0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (2)
  • R250 - R500 (10)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 13 of 13 matches in All Departments

Seun (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Seun (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 1
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) In Stock

Dana Snyman deel in Seun die deel van sy storie waaroor hy nog nooit gepraat het nie: sy ervaringe in die 1980’s. Dit is die tyd van PW Botha se vinger, van die Voëlvry-toer, AWB-saamtrekke, onderhandelinge en die laaste dae van diensplig. Dana word oneervol ontslaan uit die weermag, maar eers maak hy ’n draai in Saal 24. Werkloos en doelloos eindig hy in ’n gewese bediendekamer in Pretoria. Dié rou, selfonthullende memoir vra: hoe word ’n seun ’n man? Met Seun neem Dana lesers in sy vertroue.

Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Die Binneland In - Nog Stories En Reise (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R210 R197 Discovery Miles 1 970 Save R13 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman is volksbesit. Met Die binneland in verken dié geliefde skrywer ons land en sy mense vandag.

Dana reis landin, op soek na sekerheid en lig. Hy rou oor dié wat weggeval het, soos die ikoniese Fred Mouton. Hy gesels met Pipo die clown, die karwag wat Adriaan Vlok onthou en oom Bok Horn wat 'n leeu uitoorlę het.

In die nadraai van die pandemie, met beurtkrag, oorlog in Oekraďne en die politiek, begin mense moed opgee, ook oor hulself. Maar Dana vind hoop, liefde - en geloof.

Wie de hel is Johnny Joubert? - Notas van ?n rugbyliefhebber (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Wie de hel is Johnny Joubert? - Notas van ?n rugbyliefhebber (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R320 R279 Discovery Miles 2 790 Save R41 (13%) Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman se verbintenis met rugby kom van ver af. Op vier woon hy saam met sy pa ’n eindstryd op Coetzenburg by, en hoor hy die naam Dawie de Villiers vir die eerste keer. Kort hierna kry hy sy eerste rugbybal, ’n geskenk van Dok Craven . . . Van klubrugby op stowwerige dorpsvelde tot die glorie van drie Węreldbekers; dis stories dié wat aankom oor ’n leeftyd. Wie de hel is Johnny Joubert? is – nes rugby – kleurryk, sonder fiemies, en eg Suid-Afrikaans.

Soekmekaar (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Soekmekaar (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

’n Stuk of 50 stories waarin Dana Snyman besin oor enigiets van fopnuus tot ’n 40ste skoolreünie. Hy vertel van sy kennismaking met Eugčne Terre’Blanche en van die Bogosi-gesin wat by hom op Jacobsbaai gewoon het. Hy vertel hoe mense na mekaar probeer uitreik in die land. Hoe ons mekaar soek en nie altyd vind nie. Ten slotte vertel hy van sy verloofde se selfdood en hoe hy daarná byna al sy besittings weggee en die pad vat.

Op pad: 'n Reisjoernaal (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Op pad: 'n Reisjoernaal (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 1
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman sien dinge op sy eiesoortige, aweregse manier. In deel een is hy op pad saam met die TV-span van Op pad met Dana. Soos hulle die land deurkruis op soek na stories, beleef Dana nie net die lief en leed van die mense met wie hy gesels nie, maar ook sy eie innerlike reis. Hy kom huistoe met 'n optelhond -- en met 'n nuwe manier van kyk. In deel twee kyk hy rugby. In kroee, township-huisies, saam met oom Frik du Preez en Joost van der Westhuizen. Snaaks, skerp en onthutsend eerlik.

In die blou kamp (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman In die blou kamp (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman 3
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In sy nuutste boek het Dana van sy ware ontmoetings geboekstaaf – ontmoetings met mense, maar soms ook met dinge – die vleispastei, of tuisgemaakte braai-apparate. Die stories het hy aanvanklik op Facebook gepos. Die wat die grootste reaksie gekry het is hierin verwerk. 'n Ware interaktiewe Suid-Afrikaanse boek.

In Die Tyd Van Die Gif - 'n Jaar En 'n Half In Stories (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman In Die Tyd Van Die Gif - 'n Jaar En 'n Half In Stories (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Die geliefde skrywer Dana Snyman deel sy waarnemings en belewenisse van die vreemdste tye wat ons nog beleef het: Die boek begin triomfantelik met die Springbokke wat die Rugbywęreldbeker wen, en toegejuig word tydens optogte deur die hoofstede van ons land. Maar baie vinnig verander alles. Die koronavirus slaan toe, en die hele węreld word onderstebo gekeer. “Dinge is anders nou, meneer, in die tyd van die gif,” soos ’n ou oom by die plaaslike kafee vir Dana vertel.

Dana beskryf die eerste veertig dae van die eerste inperking; dan ry hy trein om sy sterwende vriend in Gauteng te gaan groet. Hy skryf oor die treinrit, en ook oor die treine wat nie meer ry nie. Laastens praat hy met die mense wat die grootste gevaar loop ter wille van ander – die dokters en verpleegsters wat die siekes versorg. Dan kry hy self ook Covid19.

Dana se kenmerkende fyn waarneming maak In Die Tyd Van Die Gif ’n leesmoet. Daar is pyn en verlies, maar ook geloof en hoop. Dit alles met ’n goeie skeut humor.

Onder Die Radar - Stories Uit Ons Land (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Onder Die Radar - Stories Uit Ons Land (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

In Dana se nuwe bundel vertel hy die stories van ons land se mense, die gewone mense, mense wat sommerso onder die radar leef... Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het. Hy skryf met groot nederigheid en respek oor die mense wat andersinds ongesiens lewe en in die proses verryk en verruim hy ons. Boonop is hy dikwels skreeusnaaks.

