|
Books > Health, Home & Family > Handicrafts
Hierdie boek neem jou verby die tradisionele voorkoms van ligte,
sagte en bykans deurskynende waterverfwerk. Leer hoe om ryk,
lewendige beelde te skep nie net met waterverf op papier nie, maar
ook met ander mediums en materiaal. Jy behou die waterige gevoel,
maar versterk en verbreed die moontlike tekstureringseffek. Die
projekte toon hoe verskeie watermediums op bekende dog
onkonvensionele maniere gebruik kan word. Verf, ink, kleurpotlode
en lapkleursel vorm die kleurkomponent, terwyl tekstuurmediums deel
van die repertoire uitmaak. Heelwat projekte is op waterverfpapier,
maar skilderdoek, karton en velyn of natrekpapier kom ook voor.
Daar is baie eenvoudige gestruktureerde tegnieke wat stap-vir-stap
gevolg kan word om 'n baie soortgelyke voorkoms te skep vir
handwerkprojekte. Maar lesers word ook aangemoedig om met meer
spontane en minder gekontroleerde tegnieke (ook stapsgewys
geillustreer) hulle eie skeppende weg te volg en avontuurlustig te
wees, risiko's te loop en met hulle gelukkige 'ongelukke' te werk.
Minder suksesvolle werk kan op baie verskillende maniere ingespan
word en die boek bevat idees oor hoe sulke werk met nuwe kunswerk
geinkorporeer kan word. Water-(verf-)kuns is propvol wonderlike
idees vir kunstenaars en handwerkers en selfs groentjies sal wil
saamspeel en eksperimenteer.
|
You may like...
Sandra Blow
Michael Bird
Paperback
R794
Discovery Miles 7 940
|