![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
Showing 1 - 7 of 7 matches in All Departments
Tydens die navorsing wat prof. Kannemeyer vir die biografie oor Jan Rabie gedoen het, het hy op heelwat tekste afgekom wat Rabie in tydskrifte gepubliseer het of as radiopraatjies of lesings gelewer het, terwyl sommige nooit die lig gesie het nie. In hierdie bundel word die beste daarvan bestendig. Die stukke wat opgeneem word, is van uiteenlopende aard en verdeel in vier rubrieke. Die eerste afdeling bevat 'n vyftal sketse waarin Rabie verslag doen van sy reise deur Frankryk, Switserland en Italie. Hoewel hy in die artikel oor sy reis deur Italie sy maat met die manlike voornaamwoord aandui, is sy reisgenoot in werklikheid "die Skotse skilderessie" Marjorie Wallace met wie hy in 1955 in die huwelik sou tree. Die stukke in die vierde afdeling is weer almal geskryf na Rabie se terugkeer na Suid-Afrika in 1955.
Met sy bundel 21 het Jan Rabie in 1956 nie net sy eie mondigwording as skrywer aangekondig nie, maar ook die nuwe koers uitgewys waarin die Sestigers die Afrikaanse letterkunde sou stuur. 21+ wat die eerste keer in 2002 verskyn het, bevat benewens die 21 gedronge kortprosas ook dertien van die oorspronklike Engelse tekste. 'n Insiggewende oopmaakwoord deur wyle André P Brink oor die ontstaan van die bundel maak van hierdie uitgawe 'n besonderse geskenk en versamelaarsitem.
Die groot anders-maak (1964) is die tweede deel van Jan Rabie se reeks prosawerke oor die vroee geskiedenis aan die suidpunt van Afrika, wat onder die algemene titel Bolandia verskyn het. Die eerste deel was Eiland voor Afrika (1964), die derde deel Waar jy sterwe (1966) en die vierde Ark (1977). Toe die eerste wit trekboere die berge tussen die Boland en die Karoo oorgesteek het op soek na nuwe weiding vir hul steeds aangroeiende veetroppe, was dit die begin van die einde vir die onafhanklike leefwyse van die Khoi-Khoi wat so lank die heersers oor die uitgestrekte vlaktes was. Aan die hand van die lotgevalle van die Hottentotvrou Keas, wat die witmense se lewenswyse leer ken en aanvaar het, maar dan probeer om na haar volk terug te gaan en ontdek dat hulle reeds tot ondergang gedoem is, teken Jan Rabie in Die groot anders-maak die sedelike en fisieke verval van 'n trotse ras en eiesoortige lewensvorm wat nie kon staande bly teen die invloede wat van die nuwe, Europese, intrekkers uitgegaan het nie. "Rabie se [Bolandia]-tetralogie [is] een van die deurtastendste verkennings van die Afrikaner se herkoms en identiteit en - veral wat Die groot anders-maak en Waar jy sterwe betref - 'n waardige bydrae tot die "roots"-verkenning in die hedendaagse literatuur"- JC Kannemeyer. "Die hele verwikkeldheid van ons vroee geskiedenis kristalliseer hier. …" - Anna van Zyl, Kriterium. This novel was published in 1964 as part of a series of novels depicting the early history of Southern Africa, and was regarded as Rabie's best novel. When the first white farmers crossed the mountains from the Boland into the Karoo it was the beginning of the end for the Khoikhoi people who had lived in these parts for so long. This is the poignant story of the decline of a once proud race.
|
You may like...
God Made the Dinosaurs - Full of…
Michael Carroll, Caroline Carroll
Paperback
NIV, Adventure Bible, Leathersoft…
Lawrence O. Richards
Leather / fine binding
Research Anthology on Remote Teaching…
Information R Management Association
Hardcover
R9,057
Discovery Miles 90 570
|