![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 25 of 232 matches in All Departments
The original Zackie Mostert series has thousands of young fans - and now there's also a reading series, perfect for beginner readers. Each book in the series features bright full colour illustrations and simple, easy-to-read text that will make these fun-filled stories accessible to young readers. Zackie and his class are off to visit the zoo! But Anton the bully is also going on the trip. Will he ruin everyone's day?
Maak jou sitplekgordel vas vir 'n monster-avontuur! Adriaan hou van karre. En motorfietse. En vliegtuie. Hoe groter en vinniger, hoe beter. Op 'n dag ontdek hy en sy pa die wrak van 'n ou monsterbakkie in 'n stowwerige motorhuis. Sy pa besluit om die monsterbakkie reg te maak ... en dit is die begin van 'n maltrap - avontuur!
The original Zackie Mostert series has thousands of young fans - and now there's also a reading series, perfect for beginner readers. Each book in the series features bright full colour illustrations and simple, easy-to-read text that will make these fun-filled stories accessible to young readers. Zackie and Vincent are looking for fossils! Everyone thinks they're being silly. But then the two friends discover something amazing!
Barto haat Dinsdae. Niks opwindends gebeur ooit op ’n Dinsdag nie. Elke Dinsdag ná skool laai ouma Elsa hom op. Dan gaan hulle biblioteek toe. Dinsdae kuier Ouma en haar vriendinne in die biblioteek se tuin. Hulle drink tee en gesels oor boeke. “Gaan soek vir jou ’n boek, Barto,” sê Ouma elke Dinsdag. Maar Barto het nooit lus nie. Die enigste ander kind wat elke keer daar is, is die geheimsinnige Boekmeisie. Die Boekmeisie het nog nooit ’n woord met hom gepraat nie. Hy weet nie eens wat haar regte naam is nie. Maar toe Barto een middag ’n bal skop, is dit die begin van ’n holderstebolder avontuur … vol betowerende wesens, raaisels en asemrowende aksie. In hierdie heerlik aweregse, snaakse storie vol trolle, drake, kabouters en ander towerwesens skep Jaco Jacobs ’n moderne sprokie wat hulde bring aan die wonder van boeke en die verbeelding – gepaste temas vir hierdie uitsonderlike skrywer
Martin Retief se hele lewe verander toe sy pa een middag stilhou om aandete te koop. Maar dan ontmoet Martin vir Drikus. Drikus wat aan ’n siekte ly en sy eie zombiefliek wil maak. Wat volg is ’n avontuur vol skouhoenders, skelms, mooi meisies, wiskunde, kammabloed en zombies.
’n Onderwyseres wat op volmaannagte in ’n weerwolf verander. ’n Speelding wat allerhande vreemde dinge begin aanvang. ’n Eksperiment wat jou in ’n insek laat verander. ’n Vakansieplaas waar reuse-vlermuise snags buite rondvlieg. En ’n grillerige monsterfliek waaruit jy nie maklik ontsnap nie. Kry jou flits uit, kruip onder die komberse in en maak gereed om lekker te ril en te gril met hierdie GROOT en GRILLERIGE versameling stories. Vir die eerste keer verskyn vyf van Jaco Jacobs se gewildste grilstories saam in een boek. Dit sluit in: - Troetelgedrog - Tande - Nag van die monsters - Nagvlerke - Voelers
Blonde hare … Helderblou oë …’n Skitterwit glimlag … Natasja is perfek. Dit besef Jak die oomblik toe sy by die klas se deur instap. Maar hy is net ’n doodgewone ou. Hoe kan hy die mooiste meisie in die skool se aandag trek? Julia, sy beste vriendin, het ’n plan … Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
Brandon hates Tuesdays. Nothing exciting ever happens on a Tuesday. Every Tuesday Grandma Ella picks him up after school. Then they go to the library, where Grandma and her friends always meet in the garden behind the library. There they drink tea and talk about books. ‘Find yourself a book to read,’ Grandma says every Tuesday. But Brandon never wants to. The only other kid who spends every Tuesday afternoon there, is the mysterious Book Girl. The Book Girl never speaks to anyone. She just sits there, her back against a tree and her nose in a book. But one afternoon, Brandon kicks a ball ... and also kicks off a wild adventure, filled with magical creatures, riddles and breathtaking action. In this wonderfully weird, funny story filled with trolls, dragons, gnomes and other magical creatures, Jaco Jacobs creates a modern fairy tale that celebrates the wonder of books and the imagination. Fitting themes for the 300th book by this exceptional author.
“Pundu is een van die laastes van sy soort,” sê Khaia. “En, Timo, jy is
dalk ons enigste hoop om hulle te red.”
‘Pundu is one of the last of his kind,’ said Kayah. ‘And you, Timo, are
probably our only chance to save them.’
Kan ’n ongewone stokperdjie jou span se rugbytoer red? Hoe ver sal jy gaan om seker te maak jy het genoeg tydvir soveel sportsoorte as moontlik? Kan ’n klomp vrotperskes die begin van ’n cool nuwe sportsoort wees? Hierdie boek bevat 7 sportstories wat jou tone sal laatomkrul van lekkerkry!
