0
Your cart

Your cart is empty

Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (4)
  • R100 - R250 (18)
  • R250 - R500 (7)
  • R500+ (2)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Book Sale > Afrikaans

Rekeningkunde - Alles-In-1 (Afrikaans, Paperback, 7de Uitgawe): L. Cornelius, M. Weyers Rekeningkunde - Alles-In-1 (Afrikaans, Paperback, 7de Uitgawe)
L. Cornelius, M. Weyers
R1,127 R1,043 Discovery Miles 10 430 Save R84 (7%) In Stock

Hierdie boek is geskryf met die doel om die basiese beginsels en toepassings van rekeningkunde meer verstaanbaar en bruikbaar te maak vir studente wat nie rekeningkunde as skoolvak geneem het nie en ook nie as hoofvak gaan neem nie.

'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback): Ilse Verster 'n Vrou Staan Op (Afrikaans, Paperback)
Ilse Verster
R320 R175 Discovery Miles 1 750 Save R145 (45%) In Stock

So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022 geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.

Ná ’n uitmergelende egskeiding wat haar finansieel byna ruďneer, reis Esli Kaap toe om perspektief te kry op ’n lewe waar sy nie meer ’n slagoffer is nie. Dan gebeur daar ’n wonderwerk. Sy ontmoet iemand en hulle besluit om te trou. Uiteindelik is die geluk, vrede en veiligheid waarna sy haar lewe lank gehunker het, vir Esli beskore.

Máár haar stryd is nog lank nie verby nie. Post-traumatiese stres, ’n vreemde omgewing en nuwe verhoudings bring onverwagse uitdagings. Ook baie vrae, soos: Hoe kan ’n mens gelukkig wees, maar steeds huil? Die ongekende blootstelling wat tydens boekbekendstellings, praatjies en mediaonderhoude volg op die sukses van So lyk ’n vrou, maak dinge ook nie makliker nie. Esli kan haar nie volledig losmaak van die verlede nie, want almal stel moeilike vrae. Terselfdertyd moet sy ander slagoffers van narsisme moed inpraat.

In ’n Vrou staan op deel die skrywer haar ervarings van die moets en moenies in die proses na heelwording. Want om ’n oorwinnaar te wees, verg ook moed, deursettingsvermoë en ’n sekure instink vir oplossings wat wérk.

Mispa (Afrikaans, Paperback): Helena Hugo Mispa (Afrikaans, Paperback)
Helena Hugo
R290 R259 Discovery Miles 2 590 Save R31 (11%) In Stock

Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die węreld bring. Al waarop sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen dan pak die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.

Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback): Joline de Klerk, Mia Singels Klaskameraad Taalwerkboek: Afrikaans Eerste Addisionele Taal - Graad 10-12 (Afrikaans, Paperback)
Joline de Klerk, Mia Singels
R195 R115 Discovery Miles 1 150 Save R80 (41%) In Stock

Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Eerste Addisionele Taal Graad 10-12 ideaal maak: Dit is ’n taalhersieningsboek vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal met oefeninge vir taalstrukture en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die volgende taalaspekte: woordeskat-uitbreiding, woordkeuses, sinsbou, spelling en punktuasie. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die Nasionale Eksamenvraestel 1 vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (NSS en IEB) opgestel.

Hierdie boek is ideaal vir die leerder wat taalstrukture en -konvensies onder die knie wil kry en ekstra oefening wil doen. Die boek dien as aanvulling vir all taalhandboeke.

Antwoorde word op ‘n QR-kode verskaf.

Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe): Fanie Viljoen Donker Web (Afrikaans, Paperback, Skooluitgawe)
Fanie Viljoen 2
R285 R159 Discovery Miles 1 590 Save R126 (44%) In Stock

Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwęreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.

Headstart Natuurwetenskappe & Tegnologie: Leerdersboek - KABV Graad 5 (Afrikaans, Paperback): Headstart Natuurwetenskappe & Tegnologie: Leerdersboek - KABV Graad 5 (Afrikaans, Paperback)
R150 R80 Discovery Miles 800 Save R70 (47%) In Stock

Headstart Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 Leerderboek is 'n gebruikersvriendelike boek met 'n eenvoudige, stapsgewyse benadering wat verseker dat die KABV volledig gedek word.

Dit is 'n vaste fondamente en lei leerders deur middel van toeganklike taalgebruik en 'n deurdagte werkstempo soos hulle deur die Intermediere Fase vorder

Skatkis Stories: Disney Alice in Wonderland (Afrikaans, Hardcover): Skatkis Stories: Disney Alice in Wonderland (Afrikaans, Hardcover)
R85 R49 Discovery Miles 490 Save R36 (42%) In Stock
Uit die Beek 2025 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Barend Vos Uit die Beek 2025 - 365 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Barend Vos
R265 R249 Discovery Miles 2 490 Save R16 (6%) In Stock

100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek, terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.

