0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (7)
  • R250 - R500 (7)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 14 of 14 matches in All Departments

Inkommers (Paperback): Hans Du Plessis Inkommers (Paperback)
Hans Du Plessis
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Waar lê die lyn tussen inwoner en inkommer?

“Ek, Plakker Prinsloo, weet nie of ek nou al gereed is om vir die eerste keer saam met Bennie Afrikaner uit te ry Kom toe nie. Ek was nog nooit ’n reisiger nie, dit is nou as jy nie my en Ma se ewige getrek voor Pa se misdaadrekord uit reis kan noem nie.”

Inkommers is ’n eietydse verhaal, ’n kroniek van die Afrikaners – die familie, nie die volk nie – wat al van die Groot Trek se dae af wydsbeen oor die vuil Vaal in die Vredefortkoepel boer. Is dit moontlik dat net gebore Kommers in die Kom hoort? Hoe gemaak met inkommers wat tot dusver nie juis welkom was nie? ’n Mens moet versigtig wees vir vreemdelinge. Die Afrikaners is hoeka aan die min word en hulle wil hulle omgewing tot ’n erfenisgebied verklaar kry. Dan is die liefde ook nog aan die uitsterf.

Iemand moet daarop reageer, rebelleer selfs, maar rebelleer die ware rebel vir iets of teen iets?

Ditsem, Dawid! (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Ditsem, Dawid! (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R207 R185 Discovery Miles 1 850 Save R22 (11%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days
Innie skylte vannie Jirre - Griekwapsalms en ander gedigte (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Hans Du Plessis Innie skylte vannie Jirre - Griekwapsalms en ander gedigte (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Hans Du Plessis
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Keer die beerlou van onse lyfte af weg
en draai tog net onse lewe wee bietjie reg:
lattie hyl ons nie innie nagte so matlik slattie,
ennie trane ons nie oppie mirrag skierlik vattie.

Hierdie kosbare versameluitgawe van Innie skylte vannie Jirre: Griekwapsalms en ander gedigte val saam met Afrikaans se 100-jarige viering as amptelike landstaal.

Die geliefde en ontslape prof. Hans du Plessis se verwerkings van bekende Psalms en ander Bybelverse in aardse Griekwa-Afrikaans sal lesers opnuut aangryp en ontroer.

Sedert die bundel se eerste verskyning in 2001 is daar meer as 100 000 eksemplare verkoop en die boek is ook daardie jaar deur die Christelike Boekhandelvereniging as die beste Christelike boek aangewys. Die legendariese sanger Randall Wicomb het verskeie van die gedigte getoonset en opgevoer.

Innie skylte vannie Jirre se Afrikaans-100-gedenkuitgawe is ’n waardevolle kleinood wat op elke liefhebber van Afrikaans se boekrak hoort.

Klein Wonderwerk (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Klein Wonderwerk (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R330 R309 Discovery Miles 3 090 Save R21 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Petrus wil sy kleinseun opspoor sodat hy sy geliefde plaas aan iemand kan nalaat.

Anina is ’n maatskaplike werker wat as kind al deur mans seksueel misbruik is.

Petrus vertrou nie jong vroue nie. Anina haat ou mans. Tog besluit hulle om mekaar te help.

Maar hoe oorkom jy jare se seer en wantroue? En hoe vind jy ’n aangenome kind as die ma doelbewus haar spore doodgevee het? Kan twee generasies wat op verskillende maniere en plekke mishandel is, mekaar ooit daarvan oortuig dat vergifnis die enigste weg na vryheid uit hul wrokkigheid is?

Inboekeling (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Inboekeling (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R288 Discovery Miles 2 880 Ships in 4 - 6 working days

Inboekelinge. Die seun aan die tou sien ’n swart meisie vanuit ’n tuitkappie na hom staar. Eers later, toegesluit in ’n smidswinkel, sal hy agterkom wie en wat sy is. En as hy saamgeneem word op ’n ekspedisie om gesteelde vee terug te kry, sal hy te staan kom voor die godskreiende werklikheid van haar lewe: ’n kind wat tussen die lyke van haar ouers opgeraap en op die saal van ’n ruiter weggevoer is. En dit sal hierdie eenvoudige seun wees, wat aan ’n riem op daardie trekkerswerf aangesleep is, wat dit in die hinterland tuisbring dat daar geen durender band is, g’n tou so sterk nie, soos die verbintenisse wat die hart aangaan.

