0
Your cart

Your cart is empty

Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (4)
  • R100 - R250 (18)
  • R250 - R500 (7)
  • R500+ (2)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Book Sale > Afrikaans

Die Antwoord-Reeks Graad 12 geografie 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Susan Rushton Die Antwoord-Reeks Graad 12 geografie 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Susan Rushton
R304 Discovery Miles 3 040 In Stock

Hierdie toenemend gewilde studiegids dek die Graad 12 KABV-kurriklum en motiveer leerders om hul vaardighede in hierdie opwindende vak te ontwikkel. Dit sluit die volgende in: Omvattende Notas gerangskik in Modules & Eenhede, Eksamenvrae per Module en Memo’s vir alle Eksamenvrae plus ’n kaartwerkafdeling wat notas en voorbeelde van verskillende tipes vrae en berekeninge insluit, plus eksamenvraestelle en antwoorde. ’n Topografiese kaart in kleur en ortofoto word ingesluit. Hierdie boek het duidelike sketse, bondige verduidelikings en ’n wye verskeidenheid vrae met memo’s. Dit bied aan leerders ’n kompakte gids om al die konsepte in die kurrikulum te bemeester. Onlangse KABV-eksamenvrae en antwoorde is ook ingesluit. Hierdie 3 in 1 studiegids is vir alle Graad 12-Geografieleerders geskik, van die wat sukkel om basiese konsepte onder die knie te kry, tot die wat vasberade is om topsimbole te behaal.

Groen eiland (Afrikaans, Staple bound): R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie Groen eiland (Afrikaans, Staple bound)
R. Hunt, A. Brychta, A. Stimie
R110 R70 Discovery Miles 700 Save R40 (36%) In Stock

Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel.

Die Antwoord-Reeks Graad 10 rekeningkunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Ann Botha Die Antwoord-Reeks Graad 10 rekeningkunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Ann Botha
R260 R243 Discovery Miles 2 430 Save R17 (7%) In Stock

Hierdie studiegids is noodsaaklik om die Rekeningkunde-kurrikulum in Graad 10 – 12 aan te durf. Die boek is in logiese afdelings ingedeel; elke afdeling verduidelik basiese terminologie, konsepte en prosesse aan die leerder sodat hierdie uitdagende vak bemeester kan word. Dit sluit in: Omvattende Notas met Uitgewerkte Voorbeelde vir elke Onderwerp, Vrae & Antwoorde vir elke Onderwerp en Eksamenvraestelle en Antwoorde sowel as handige wenke. Hierdie studiegids is propvol spesifiek gekose, gegradeerde vrae en oplossings wat die teorie toepas en so daartoe lei dat elke onderwerp deeglik verstaan word. Leerders sal vinnig deur die afdelings vorder en selfvertroue sowel as kundigheid opbou soos wat hulle elke oefening suksesvol voltooi. Die geheim van hierdie vak is om te OEFEN en dit is wat hierdie boek jou in staat stel om te doen! Dit sal vir die leerder voel asof ’n ervare onderwyser teenwoordig is om elke wenk en stukkie raad wat regdeur die boek voorkom, aan te bied. Die opsommings en verduidelikings maak die studiemateriaal as ’n geheel verstaanbaar en dit motiveer die leerder om in die vak uit te blink.

CAPS Gevaarlike lopies: Afrikaans huistaal (Afrikaans, Paperback, School ed): Jaco Jacobs CAPS Gevaarlike lopies: Afrikaans huistaal (Afrikaans, Paperback, School ed)
Jaco Jacobs
R170 R99 Discovery Miles 990 Save R71 (42%) In Stock

Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie ‘n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in ‘n nagmerrie gaan ontaard... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.

Sedert Die Dood Ons Skei (Afrikaans, Paperback): Beryl Botman Sedert Die Dood Ons Skei (Afrikaans, Paperback)
Beryl Botman
R240 R222 Discovery Miles 2 220 Save R18 (7%) In Stock

Hierdie verhalende nie-fiktiewe werk vertel die storie van Beryl Botman wat aan Russel Botman onthul hoe sy sy skielike afsterwe ervaar en hanteer. “Hoe moet sy leer leef en hul liefde vir mekaar herken in hierdie nuwe dimensies van bestaan?” is die sentrale vraagstuk van die eenrigtinggesprek.

Die gebeure speel af vanaf die oomblikke voordat sy besef dat Russel gesterf het tot die op die dag van die eerste herdenking van sy afsterwe – die verloop van een jaar. Dis vir haar die jaar waarin sy haar op haar diepste sterkpunte beroep; haar troebelste swakhede in die gesig staar en op haar hele wording staatmaak om selfs een tree te gee.

Die vertelling vind in drie dele plaas en begin met ‘n dag-vir-dag weergawe van die eerste twee weke van ervaringe en gewaarwordinge. Die daaropvolgende twee dele is weeklikse en daarna maandlikse onthullings. Haar spirituele en reële blootlegging volg ‘n reis vanaf Stellenbosch tot Wynberg en sommige ander plekke in die wêreld.

Beryl hanteer lewensveranderende besluite en optredes in haar wêreld met die gemak en liefdevolle ondersteuning van familie en vriende, en terselfdertyd die vyandigheid van ander familie en die afsydigheid en verwerping van vriende en kennisse.

Afrikaans sonder grense eerste addisionele taal: Graad 3: Grootboek pakket (4 grootboeke) (Afrikaans, Staple bound): S. Gouws,... Afrikaans sonder grense eerste addisionele taal: Graad 3: Grootboek pakket (4 grootboeke) (Afrikaans, Staple bound)
S. Gouws, M. Latti
R1,431 R1,313 Discovery Miles 13 130 Save R118 (8%) In Stock
Christine le Roux Keur 3 (Afrikaans, Paperback): Christine le Roux Christine le Roux Keur 3 (Afrikaans, Paperback)
Christine le Roux
R330 R295 Discovery Miles 2 950 Save R35 (11%) In Stock

In Die honger hart moet Julia Naude haar peetpa se ongewone voorwaarde behou om die plaas, wat sy saam met die plaasbestuurder geerf het, te beskerm. In Deel van die pakket staan Gita van Duinen op die drumpel van ’n nuwe lewe, maar meer veranderinge le voor. In Verskuilde liefde, keer dr. Edmund Wiese terug uit die buiteland. Hy moet vrede maak met die lee kol wat sy broer, Fanie, agtergelaat het. En drie weke later maak hy ’n onverwagse ontdekking wat sy prioriteite verander.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
'n Vrou Staan Op
Ilse Verster Paperback R320 R175 Discovery Miles 1 750
Donker Web
Fanie Viljoen Paperback  (2)
R285 R159 Discovery Miles 1 590
Mispa
Helena Hugo Paperback R290 R259 Discovery Miles 2 590
Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans…
Joline de Klerk, Mia Singels Paperback R195 R115 Discovery Miles 1 150
Rekeningkunde - Alles-In-1
L. Cornelius, M. Weyers Paperback R1,127 R1,043 Discovery Miles 10 430
Headstart Natuurwetenskappe…
Paperback R150 R80 Discovery Miles 800
Skatkis Stories: Disney Alice in…
Hardcover R85 R49 Discovery Miles 490
Uit die Beek 2025 - 365 Dagstukkies
Barend Vos Paperback R265 R249 Discovery Miles 2 490
'n Droomhuis vir Kristie
Elaine Marais Paperback R285 R255 Discovery Miles 2 550
Lekkergoed vir die Lewe
Susan Coetzer Paperback R285 R149 Discovery Miles 1 490

 

Partners