0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R100 - R250 (14)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 14 of 14 matches in All Departments

Die Rietrotte Weet Te Veel - Die Rietrotte: Boek 6 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte Weet Te Veel - Die Rietrotte: Boek 6 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
bundle available
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

Daniël-hulle kan dit amper nie glo nie: Hulle word genooi vir 'n naweek in Johannesburg deur Antonie se ma. Maar 'n cool video wat hulle neem van motorfietse wat agterin 'n meubelwa inry, veroorsaak dat hulle met die verkeerde mense deurmekaar raak. Die Rietrotte weet te veel en dinge raak vinnig gevaarlik vir hulle …

Die Rietrotte En Die Rotsgrot - Die Rietrotte: Boek 7 (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Rietrotte En Die Rotsgrot - Die Rietrotte: Boek 7 (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
bundle available
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

Daniël en sy vriende is al weer in die moeilikheid – hierdie keer by Peet én juffrou Faure. Hoe het hulle dit reggekry om die ergste matriekou en die ergste juffrou al twee gelyk teen hulle te hê?

Gelukkig nooi Antonie se pa hulle vir die naweek Kaap toe, sommer al van die Donderdagaand af. Hulle almal sien uit na ’n sorgelose naweek by die see, weg van hulle aartsvyande.

Maar daar gaan iets vreemds aan by die rotsgrot in die baai langsaan, en hulle gaan stel ondersoek in op ’n mistige middag …

'n Saak Van Lewe Of Dood (Afrikaans, Paperback): Alet Steenkamp, Nerine Ahlers 'n Saak Van Lewe Of Dood (Afrikaans, Paperback)
Alet Steenkamp, Nerine Ahlers
bundle available
R185 R159 Discovery Miles 1 590 Save R26 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Zander mis sy sussie. En daarmee saam voel dit vir hom asof hy besig is om sy ouers ook te verloor. Maar gelukkig is daar genoeg om sy aandag van dinge by die huis af te lei.

Hy en sy pelle, Mieke, Bongani en Ruben, gaan ’n kortfilm maak vir die kunsfees en hulle gaan seerowers wees! Hulle het selfs die perfekte plek om die video te skiet – die vervalle ou huis in die doodloopstraat se vuil swembad.

Maar dan ontdek hulle iets skokkends . . . en dit word ’n saak van lewe of dood.

Per Ongeluk Parys (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Per Ongeluk Parys (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
bundle available
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Sergio is hot! Hy is die eerste prys! Soos ’n gratis vliegkaartjie Ysland toe met al jou verblyf betaal! En nou het hy vir Dienkie genooi om Vrydagaand in Parys saam met hom te gaan rolskaats. Sy weet nie of sy moet gaan nie. Want Sergo is ’n hunk. ’n Franse hunk. En die probleem is eenvoudig: Dienkie hou baie van hom. Eintlik miskien te veel. Hierdie situasie spel vir haar net een woord: Moeilikheid. Veral toe Sergio se Franse vriendin, Veronique, van die uitnodiging hoor. En dit is nog voordat tannie Mon en Dienkie se niggie, Trish, in Parys aankom. Hoekom is twee onbekende mans op Trish se spoor? En hoe gaan hulle van die mans ontslae raak? Veral as Dienkie vir Sergio ook nog op ’n afstand moet probeer hou?

Teiken In Parys (Paperback): Nerine Ahlers Teiken In Parys (Paperback)
Nerine Ahlers
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Dienkie is alweer in die moeilikheid...

Dienkie en Lea word die teikens van smokkelaars as hulle per ongeluk sien hoe ’n kosbare beeldjie uit die Louvre in Parys gesteel word. Die twee meisies word ontvoer en moet uit ’n pakhuis ontsnap. Gelukkig het die vriendinne teen hierdie tyd genoeg vaardighede om hul uit die situasie te kry.

En is dit nou finaal verby tussen Dienkie en Sergio of gaan hulle uiteindelik die groot stap neem om ’n paartjie te wees?

Op Die Maat Van Maya (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Op Die Maat Van Maya (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
bundle available
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Liefde op die maat van die musiek ...

Toe Maya en Joe mekaar een aand by ’n kuierplek raakloop waar hulle dieselfde Franco de Jong-liedjie sing, begin haar netjies-beplande lewe verander. Te danke aan Joe vergeet sy van haar eks, Mark, en die rampspoedige einde van hulle verhouding. Sy kry die geleentheid om in Joe se band te sing, en nou is sy nie meer so seker dat sy medies wil gaan studeer nie ...

Maar toe sy danksy Joe se band die kans kry om haar musiekheld, Franco de Jong, te ontmoet vind sy iets uit wat haar hele lewe in twyfel roep. Boonop is Mark se ma dodelik siek en sy begin al hoe meer tyd saam met haar eks, wat nog steeds vir haar lief is, spandeer.

Wanneer alles waarin Maya geglo het skielik uitmekaarval, moet sy leer om haar eie wysie te skryf.