Disse flippen stukkende wereld die, my ou: Leesboek (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Disse flippen stukkende wereld die, my ou: Leesboek (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R199 Discovery Miles 1 990 View more sellers Ships in 5 - 10 working days
Bakgat, En Wat Van My? (Afrikaans, Paperback, Reissue): Hans Du Plessis Bakgat, En Wat Van My? (Afrikaans, Paperback, Reissue)
Hans Du Plessis
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 4 - 6 working days
Die Opstand Van Poppie Nel (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Die Opstand Van Poppie Nel (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R340 R319 Discovery Miles 3 190 Save R21 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Liefde is al wat vir die mens oor is

Daar onder raas die see toe Poppie Nel dié dag voor dominee Lukas Lucas op sy stoep staan in haar kuise lang romp. Sy moet glo met iemand praat sodat sy kan opstaan. Poppie is uit die kerk, maar die kerk is nie uit haar nie. Dit lyk egter nie asof sy wil nie – praat of opstaan nie. Lukas het ook nie regtig trek vir ’n pratery nie, sy eie pyn is nog vir hom te kosbaar. Maar hy het nou hierdie herderlike plig.

Só ontvou Poppie se verhaal. Dit begin in haar ouerhuis en in ’n saaltjie op ’n plot waar ’n pastoor openbarings kry en waar die Nels slaafse navolgers van sy leringe is. Dis net, die openbarings kom en gaan soos dit die pastoor ten beste kan dien. Langmourokke, manskoene, niks mooimaakgoed nie, studie is ook van die duiwel, uitgedink deur die bose wêreld daar buite. Die skade aan ’n meisiekind se siel ... Nou ja.

Uiteindelik berei Lukas ’n preek oor die liefde voor. Want dit is al wat daar vir die mens oor is.

Drie Vroue en 'n Meisie (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Drie Vroue en 'n Meisie (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
R320 R300 Discovery Miles 3 000 Save R20 (6%) Ships in 7 - 11 working days

“Ek het vir prof ʼn storie om te skryf.” Só begin Drie vroue en ’n meisie toe die mooie Katryn een middag ná klas ongenooid voor die skryfkunsprofessor se lessenaar kom staan om hom in te lig dat hy haar familiegeskiedenis gaan skryf. Die ellendige saga en lotgevalle van drie generasies vroue wat by Katryn se grootjie in die miserabelheid van die delwerye van Miersehoop wat byna reeds uitgewerk is, begin.

Almal wat kom soek het na ’n diamant so groot soos ’n skaapkop, weet teen hierdie tyd die droom is aan ’t sterwe. Maar die hoop bly, die hoop bly ... En alles wat goed en sleg is, word soos die aarde uitgewerk onder dié wat volhard. Nypende armoede en hoogmoed, onnoselheid en opregtheid vermeng op die harde Noordwes-Hoëveld en verdring só alles wat goed kon wees.

Hieruit groei die verhaal van ’n weeskind wat nie kos of menswaardigheid gegun word nie, laat staan keuses. Daaruit ontvou nog ’n verhaal en daaruit nog een. En uiteindelik keer dit terug na waar dit begin het. Só word die verlede oopgebreek om in die hede lig vir die liefde te maak.

Toe skryf die professor oor Katryn se ma, haar ouma en oumagrootjie, sonder dat hy of sy kon voorsien dat hulle self deel van dié saga van dooie drome, armoede en vernedering sou word. Selfs die liefde is onvoorspelbaar op ʼn delwery tussen die mielielande van die wispelturige Hoëveld. Durf ons droom van ’n beter lewe waarin minagting nie langer verduur hoef te word nie?

Hans du Plessis is ’n geliefde naam in die Afrikaanse letterkunde. Sy historiese romans staan stewig in die hede gewortel en hy is bekend vir die bedrieglike eenvoud in sy verhale wat dieper waarhede dra – hy ken die mense oor wie hy skryf en dié waarvoor hy skryf. Du Plessis is ook bekend as digter, dramaturg en taalkundige.

Gewete Van Glas (Afrikaans, Book): Hans Du Plessis Gewete Van Glas (Afrikaans, Book)
Hans Du Plessis
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R110 Discovery Miles 1 100 Ships in 4 - 6 working days
Tussen Die Klippe (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Tussen Die Klippe (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R320 Discovery Miles 3 200 Ships in 4 - 6 working days