’n Splinternuwe reeks vir beginnerlesers propvol humor, avonture en
karakters waarmee jong lesers sal kan identifiseer. Jig! Tom verstaan
nie wat aangaan nie. Hoekom kry hy skielik elke dag aaklige
toebroodjies vir skool? Sy ma weet mos hy hou nie van tuna nie! Het die
tweeling dalk iets daarmee te doen …?
’n Splinternuwe reeks vir beginnerlesers propvol humor, avonture en karakters waarmee jong lesers sal kan identifiseer. Dit is naweek. Tom en Clint gaan in die tuin kamp! Hulle gaan in ’n tent slaap en wors braai. Maar kort voor lank is daar ’n probleem … ’n MONSTER van ’n probleem!
’n Splinternuwe reeks vir beginnerlesers propvol humor, avonture en
karakters waarmee jong lesers sal kan identifiseer.
Wanneer 'n rondreisende pretpark in die rustige dorpie Rustenvrede
opdaag, kan Johan en Anton nie wag om dit te besoek nie. Maar hulle kom
gou agter hierdie is geen gewone karnaval nie. Alhoewel hulle
aanvanklik skepties is oor die hele gedoente, neem hulle vrywillig deel
aan 'n toertjie by die skool om die pretpark te adverteer. Maar was dit
net ’n skadelose toertjie? Want sedert die vreemde Madame Zelda hulle
op die verhoog gehipnotiseer het, voel Johan, Anton en Karin . . .
anders. Iets vreemds is besig om in hul stil klein dorpie te gebeur.
Hoekom tree mense so snaaks op? Wat gebeur met hulle wanneer hulle die
park in die nag besoek? En wat van daardie swart kraai wat elke
beweging fyn dophou? Johan en sy vriende is vasbeslote om die waarheid
te ontbloot - voordat Madame Zelda se duistere planne almal in gevaar
stel.
This is a book about fairies. There’s only one problem … there are
monsters hiding around every corner, just waiting to pull all sorts of
silly pranks. Are there even any fairies in this book?
Ná ’n skrikwekkende ervaring by die sirkus, het Werner een
reël: Bly weg van narre! Maar wanneer sy suster vir Billy huis toe
bring – ’n antieke harlekynpop – word Werner se
ergste nagmerrie waar. Sy suster dring aan dis net ’n onskuldige
speelding . . . maar dan begin daar vreemde goed in die huis gebeur.
Werner moet sy grootste vrees in die gesig staar om Billy te vernietig
– voordat die nagmerrie permanent word.
My stem kan vreemde dinge doen … My stem kan skree of fluister. Dit kan mense laat regop sit as hulle daarna luister. Kom ontdek die krag van jou stem in hierdie inspirerende prenteboek. Jou stem kan ’n trooskombers wees of ’n saal se dak laat lig. Jou stem kan iemand se dag opvrolik of die wêreld verander. Daar is net een stem op aarde wat soos joune klink – so, gebruik dit vandag nog om ’n verskil te maak!
The kids in Miss Hippo's classroom are terribly busy this morning! They play and have fun; they draw pictures and sing songs. But Hyena just can't stop giggling and guffawing. What on earth could be so funny? Find out for yourself in this very, very funny book and have double the fun when you read the jokes in a jokebook that is hidden in the middle section of the book!
’n Aktiwiteitsboek met 160 bladsye propvol tawwe tongknopers, lawwe rympies, woorsoekblokke, skaterlagvrae, grappies, raaisels, idees vir poetse, ’n snaakse storie en nog baie meer! In die klaskamer, in die motor of by die huis – elke bladsy van dié boek is volgeprop met prettige dinge om te doen, te ontdek, te soek en te sê.
Welcome to Head In The Clouds. It's Ella's favourite shop on earth. A place full of magic, where wonderful things can happen to you. A place where you can buy second-hand books smelling of mystery and adventure and daydreams (and a teeny, tiny bit of sweaty socks, to be completely honest). Between the shelves awaits an adventure that will change Ella's life forever ... if she's brave enough. Someone is trying to make sure that the bookshop closes for good, but Ella and her friends are not going to allow that, not even if their lives are in danger. And who knows, perhaps they will receive help from an unexpected source - all bookshops are magical and so are the books they keep ...
Wat sluip daar in die maanlig rond? Waldo en Connie bly in dieselfde woonstelblok – en hulle krap behoorlik kop. Oral in hulle buurt verskyn plakkate en pamflette oor vermiste troeteldiere. En boonop is daar iets vreemds met Waldo aan die gang … hy sien helder oordag dinge wat nie bestaan nie! ’n Nat, slymerige bol hare lei Waldo en Connie op die spoor van ’n onvergeetlike (en gevaarlike) avontuur – een wat jou sal laat tjank van lekkerkry! |
You may like...
Semiconductor Lasers - Fundamentals and…
Alexei Baranov, Eric Tournie
Hardcover
R5,574
Discovery Miles 55 740
|