Wanneer die negentienjarige Alida haar ongebore
dogtertjie verloor, veg sy teen matelose depressie. Toe sy
eindelik weer begin skilder, ontmoet sy die enigmatiese
Gerhard langs haar esel op die duin onderkant haar ouma
se strandhuis.
Hulle is amper dadelik sterk aangetrokke tot mekaar, en
sy waag om vir haar nuwe vriend die verhaal van haar
dogtertjie te vertel. Gerhard groet weer ná drie dae, maar
maak dit egter duidelik dat hulle vriendskap nie buite dié
idilliese ruimte voortgesit kan word nie. Vir die volgende
vier jaar is daar dan ook kosbare tye saam, maar slegs
tydens Desembervakansies by die stranddorp.
Alida weet dat sy die “skulpeman” – soos haar suster,
Karlien, na hom verwys – innig liefgekry het, maar sy glo
nie hulle sal mekaar ooit in die “buitewêreld” ontmoet nie.
Waarom bly sy dan droom van ʼn toekoms saam?
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!