte boeke om nuuskierige klein
verkenners keer op keer te betower. In hierdie eerste oerwouddiereboek
is daar papagaaie wat hoog in die bome swef, pandas wat aan bamboes
smul, tiere wat deur die gras sluip en nog vele meer weses om aan al
die lewe te bring met die bewegende dele. Ander titels in die reeks
sluit in: Safari.
Lugbraaier-meester Louisa Holst weet net wat die mark wil hę en is
terug met nog ’n vuurwarm treffer – propvol watertand-maaltye,
kitsgereed in net 30 minute! Geniet smullekker biryani-hoenderslaai,
pikante stokvis-en-jalapeņo-gebak, varktjops met geroosterde chakalaka
en stomende frikkadelle-en-pap. En die ietsie soets ter afronding?
Ontspan, onweerstaanbare nageregte sorg vir daardie soete verleiding –
alles kant en klaar in net 30 minute. |
You may like...
The Interpreters - South Africa’s New…
Sean Christie, Hedley Twidle
Paperback
R634
Discovery Miles 6 340
Scrambled Sentences: Sight Words - 40…
Immacula A Rhodes, Immacula Rhodes
Paperback
Informational Passages for Text Marking…
Martin Lee, Marcia Miller
Paperback
Analytical Atomic Absorption…
Alfredo Sanz-Medel, Rosario Pereiro
Hardcover
R1,530
Discovery Miles 15 300
General Principles of Tumor…
Howard L Kaufman, Jedd D. Wolchok
Hardcover
R5,230
Discovery Miles 52 300
Measuring Quality in a Shifting Payment…
Caprice C Greenberg, Daniel E Abbott
Hardcover
R2,125
Discovery Miles 21 250
|