0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (1)
  • R100 - R250 (7)
  • R250 - R500 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 10 of 10 matches in All Departments

Liefste Kersvader (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Liefste Kersvader (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R89 Discovery Miles 890 Save R21 (19%) Ships in 7 - 11 working days

Danielle is moeg om alleen te wees. Veral oor Kersfees. Dis haar derde Kerspartytjie by Love Incorporated en sy het steeds nie ’n man in haar lewe of ’n ring aan haar vinger nie. Mense begin skinder. Hoekom is ’n beeldskone jong vrou soos sy steeds enkellopend? Vir die pret skryf al die werknemers hulle Kerswense neer en die bestuurshoof stuur dit Noordpool toe.

Maar die briefies is anoniem. Hoe sal Kersvader weet Danielle is die een wat vir ’n man vra?

Jy is my Hartklop (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Jy is my Hartklop (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ná twee jaar op haar eie is Lelanie oortuig sy is oor haar verslawing aan haar vervreemde man, Adam. Tot hy aangestel word as die besturende direkteur by die maatskappy waar sy werk.

Adam is vasbeslote om haar terug te wen, maar Lelanie wil haar kop nie ’n tweede keer stamp nie. Toe hy tydelik by haar moet intrek, is die versoeking groot om haar slaapkamerdeur en haar hart vir hom oop te maak.

Maar hoe kan sy seker wees hy het werklik verander?

Die Perfekte Meisie (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Die Perfekte Meisie (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Franzelle se pa eis dat sy ses maande lank as ’n doodgewone winkelbestuurder by die familiebesigheid werk. Sy mag vir niemand sê dat sy sy enigste erfgenaam is nie en sy mag ook nie ’n verhouding aanknoop nie. Haar sportmotor en bodemlose beursie moet ook tuis bly.

Alles werk goed uit tot sy ryk en sjarmante Marnus Bailey ontmoet.

Hy aanvaar Franzelle vir wie sy op die oog af is, maar sy ma is ’n ander storie.

Sal Franzelle en Marnus se liefde oorleef ?

'n Skandalige Besluit (Afrikaans, Paperback): Dina Botha 'n Skandalige Besluit (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Claire Westley was nog altyd verlief op burggraaf Charles Bryton, maar hy het nooit in haar belanggestel nie. Toe haar pa onverwags geld en ’n titel erf, vra die burggraaf uit die bloute om haar hand.

Tot hul families se skok weier Claire.

Om ’n skandaal te vermy reël haar ouers vir Claire passaat op die Swart Pêrel om vir haar vriendin Prinses Mary te gaan kuier.

Is Luca Bovien, die aantreklike kaptein van die Swart Pêrel, dalk die een wat haar hart gaan verower?

'n Kersfeeskomplikasie (Afrikaans, Paperback): Dina Botha 'n Kersfeeskomplikasie (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
R110 R103 Discovery Miles 1 030 Save R7 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Christelle Boshoff is die sakeman Francois Sutherland se lyfwag, maar nou moet sy saam met hom op vakansie gaan om sy twee dogtertjies op te pas. Die kinders dink sy is Francois se meisie en hulle deel die misverstand met sy familie.

Christelle laat haar teen haar aard meesleur in ’n speletjie van misleiding en leuens. Dan daag Francois se eksvrou op met haar eie onthulling. Wie moet Christelle glo? Die eksvrou of die man wat haar hart besit?

Diagnose Verlief 3 In 1 Omnibus: Dina Botha Diagnose Verlief 3 In 1 Omnibus
Dina Botha
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R147 Discovery Miles 1 470 Ships in 2 - 4 working days

DIAGNOSE: VERLIEF:Maribelle, wat aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword het, keer as ’n mediese dokter terug na Witklip en open ’n praktyk daar. Haar pad kruis met die ryk en gesiene Jordaans s’n. Die drie Jordaan-mans is al drie byna prinse. Maar in sulke mans se lewe is daar altyd ’n ander meisie, of ’n eksmeisie. En dit is Maribelle se lot dat sy op die verkeerde prins verlief raak – en al drie raak op haar verlief, of so lyk dit. Hoe kry ’n meisie die man van haar hart sonder om die ander twee broers seer te maak? En wat beteken mevrou Jordaan se veranderde houding jeens haar?DIE NUWE AFRIGTER:Maribelle, wat aan die verkeerde kant van die spoor grootgeword het, keer as ’n mediese dokter terug na Witklip en open ’n praktyk daar. Haar pad kruis met die ryk en gesiene Jordaans s’n. Die drie Jordaan-mans is al drie byna prinse. Maar in sulke mans se lewe is daar altyd ’n ander meisie, of ’n eksmeisie. En dit is Maribelle se lot dat sy op die verkeerde prins verlief raak – en al drie raak op haar verlief, of so lyk dit. Hoe kry ’n meisie die man van haar hart sonder om die ander twee broers seer te maak? En wat beteken mevrou Jordaan se veranderde houding jeens haar?KERSIEBRUID:Die man wat Reanie liefhet, het ’n verhouding met iemand anders. En anders as Reanie, het daardie vrou nie erg aan sy tweeling nie. Gaan die man dit nooit insien nie?

Storieboekromanswe 3 In 1: Dina Botha Storieboekromanswe 3 In 1
Dina Botha
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R181 Discovery Miles 1 810 Ships in 2 - 4 working days

STORIEBOEKROMANSE:
Juliette sien daarna uit om 'n onderhoud met die bekende liefdesverhaalskrywer Alice Beechman te voer, maar dan besef sy Alice Beechman is eintlik die skuilnaam van 'n man. 'n Baie aantreklike man …

HOE OM N HART TE WEN:
Janke was van altyd af verlief op haar grootwordmaatjie, Louw. Maar nou is Louw verloof en hy trou binnekort. Janke en Henry gaan voorgee dat hulle 'n paartjie is om Louw jaloers te maak en sy oë oop te maak, maar hulle nou nie rekening met Kupido se streke nie.