Op Die Agterpaaie (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Op Die Agterpaaie (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R350 R328 Discovery Miles 3 280 Save R22 (6%) Ships in 4 - 8 working days

Dana Snyman, seker Suid-Afrika se gunstelingreisskrywer, beskryf sy eie lewensreis en die ongebaande wee waarop hy hom al begeef het.

Dana soek na die ware Weskus, kuier by die Karoo se karretjiesmense, jaag pylreguit deur Boesmanland, sit in Lutzville se kroeg, en ry selfs' n Harley op Colesberg.

Uiteindelik gaan hy huis toe, in sy Valiant, en herkou aan die lesse van die langpad. Heerlik vermaaklik, dog diep menslik.

The long way home - A journey through South Africa (Paperback): Dana Snyman The long way home - A journey through South Africa (Paperback)
Dana Snyman
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R187 Discovery Miles 1 870 Ships in 2 - 4 working days

Renowned travel writer Dana Snyman goes in search of his roots as he grapples with his place in South Africa today. He starts this distinctly South African story with the first Snyman, born of a white father and a slave mother. His travels take him off the beaten track, and his encounters with the forgotten people of the back roads are filled with the humour and compassion he is known for. On a last trip home, to visit his seriously ill father, he also goes looking for the homes of Julius Malema and Jacob Zuma. Honest, moving, yet filled with hope and a uniquely South African humour.

Op die toneel - Stories, reise, stemme (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Op die toneel - Stories, reise, stemme (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R403 Discovery Miles 4 030 Ships in 2 - 4 working days

n Veertigtal stories deur een van ons gewildste skrywers. Stories met humor en met droefheid, van dinge wat verander het en dinge wat dieselfde bly, oor families en oor vreemdelinge. Die mens is die storie, die storie is die mens, het Dana, self-erkende storiesmous, by geleentheid gese. En soos by sy eerste twee bundels, Uit die binneland en Anderkant die scrap, gee sy jongste versameling stories weer 'n deernisvolle blik op mense: gewone mense en al hul dinge, mense in dorpe en stede en afgelee streke. Dit is baasverteller en veelbekroonde joernalis Dana Snyman se geheim, sy respek vir en simpatie met mense. En die gevoel van hoop waarmee sy stories die leser laat.

Hiervandaan (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Hiervandaan (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
R522 Discovery Miles 5 220 Ships in 10 - 15 working days

Veelbekroonde reisskrywer Dana Snyman vertel die verhaal van sy eie lewensreis, die van sy familie en van sy land. Hy reis agter stories uit die verlede aan, van die eerste Snyman, seun van 'n wit pa en 'n slavin-ma, tot vandag, waar mense op die platteland hom in hul geheime inlaat. Elkeen van ons het mos sy eie 'Inkandla' - tuisdorp - en Dana se reis neem hom onder meer ook na Julius Malema se ouma se huis en na President Zuma se werklike Inkandla in KwaZulu-Natal, waar hy bokvleis met President Zuma se broer geeet het. Dan keer Dana terug huis toe, via Bloedrivier en die museum waar sy oupa se broek nog uitgestal word. Dana se verhaal is vervleg met die stories van ons almal wat 'hiervandaan' is. Eg, warm en gevul met deernis, soos ons Dana leer ken en leer liefkry het.

Onder Een Dak - 100 Ou En Nuwe Stories (Afrikaans, Paperback): Dana Snyman Onder Een Dak - 100 Ou En Nuwe Stories (Afrikaans, Paperback)
Dana Snyman
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R382 Discovery Miles 3 820 Ships in 5 - 7 working days

Die ikoniese en geliefde skrywer Dana Snyman deel sy 100 gunstelingstories in ’n buksie van ’n bundel, net betyds vir Kersfees. Die stories strek van ou familiestories, reisverhale uit Dana se Weg!- dae en ware lewensdrama uit sy Huisgenoot­dae, tot intieme verhale uit sy meer onlangse werk, waar hy self­ondersoekend en met ’n skerp waarnemingsin ons land en sy mense betrag. Daar is ook 20 nuwe stories, oor die pandemie en oor rugby. Wat al die stories in gemeen het, is die meelewendheid en waardering vir gewone mense wat Dana se werk kenmerk, saam met sy soms skokkende eerlike insigte in sy eie psige, as kind van Suid­Afrika. Soos Sarie se resensent opgemerk het: “Hy laat jou met nuwe oë na alledaagse gebeure en mense om jou kyk.”

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
In Queen Mary's Gardens
Tom Morgan Paperback R175 Discovery Miles 1 750
Virtual Orientalism - Asian Religions…
Jane Iwamura Hardcover R2,936 Discovery Miles 29 360
Mechanisms of Inorganic and…
M.V. Twigg Hardcover R5,860 Discovery Miles 58 600
Not Without A Fight - The Autobiography
Helen Zille Hardcover  (15)
R513 Discovery Miles 5 130
Wanted Dead & Alive - The Case For South…
Gregory Mthembu-Salter Paperback R250 R231 Discovery Miles 2 310
Painkillers - History, Science, and…
Victor B. Stolberg Hardcover R2,195 Discovery Miles 21 950
Representing Agency in Popular Culture…
Ingrid E. Castro, Jessica Clark Hardcover R4,338 R3,053 Discovery Miles 30 530
Practical Professional Cookery
R.J. Kaufmann, H. Cracknell Paperback R1,417 R1,313 Discovery Miles 13 130
Strangers In Time
David Baldacci Paperback R385 R349 Discovery Miles 3 490
Italy's Lost Greece - Magna Graecia and…
Giovanna Ceserani Hardcover R3,252 Discovery Miles 32 520

 

Partners