![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Promotion > Book Sale > Afrikaans
Hierdie boek is geskryf met die doel om die basiese beginsels en toepassings van rekeningkunde meer verstaanbaar en bruikbaar te maak vir studente wat nie rekeningkunde as skoolvak geneem het nie en ook nie as hoofvak gaan neem nie.
So lyk ’n vrou, Ilse Verster se hartroerende verhaal oor Esli se lewe
van mishandeling deur ’n gewelddadige eggenoot, het lesers in 2022
geskok en aangegryp. ’n Vrou staan op is die vervolg op die
blitsverkoper en vertel van die nuwe hoofstuk in Esli se lewe.
Die nuutste roman van topverkoperskrywer Helena Hugo. Caroline is maar
dertig jaar oud toe sy haar agtste kind in die węreld bring. Al waarop
sy gehoop het was om te sterf. Die kloof tussen haar en Willem is so
wyd dit lyk asof hulle mekaar nooit weer sal vind nie. Intussen dan pak
die onweerwolke van oorlog op die horison saam. Maar die hoop beskaam
nie: Genesing begin by 'n weggooikind en 'n gekneusde veldblom.
Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer
en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Eerste
Addisionele Taal Graad 10-12 ideaal maak: Dit is ’n taalhersieningsboek
vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal met oefeninge vir taalstrukture
en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die volgende
taalaspekte: woordeskat-uitbreiding, woordkeuses, sinsbou, spelling en
punktuasie. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die
Nasionale Eksamenvraestel 1 vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (NSS
en IEB) opgestel.
Greg Owen, die ou wat sy eie pa vir die wolwe gegooi het, is 'n eerstejaar op Stellenbosch. Klaar met hacking. Ingeskryf vir 'n graad in Sportwetenskap. Maar sal hy ooit van die skadu van Lawson Kollege en Project Nursery Rhyme kan wegkom? As jy wil wraak neem, moet jy twee grafte grawe, besef hy gou, in hierdie vervolg op die topverkoper Onderwęreld. Verkorte skooluitgawe van die topverkoper. 'n Gratis leesgids is beskikbaar.
Headstart Natuurwetenskappe en Tegnologie Graad 5 Leerderboek is 'n gebruikersvriendelike boek met 'n eenvoudige, stapsgewyse benadering wat verseker dat die KABV volledig gedek word. Dit is 'n vaste fondamente en lei leerders deur middel van toeganklike taalgebruik en 'n deurdagte werkstempo soos hulle deur die Intermediere Fase vorder
100 jaar van genade. 100 jaar se getroue lesers. Uit die
Beek gee daaglikse geestelike leiding en inspirasie. Hierdie
feesuitgawe is geskik vir persoonlike stiltetyd, huisgodsdiens én
Bybelstudiegroepe. Vanjaar kom dit weer uit die pen van bekroonde
skrywer en predikant Barend Vos. In 2025 vertoef ons by elke Bybelboek,
terwyl ons steeds groot momente in die kerkkalender, soos Lydenstyd en
die Pase, Pinkster, Koninkrykstyd en Advent in ag neem.
’n Vreemdeling by ’n familiebegrafnis keer Kristie se lewe onderstebo.
Haar daaglikse take by die argiteksfirma beleef ook ’n wending: Erik is
’n moeilike kliёnt en ook die onweerstaanbare tipe. Toe Kristie se
werklikheid ineenstort, vlug sy na Phuket in Thailand. Maar die eiland
bring nie vir haar die gemoedsrus waarop sy gehoop het nie. Terwyl sy
van haar omgekeerde węreld probeer sin maak, begin een van die laaste
bastions in haar lewe wankel.
Ten spyte van getroue kerkbywoning, Bybel lees en gebede is dit
opvallend dat ons geloof dikwels nie ’n verskil in ons lewe maak nie.
Hoe kan ’n mens dan in ’n nuwe kragtige geloofsrat inbeweeg? Deur
'n ware konneksie met die Here te maak. In hierdie 250
onopgesmukte dagstukkies deel Susan alledaagse stories uit haar lewe
wat jou sal help om die Here se nabyheid oral tasbaarder te ervaar. Die
boek is daarop gemik om geestelike groei aan te moedig deur nuwe
maniere van dink en doen te kweek.
Donker tye het aangebreek op Hogwarts. Ná die Dementors se aanval op sy
neef Dudley, besef Harry Potter dat niks Voldemort sal stuit om hom te
vind nie. Al is daar diegene wat die Donker Heer se terugkeer ontken,
is Harry nie alleen nie: ’n Geheime orde vergader by Grimmauldplein om
teen die Donker Magte te veg. Harry moet professor Snape toelaat om hom
te leer hoe om homself te beskerm teen Voldemort se wrede aanvalle op
sy gedagtes. Maar hulle word sterker en Harry se tyd raak min . . .