Dis die jaar 1851 en die beeldskone Susanna Isabella Marais word aangekla van ‘sonde’. Sy word gedaag voor die Hof van Landdroste en Heemrade omdat die oudstes haar van veelmannery en bedrog beskuldig. En in die hof onder die wildeseringbome, waar die verrigtinge kort-kort onderbreek word deur die lawaai van bobbejane, voels en vlakvarke, word haar skuld getuie vir getuie duideliker. Hulle ken haar so. Dominee Johannes word deur die weledele Sinodale Kommissie uit die Kolonie gestuur om die “hoogs onwettige, onsedelike en onchristelike egverbintenis” te ondersoek. Susanna is een vroegoggend hof toe gesleep, “soos wat 'n mens 'n uitgediende velsak agter jou aansleep”. Haar lang, donker rok gekreukel, stowwerig en op die een skouer geskeur. Nogtans, soos destyds met die kerkraadsvergadering, is “haar groot, geel-bruin oe, ryp soos twee mispels, geamuseerd eerder as bang, spottend, neerbuigend selfs”. Johannes is op soek na die waarheid van die Bybelse liefde. Hoe meer verdoemend die getuienis teen haar raak, hoe meer begin hy wonder of die liefde wat hy verkondig, meer is as die liefde tussen God en mens?

As Die Wind Kom Draai (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis As Die Wind Kom Draai (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R262 Discovery Miles 2 620 Ships in 4 - 6 working days

'n Mens is die storie wat jy van jouself vertel. Liefde is 'n wegholvuur, en die wind is so wispelturig soos mense. As die wind kom draai is Hans du Plessis se jongste historiese roman. Kan Vryheid, afstammeling van 'n slaaf, vir mooi Magriet Skuilhoek toe bring as die bergland haar so beklem? Buitendien, se haar ma: Vryheid is nie een van ons nie, dis tog wat Artikel Ses van die Burgerraad se Drie en Dertig Artikels eintlik se. Hoe durf 'n basterkind soos Vryheid daarteen baklei, een wat nie eers weet wie sy pa was nie? En hoe le jy liefhe uit? ""Artikel Vier en dertig,"" skree Margriet oor die osse se koppe, sodat haar pa verskrik omkyk: ""Die wet van Mooidorp: jy mag nie liefhe nie!"""

Karos orie duine (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Karos orie duine (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R124 Discovery Miles 1 240 Ships in 4 - 6 working days

Karos orie dyne volg op die bekende taalkundige en skrywer, Hans du Plessis, se uiters suksesvolle, Innie skylte vannie Jirre en Boegoe van die liefde. Karos orie dyne bevat die res van die Dawidspsalms en ook verse oor ander Bybelgedeeltes, soos die gelykenisse. Die bundel is weereens oorspronklike gedigte in die aangrypende Afrikaanse dialek van Griekwaland-Wes. Die genade van God le oor ons soos 'n karoskombers oor die duine van hierdie harde land.

Boegoe Vannie Liefde (Afrikaans, Paperback): Hans Du Plessis Boegoe Vannie Liefde (Afrikaans, Paperback)
Hans Du Plessis
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R136 Discovery Miles 1 360 Ships in 4 - 6 working days

Hooglied is ’n boek sonder grense, omdat die liefde nie grense ken nie. In BOEGOE VANNIE LIEFDE word die wonderwêreld van die Kalahari ’n Hooglied van die liefde met bekoorlike gedigte in aardse eenvoud. ’n Ideale geskenkboek met sy treffende omslagillustrasie, mat-gelamelleerde sagtebandomslag en gekleurde papier.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Advanced Classification Techniques for…
Chinmay Chakraborty Hardcover R7,073 Discovery Miles 70 730
Data Warehousing - Using the Wal-Mart…
Paul Westerman Paperback R2,213 Discovery Miles 22 130
Intelligent Data Analysis for Biomedical…
D. Jude Hemanth, Deepak Gupta, … Paperback R2,626 Discovery Miles 26 260
Big Data Applications and Use Cases
Patrick C K Hung Hardcover R3,576 R3,316 Discovery Miles 33 160
Machine Learning for Biometrics…
Partha Pratim Sarangi, Madhumita Panda, … Paperback R2,570 Discovery Miles 25 700
Elementary Statistics - A Guide to Data…
Nancy L. Glenn Griesinger, Daniel Vrinceanu, … Paperback R4,447 R3,784 Discovery Miles 37 840
Fundamentals of Data Warehouses
Matthias Jarke, Maurizio Lenzerini, … Hardcover R1,534 Discovery Miles 15 340
Handbook of Research on Innovative…
Li Yan Hardcover R8,236 Discovery Miles 82 360
Data Clustering in C++ - An…
Guojun Gan Hardcover R4,537 Discovery Miles 45 370
Python Programming for Data Analysis
Jose Unpingco Hardcover R2,380 Discovery Miles 23 800

 

Partners