In hierdie vertellinge is oom Goliat Tross, oftewel oom Gollie of
kortweg sommer oom Goltros aan die woord. Hy het heelwat te se oor
die eienaardige mense van Verneukpan en die eienaardighede wat
hulle doen en se. Daar is stories oor oom Goltros se ontmoetings
met spoke, die moelikheid wat hy as "outerlink op die banke" met
verkeerde mense het, mouters wat gaan staan of te vinnig ry, en dan
is daar nog die drank ook. So vertel hy van ou Hans Arnols:
"Onbruikbare mens as daar al ooit een gewees'it. Hy't mos van
jongsdae af die probleempie mettie drank saam. En hoe ouerter hy
raak hoe erger raak die affering. Smaak my hy was oppe kol ok amper
uit sy vrou uit oor diese drinkery." Nel skryf hier in die dialek
van die mense van Verneukpan in die Noord-Kaap, wat met sy
eiesoortige uitdrukkings en woordeskat op sigself die boek
lesenswaardig maak.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!