0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (63)
  • R250 - R500 (18)
  • R500 - R1,000 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 84 matches in All Departments

Katkenades (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Katkenades (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak.

Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per ongeluk al die grate in sy lyf.

Die professor opereer die vis en maak ’n supervis.

Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Andy Shepherd Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Andy Shepherd; Illustrated by Sara Ogilvie; Translated by Kobus Geldenhuys
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers! Daar is ontploffende draakbolle oral ‒ selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan ‒ die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel (en ander persoonlike items) word gereeld brandgesteek. Maar dis darem nie net chaos en ontploffende draakbolle nie! Die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-oë kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek. Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak hê nie?

Die Seun Wat Saam Met Drake Lewe - Die Seun Wat Drake Kweek: Boek 2 (Afrikaans, Paperback): Andy Shepherd Die Seun Wat Saam Met Drake Lewe - Die Seun Wat Drake Kweek: Boek 2 (Afrikaans, Paperback)
Andy Shepherd; Translated by Kobus Geldenhuys
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Tomas het ’n groot geheim: hy het ’n klein drakie wat hy in sy oupa se tuin gekweek het. En dis nie al nie – sy vriende, Ted, Kai en Kat het ook hulle eie drake! Om ’n draak te hê is ’n betowerende ondervinding, maar dis netsowel jy dra ’n onvoorspelbare vulkaan in jou broeksak! Om die drake uit die moeilikheid te hou is baie harde werk. Boonop lyk die drakevrugteboom effens verlep. Tomas en sy vriende moet die drakevrugteboom weer gesond kry en ook probeer uitpluis wat Liam, die skoolboelie, in die mou voer.

Hondman Op Hol (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman Op Hol (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Hondman is terug en hy het 'n appeltjie te skil met die wêreld se wildste katskurk! Hondman, die nuutste superheld van die skepper van Captain Underpants, is maar nog nat agter die ore. As die kaptein hom net 'n kans wil gee . . . Ramkat is vry en sy kriminele aktiwiteite neem die stad op horings. Kan die nuwe polisieheld die stad betyds red uit die kloue van hierdie skurk, of gaan Ramkat met die perfekte misdaad wegkom?

Hondman (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Hondman (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
R260 R189 Discovery Miles 1 890 Save R71 (27%) Ships in 4 - 8 working days

Daar is 'n nuwe soort polisieman op die toneel! George en Harold het 'n nuwe held geskep wat bedrog uitgrou, sy kloue in kroeke inslaan en diewe omduik! Ben die hond en sy polisiehoof word beseer op diens, maar 'n operasie verander ook lewe soos ons dit ken, en Hondman word gebore. Met die kop van 'n hond en die lyf van 'n mens, het hierdie heldhaftige hond 'n neus vir geregtigheid. Maar is sy hondemaniere regtig iets van die verlede?

Karre en Kroeks (Afrikaans, Paperback): David Walliams Karre en Kroeks (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Jy kry allerhande soorte pa’s. Daar is vettes en maeres, langes en kortes. Daar is lawwe pa’s en ernstige pa’s, pa’s wat bulder en pa’s wat sag praat.

Daar is natuurlik goeie pa’s.

En daar is slegte pa’s …

Frank se pa was ’n kampioen-stampkarrenjaer, die koning van die renbaan. Gilbert die Grote! Maar ná ’n aaklige ongeluk noem mense hierdie topjaer ’n flopjaer. Nou is Frank en Gilbert platsak – en in ’n wrede boewebaas en sy trawante se kloue. En wanneer Gilbert in die tronk gegooi word, kan net Frank hom red … David Walliams se tiende roman is ’n doller-as-kopaf-rit saam met ’n pa en seun op ’n opwindende avontuur om die bose meneer Groot op sy plek te sit!

