Lee Strobel, slaan ’n derde ECPA Gold Medallion los met sy boek oor die vurigste debat in jare – die argument tussen voorstanders van Darwinisme en die nuwe denkrigting genaamd Intelligente Ontwerp.
In
Die saak vir ’n Skepper, wat ook ’n 2005 Christian Retailing Retailers’ Choice Award gewen het, ondersoek Strobel die getuienis vir ’n Intelligente Ontwerper, of Verwekker soos hy dit noem.
Strobel was self tydens sy studentejare en sy aanvangsjare as joernalis oortuig dat die wetenskap die doodsklok gelui het vir God en godsdiens. Sy nuuskierigheid is egter geprikkel deur ’n groeiende hoeveelheid navorsingsbevindings wat dui op die bestaan van ’n intelligente ontwerper vir die heelal. Hierdie bevindings en die feit dat Darwinisme heelwat geloofwaardigheid verloor het, het Strobel genoop om ondersoek in te stel na nuwe ontdekkings op die gebiede van kosmologie, fisika, biochemie, DNS-navorsing, astronomie en die menslike bewussyn.
Die resultaat is ’n uiters toeganklike, interessante verslag oor die getuienis vir ’n Skepper, wat selfs groter debat uitlok as sy vorige twee boeke, The Case for Christ en The Case for Faith.
Die saak vir ’n Skepper spog ook met ’n voorwoord deur Gideon Joubert, skrywer van die gewilde boek Die Groot Gedagte, wat die 1998 Insig-prys vir Nie-fiksie en die Andrew Murray-prys gewen het.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!