![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Wynie Strydom was jare lank ’n onmiddellik herkenbare figuur op die kantlyn van elke Blou Bullewedstryd, plaaslik en in die buiteland. As die Blou Bulle se spanbestuurder het hy oor 17 veelbewoë jare heen die hoogte- en laagtepunte en die suksesse en mislukkings van sy gunstelingspan beleef. In hierdie boek vat Wynie Strydom en sy medeskrywer, Alita Steenkamp, die leser op sy lewenspad wat maar altyd met rugby vervleg was. Dit is onontbeerlik vir alle rugbyliefhebbers, ongeag watter span hulle ondersteun.
Hierdie uiters volwasse bundel reis op uitgebreide paaie na wat die wese is van die digkuns. Die digter is in konstante gesprek met die woord en die moontlikhede wat die woord bied. Haar vermoe om die woord se wisselende buie, in gesprek met ander woorde, raak te sien en te benut, is nog nooit so suksesvol aangewend nie. Met 'n meer liriese aard, toeganklikheid en innige menslikheid is Indeks 'n hoogtepunt in Hambidge se oeuvre.
"Elke gedig is ’n uiting van die sibille. "Die woorde deur Sowjet-digter Marina Tswetajewa eggo in Juanita Louw se debuutbundel, In die grot van die sibille, waar digkuns gelykgestel word aan die magiese woord wat deur die mitologiese profetes in haar grot gespreek is. Die leser gaan as't ware die grot binne waar klankryke, evokatiewe verse met droomagtige, eksotiese beelde die menslike kondisie belig. Louw werk met fassinerende stof uit ander kulture wat op prikkelende manier ontgin word.
Soos die draad van die lewe, gespan in die hande van Zeus se dogter Atropos, so verloop hierdie debuutbundel van herinneringsgedigte oor die jeug deur verse oor liefdeswedervaringe en die mediese professie tot waar die draad geknip word – gedigte oor sterflikheid en verlies. Die wereld van geneeskunde word ryklik ontgin en die gedigte in Atropos is fyn waarnemings van die natuurlike en menslike kondisie, gekenmerk deur vernuftige interaksie tussen betekenis en klank.
Die titel van Gibson se vyfde bundel verwys na die Vrystaatse ruimte waarin die digter grootgeword het en steeds woon, maar dit dui ook op die ontglippende aard van betekenis in die alledaagse lewe. Elisabeth Eybers-prys vir Poësie 2016
'n Nuwe digbundel deur een van Afrikaans se heel grootste digters is altyd 'n gebeurtenis, en vyf-en-veertig skemeraandsange is 'n besonderse toevoeging tot die merkwaardige oeuvre van hierdie meesterdigter. In sy jongste bundel kom die leser weer eens onder die indruk van Breyten Breytenbach se verbluffende hantering van beelde, vind ons weer eens die belangrikste motiewe in sy werk die magiese spel met die taal en die woord self, die dans, liefde, verganklikheid.
Die drie uitgesponne gedigte wat die kern van "Die afwesigheid van berge vorm" slaan die leser met die een kragtige golf van poetiese besinning na die ander: die Bedevaartslied (“Op die reis blyk die reisiger / onverwags ongereed te wees . . . ”), Hooglied (met stralende liefdespassasies) en Danklied. Dit is die spreker (’n alleman) se reis onderweg na die dood – die gedagtevlugte, die besinnings, die fantasiee waartoe die bewussyn geskok word. Maar die spreker is sterwend in hierdie land. Trouens, hierdie land sing dikwels saam in die liedere, in refreine wat die slagspreuke, cliches en jargon is van nie net ’n nuwe Suid-Afrika nie, maar van ’n nuwe tegnologiese era. ’n Persoonlike bundel, maar ook ’n aktuele een.
Karnaval en Lent neem veral twee uiterstes wat teenoor mekaar gestel word: fees teenoor vastyd, uitleef teenoor inkeer, oordaad teenoor tekort. Die oordadige, oftewel die karnavaleske, staan in spanning met Lent, oftewel die kentering en die wegkeer van die wereldse. Die digter kyk enersyds na die wereld van uiterstes en verwording wat ons beleef, en andersyds na die rituele, die feestelikhede wat ons verbind, nes die vastyd ons bind. Die kenmerk van die digterlike metafoor is immers die vermoe daarvan om uiterstes te verbind, soos die uiterstes van vernietiging en herlewing. Hiervan getuig TT Cloete se digkuns by uitstek, en daarom bly dit immer kragtig en nuut.
