As hy die finansiële state het, kan hy begin. Daarvoor het hy kontakte by al die belangrikste banke, sorgvuldig oor jare bymekaargemaak. Op sommige van hulle het hy ’n houvas omdat hy inligting oor hulle uitgesnuffel het.
Wanneer hy die dokumente voor hom het, begin die werklike kragmeting: sy stadige, planmatige, geduldige kyk met forensiese X-straalvisie na wat skelm rekenmeesters en regsadviseurs hulle base help verdoesel. Hy kyk nie net na wat daar is nie, maar ook na wat nie daar is nie. Hy voel die afwagting in sy maag. Dis soos wanneer ’n jagter die slot oopmaak en die patrone in die magasyn druk. Vir hom is só ’n finansiële dokument die reuk van forensiese geweerolie. Daar is geen waarborg dat hy sal tref of selfs ’n skoot sal inkry nie, maar dis die begin van die jag.
Roux Venske, hy is dié jagter. Finansiële knoeiers is sy prooi.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!