Heidri Mittendorf is 'n bekende en ervare blokkiesraaiselkenner en
-opsteller. Die Nuwe Afrikaanse Blokraaie bevat 60 blokraaie wat
opgelos word met leidrade asook 10 woordsoeke en 10 kriskras gebaseer
op algemene kennis. Al die antwoorde word ook verskaf. Dit sal ure se
blokraaigenot verskaf aan blokraailiefhebbers.
In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy
force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie
sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem,
het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse
en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective
Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlę, soe minner
vestaan hy wat ręrag daityd gebeerit.
Die gewildste perdestories in Afrikaans! Die eerste vyf boeke in die Stalmaats-reeks verskyn nou vir die eerste keer saam in een lekkerlees-omnibus! Anri se lewe word onverwags op sy kop gekeer toe haar pa verplaas word en hulle moet verhuis. Sy mis haar beste maat en haar ou ryskool. Maar gelukkig ontmoet sy vir Megan en Karen, twee ruiters by haar nuwe ryskool. Sommer gou word Anri deel van die opwinding by die Dagbreek-ryskool waar sy gekies word om saam met die res van die Stalmaats die beginnerruiters te help. Daar wag hope avonture vir haar saam met Sugarplum, die spierwit merrie wat dadelik diep in haar hart kruip, en al die ander ongelooflike perde wat deel is van die ryskool. Die katterige Vinette is gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir Anri, Megan en Karen moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels: 1. Perdedrome 2. Totsiens, Sugarplum (ATKV-kinderboektoekenning 2007) 3. Anri se plan 4. Die spookperd (ATKV-kinderboektoekenning 2008) 5. Die beroemde ruiter
Kom Ons Lees is a series of carefully graded phonic
Hierdie boek is DEEL 2 van ‘n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geimplementeer is, breedvoerig dek. Dit bevat die 2 Kennisvelde wat in VRAESTEL II van die eksterne Nasionale finale eksamen geeksamineer word: Lewe op die Molekulere, Sellulere en Weefselvlak en Diversiteit, Verandering en Kontinuiteit. Beide DEEL 1 en DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied: Breedvoerige NOTAS per module, Vrae en ‘Snelvure’ per module en Gedetailleerde memo’sHierdie 3 in 1 studiegidse spreek tot leerders van alle vermoens en leerstyle. Dit verskaf duidelike, nuut-nagevorsde notas en kolpuntlys-opsommings. Duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe. Vakmateriaal is in kleiner dele opgebreek en praktiese wenke word deurgaans gegee. Die ‘Snelvuurvrae’ aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. ‘n Wye reeks vrae en antwoorde berei leerders vir hul finale eksamens voor. Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.
Hierdie 3 in 1 studiegids bied, vir leerders en onderwysers, ’n omvattende en innoverende benadering tot Wiskundige Geletterdheid. Dit bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde in al 7 onderwerpe, Oefeninge en ‘Toets jou Begrippe’ vir elke onderwerp en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & nuttige wenke. Hierdie boek bied ’n konkrete oplossing vir leerders wat hierdie vak neem. Dit ontwikkel hul vaardighede en selfvertroue in die oplos van enige soort wiskundige probleem wat spesifiek op die kurrikulum van toepassing is. Die stimulerende maklik-om-te-volg teks, duidelike diagramme en illustrasies motiveer leerders om redelik moeiteloos deur elke onderwerp te vorder. Nuwe konsepte en tegnieke word dwarsdeur die boek sistematies vasgele en geassesseer. ’n Noodsaaklike studiegids vir sukses in Wiskundige Geletterdheid.
