Hierdie ideesboek bevat waardevolle raad en voorstelle vir ouers en
versorgers wat wil seker maak dat hul kinders van kleins af lief is
vir boeke - eers as babas, dan eerste lesers, laerskoollesers, die
tusseninners en tieners. Bekende boekresensent Jay Heale verslind
boeke en deel die kennis wat hy in 'n leeftyd van noue
betrokkenheid by boeke opgedoen het met aansteeklike entoesiasme.
Die boek sluit 'n skatkis van aanbevole boeke vir die boekrak in,
met spesifieke verwysings na oorspronklike Afrikaanse boeke en
stories deur Lona Gericke (afgetrede hoof van Bellville Openbare
Biblioteek se kinderafdeling). Daar word ook deurgaans in die
hoofteks voorbeelde gegee van spesifieke leesstof en klassieke
keuses. Verder word boeke oor boeke en inligting oor biblioteke
bespreek, asook elektroniese leesstof en die manier waarop
tegnologie die manier waarop ons lees, beinvloed het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!