Die Seun Wat Saam Met Drake Vlieg - Die Seun Wat Drake Kweek: Boek 3 (Afrikaans, Paperback): Andy Shepherd Die Seun Wat Saam Met Drake Vlieg - Die Seun Wat Drake Kweek: Boek 3 (Afrikaans, Paperback)
Andy Shepherd; Translated by Kobus Geldenhuys
R210 Discovery Miles 2 100 Ships in 4 - 8 working days

Tomas kan nie sy lewe voorstel sonder sy draak Flikker nie.

Flikker is meer as net ’n troeteldier – hy’s die beste maat wat Tomas al ooit gehad het! Maar hy het sy oupa belowe dat hy en sy vriende hulle drake sal vrylaat, en dis beslis nie ’n maklike ding om te doen nie.

Veral nie wanneer Tomas en sy vriende soveel pret het saam met hulle drake Flikker, Son, Vrieska en Sluiper nie, nie as hulle nog moet uitwerk waar die drake vandaan kom en hoe om hulle weer terug by hulle huis te kry nie, en nie as Tomas op die nippertjie is om die storie agter die geheimsinnige draakvrugboom uit te pluis nie!

Redder Van Die Ryk (Afrikaans, Paperback): Mark Huckerby, Nick Ostler Redder Van Die Ryk (Afrikaans, Paperback)
Mark Huckerby, Nick Ostler; Translated by Kobus Geldenhuys
R201 Discovery Miles 2 010 Ships in 4 - 8 working days

Sê nou oeroue mites is glad nie mites nie, en daar bestaan regtig iets soos monsters en towerkuns?

Alfie is die troonopvolger, maar op veertien sukkel hy nog om skool te oorleef. Terwyl ’n oeroue vyand probeer om Brittanje in sy bose mag te kry, besef hy dit gaan baie meer gaan verg as wat hy ooit gedink het om koning te word: Alfie moet ook die Redder word: Die Redder van die Ryk.

Krygsperd (Afrikaans, Paperback): Michael Morpurgo Krygsperd (Afrikaans, Paperback)
Michael Morpurgo; Translated by Kobus Geldenhuys 1
R163 Discovery Miles 1 630 In Stock

Krygsperd (War Horse in die oorspronklike Engels) vertel die aangrypende verhaal van die dapper Joey, 'n perd wat in 1914 verkoop word en kort daarna as oorlogsperd in die middel van die choas en ontbering van die Eerste Wereldoorlog beland. Die boek het aanleiding gegee tot Steven Spielberg se gewilde gelyknamige rolprent, wat in 2011 op die grootskerm vrygestel is.

Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback): M. G. Leonard Kewerkoningin (Afrikaans, Paperback)
M. G. Leonard; Translated by Kobus Geldenhuys
R67 Discovery Miles 670 Ships in 4 - 8 working days

Wrede kewermodebaas Lucretia Cutter het ’n plan om die wêreld voor haar kewerkloue te laat buig. Hierdie keer behels dit ’n besoek aan die jaarlikse Filmtoekennings in Los Angeles, ’n stel pragtige maar gevaarlike kewerrokke vir bekende aktrises en ’n weermag van bose lieweheersbesies. Darkus, Virginia en Bertold is vasbeslote om ’n stokkie voor haar planne te steek, maar Darkus se pa het hom verbied om verder ondersoek in te stel, die gruwelike skelms, Humphrey en Pickering is weer uit die tronk en die kewers van Kewerberg se lewens word ernstig bedreig.

Hoe Om 'N Draak Se Vloek Te Fnuik (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om 'N Draak Se Vloek Te Fnuik (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R185 R155 Discovery Miles 1 550 Save R30 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Kan Harwarrus die teengif vir dodelike Gadderitis kry en teen die Doodstand baklei? Kan hy Brandalf die Besetene se byl oorleef en weer die held wees?

Hoe Om Jou Draak Te Tem 10: Hoe Om 'n Draak Se Juweel Te Steel (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om Jou Draak Te Tem 10: Hoe Om 'n Draak Se Juweel Te Steel (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R186 Discovery Miles 1 860 Ships in 4 - 8 working days

Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was 'n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Die draakrebellie het begin. Harwarrus is stoksielalleen en in ballingskap. Mense sowel as drake maak jag op hom - sy enigste hoop is dat hy die draakjuweel sal opspoor. Maar waar moet hy begin soek?

