Books > Children's & Educational > The arts > Performing arts > Drama, theatre, acting
|
Buy Now
Perdekrag: Grade 12 (Afrikaans, Paperback)
Loot Price: R72
Discovery Miles 720
You Save: R9
(11%)
|
|
Perdekrag: Grade 12 (Afrikaans, Paperback)
Series: MML Literature
(sign in to rate)
List price R81
Loot Price R72
Discovery Miles 720
You Save R9 (11%)
Expected to ship within 5 - 10 working days
|
Mense het dikwels probleme. Sommige probleme kan ons self oplos;
vir ander het ons hulp nodig. In Perdekrag het Wilma, Binki en
Lucky elkeen hulle eie probleme. Wilma, die eienaar van 'n
perdryskool, het jare gelede die dood van 'n perd veroorsaak.
Binki, 17, voel skuldig en skaam oor iets wat lank gelede gebeur
het en is bitter teenoor haar ma. Lucky, ook 'n tiener, is vir 'n
wrede daad met gemeenskapsdiens gestraf. Elkeen het die hulp van
die ander nodig om bo hulle probleme uit te styg. Perdekrag is 'n
drama oor skuld, aanvaarding en vergifnis: skuld teenoor weerlose
diere, teenoor die gemeenskap, teenoor 'n medemens en teenoor
jouself. Perdekrag handel ook oor mense wat mekaar se diepste
gevoelens leer ken en mekaar aanvaar en vergewe - en vergifnis kry
waar hulle dit die minste verwag. Ten slotte stel die drama die
vraag teen die agtergrond van die spesiale en noue verbintenis
tussen mense en hulle diere: is sagmoedigheid 'n swakheid of 'n
krag? Hierdie uitgawe van Perdekrag bied omvattende
studiemateriaal, spesifiek vir leerders van Afrikaans as Tweede
Addisionele Taal, maar ook vir enige belangstellende leser en
student van die dramakuns. Hierdie e-boek is 'n digitale weergawe
van die gedrukte boek wat vir die KABV goedgekeur is. Die
e-boekformaat sluit die volgende voordele in: Die vermoe om op 'n
rekenaar, skootrekenaar of tablet na die inhoud te kyk.; Soos
leerders die skrifgrootte stel of die tablet draai, verander die
teks sodat dit steeds op die toestel se skerm pas. Sodoende word 'n
optimale lees- en leerervaring verseker; en Leerders kan
aantekeninge maak, teks met kleur beklemtoon en plekke in die teks
merk om later weer daarna te kyk. Daar is ook toegang tot video- en
klankgrepe vir ouditiewe en visuele leer.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
You might also like..
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.