STOPPELBAARDSOENE IN SANTORINI:
Isak Clarke en sy aangenome seun, daag onverwags 'n dag vroeër in Santorini op. Isak is gewoond om sy sin te kry, maar hy sal dit nie met Gita regkry nie. As hy nie net die mooiste ongeskikte man was wat sy nog ooit gesien het nie!

Angelique en die boekanier (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): Dina Botha Angelique en die boekanier (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
Dina Botha
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R250 Discovery Miles 2 500 Ships in 2 - 4 working days

Angelique van Olgen het op veertien al ’n onverskrokke gees. Nie eens ’n wilde seerower verskrik haar nie. Sy is net so ontembaar soos haar vlamrooi hare en sy laat geen man haar hiet en gebied nie. Maar dis moeilik om nie die knie voor die ewe formidabele aristokraat Graaf Dante de Péronne te buig nie. Hy bekoor haar, maak vreemde wilde begeertes in haar wakker en toets haar onskuld. Selfs toe hulle deur omstandighede verplig word om te trou behou Dante sy afstand. Hy gaan die Kaap sonder haar verlaat. Hy is op ’n missie en dit sluit haar nie in nie.

Onvergeetlike Oomblikke (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Onvergeetlike Oomblikke (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R311 Discovery Miles 3 110 Ships in 2 - 4 working days

Dina Botha is een van die suksesvolste skrywers in Afrikaans. Sedert Februarie 2013 was Dina Botha 192 keer op Nielsen Bookscan se Top100 vir fiksieverkope.

Hierdie omnibus is ’n samestelling van drie van Dina Botha se vorige Romanzas, Sy rooikopbaas, Liefste Willemientjie en Liefdeskrale.

Sy rooikopbaas:
Voor Sandra haar oë uitvee, sit sy met ’n manlike “sekretaresse” – Ryk Willemse. Maar haar firma word skielik bedreig, Oumsie soek verbete vir haar ’n man, en sy begin wonder: Is sy ’n verstokte oujongnooi, mannetjiesagtig, ’n rooikopheks?

Liefste Willemientjie:
Wilmien het lankal vergeet om aan haarself te dink. Ná haar ouers se dood moet sý sorg, voog van haar vyf broers en suster wees, boer – al maak Rhys du Randt weer die vrou in haar wakker.

Liefdeskrale:
Platsak moet rykmansdogter Esté oorleef, haarself bewys. Sonder haar ontwerpersklere, -skoene, sportmotor. Schalk Brink word haar baas, ’n man wat vroue vir brekfis opeet. En Esté moet net keer. Sy vlam mag haar nie ook skroei nie.

Robyn se Ongetemde Man (Afrikaans, Paperback): Dina Botha Robyn se Ongetemde Man (Afrikaans, Paperback)
Dina Botha
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R179 Discovery Miles 1 790 Ships in 2 - 4 working days

Robyn het alles wat ’n meisie kan begeer. As sy net verlief was op die man waarmee almal verwag sy gaan trou. Eers toe Connor in haar lewe verskyn, weet sy wat sy misgeloop het.

Alles wat ’n meisie maar kan begeer, dit het Robyn. Skoonheid, kreatiwiteit, geld en ’n gesogte beroep. Boonop kan sy binnekort die vrou wees van ’n man wat self skatryk is en met die huwelik sal haar gesin se sakebelange verder bevorder word. Dis nou te se as hulle kan ooreenkom oor ’n troudatum, iets waartoe sy haar tot dusver nog nie kon bring nie omdat sy heimlik nie seker is of sy op hom verlief is nie. In hierdie kritieke stadium verskyn Connor asof uit die niet in haar kantoordeur. Hy wil he sy moet ’n ontmoeting met haar pa vir hom reel. Eers toe Robyn nie daarin slaag nie, besef sy haar pa het al die jare ’n geheim in hom omgedra, iets wat reelreg bots met die etiek wat hy Robyn en haar susters ingeprent het.

Die gevoelens wat Robyn vir Connor begin ontwikkel het, is gewoon ’n onmoontlikheid want hy blyk haar pa se aartsvyand te wees en sy wil ook nie haar pa geruineer sien nie. Toe gebeur die ondenkbare en haar lewe verander in ’n oogwink in die soort bestaan wat sy haar nooit eens sou kon voorstel nie. Nie dat sy ongelukkig is nie, maar so ...?

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Gospel Of Mark - Bible Study
Francis Chan Paperback R120 R111 Discovery Miles 1 110
Bostik Glue Stick - Loose (25g)
R42 R23 Discovery Miles 230
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R367 R340 Discovery Miles 3 400
Bamboo Phone & Tablet Docking Stand
R199 R189 Discovery Miles 1 890
10 Cloverfield Lane
Mary Elizabeth Winstead, John Goodman Blu-ray disc  (2)
R271 Discovery Miles 2 710
Revlon Charlie Blue Eau De Toilette…
 (1)
R716 R378 Discovery Miles 3 780
True Lies - 4K Ultra HD + Blu-Ray
James Cameron Blu-ray disc R622 Discovery Miles 6 220
BSwish Bwild Classic Marine Vibrator…
R779 R700 Discovery Miles 7 000
Faber-Castell Junior Triangular Colour…
R98 R62 Discovery Miles 620
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R367 R340 Discovery Miles 3 400

 

Partners