Juffrou Goth 4: Juffrou Goth en die Sinistere Simfonie (Afrikaans, Paperback): Chris Riddel Juffrou Goth 4: Juffrou Goth en die Sinistere Simfonie (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddel; Illustrated by Chris Riddel; Translated by Kobus Geldenhuys
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Die vierde en finale boek in die bekroonde Juffrou Goth-reeks. Vertaal deur Kobus Geldenhuys.

Lord Goth hou ’n musiekfees by die Grommengrys-herehuis, en die land se beste musikante gaan daar kom optree. Ada sien baie uit, maar eers kry sy te doen met haar ouma wat probeer om vir haar pa ’n deftige dame as vrou te kry, ’n sater wat in haar klerekas bly en Maltravers wat weer sy ou streke uithaal. Ada moet seker maak dat alles volgens plan verloop, en gelukkig bied ’n baie interessante huisgas aan om te help …

Die spioen - 'n Roman (Afrikaans, Paperback): Paulo Coelho Die spioen - 'n Roman (Afrikaans, Paperback)
Paulo Coelho; Translated by Kobus Geldenhuys
R239 Discovery Miles 2 390 Ships in 4 - 8 working days

Toe Mata Hari in Parys aangekom het, was sy platsak. Kort daarna is sy gevier as die elegantste vrou in die stad. As ’n danseres het sy gehore geskok en verruk, as ’n vertroueling en courtisane het sy die rykste en magtigste mans van haar era betower. Maar paranoia as gevolg van die oorlog het Frankryk verteer, en Mata Hari se leefstyl het haar onder verdenking geplaas. In 1917 is sy gearresteer in haar hotelkamer aan die Champs-Elysees en van spioenasie aangekla. Die Spioen is die onvergeetlike verhaal van ’n vrou wat dit gewaag het om die konvensies van haar tyd uit te daag en die prys daarvoor betaal het, soos vertel in Mata Hari se stem in haar finale brief.

Juffrou Goth 2: Juffrou Goth en die Onfeestelike Fees (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 2: Juffrou Goth en die Onfeestelike Fees (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Illustrated by Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Die opvolg van die bekroonde Juffrou Goth en die spookmuis. Daar word naarstiglik voorbereidings getref vir die volmaanfees en die groot Grommengrou-bakkompetisie.

Beroemde kokke daag vir die groot geleentheid op, en soos gewoonlik tree Maltravers verdag op. Om alles te kroon verras Ada se ontwykende kamermeisie, Martelina, haar met ’n groot geheim en dit lyk asof almal Ada se verjaarsdag vergeet het!

Juffrou Goth 1: Juffrou Goth en die Spookmuis (Afrikaans, Paperback): Chris Riddell Juffrou Goth 1: Juffrou Goth en die Spookmuis (Afrikaans, Paperback)
Chris Riddell; Illustrated by Chris Riddell; Translated by Kobus Geldenhuys
R163 Discovery Miles 1 630 Ships in 4 - 8 working days

Ada Goth is die enigste kind van Lord Goth. Hulle woon saam in die reusagtige Ghastly-Gorm Hall. Lord Goth glo dat kinders gehoor maar nie gesien mag word nie, en laat Ada groot lomp stewels dra sodat hy haar altyd kan hoor wanneer sy naderkom. Dit maak dir vir haar moeilik om vriende te maak en sy is eintlik baie eensaam. Een dag kom Emily en William Cabbage by hulle bly, en saam met ’n spookagtige muis met die naam Ishmael begin hulle om agter die kap van die byl te kom van dit wat die geheimsinnige opsigter Maltravers probeer konkel. Ada en haar vriende moet saamwerk om ’n stokkie voor sy nare planne te steek voordat dit te laat is!

