0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (9)
  • R100 - R250 (2)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 11 of 11 matches in All Departments

Vertel! Vertel! (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Vertel! Vertel! (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R73 Discovery Miles 730 Ships in 4 - 8 working days

Alles in hierdie kortverhaalbundel deur geliefde verteller Dot Serfontein, is nie noodwendig waar nie. Nee, maar alles is moontlik waar mense geslagte lank onder die dassiebruin velkaros van die Noord-Vrystaat slaap teen brak winters en taaibosharde somers.

Systap Onder Die Juk (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Systap Onder Die Juk (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R82 Discovery Miles 820 Ships in 4 - 8 working days

Met haar innemende en boeiende vertelstyl teken Dot Serfontein in Systap onder die juk verhale oor die lewens van ’n versameling merkwaardige mense op.

Die leser leer ken ’n groep Noord-Vrystaters wat aan dié wêreld sy sonderlinge geskiedenis en karakter verleen het. Dit is ’n distrik “lankal reeds bewoon deur verantwoordelike, stoere mense wat hulle deur niemand laat voorsê nie”, soos dit in die titelverhaal gestel word.

Van hierdie stoere mense is byvoorbeeld die unieke tant Hannie Wolmarans. Die staaltjies oor haar het vir die skryfster as kind so onwaarskynlik geklink dat hulle in dieselfde klas as sprokies geval het. Daar is byvoorbeeld ook oom Lood, wat selfs in die eienaardige Serfontein-familie, hom kon onderskei as ’n eienaardige mens. Die luimige aard van die vertellings word ook in hierdie bundel deurweef met waardering en deernis, veral vir haar ma Boeta en pa Oupats.

Rang in Der Staten Rij (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Rang in Der Staten Rij (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R84 Discovery Miles 840 Ships in 4 - 8 working days

Dis 1899 en die begin van die Anglo-Boereoorlog. Vir Frank Ingram, sy beste vriend Michal Ras en die se verloofde Kath Rouwenhorst begin dit in Oktober tydens 'n swierige verjaardagparty in die Boland. Vir Frank, 'n student in die teologie wat sy studies staak om te gaan veg, is dit ook die begin van 'n innerlike stryd wat hom afspeel rondom die absurditeite en ontnugtering van die oorlog. Later sal Frank homself afvra of die geweld van oorlog 'n sluimerende behoefte aan wreedheid in hom bevredig. En uiteindelik kom die vraag: Wat was die werklike uitwerking van die oorlog? Die titel van hierdie ontroerende roman kom uit die ou Vrystaatse volkslied waarvan die eerste strofe lui: Heft Burgers ’t lied der vrijheid aan / En zingt ons eigen volksbestaan! / Van vreemde banden vrij, / Bekleedt ons klein gemenebest, // Op orde, wet en recht gevest, / Rang in der staten rij.

Liefde in Die Kwepertyd (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Liefde in Die Kwepertyd (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R73 Discovery Miles 730 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Dot Serfontein het Liefde in die kwepertyd as 'n vervolgverhaal in Sarais Marais geskryf. Dit was egter so gewild, dat dit in boekvorm verskyn het gedurende 1960. In hierdie verhaal raak ’n teruggetrokke boer verlief op die foto van ’n hartseer donkerkopnooi in sy bure se huis. 'n Briefwisseling ontstaan en die boer is oortuig dat hy sy trouvrou ontmoet het. Wanneer sy op die plaas aankom, is die briefskrywer – ‘n sagggeaarde blondine met kuiltjies in haar wange – egter glad nie die meisie op die foto nie . . . Die boer moet besluit of liefde ’n illusie of werklikheid is.

Water op Mispah (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Water op Mispah (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R73 Discovery Miles 730 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Nog 'n lekkerlees liefdesverhaal van Dot Serfontein. Emma is baie ongelukkig getroud en kinderloos. Haar lewe neem egter onverwagte draaie wanneer 'n boer, Van Greunen, op hul plaas kom boor vir water. Sy staan voor 'n moeilike keuse: Moet sy getrou bly aan haar man en hul ongelukkige huwelik voortsit, of moet sy haar hart volg?

Die Laaste Jagtog (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Die Laaste Jagtog (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R80 Discovery Miles 800 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

'n Boer met 'n voorliefde vir wilddiefstal moet teen die agtergrond van aanpassingsprobleme in sy huwelik en veranderende politieke omstandighede noodgedwonge sy (rampspoedige) laaste jagtog uitvoer. En dan is daar ou Drien, die kleremaakster, wat diep in haar middeljare uiteindelik 'n "regte" huweliksaansoek kry; Diederik Verster wat onbesorg met ’n uiters sonderlinge stokperdjie voortploeter; en die "antie" wat 'n "sirpraais" in die vorm van 'n bykorf vol bye kry en dan, ongelukkig, graag die bye wil bevriend. Die humor en deernis wat in die alledaagse skuil, kom in hierdie bundel kortverhale na vore – vertel soos net die skerpsinnige Dot Serfontein kan. Kleurvolle karakters beleef hartseer sowel as snaakse en soms pynlike avonture.