'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback): Elaine Marais 'n Droomhuis vir Kristie (Afrikaans, Paperback)
Elaine Marais
R285 R255 Discovery Miles 2 550 Save R30 (11%) In Stock

’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo. Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is ’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy van haar omgekeerde węreld probeer sin maak, begin een van die laaste bastions in haar lewe wankel.

Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback): Susan Coetzer Lekkergoed vir die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Susan Coetzer
R285 R149 Discovery Miles 1 490 Save R136 (48%) In Stock

Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie. Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur 'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250 onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe maniere van dink en doen te kweek.

Harry Potter en die Orde van die Feniks (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Orde van die Feniks (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R370 R225 Discovery Miles 2 250 Save R145 (39%) In Stock

Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken, is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min . . .

Nuwe Afrikaanse Blokraaie (Afrikaans, Paperback): Heidri Mittendorf Nuwe Afrikaanse Blokraaie (Afrikaans, Paperback)
Heidri Mittendorf
R160 R90 Discovery Miles 900 Save R70 (44%) In Stock

Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en -opsteller. Die Nuwe Afrikaanse Blokraaie bevat 60 blokraaie wat opgelos word met leidrade asook 10 woordsoeke en 10 kriskras gebaseer op algemene kennis. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.

Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback): Nathan Trantraal Die Man Wattie Kinnes Vang (Afrikaans, Paperback)
Nathan Trantraal
R350 R189 Discovery Miles 1 890 Save R161 (46%) In Stock

In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem, het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlę, soe minner vestaan hy wat ręrag daityd gebeerit.

Die Avonture van Kuifie: In die Land van die Swart Goud (Afrikaans, Paperback): Herge Die Avonture van Kuifie: In die Land van die Swart Goud (Afrikaans, Paperback)
Herge
R209 Discovery Miles 2 090 In Stock
Platinum Afrikaans huistaal: Graad 1 - Leesboek pakket (5 leesboeke) (Afrikaans, Staple bound): J. Anker, I. Lewis, T. Morris Platinum Afrikaans huistaal: Graad 1 - Leesboek pakket (5 leesboeke) (Afrikaans, Staple bound)
J. Anker, I. Lewis, T. Morris
R330 R195 Discovery Miles 1 950 Save R135 (41%) In Stock
Headstart Tegnologie: Leerdersboek - KABV Graad 7 (Afrikaans, Paperback): Headstart Tegnologie: Leerdersboek - KABV Graad 7 (Afrikaans, Paperback)
R220 R139 Discovery Miles 1 390 Save R81 (37%) In Stock
Die Antwoord-Reeks Wiskunde 'n klasteks KABV Graad 10 leerdersboek (Afrikaans, Paperback): Anne Eadie, Gretel Lampe Die Antwoord-Reeks Wiskunde 'n klasteks KABV Graad 10 leerdersboek (Afrikaans, Paperback)
Anne Eadie, Gretel Lampe
R320 R199 Discovery Miles 1 990 Save R121 (38%) In Stock
Stalmaats Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Lize Roux Stalmaats Omnibus 1 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Lize Roux
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) In Stock

Die gewildste perdestories in Afrikaans!

Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus!

Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help.

Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir Anri, Megan en Karen moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop.

Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats!

Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels:

1. Perdedrome

2. Totsiens, Sugarplum (ATKV-kinderboektoekenning 2007)

3. Anri se plan

4. Die spookperd (ATKV-kinderboektoekenning 2008)

5. Die beroemde ruiter

Vet Vark Se Boek (Afrikaans, Paperback): Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd Vet Vark Se Boek (Afrikaans, Paperback)
Thomas Nelson & Sons Ltd Thomas Nelson & Sons Ltd
R141 Discovery Miles 1 410 In Stock

Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic

Die Antwoord-Reeks Graad 12 lewenswetenskappe deel 2 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Liesl Sterrenberg, Helena... Die Antwoord-Reeks Graad 12 lewenswetenskappe deel 2 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Liesl Sterrenberg, Helena Fouche, Grace Elliot
R255 R165 Discovery Miles 1 650 Save R90 (35%) In Stock