Ná veertig jaar is daar weer 'n Afrikaanse digbundel deur Adam Small. Ná Oos Wes Tuis Bes Distrik Ses (1973) het hy demonstratief net in Engels begin dig, en ná sy drama Krismis van Map Jacobs (1983) het sy skrywerstem stil geword. Daar was altyd die vermoede dat hierdie stilte grootliks toegeskryf kon word aan die verwerping wat hy aan die hand van taalgenote ervaar het. Verlede jaar is die Hertzogprys uiteindelik aan hom toegeken, en vanjaar verskyn nie net hierdie digbundel nie, maar ook sy Afrikaanse drama Goree, wat in 1978 in Engels geskryf is. Small gee in die titelgedig van die bundel te kenne dat Klawerjas 'n uitvloeisel is van 'n bestaanswyse, 'n uiting gee aan die gewaarwording dat hy te midde van soveel armoede en verknegting een van diegene is wat darem nog woorde het “wat aftas teen die mure van ons donker kamers van bestaan, al soekend na die deure, openinge na die lig”. Hy voeg sy stem by Van Wyk Louw en verklaar dat hy te midde van onreg nie juis anders kan nie as om te skryf, te praat en te probeer oorreed. Hy dig in dié bundel: “Daar’s dié van ons wie nie sonder / poësie kan leef nie. Niemand hoort sonder die ervaring van die ritmiese / golwing en osmose van die fyn-gekose / sin en woord.” Maar wat hy vir homself toe-eien gun hy ook ander. Sy poësie is dan juis ook gedigte vir ander, vir gewone mense. Hy skryf: “Daarom is dit vir 'n digter nodig / om telkemale 'n vers publiek / die lig te laat sien, poësie toeganklik / te maak, en mense so te dien - soos / hierdie gedig-vol-dankbaarheid . . .” Hoewel hy in hierdie bundel in gesprek tree met mededigters, skrywers, filosowe en ander kunstenaars, skryf hy vanuit die oortuiging dat sy gedigte bestem is “vir gewoon-intelligente mense” en dat dit “hoegenaamd nie 'n vertoon van geleerdheid en obskure hoogdrawendheid moet wees nie”. Klawerjas bevat gedigte wat spreek van deurleefde ervaring, diepe oortuiging en 'n opregte meegevoel met die lot van die veronregtes. Dit is praatverse wat getuig van 'n fyn oor vir die musikaliteit van die alledaagse, die melodie wat spontaan en ongekunsteld opklink as jy die doodgewone in verwondering gade slaan.
Groot verseboek is nou nie net geplaas binne die konteks van 'n nuwe tyd en 'n nuwe eeu nie, maar ook verrassend nuut verpak. Hierdie bloemlesing in drie dele, die omvattendste wat nog ooit oor en uit die Afrikaanse poesie saamgestel is, gee 'n indruk van die omvang en verskeidenheid, die rykdom, die energie, die oorspronklikheid en tradisiebewustheid van die Afrikaanse digkuns. Self se Brink: "Agter alle redes en interpretasies, motiverings en verklarings, is daar uiteindelik net een dryfkrag agter hierdie hele onderneming, en dit is dat die samestelling van hierdie bloemlesing vir my 'n liefdesverklaring aan die Afrikaanse poesie is. En soos enige mens of voorwerp van mens se liefde, is hierdie poesie veelduidig vol eindelose verskeidenheid: hetsy hartbeeshuis of woonstel, skakelhuis of herehuis, hierdie huis van ons poesie het vele wonings." Die eerste deel van die nuwe Groot Verseboek is getuie van 'n avontuur wat maar min in die letterkunde aangetref word: die groei van 'n digkuns, binne enkele dekades, vanuit 'n beskeie, naiewe, amper primitiewe begin tot 'n poesie wat hom nerens in die wereld hoef te skaam nie. Die tweede deel van Groot Verseboek stel 'n slagorde van gedugte vrouefigure op: Ina Rousseau Ingrid Jonker Wilma Stockenstrom Antjie Krog ... naas van die grootste manlike digters in Afrikaans: Adam Small Peter Blum Breyten Breytenbach ... In die derde deel van Groot Verseboek blom die nuutste Afrikaanse poesie in 'n verbysterende verskeidenheid vanaf T. T. Cloete tot die nuutste swart en bruin en wit stemme, in 'n hoogbloei van poesie oor alles van geweld tot deernis, liefde tot vrees, aarde en drome deel van 'n wonder waarvan die einde nog lank nie in sig is nie.
Versjoernaal is 'n bundel Afrikaanse voorgeskrewe poesie vir graad 12-leerders (Huis- en Eerste Addisionele Taal). Die bundel bevat 'n versameling gedigte deur bekende Suid-Afrikaanse digters. Dit bevat klassieke en moderne gedigte wat tematies handel oor verhoudings, onderdrukking, protes, die natuur, verlange, die liefde, jonkwees en gedigte met 'n godsdienstige inslag.