Weg (Afrikaans, Paperback): Alet Steenkamp, Nerine Ahlers Weg (Afrikaans, Paperback)
Alet Steenkamp, Nerine Ahlers
bundle available
R190 R139 Discovery Miles 1 390 Save R51 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Niekie is weg, en niemand gee om nie. Sy is immers bekend vir haar impulsiewe kunstenaarstemperament en het al voorheen vir ’n paar dae pad gevat om te gaan skilder.

Maar haar kêrel, Zack, word al hoe meer bekommerd. Waarom het Niekie nie opgedaag vir hulle afspraak nie? Hoekom antwoord sy nie haar foon nie? Toe hy boonop haar woonstel verlate aantref, weet hy iets is verkeerd. Baie verkeerd.

Intussen word Niekie in ’n vreemde bed wakker; vasgemaak en vol kneusplekke. En by haar is ’n man. Hy noem haar sy prinses. Hy wil vir haar ’n storie vertel oor ’n meisie wat dieselfde naam as sy gehad het. En as die storie eers verby is, gaan hy vir haar ’n spesiale towerdrankie gee om haar te laat slaap. Vir altyd …

Terwyl die uurglas vir Niekie leegloop, probeer Zack en Niekie se vriende die vreemde spoor van leidrade volg wat hulle hopelik na haar ontvoerder sal lei … voor dit te laat is.

Een Dag In Julie: Nerine Ahlers Een Dag In Julie
Nerine Ahlers
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Matt háát haar. Kiana, die koningin. Sy pa se nuwe vrou wat stil-stil hulle lewens kom oorneem het tydens die Covid-inperkings, net nadat sy ma oorlede is. Hy mis sy regte ma. Hy mis Saterdagoggende se plaatkoekies bak saam met sy pa. Hy mis sy eksmeisie. Hy mis hoe alles was voor Kiana. En toe, een dag in die Julievakansie, word als erger. Eers kom waai Kiana sy slegte rapporte rond. Toe vat sy Matt se TV weg. Toe sy reke-naar, en uiteindelik ook sy selfoon. Genoeg is genoeg. Kiana bied hom ’n ultimatum: óf hy aanvaar haar gesag, óf hy loop uit die huis uit. Matt kies opsie twee … en dit word een lang dag in Julie wat alles kan verander.

Losprys In Parys (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Losprys In Parys (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
bundle available
R230 R198 Discovery Miles 1 980 Save R32 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Al wat Dienkie wil hê, is om raakgesien te word deur Eddie, die ou wat sy by die gimnasium ontmoet het. Wat sy nié wil hê nie, is die drama wat volg op ’n ontvoeringspoging. Want een van die skurke wat deel is van die groot hofsaak wat haar prokureur-ouers hanteer, hou juis van sulke bangmaak-tegnieke.

Haar ouers besluit daar is net een oplossing: Sy moet na Parys, Frankryk gaan.

Daar sal sy by haar vriendin Lea en haar ouers kan bly tot die hofsaak verby is.

Maar Dienkie beland weereens – per ongeluk – in die middel van ’n situasie wat vir haar moeilikheid veroorsaak.

Gelukkig is die aantreklike Sergio aan haar sy ...

Die Verdwyning Van Seamus Smit (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Die Verdwyning Van Seamus Smit (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers
bundle available
R180 R155 Discovery Miles 1 550 Save R25 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Seamus wakker word, is sy bene weg. Hulle het net verdwyn.

Hy kan nie vir sy ma daarvan sê nie, want sy sal heeltemal uitfreak en sy het vandag ‘n belangrike onderhoud. Hy wens hy het geweet wat om te doen. Is dit ’‘n siekte? Is hy besig om dood te gaan? Moet hy die ambulans bel of is dit normaal? Dalk is dit niks om oor te stres nie. Dalk gebeur dit met alle kinders as hulle dertien is en praat met niemand daaroor nie.

Dan begin die res van sy lyf te verdwyn.

Hy besef hy het probleme. Groot probleme. En daar begin die vreemdste dag van sy lewe .....

SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers, Alet Steenkamp SSS Omnibus 2 (4-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Nog vier koshuisavonture in een boek!

Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis.

Nog vier van die gewilde SSS-boeke verskyn nou saam in een omnibus:

Seesand, sonbrille en smokkelaars

Lindie-hulle kan nie wag om op Seesterbaai te gaan vakansie hou nie. Vyf dae van sand, see, son ... en daar aangekom, ontmoet hulle boonop twee sexy lewensredders! Maar alles is nie pluis op Seesterbaai nie - iemand is met skelmstreke besig wat Lindie-hulle in groot moeilikheid kan laat beland ...

Spoke, speurders en straatkafees

Parys. Die stad van romantiese straatkafees. Aantreklike ouens. En boonop die modehoofstad van die wêreld. Lindie en haar vriendinne kan nie wag vir die toer na Frankryk nie. Maar sommer op die lughawe begin dinge al skeefloop ... Wie is die geheimsinnige donkerkopman op die vliegtuig? En hoekom voel dit of iemand hulle in Parys agtervolg?

