![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 4 of 4 matches in All Departments
Hierdie gids is saamgestel volgens die voorskrifte van die KABV vir Graad 11 Huistaal. Die studiewerkgids sal leerders help om die roman se inhoud en struktuur te verstaan en om sinvol vir die eksamen voor te berei. Die gids bevat breedvoerige besprekings en toepassing van literêre begrippe vir die genre, kontekstuele vrae volgens kognitiewe vlakke, inhoudsvrae vir afronding vir die eksamen, onderwerpe en riglyne vir literêre opstelle, en verrykingsaktiwiteite om die leerder se belangstelling in en waardering vir die roman aan te wakker. Die studiewerkgids bevat die volgende: · in-diepte bespreking en toepassing van struktuur, styl, intrige, verteller en vertellersperspektief, karakter en karakterisering, konflik, milieu, tyd, verteller, tema en motiewe; · kontekstualisering van die verhaal; · pre-lees, tydens lees en post-lees wat toeligting, ontleding en vrae insluit; · ʼn kort opsomming van elke hoofstuk en kontekstuele vrae (met spasie vir leerderantwoorde) wat fokus op begrip van die inhoud van die verhaal; · volledige woordverklarings; en · toetse vir formele assessering/assesseringstake.
Ryna van Rensburg vlug weg van haar verlede na Meeuland, 'n eiland aan die Weskus. Daar is dit Attie Langhans wat haar weer soos 'n vrou laat voel – al lyk hy op die oog af maar stuurs. En gou blyk dit dat die eiland se lief en leed nie los staan van die dorpslewe op die vasteland nie. Waar ontrou en menslikheid, geldgierigheid en goedheid deureengevleg is in 'n vertelling van twee gemeenskappe, wit en bruin. Twee verhale wat uiteindelik hand aan hand loop.
Die aangrypende verhaal van pyn en genesing na die dood van twee broers enkele jare na mekaar word deur hul ma in die derde persoon vertel. So probeer sy (die vrou) afstand van die pynlike gebeure verkry. Dit verleen 'n meer dramatiese impak aan die gebeure, hoewel dit 'n oormaat rou emosie voorkom. Dit word 'n hoendervleis-kry-ervaring om saam met die skrywer die wagtyd in 'n trauma-saal by Tygerberghospitaal deur te maak, of die soektog na 'n vermiste kind op see. Dit lees byna soos fiksie, 'n spanningsverhaal. Maar wat dit uitlig bo die gewone, is die gestroopte styl, die Christelike hoop daarin, die simboliek, die skrynende humor, die gedigte en die terapeutiese krag vir lesers wat hul eie smart leer verwerk deur te identifiseer met die verteller.
VERSTAAN – OEFEN – SLAAG!
|
You may like...
|