Hierdie 2 in 1 studiegids bied aan Graad 12-leerders ’n unieke metode om matriekwiskunde te bemeester en daarin uit te blink. Leerders word deel gemaak van ’n sorgvuldig saamgestelde vraag-en-antwoord-‘leer’ van ontwikkeling en ondersteuning. Hierdie boek bevat ’n uiters omvattende, metodies gerangskikte samestelling van eksamenvrae en – antwoorde, geskik vir beide die NASIONALE en die IEB-wiskunde-eksamens. Die sorgvuldig opgeboude vrae dek ook beide die Graad 11- en 12-inhoud wat in die eindeksamen ingesluit word. Daar is TWEE duidelik onderskeibare afdelings in die boek: Onderwerpgerigte Vrae & Oplossings – om ’n deeglike begrip van teorie, tegnieke & konsepte in elke onderwerp te ontwikkel. 14 Eksamenvraestelle en Memo’s wat uit vorige vraestelle saamgestel is. In die eerste afdeling van die studiegids is vrae in aparte ONDERWERPE gerangskik, wat leerders in staat stel om een onderwerp op ‘n slag te bemeester. Die vrae is gegradeer en gegroepeer om leerders in begrip, selfvertroue en kundigheid te help groei. Dit dek nie net die Graad 12-inhoud nie, maar ook alle vorige (Graad 10 & 11) konsepte wat noodsaaklik is vir begrip en sukses. In die tweede afdeling is die 7 eksamenvraestelle volgens die Nasionale Eksamenriglyne saamgestel en kognitiewe vlakke en gewigstoekenning per onderwerp is in ag geneem. Vrae is met omsigtigheid uit die 7 eksamenvraestelle gekies sodat dit alle aspekte en tegnieke van alle onderwerpe volledig dek. Nuttige notas, opsommings en teksraampies met raad word regdeur die publikasie gegee. Hierdie topverkoper bied regdeur die jaar uitstekende voorbereiding vir KABV- en IEB-matrikulante en het al baie leerders gehelp om bo hul verwagtinge in hierdie belangrike vak, sukses te behaal.
EEUW! JIG! SIES! BLEG! Dis WALGLIK – maar dis WAAR! WEES GEWAARSKU – hierdie boek is propvol feite wat jou kan NAAR MAAK en laat GRIL! Wat is ’n snotblom? Hoe groot was ’n T-rex se poef? Eet party mense regtig paddaboudjies – en hoe smaak dit? Wat is hiënabotter? Watter dier se piepie ruik soos warm springmielies? Word gril-gril slim en ontdek die grieselige kant van die natuur met hierdie prettige boek wat jong feitevrate sal laat ril van lekkerkry!
Hierdie 3 in 1 studiegids, wat aan die vereistes van die KABV-kurrikulum voldoen, is ‘n topverkoper, volgepakte uitgawe wat al die oplossings wat jy nodig het om hierdie uitdagende vak te bemeester, bied. Die gids is in ONDERWERPE ingedeel en bevat: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde, Oefeninge & Eksamenvrae en Gedetailleerde Antwoorde met Verduidelikings & handige wenke. Hierdie studiegids dek al die basiese konsepte, wette, definisies en berekeninge wat op ‘n maklik verstaanbare manier verduidelik word en stel leerders in staat om onafhanklik en teen hulle tempo te vorder. Leerders kan hul wetenskaplike vaardighede ontwikkel en hul begrip van die vak verbeter deur sistematies deur elke onderwerp met gepaardgaande vrae te werk. Die duidelik-uiteengesette antwoorde bied omvattende ondersteuning regdeur die leerproses. Alhoewel Fisiese Wetenskappe ‘n uitdagende vak is, kan topresultate in beide die KABV- en IEB finale eksamens, met die hulp van hierdie studiegids behaal word.
Hierdie 3 in 1 publikasie ondersoek die dieper vlakke van al die noodsaaklike komponente van die KABV-kurrikulum. Leerders wat hierdie indiepte studiegids aanpak, sal toekenning verdien soos hulle stap-vir-stap vorige onsekerhede te bowe kom en ‘n suksesvolle pad vorentoe verseker. Dit bied: Omvattende Notas en Uitgewerkte Voorbeelde per onderwerp. Oefeninge wat gegradeer is om die logika en tegnieke wat vereis word, te bevorder. Gedetailleerde Oplossings vir alle oefeninge, plus ’n omvattende eksamen (vraestel 1 & vraestel 2) met volledige verduidelikings vir deeglike vaslegging en finale eksamenvoorbereiding. Hierdie effektiewe studiegids hersien al die noodsaaklike beginsels wat in vorige grade gedek is. Die leerder se begrip word deur stap-vir-stap notas uitgebrei en uitgewerkte voorbeelde word gebruik om nuwe werk bekend te stel. Die opsommings en handige wenke dra daartoe by dat die leerders die studiemateriaal as geheel verstaan en sodoende word selfvertroue en vaardigheid by die Graad 11-leerder bevorder. Hierdie boek waarborg die ontwikkeling van ’n stewige grondslag vir elke leerder wat vir die Graad 11 en 12 Wiskunde-eksamens voorberei en wat vasbeslote is dat hulle wil uitblink, ’n besliste weg na oop deure vir hul toekoms! |
You may like...Not available
Afrikaans sonder grense eerste…
S. Gouws, M. Latti
Staple bound
The Psychology Of Work And Organizations
Michael West, Steve Woods
Paperback
|