Die oefeninge in die Nuwe Alles-In-Een se leer lees en skryf-werkboek vir Graad
3 Huistaal sal leerders taalvaardig maak en prestasie verseker!
Die leeslesse op die werkvelle in die werkboek is gegradeer en bied klanke stap
vir stap aan. Dit neem ook sigwoordeskat en sinskonstruksie wat ’n Graad 3-
leerder moet leer, in ag. Die leeslesse word opgevolg met toepaslike woordbou-
en taaloefeninge. Die leerder kry ook uitknipbare "Eie leesboeke" om klanke en
sigwoorde te herken en te benoem.
Die betrokke klank(e) word met behulp van handskrifstrokies ingeskerp om die
leerder se potloodgreep en skrif te oefen. Die leerder skryf die klanke, teken
patrone (wat soortgelyk aan die vorm van die klank is) en skryf sinne.
Die handskrifoefeninge is in die regte lettertipe en reëlspasiëring sodat dit die
leerder in staat stel om elke klank - in druk- en lopende skrif - korrek te skryf.
Die oefeninge is in regte volgorde waarin die leerder dit sal leer volgens die
vereistes van die KABV.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!