![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 12 of 12 matches in All Departments
Danielle is moeg om alleen te wees. Veral oor Kersfees. Dis haar derde
Kerspartytjie by Love Incorporated en sy het steeds nie ’n man in haar
lewe of ’n ring aan haar vinger nie. Mense begin skinder. Hoekom is ’n
beeldskone jong vrou soos sy steeds enkellopend? Vir die pret skryf al
die werknemers hulle Kerswense neer en die bestuurshoof stuur dit
Noordpool toe.
Ná twee jaar op haar eie is Lelanie oortuig sy is oor haar verslawing
aan haar vervreemde man, Adam. Tot hy aangestel word as die besturende
direkteur by die maatskappy waar sy werk.
Claire Westley was nog altyd verlief op burggraaf Charles Bryton, maar
hy het nooit in haar belanggestel nie. Toe haar pa onverwags geld en ’n
titel erf, vra die burggraaf uit die bloute om haar hand.
STORIEBOEKROMANSE:
EINDELIK LIEFDE:Schalk en Anke is voëls van eenderse vere: albei onafhanklik, albei beroepsgedrewe. En albei het al seergekry. In Leipzig kom allerlei verborge vrese en drome na vore. En in Noorweë moet hulle ’n besluit neem.NIE N TROUMAN NIE:Gina kry daardie gesogte kontrak waarmee sy haar deurbraak in die wêreld van binneversiering gaan maak. Net wat sy nodig het, want binne die volgende vyf jaar wil sy haar studiegeld aan haar ouers terugbetaal, met rente. Dus sal daar ook in hierdie tyd geen man op haar horison kan wees nie; sy sal moet werk. Saam met die kontrak kom ’n hotelmagnaat, ’n baie aantreklike ene. Heinrich hou egter geen gevaar vir haar in nie want hy stel nie nou of later in ’n huwelik belang nie, hoor sy sonder om daaroor te vra. Maar Gina is van warmbloedige Italiaanse afkoms en wel, Heinrich is ’n man.OMPAD IN DIE VREEMDE: Ná haar man se dood besluit Hermien om haar lewe te hervat. Op haar lang reis na Paternoster neem sy ’n ompad deur die Karoo. En dit is hier waar ’n bruingebrande boer haar pad kruis.
Franzelle se pa eis dat sy ses maande lank as ’n doodgewone
winkelbestuurder by die familiebesigheid werk. Sy mag vir niemand sê
dat sy sy enigste erfgenaam is nie en sy mag ook nie ’n verhouding
aanknoop nie. Haar sportmotor en bodemlose beursie moet ook tuis bly.
Christelle Boshoff is die sakeman Francois Sutherland se lyfwag, maar
nou moet sy saam met hom op vakansie gaan om sy twee dogtertjies op te
pas. Die kinders dink sy is Francois se meisie en hulle deel die
misverstand met sy familie.
Wie weet in watter gewaad storieboekliefde sy verskyning gaan maak?
Dina Botha is een van die suksesvolste skrywers in Afrikaans. Sedert
Februarie 2013 was Dina Botha 192 keer op Nielsen Bookscan se Top100
vir fiksieverkope.
Angelique van Olgen het op veertien al ’n onverskrokke gees. Nie eens ’n wilde seerower verskrik haar nie. Sy is net so ontembaar soos haar vlamrooi hare en sy laat geen man haar hiet en gebied nie. Maar dis moeilik om nie die knie voor die ewe formidabele aristokraat Graaf Dante de Péronne te buig nie. Hy bekoor haar, maak vreemde wilde begeertes in haar wakker en toets haar onskuld. Selfs toe hulle deur omstandighede verplig word om te trou behou Dante sy afstand. Hy gaan die Kaap sonder haar verlaat. Hy is op ’n missie en dit sluit haar nie in nie.
Robyn het alles wat ’n meisie kan begeer. As sy net verlief was op die man waarmee almal verwag sy gaan trou. Eers toe Connor in haar lewe verskyn, weet sy wat sy misgeloop het. Alles wat ’n meisie maar kan begeer, dit het Robyn. Skoonheid, kreatiwiteit, geld en ’n gesogte beroep. Boonop kan sy binnekort die vrou wees van ’n man wat self skatryk is en met die huwelik sal haar gesin se sakebelange verder bevorder word. Dis nou te se as hulle kan ooreenkom oor ’n troudatum, iets waartoe sy haar tot dusver nog nie kon bring nie omdat sy heimlik nie seker is of sy op hom verlief is nie. In hierdie kritieke stadium verskyn Connor asof uit die niet in haar kantoordeur. Hy wil he sy moet ’n ontmoeting met haar pa vir hom reel. Eers toe Robyn nie daarin slaag nie, besef sy haar pa het al die jare ’n geheim in hom omgedra, iets wat reelreg bots met die etiek wat hy Robyn en haar susters ingeprent het. Die gevoelens wat Robyn vir Connor begin ontwikkel het, is gewoon ’n onmoontlikheid want hy blyk haar pa se aartsvyand te wees en sy wil ook nie haar pa geruineer sien nie. Toe gebeur die ondenkbare en haar lewe verander in ’n oogwink in die soort bestaan wat sy haar nooit eens sou kon voorstel nie. Nie dat sy ongelukkig is nie, maar so ...?
Celestine de Peronne se susters verwyl hul tyd met borduurwerkies, mooimaaksessies en dagdrome oor toekomstige mans, maar sy droom van om eendag die eienares van Lavoisier, die familieplaas, te wees. Sy bestuur reeds haar pa se plaas, teel perde, plant wingerde aan en maak wyn. Haar pa stel ’n aantreklike en sjarmante Fransman, Argonne de Lattre, as stalmeester aan, maar hy verkies meisies soos haar susters. Hy is die eerste man wat haar soen; haar kop laat duisel. Hy vra haar om te kies; dis of hy of Lavoisier, en dis die moeilikste besluit van haar lewe.
|
You may like...
|