Heilige nuuskierigheid is 'n indrukwekkende ondersoek na die ontstaan van lewe, na die ontwikkeling van 'n diversiteit van lewensvorme en na die plek van die skeppende mens binne hierdie grootse en dikwels raaiselagtige proses. Met 'n wydse gebaar slaag die skrywer daarin om in die aangesig van die opborrelende energie van die natuur en die onpeilbare geheime van die buitenste ruimte, nie net 'n hergeboorte nie maar ook 'n bruisende kreatiewe bestaan vir die kunstenaar te beding. In sy nuwe digbundel praat die skrywer weer eens met die aarde. Sy belangstelling in die evolusie en die natuurwetenskappe verryk sy meer filosofiese vraagstelling na die rol van die gelowige mens binne die steeds groter wordende bestel wat eise stel aan die mensdom se vermoe om die immer verskuiwende realiteite te verwerk. Met Heilige nuuskerigheid konsolideer Cloete sy gereelde verkenning van die skeppende prosesse in die natuur en in die kunste, maar hy lewer duidelik blyke van 'n groter waagmoed en ambisie om spronge te waag na nuwe einders. Die beste gedigte in hierdie bundel is op dieselfde hoe peil as die vele hoogtepunte wat sy oeuvre tot dusver opgelewer het.
Annette Snyckers’ poems are as subtle and intimately telling as the differences between the three languages in which she writes and battles to live and dream. These verses touch and tug at one another like the Afrikaans of her childhood, the German of her husband and the South African English of her homeland. They agree to differ in all sorts of nuanced ways. Kleur kom nooit alleen nie [Colour never comes alone], wrote Antjie Krog. Annette Snyckers powerfully reminds us that neither do languages, landscapes, countries, continents and their people.
“Ek het my mammie sien loop na die hofgebou met ’n hoodie aan en ’n doek oor haar gesig. Sy het byna gelyk soos iemand wat arm is. Mense het haar uitgevloek … Dit het my gebreek. Dit is die vrou wat elke dag daar was vir my, wat middagete vir my en my vriende gemaak het as ons van die skool af kom, en hier is sy nou op televisie en word ’n misdadiger genoem.” Die ontvoering van baba Zephany Nurse uit die kot langs haar ma se hospitaalbed het die hele Suid-Afrika aangegryp. Haar desperate ouers het herhaaldelik gepleit dat sy veilig terugbesorg word, maar daar was geen teken van die baba nie. Vir 17 jaar lank, op haar verjaarsdag, het die Nurse-gesin kerse aangesteek en gehoop en gebid. ’n Klipgooi van die Nurse-gesin af het die 17-jarige Miché Solomon pas met matriek begin. Sy het ’n kêrel gehad en toegewyde ouers. Sy het gedroom oor die matriekafskeid en die rok wat haar ma vir haar sou maak. Sy het nie die vaagste benul gehad dat ’n nuwe meisie in die skool, wat ongelooflik baie soos sy lyk, en ’n DNS-toets haar wêreld tot in sy fondamente sou skud nie. Miché is nou 22. Met verbysterende volwassenheid, eerlikheid en deernis vertel sy hier vir die eerste keer háár storie, in haar eie woorde, oor wat dit beteken om lief te hê en geliefd te wees, en om jou eie identiteit op te eis.
’n Fotografiese herdenking van die lewe en loopbaan van Afrikaanse musiek se superster. Steve Hofmeyr is een van Suid-Afrika se suksesvolste musikante en gewildste akteurs, met ’n geweldige aantal toegewyde bewonderaars. Die boek bevat foto’s uit Steve se jong dae en sy deurbraak-jare in die musiekbedryf. Dit dek sy loopbaan in TV, rolprente en musiekblyspele, met inbegrip van Agter elke man, Egoli en 7de Laan. Dit volg sy loopbaan as ’n musikant, met staaltjies oor elk van sy albums en foto’s van hom op die verhoog, agter die skerms en op toer. Dit sluit ook Steve se verhouding met die media, sy aktivisme en liefdadigheidswerk, en sy gevierde loopbaan as skrywer in. Die boek bevat ’n magdom foto’s met byskrifte wat Steve self geskryf het. Hierdie boek word uitgegee in die jaar dat Steve Hofmeyr 50 word en sy 25 jaar in die musiekbedryf vier, en is ’n moet-he vir al sy bewonderaars.
’n Biografie oor Pik Botha, een van Suid-Afrika se kleurrykste figure, en in sy tyd die langsdienende Minister van Buitelandse Sake ter wêreld.
Karin Eloff is 'n Boeremeisie met 'n honneursgraad in sielkunde en 'n Dopper-agtergrond. Stiletto vertel die ware verhaal van die pad wat die kuis en voorbeeldige skooldogter gestap het om uiteindelik Zoe te word – eers as gewone stripper, toe as danseres en masseuse in die Streel-kasteel en uiteindelik redakteur van 'n pornografiese tydskrif. Haar pad le besaai met middeljarige mans, Afrikanermeisies met eksotiese Engelse verhoogname, gevaarlike seks en dwelms. Stiletto vertel hoe sy daar beland het, wat sy daaruit geleer het en hoe sy dit oorleef het.
|
![]() ![]() You may like...
Crisis Management and Recovery for…
Vassilios Ziakas, Vladimir Antchak, …
Paperback
R1,202
Discovery Miles 12 020
International Tourism Futures - The…
Clare Lade, Paul Strickland, …
Paperback
R1,205
Discovery Miles 12 050
|