Oupa Ontsnap (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): David Walliams Oupa Ontsnap (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R253 Discovery Miles 2 530 Ships in 4 - 8 working days

Baie jare gelede was Oupa 'n bobaasvlieenier in die Tweede Wereldoorlog. Maar sedertdien is hy na die ouetehuis Twilight Towers toe gestuur waar die onheilspellende matrone Swine die septer swaai. Oupa en sy kleinseun, Jack, moet 'n waaghalsige plan beraam om te ontsnap. Min weet hulle dat die bose matrone hulle fyn dophou ...

Hoe Om 'n Draak Se Hart Te Breek (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om 'n Draak Se Hart Te Breek (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R180 R151 Discovery Miles 1 510 Save R29 (16%) Ships in 4 - 8 working days

Kan Harwarrus ’n onmoontlike taak verrig, teen Berserks baklei, keer dat hy en Visbene vir die Gedrog gevoer word EN die geheim van die verlore troon ontrafel? Dis moeilik om ’n held te wees! Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was ’n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om ’n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!

Hoekom Die Walvisse Gekom Het (Afrikaans, Paperback): Michael Morpurgo Hoekom Die Walvisse Gekom Het (Afrikaans, Paperback)
Michael Morpurgo; Translated by Kobus Geldenhuys
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Die Voelman toor en vervloek mense. Moenie met hom praat nie. Bly ver van hom af weg. Gracie en Daniel word gewaarsku om nie naby die Voelman te kom nie, maar 'n boodskap in die sand laat hulle besef dat hy anders is as wat almal dink. Hulle verdwaal een nag in digte mis en beland alleen op 'n verlate eiland. Is die Voelman se stories waar? Is die plek vervloek?

Hoe Om 'N Draak Se Swaard Te Steel, Boek 9 (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om 'N Draak Se Swaard Te Steel, Boek 9 (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Daar wag donker dae vir die Barbaarse Argipel – dis amper asof die wereld vervloek is! Kan Harwarrus sy swaard behou, ’n draakrebellie stopsit en keer dat Alvin die volgende koning van die Wilderweste word? Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was ’n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om ’n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!

Hoe Om 'N Draak Se Storm Te Trotseer, Boek 7 (Afrikaans, Paperback): Cressida Cowell Hoe Om 'N Draak Se Storm Te Trotseer, Boek 7 (Afrikaans, Paperback)
Cressida Cowell; Translated by Kobus Geldenhuys
R177 Discovery Miles 1 770 Ships in 4 - 8 working days

Harwarrus het drie maande, vyf dae en ses uur om terug by Berk te kom, sy pa te red, teen Ysslange te veg EN die jaarlikse vriendskaplike interstam-swemgala te wen. Gaan hy dit regkry? Harwarrus Horribalus Heldehelm die Derde was ’n swaardvegter, draak¬fluisteraar en die grootste Wiking-held wat nog ooit gelewe het. Maar die reeks gaan oor toe hy nog gesukkel het om ’n held te wees. Kinders wat DreamWorks se film How To Train your Dragon uit 2010 onthou, kan Hiccup (oftewel Harwarrus) se avonture nou in Afrikaans lees!

Die Middernagbende (Afrikaans, Paperback): David Walliams Die Middernagbende (Afrikaans, Paperback)
David Walliams; Illustrated by Tony Ross; Translated by Kobus Geldenhuys
R253 Discovery Miles 2 530 Ships in 4 - 8 working days

Toe ’n krieketbal Tom se kop tref, moet hy Lord Funt-hospitaal toe gaan, waar hy ontvang word deur ’n man met die skrikwekkendste voorkoms wat hy nog ooit gesien het. En net toe hy dink dat dinge nie erger kan word nie, ontmoet hy die bose matrone wat in beheer is van die kinderafdeling …

Kewerknaap (Afrikaans, Paperback): M. G. Leonard Kewerknaap (Afrikaans, Paperback)
M. G. Leonard; Translated by Kobus Geldenhuys
R67 Discovery Miles 670 Ships in 4 - 8 working days

