|
|
Books > Children's & Educational > Fiction > Adventure stories
Die avonture van Kuifie (Frans: Les Aventures de Tintin et Milou)
is een van die gewildste strokiesverhale wat in die twintigste eeu
verskyn en is vandag steeds populêr. Die boeke word in ongeveer 60
tale vertaal. Die hoofkarakter van die verhale is die jong Belgiese
verslaggewer Kuifie. Saam met sy hond, Spokie, beleef hy verskeie
avonture.
Die eerste verhaal van Kuifie verskyn op 10 Januarie 1929 as ’n
bylae tot die Franstalige Brusselse koerant Le Vingtième Siècle.
Hergé skryf en teken in die tydperk tussen 1929 en 1976 23
strokiesverhale (die 24ste verhaal bly onvoltooi).
In Kuifie in Amerika reis Kuifie en Spokie na Chicago om die stad
se bendes vas te trek. Met sy aankoms kry hy reeds te doen met die
berugte Al Capone en twee van sy trawante. Hy ontmoet ook Capone se
teenstander, die bendeleier Bobby Smiles.
Die bendes doen alles in hulle vermoë om hom te stuit: Hulle
probeer hom vergiftig en verdrink, ontvoer vir Spokie en oortuig
die Indiane in ’n nabygeleë reservaat dat Kuifie hulle vyand is.
Sal Kuifie die stryd teen die bendes wen of gaan hy en Spokie in
die Slift-fabriek se blikkieskos opeindig?
Hoofkommissaris Servin het 'n ou kasteel naby Edinburgh gekoop, maar 'n doedelsakspelende spook veroorsaak dat gaste hulle vinnig uit die voete maak! Willem en Adriaan moet kom help. Maar daar's ook 'n bende bankrowers doenig in Skotland en soos dit maar gaan, bevind Willem en Adriaan hulle kort voor lank in nog 'n speurtog, op die spoor van die Bandy-broers.
|
You may like...
Super Sleuth
David Walliams
Paperback
R295
R264
Discovery Miles 2 640
Dryf
Cecilia Steyn
Paperback
R295
R264
Discovery Miles 2 640
Prey Zone
Wilbur Smith, Keith Chapman, …
Paperback
(1)
R230
R209
Discovery Miles 2 090
|