Ek Is Maar Ene (Afrikaans, Paperback, Revised edition): Dot Serfontein Ek Is Maar Ene (Afrikaans, Paperback, Revised edition)
Dot Serfontein
R71 Discovery Miles 710 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Met bewondering, deernis en ’n skerp sin vir humor skets Dot Serfontein die geskiedenis van kontreie wat nie aan interessante mense ontbreek nie.

In Ek Is Maar Ene kring vertellinge van haar kinderjare en familie in die Vrystaat uit na kleurvolle karakters van die Kalahari en na (dikwels senutergende) reise met haar gesin na ander dele van Suid-Afrika.

Sy vertel van die swerwende tant Beatrice wat geglo het sy word deur die geheime polisie agtervolg; van die kreatiewe wyse waarop geharde Kalaharimense hul wêreld herbergsaam gemaak het, hoe Askham sy naam gekry het en hoe ’n Chev-bakkie kan boomklim.

Hierdie bundel boeiende sketse is by tye skreeusnaaks, maar nooit gaan die waardering vir die mense agter die stories verlore nie.

Amper My Mense (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Amper My Mense (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein 1
R70 Discovery Miles 700 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

In die bundel word verduidelik wat die hemelsbree verskil tussen 'n Oos- en 'n Wes-Vrystater is en word staaltjies wat afspeel rondom die Anglo-Boereoorlog, die Depressiejare en die 1914-Rebellie gedeel. Dot Serfontein se sonderlinge humorsin laat die Vrystaatse geskiedenis herleef op 'n manier wat die leser sal bybly. Karakters soos oom Joseph du Plessis, tant Martjie en Bart Krog – oftewel Baasbul van Afrika – word met humor en deernis beskryf, soos net Dot Serfontein dit kan doen. Hulle is immers amper haar mense.

Vrypas (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Vrypas (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
R73 Discovery Miles 730 Ships in 4 - 8 working days

Op tagtig, verklaar Dot Serfontein, neem mens kennis van die ouderdom se bedryfsrisiko’s – en neem dan vir lief daarmee dat selfs die Bybel stilbly oor wat ná tagtig met mens gaan gebeur. Jy vertel van dinge waaroor jy vroeër geswyg het en jy swyg oor dinge waarvan jy vroeër vertel het want as jy dié mylpaal oorgesteek het, het jy die vrypas om te maak soos jy wil, sonder dat dit teen jou aangeteken staan.

Teen die agtergrond van agt dekades se sosiale, politieke en ekonomiese gebeure (van die letsels van die Anglo-Boereoorlog, die 1914-Rebellie en die Groot Depressie, tot die verkiesing van 1948, die apartheidsidealisme en die “politieke kapitulasie” van die negentigerjare) projekteer Dot Serfontein hier die gesins - en familiebande wat haar lewe as Vrystaatse Afrikaner gevorm het. Die leser leer ken ’n individu wat elke lewensfase met geesdrif en vurigheid aanpak en nie terugdeins om die tradisie van tyd tot tyd met ’n bietjie waagmoed en ’n porsie oorgeërfde stroomopgeit uit te daag nie.

Want al faal sy soms klaaglik om aan haar eie (en ander) se verwagtings te voldoen (vir haar een en twintigste verjaarsdag gee haar pa haar immers ’n Remington-tikmasjien present, “toe dit uiteindelik vir hom duidelik geword het dat ek dit nog ver sal bring”) ken sy haar sterkpunte en staan sy stewig geanker tussen dié wat soos sy glo: “As ons spense vol is van wat vir ons van waarde is, kan ons harte oor brakplekke spring; as ons niks anders kan doen nie, lag ons net saam.”

Vertel! Vertel! (Afrikaans, Paperback): Dot Serfontein Vertel! Vertel! (Afrikaans, Paperback)
Dot Serfontein
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R159 Discovery Miles 1 590 Ships in 2 - 4 working days
Sonder Klein Trou (Afrikaans, Book): Dot Serfontein Sonder Klein Trou (Afrikaans, Book)
Dot Serfontein
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R147 Discovery Miles 1 470 Ships in 2 - 4 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Parker Jotter Ballpoint Pen & Pencil Set…
R932 Discovery Miles 9 320
The Bourne Ultimatum
Matt Damon, Julia Stiles, … DVD R57 Discovery Miles 570
JCB Chukka Steel Toe Safety Boot (Black)
R719 Discovery Miles 7 190
Marltons Small Animal Rat/Chinchilla…
R2,359 R1,999 Discovery Miles 19 990
Be Safe Paramedical Disposable Triangle…
R10 Discovery Miles 100
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R391 R362 Discovery Miles 3 620
3 Ply Disposable Face Mask (Pack of 50)
R72 Discovery Miles 720
Zap! Air Dry Pottery Kit
Kit R250 R227 Discovery Miles 2 270
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R391 R362 Discovery Miles 3 620
Blast
Andrew Divoff, Yuji Okumoto, … Blu-ray disc R59 Discovery Miles 590

 

Partners