|
|
Books > Children's & Educational
Vandag is Albertus se verjaarsdag, maar hy wil nie groot word nie! Hy besluit om weg te kruip sodat niemand hom kan gelukwens nie. Maar sonder ’n verjaarsdag ... sonder ’n koek ... sonder geskenke ... Hy begin nou wonder ... Miskien is dit tog nie só sleg om groot te word nie!
Vandag is Albertus kwaad. Hanno, sy jonger boetie, het hom baie kwaad gemaak. Gelukkig is Pappa daar om die gemoedere te sus. Regtigwaar, dit is nie maklik om ’n ouboet te wees nie.
Herontdek die tydlose verhaal van Die slapende skoonheid met
hierdie betowerende opwipboek! 'n Vloek word oor die prinses en al die
koning se onderdane uitgespreek wat hulle honderd jaar lank laat slaap.
Baie prinse probeer deur die jare, maar net een kry dit reg om die
slapende skoonheid wakker te maak. Hierdie boek is perfek vir
enige boekrak en kombineer klassieke storievertelling
met illustrasies wat werklik voor jou oë lewendig word!
Herontdek die tydlose verhaal van Sneeuwitjie en die sewe
dwergies met hierdie betowerende opwipboek! Wanneer die wrede
koningin van haar ontslae wil raak, bevind Sneeuwitjie haar diep in die
woud. Daar kom sy af op 'n fraai huisie waar sewe dwergies woon. Hulle
nooi haar om by hulle te bly, maar wat as die koningin daarvan
uitvind? Hierdie boek is perfek vir enige boekrak en kombineer
klassieke storievertelling met illustrasies wat werklik voor jou
oë lewendig word!
Vanaand wil Albertus nie gaan slaap nie! O nee, hy is nou groot en wil eerder sy boek lees voordat hy aan die slaap raak! Pappa besluit om nie kwaad te word nie. Hy het 'n blink plan wat ál die jakkalsies gaan verras.
Die druk laai op teen Greg Heffley, wat ontdek dat ’n kombinasie van ’n
spul familielede, ’n piepklein strandhuisie en versengende hitte ’n
rampresep is.
Van resepte gepraat – die geheime bestanddeel in Ouma se beroemde
frikkadelle is jare lank dig bewaar. Kan Greg al sy familie se raaisels
opklaar voor die vakansie verby is? Of gaan hy net aan die kookpot
karring?
Colouring is the perfect way to find a moment of joy!
This cute colouring kit contains everything you need, with bold and
simple removable images, and a starter pack of double-ended markers.
Add shading, detail and lighting effects as you colour your way to
calm. Our art-work is hand-drawn with love.
Ontdek waarom François Bloemhof een van die mees geliefde
spanningskrywers is met hierdie lekker omnibus wat twee van sy
gewildste verhale bevat. In Die speletjie laai Wouter 'n dodelike
rekenaarspeletjie af . . . Noudat die speletjie sy naam het, en mense
begin sterf, is daar net een uitweg: speel, of word die volgende
slagoffer. In Die vrou met die pers oog moet Chris en Martie in hul
nuwe skool aanpas. Maar hul nuwe maats is vreemd en die
biblioteekjuffrou het ’n donker geheim . . .
Dis Hanno se eerste skooldag, en hy is 'n bietjie bang … Gelukkig is Albertus daar om hom gerus te stel en vir hom te vertel van al die lekker goed wat hy gaan leer. Hy gaan baie pret saam met sy nuwe maats hê!
|
You may like...
Polsslag
Marie Lotz
Paperback
(1)
R350
R312
Discovery Miles 3 120
|