Hierdie boek is DEEL 2 van ‘n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geimplementeer is, breedvoerig dek. Dit bevat die 2 Kennisvelde wat in VRAESTEL II van die eksterne Nasionale finale eksamen geeksamineer word: Lewe op die Molekulere, Sellulere en Weefselvlak en Diversiteit, Verandering en Kontinuiteit. Beide DEEL 1 en DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied: Breedvoerige NOTAS per module, Vrae en ‘Snelvure’ per module en Gedetailleerde memo’sHierdie 3 in 1 studiegidse spreek tot leerders van alle vermoens en leerstyle. Dit verskaf duidelike, nuut-nagevorsde notas en kolpuntlys-opsommings. Duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe. Vakmateriaal is in kleiner dele opgebreek en praktiese wenke word deurgaans gegee. Die ‘Snelvuurvrae’ aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. ‘n Wye reeks vrae en antwoorde berei leerders vir hul finale eksamens voor. Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.

Die Antwoord-Reeks Graad 10 wisikundige geletherheid 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Susan Nicol, L. Van Rensburg Die Antwoord-Reeks Graad 10 wisikundige geletherheid 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Susan Nicol, L. Van Rensburg
R263 Discovery Miles 2 630 In Stock

Hierdie 3 in 1 studiegids bied, vir leerders en onderwysers, ’n omvattende en innoverende benadering tot Wiskundige Geletterdheid. Dit bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde in al 7 onderwerpe, Oefeninge en ‘Toets jou Begrippe’ vir elke onderwerp en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & nuttige wenke. Hierdie boek bied ’n konkrete oplossing vir leerders wat hierdie vak neem. Dit ontwikkel hul vaardighede en selfvertroue in die oplos van enige soort wiskundige probleem wat spesifiek op die kurrikulum van toepassing is. Die stimulerende maklik-om-te-volg teks, duidelike diagramme en illustrasies motiveer leerders om redelik moeiteloos deur elke onderwerp te vorder. Nuwe konsepte en tegnieke word dwarsdeur die boek sistematies vasgele en geassesseer. ’n Noodsaaklike studiegids vir sukses in Wiskundige Geletterdheid.

Die Antwoord-Reeks Graad 12 wiskunde 2 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Anne Eadie, Gretel Lampe Die Antwoord-Reeks Graad 12 wiskunde 2 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Anne Eadie, Gretel Lampe
R212 Discovery Miles 2 120 In Stock

Hierdie 2 in 1 studiegids bied aan Graad 12-leerders ’n unieke metode om matriekwiskunde te bemeester en daarin uit te blink. Leerders word deel gemaak van ’n sorgvuldig saamgestelde vraag-en-antwoord-‘leer’ van ontwikkeling en ondersteuning.  Hierdie boek bevat ’n uiters omvattende, metodies gerangskikte samestelling van eksamenvrae en – antwoorde, geskik vir beide die NASIONALE en die IEB-wiskunde-eksamens. Die sorgvuldig opgeboude vrae dek ook beide die Graad 11- en 12-inhoud wat in die eindeksamen ingesluit word. Daar is TWEE duidelik onderskeibare afdelings in die boek: Onderwerpgerigte Vrae & Oplossings – om ’n deeglike begrip van teorie, tegnieke & konsepte in elke onderwerp te ontwikkel. 14 Eksamenvraestelle en Memo’s wat uit vorige vraestelle saamgestel is. In die eerste afdeling van die studiegids is vrae in aparte ONDERWERPE gerangskik, wat leerders in staat stel om een onderwerp op ‘n slag te bemeester. Die vrae is gegradeer en gegroepeer om leerders in begrip, selfvertroue en kundigheid te help groei. Dit dek nie net die Graad 12-inhoud nie, maar ook alle vorige (Graad 10 & 11) konsepte wat noodsaaklik is vir begrip en sukses. In die tweede afdeling is die 7 eksamenvraestelle volgens die Nasionale Eksamenriglyne saamgestel en kognitiewe vlakke en gewigstoekenning per onderwerp is in ag geneem. Vrae is met omsigtigheid uit die 7 eksamenvraestelle gekies sodat dit alle aspekte en tegnieke van alle onderwerpe volledig dek. Nuttige notas, opsommings en teksraampies met raad word regdeur die publikasie gegee. Hierdie topverkoper bied regdeur die jaar uitstekende voorbereiding vir KABV- en IEB-matrikulante en het al baie leerders gehelp om bo hul verwagtinge in hierdie belangrike vak, sukses te behaal.

Sal 'n Skilpad Op Jou Piepie? - En Ander Gruwelike En Grillerige Vrae Oor Die Natuur (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Sal 'n Skilpad Op Jou Piepie? - En Ander Gruwelike En Grillerige Vrae Oor Die Natuur (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs
R120 R113 Discovery Miles 1 130 Save R7 (6%) In Stock

EEUW! JIG! SIES! BLEG! Dis WALGLIK – maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL!

