10-minuut-oordenkings: Spreuke sal jou herinner aan God se wysheid met betekenisvolle oordenkings van
tien minute elk. Op dae wanneer jy leiding nodig het, is 10-minuut-oordenkings: Spreuke die ideale manier om
met God in aanraking te kom.
Hierdie dagstukkies nooi jou vir 'n kykie na Spreuke, die boek van wysheid. Bring jou hart in
ooreenstemming met God s'n wanneer jy die Woord lees en 'n paar minute met Hom deurbring. Ongeag of jy
net 'n paar minute oor middagete het, of iewers in jou middag 'n tydjie wil inruim vir rustigheid en vrede, 10-
minuut-oordenkings: Spreuke sal jou van die nodige wysheid verskaf om weer die dag in die oë te kyk. Net
tien minute per dag sal jou nader bring aan God en jou help om die Woord beter te leer ken.
Hierdie boekie is klein genoeg om in jou rugsak of handsak te dra. Hou dit byderhand vir wanneer jy ook al
'n kans het om tyd met God deur te bring.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!