Skaduwees, skatte en skelmstreke

Die nuwe skooljaar skop op 'n besige noot af. Lindie se pa trou binnekort. Haar vriende oefen vir 'n padwedloop. En almal is opgewonde oor die Valentynsbal wat voorlê. Maar soos gewoonlik probeer Danelle om dinge vir Lindie-hulle moeilik te maak.En natuurlik is dit haar skuld dat Lindie en Gina douvoordag een oggend by die koshuis moet uitglip en by die grillerige begraafplaas gaan rondsluip. Wat hulle daar sien, is genoeg om enige iemand nagmerries te gee - 'n oop graf, en 'n hand wat uit die graf te voorskyn kom. Wat is by die begraafplaas aan die gang? En sal Lindie-hulle hierdie nuwe raaisel kan oplos?

Soene, sonroom en seestrome

Lindie en haar vriendinne, Gina, Mia, Talita en Andrea, beleef oudergewoonte hope opwinding en avonture in die Bergrif Meisieskool se koshuis. Gina smokkel twee oulike baba-konyntjies die koshuis binne, en dit is glad nie so maklik om hulle vir Matrone weg te steek nie. 'n Aand van skelm-fliek loop boonop skeef toe die kwaai nuwe wiskundejuffrou die vier vriendinne uitvang. En dan is daar die skreeusnaakse voorval met die luislang, wat selfs op YouTube beland ... Maar ten minste lê daar vir Lindie-hulle 'n fantastiese wegbreek-naweek in Durban voor. Mia speel in 'n sepie en hulle gaan almal die kans kry om ekstras te wees - en dit beteken hulle kan die hele naweek lank in hulle swemklere op 'n luukse boot in die son rondlê. Maar toe Mia per ongeluk met 'n geheimsinnige pakkie opgeskeep sit, begin die moeilikheid hulle agtervolg. Waarom kom soek twee geheimsinnige mans helder oordag in die koshuis na die pakkie? En waarom kry Lindie die gevoel dat hulle agtervolg word ...?

SSS-Omnibus (3-in-1) - Selfone, skelms en sjokolade / SMS'e, skurke en spinnekoppe / Sepiesterre, sokkies en skobbejakke... SSS-Omnibus (3-in-1) - Selfone, skelms en sjokolade / SMS'e, skurke en spinnekoppe / Sepiesterre, sokkies en skobbejakke (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Drie koshuisavonture in een boek!

Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. As daar nie gevaarlike skurke op hulle spoor is nie, gebeur daar vreemde dinge op die skoolkamp, of kry een van hulle selfs die kans om dalk ’n TV-ster te word. En tussendeur is daar darem ook oorgenoeg kans vir koshuiskattekwaad aanvang, die nuutste modes en grimering uittoets … en natuurlik ’n bietjie romanse!

Vir die eerste keer verskyn drie van die gewilde SSS-boeke nou saam in een omnibus:

Selfone, skelms en sjokolade

Lindie en haar maats se skooltermyn skop af met allerhande probleme. Wie is die twee geheimsinnige mans wat agter Lindie en Talita aan is – en wat wil hulle hê? En dan is daar nog Gina se katastrofiese nuwe haarstyl, Matrone wat ’n sjampanjebottel ontdek het en vasbeslote is om die skuldiges uit te snuffel, en die aantreklike Diaan met die kuiltjies wat Lindie se bene lam maak …

SMS’e, skurke en spinnekoppe

Vier dae in die bos… Dit is wat vir Lindie en die res van die graadneges voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin, is daar eers ’n nare onderwyseres wat ’n les geleer moet word. En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie gaan praat nie. ’n Verskriklike ding gebeur egter op die kamp wat hulle gou van al hierdie probleme laat vergeet…

Sepiesterre, sokkies en skobbejakke

Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan fantasties wees en iemand gaan boonop gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe dramajuffrou is …

Klaskameraad Studiegids: Weg (Afrikaans, Paperback): Marieta Nel Klaskameraad Studiegids: Weg (Afrikaans, Paperback)
Marieta Nel; Compiled by Nerine Ahlers; Alet Steenkamp
bundle available
R160 R138 Discovery Miles 1 380 Save R22 (14%) Ships in 7 - 11 working days
Studiegids: Losprys in Parys (Afrikaans, Paperback): Nerine Ahlers Studiegids: Losprys in Parys (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers; Compiled by Dewald Koen
bundle available
R130 R112 Discovery Miles 1 120 Save R18 (14%) Ships in 7 - 11 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ralph Lauren Polo Red Eau De Toilette…
R2,815 R2,521 Discovery Miles 25 210
Tommy Hilfiger - Tommy Cologne Spray…
R1,218 R694 Discovery Miles 6 940
Tommee Tippee Sports Bottle 300ml - Free…
R81 Discovery Miles 810
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Gotcha Gotcha Scorch Watch (Gents)
R329 R303 Discovery Miles 3 030
Multi Colour Animal Print Neckerchief
R119 Discovery Miles 1 190
Strontium Technology AMMO USB 3.1 flash…
R76 R72 Discovery Miles 720
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Casio LW-200-7AV Watch with 10-Year…
R999 R884 Discovery Miles 8 840
Women In Solitary - Inside The Female…
Shanthini Naidoo Paperback  (1)
R355 R305 Discovery Miles 3 050

 

Partners