Darkus kan sy oe nie glo toe hy ’n reuseinsek by sy aaklige nuwe buurman se broekspyp sien uitval nie. Die dierasie het sewe bene – of ses bene en ’n horing – en dit lyk of hy wil kommunikeer. Maar hoe kan ’n seun vriende wees met ’n gogga wat so groot soos ’n hamster is? En wat presies het hierdie kewer te doen met sy pa se geheimsinnige verdwyning en die verskyning van die bose Lucretia Cutter met haar voorsmaak vir lewendige juweliersware? Die antwoord is dalk iewers tussen die berg muwwe teekoppies in die bure se woonstel – as Darkus en sy nuwe vriend dapper genoeg is om ondersoek in te stel … Hierdie is die eerste boek van ’n kewertrilogie van die jong skrywer M.G. Leonard.

Die Seerowers En Kaptein Rufus Rottus - Die Seerowers: Boek 4 (Afrikaans, Paperback): Jonny Duddle Die Seerowers En Kaptein Rufus Rottus - Die Seerowers: Boek 4 (Afrikaans, Paperback)
Jonny Duddle; Translated by Kobus Geldenhuys
R195 R168 Discovery Miles 1 680 Save R27 (14%) Ships in 4 - 8 working days

AHOOI DAAR, SKARMINKELS! Grootgaapbaai is oorval met ROTTE! Groot rotte, klein rotte, kwaai rotte en honger rotte. Gelukkig bied 'n geheimsinnige towerfluitspeler, Rufus Rottus, aan om van die knaagdierprobleem ontslae te raak – teen betaling.

Wanneer die gulsige burgemeester egter weier om die towerfluitspeler vir sy dienste te betaal, speel hy 'n betowerde deuntjie en lei al die kinders in Grootgaapbaai weg. Sal Matilda, Basjan en die Van der Branders hulle kan red?

Dit is die vierde titel in die gewilde Seerower-reeks! 'n Lekker leeservaring vir kinders wat pas hulle eerste hoofstukboeke begin lees het.

Die Stoutste Klas op Aarde Raak Wild! (Afrikaans, Paperback): Joanna Nadin Die Stoutste Klas op Aarde Raak Wild! (Afrikaans, Paperback)
Joanna Nadin; Translated by Kobus Geldenhuys
R195 R145 Discovery Miles 1 450 Save R50 (26%) Ships in 4 - 8 working days

Volgens die skoolhoof, Mev. Brombom-Bredeboud, is 4B die stoutste klas op aarde. Sy sê skool gaan nie oor leeglê en lyf wegsteek, of pret hê nie. Dit gaan oor leer en dis hoogtyd dat 4B harder dáárin probeer uitblink.

Maar Alex en Manjit het nie letterlik bedoel om Tanne vir 'n War of the Wizards-speelkaart te verruil en hom in die skool los te laat nie. En hulle het ook nie letterlik bedoel om skuim oral in die klaskamer en oor Mev. Brombom-Bredeboud te laat ontplof nie. Hierdie goed gebeur net!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
The Overstory - Pulitzer Prize-winner…
Richard Powers Paperback  (2)
R270 R211 Discovery Miles 2 110
Joan
Katherine J Chen Paperback R464 Discovery Miles 4 640
Eight Days In July - Inside The Zuma…
Qaanitah Hunter, Kaveel Singh, … Paperback  (1)
R340 R292 Discovery Miles 2 920
Confronting Inequality - The South…
Michael Nassen Smith Paperback R250 R195 Discovery Miles 1 950
The Lost Lover
Karen Swan Paperback R528 R400 Discovery Miles 4 000
Laus Veneris - and Other Poems and…
Algernon Charles Swinburne Paperback R534 Discovery Miles 5 340
Rut & Boas - 'n Liefdesverhaal
Barend Vos Paperback  (1)
R260 R224 Discovery Miles 2 240
Different Coins in the Fountain - Volume…
Carlos V Cornejo Hardcover R723 Discovery Miles 7 230
A History Of Burning
Janika Oza Paperback R355 R277 Discovery Miles 2 770
The Camp Whore
Francois Smith Paperback  (2)
R350 R301 Discovery Miles 3 010

 

Partners