Die skepper van die term, dr Catherine Hakim, is 'n sosioloog aan die London School of Economy. As jy erotiese kapitaal het, het jy die belangrikste eienskap wat nodig is vir sukses in die komende dekade, skryf sy in die European Sociological Review (20 Maart 2010) 'n joernaal oor sosiale studies wat wereldwyd versprei word. Of jy vrou of man is, jonk of ouer, mooi of minder mooi, jy kan erotiese kapitaal aanleer.
Riette vertel meer oor bekendes wat erotiese kapitaal het, soos Steve Hofmeyr Jeannie D, Tammy Anne-Fortuin, Sarah Theron, Izak Davel en Chris Chameleon. Lang bene & Lipstiek is 'n insiggewende, maar ook lekkerlees, selfhelpgids, waar- sonder jy nie die 21ste eeu behoort aan te durf nie.
Riette onderneem self ook 'n praktiese eksperiment wat toon dat vaal mense heelwat swakker behandel word as die wat reeds erotiese kapitaal aangeleer het. In Lang bene & Lipstiek word die leser presies geleer hoe om die eienskappe waaruit erotiese kapitaal bestaan, te bekom.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!