Die tweede aktiwiteitsboek sluit aan by temas wat in die eerste boek gedoen is,
en brei daarop uit met dertig splinternuwe 3D en 2D volkleuraktiwiteite. ’n
Verwyderbare handleiding in die middel van dié boek bied praktiese wenke vir
elke aktiwiteit en tema. Wenke word byvoorbeeld gegee vir bewegingsaktiwiteite,
liedjies en rympies en die oordra van algemene agtergrondkennis. Dit verduidelik
ook hoe die handwerkaktiwiteite aangepak moet word.
Temas wat behandel word, sluit in, bv.: "Goggas", "Water", "My klere en liggaam",
"Plaasdiere", "Diere wat binne en buite die water woon".
Die verskillende ouderdomme voorskoolse kinders verskil geweldig van mekaar
ten opsigte van liggaamlike en emosionele ontwikkeling. Daarom is al die wenke
duidelik gegradeer vir peuters, kleuters en kinders op pad na Graad R.
Die Voorskoolse aktiwiteitsboek 1 en 2 is al wat u nodig het om leermateriaal vir
kinders van 18 maande tot vyf jaar te bied. Dit word ook in Graad RR (groep 3)
gebruik.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!