Ná die Napoleontiese oorloë word die Williamsgesin gedwing om na
die Kaapkolonie te emigreer. Maar die gesig wat hulle in Algoabaai
begroet, is allesbehalwe die rooskleurige prentjie wat in Engeland
vir hulle geskets is. Rasmus Erasmus is een van die boere wat die
immigrante moet help om by hul plase uit te kom. Hy is ook hul
buurman en die eerste man wat daarin slaag om Emma se hart vinniger
te laat klop. Dit verwar haar, want sy het geen begeerte om te trou
nie. Boonop voel Rasmus dieselfde ná ‘n liefdesteleurstelling en
maak dit duidelik dat hy nie in ‘n verhouding met Emma belangstel
nie.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!