Wat is ’n snotblom? Hoe groot was ’n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies – en hoe smaak dit? Wat is hiënabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies?

Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!

Die Antwoord-Reeks Graad 12 fisiese wetenskappe 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Retha Louw Die Antwoord-Reeks Graad 12 fisiese wetenskappe 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Retha Louw
R263 Discovery Miles 2 630 In Stock

Hierdie 3 in 1 studiegids, wat aan die vereistes van die KABV-kurrikulum voldoen, is ‘n topverkoper, volgepakte uitgawe wat al die oplossings wat jy nodig het om hierdie uitdagende vak te bemeester, bied. Die gids is in ONDERWERPE ingedeel en bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde, Oefeninge & Eksamenvrae en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & handige wenke. Hierdie studiegids dek al die basiese konsepte, wette, definisies en berekeninge wat op ‘n maklik verstaanbare manier verduidelik word en stel leerders in staat om onafhanklik en teen hulle tempo te vorder. Leerders kan hul wetenskaplike vaardighede ontwikkel en hul begrip van die vak verbeter deur sistematies deur elke onderwerp met gepaardgaande vrae te werk. Die duidelik-uiteengesette antwoorde bied omvattende ondersteuning regdeur die leerproses. Alhoewel Fisiese Wetenskappe ‘n uitdagende vak is, kan topresultate in beide die KABV- en IEB finale eksamens, met die hulp van hierdie studiegids behaal word.

Die Antwoord-Reeks Graad 11 wiskunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback): Anne Eadie, Gretel Lampe Die Antwoord-Reeks Graad 11 wiskunde 3 in 1 KABV studiegids (Afrikaans, Paperback)
Anne Eadie, Gretel Lampe
R209 R174 Discovery Miles 1 740 Save R35 (17%) In Stock

Hierdie 3 in 1 publikasie ondersoek die dieper vlakke van al die noodsaaklike komponente van die KABV-kurrikulum. Leerders wat hierdie indiepte studiegids aanpak, sal toekenning verdien soos hulle stap-vir-stap vorige onsekerhede te bowe kom en ‘n suksesvolle pad vorentoe verseker. Dit bied: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde per onderwerp. Oefeninge wat gegradeer is om die logika en tegnieke wat vereis word, te bevorder. Gedetailleerde Oplossings vir alle oefeninge, plus ’n omvattende eksamen (vraestel 1 & vraestel 2) met volledige verduidelikings vir deeglike vaslegging en finale eksamenvoorbereiding. Hierdie effektiewe studiegids hersien al die noodsaaklike beginsels wat in vorige grade gedek is. Die leerder se begrip word deur stap-vir-stap notas uitgebrei en uitgewerkte voorbeelde word gebruik om nuwe werk bekend te stel. Die opsommings en handige wenke dra daartoe by dat die leerders die studiemateriaal as geheel verstaan en sodoende word selfvertroue en vaardigheid by die Graad 11-leerder bevorder. Hierdie boek waarborg die ontwikkeling van ’n stewige grondslag vir elke leerder wat vir die Graad 11 en 12 Wiskunde-eksamens voorberei en wat vasbeslote is dat hulle wil uitblink, ’n besliste weg na oop deure vir hul toekoms!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Real-Time Systems: Design and…
Pascal Formann Hardcover R3,033 R2,748 Discovery Miles 27 480
Frameworks for Developing Efficient…
John Krogstie Hardcover R4,974 Discovery Miles 49 740
UC/OS-III - The Real-Time Kernel and the…
Jean J. Labrosse Hardcover R1,800 Discovery Miles 18 000
CompTIA A+ Certification All-in-One Exam…
Mike Meyers, Travis Everett, … Hardcover R1,357 Discovery Miles 13 570
Shared Responsibility, Shared Risk…
Jacob Hacker, Ann O'Leary Hardcover R1,914 Discovery Miles 19 140
Environmental Policies in the Third…
O.P. Dwivedi, Dhirendra K. Vajpeyi Hardcover R2,539 Discovery Miles 25 390
Spain and Central America - Democracy…
Robin Rosenberg Hardcover R2,542 Discovery Miles 25 420
Transport Regulation Matters
James McConville Hardcover R6,238 Discovery Miles 62 380
Software Design by Example - A…
Greg Wilson Hardcover R3,666 Discovery Miles 36 660
Renewing the Stuff of Life - Stem Cells…
Cynthia B Cohen Hardcover R1,230 Discovery Miles 12 300

 

Partners