![]() |
![]() |
Your cart is empty |
||
Books > Afrikaans > Taal en Letterkunde
Van laaitie tot politieke kryger, bandiet tot generaal-majoor, ondergrondse operateur tot presidensiële lyfwag… Van sy kleintyd in Elsiesrivier neem Jeremy Vearey se lewe talle onvoorspelbare wendings. Sy eiesoortige vertelling sluit die ouere manne van sy jeug in, die ooms by die damstafel, kerkjeugkampe en die Kommuniste-manifes, skoolhou en ondergrondse werk vir MK, en sy aanhouding op Robbeneiland. As Mandela se lyfwag help hy ’n opstand in die Karoo ontlont, voor hy deel word van die nuwe SAPD, waar hy saam met die gewese vyand terrorisme en Kaapse bendes takel. En onder alles loop ’n donker stroom.
Op 13 Oktober 2021 is Suid-Afrika tot stilstand geruk deur die nuus oor
dominee Liezel de Jager, geliefde leraar van die NG Kerk Suidkus in
Amanzimtoti, KwaZulu-Natal, wat in die oprit van die pastorie vermoor
is toe sy terugkeer van haar daaglikse oggenddraf saam met vriende. Dit
was ondenkbaar dat ’n geestelike leier soos sy, wat ’n enorme impak op
haar gemeenskap gehad het, so wreed weggeruk kon word.
Op 15 Julie 1932 sterf CJ Langenhoven skielik. Dat hy ’n jong Joodse vrou, die vurige rooikop Sarah Eva Goldblatt, as eksekuteur van sy literêre nalatenskap benoem, kom as ’n verrassing. Dominique Malherbe was van kleins af gefassineer deur die familiefluisteringe oor dié groottante van haar en haar verhouding met Langenhoven. Uiteindelik besluit sy om antwoorde te soek oor Saartjie se lewe, haar werk en die raaisel rondom haar babaseun.’n Ongewone en boeiende literêre liefdesverhaal.
Keer die beerlou van onse lyfte af weg
Dr. Abraham Lückhoff het as dominee, koerantman en diplomaat op drie vastelande gewerk en so ’n leeftyd se humoristiese staaltjies en stories bymekaargemaak. Hy vertel van sy sorgelose kinderdae op Clanwilliam, die guitige manewales van sy tienerjare op Graaff-Reinet en die snaakse wedervaringe van sy lewe as predikant in Amerika, Mexiko en België. |
![]() ![]() You may like...
In Sync - The Emergence of Function in…
Andrzej K. Nowak, Robin R. Vallacher, …
Hardcover
R1,536
Discovery Miles 15 360
VLSI-SoC: New Technology Enabler - 27th…
Carolina Metzler, Pierre-Emmanuel Gaillardon, …
Hardcover
R1,572
Discovery Miles 15 720
Random Walks and Diffusions on Graphs…
Philipp Blanchard, Dimitri Volchenkov
Hardcover
R2,899
Discovery Miles 28 990
Application of Multi-Criteria Decision…
Dilber Uzun Ozsahin, Huseyin Goekcekus, …
Hardcover
R3,373
Discovery Miles 33 730
Hypoxia in the Northern Gulf of Mexico
Virginia H Dale, Catherine L. Kling, …
Hardcover
R5,632
Discovery Miles 56 320
Introduction to the Physics of…
Seng Ghee Tan, Mansoor B. a. Jalil
Hardcover
R4,288
Discovery Miles 42 880
Complex Networks VIII - Proceedings of…
Bruno Goncalves, Ronaldo Menezes, …
Hardcover
R3,586
Discovery Miles 35 860
|