Books > Law
|
Buy Now
Die stoetmeester (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
Loot Price: R518
Discovery Miles 5 180
|
|
Die stoetmeester (Afrikaans, Paperback, 2nd ed)
(sign in to rate)
Loot Price R518
Discovery Miles 5 180
Expected to ship within 12 - 17 working days
|
God sou nooit so 'n spesie bedink nie," se Seamus Butler van sy
kantelbokke, die genetiese frats wat sy vader toevallig geteel het
op die Setlaar-familieplaas. Die bokke het 'n aangebore defek wat
goud werd is: hulle slaan flou neer as hulle skrik. 'n Enkele
kantelbok wei saam met 'n trop kleinvee en as 'n ongedierte
toeslaan, word die bok prooi en die kudde ontkom. Hulle, die
weemoedige bokke met die spottende geel oe, gee die Butlers rykdom
en invloed in die Oos-Kaap – en dis belangrik in die tyd van die
groot politieke ommekeer. Want die oopbars van 'n oliebron reg in
die middel van die hawestad Port Cecil dryf die swart
civic-organisasie se aandrang op 'n verenigde stadsraad op die
spits. Aan die voorpunt van die swart aspirasies staan MaNdlovu
Thandani, onvernietigbaar en groter as lewensgroot. Teenoor haar:
Seamus Butler met sy donker; depressiewe buie wat in hom sleur soos
die rivier wat in sewe deltabene deur die stad in die see uitmond.
En rondom hulle, in twee werelde wat deur die geskiedenis op mekaar
afgestuur word, is elkeen se familiekring wat dreig om mee te gee
onder die druk van die tyd. Dis hier waar die verhaal van Die
stoetmeester meesleurend deurloop, deur die lewens van mense,
elkeen betrokke by, elkeen uitgelewer aan die boeiende oerwereld
van die Oos-Kaap in 'n tyd waarin skoonheid en wreedheid,
gewelddadigheid en hoop verstrengel raak. Die stoetmeester is, na
die satiriese roman Casspirs en Campari's, veel meer verwant aan
die sfeer van Toorberg, Etienne van Heerden se hoogs suksesvolle
tweede roman. 'n Storie soos min, wat opstaan uit die weeige maar
grootse landskap van die Kei.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!
|
|
Email address subscribed successfully.
A activation email has been sent to you.
Please click the link in that email to activate your subscription.