0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (31)
  • R50 - R100 (183)
  • R100 - R250 (872)
  • R250 - R500 (220)
  • R500+ (35)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Showing 1 - 25 of 1341 matches in Kinder en Tiener Fiksie

Twa Die Tydloper (Afrikaans, Paperback): Anoeschka Von Meck Twa Die Tydloper (Afrikaans, Paperback)
Anoeschka Von Meck
R320 R295 Discovery Miles 2 950 Save R25 (8%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde lê nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal hê om hul toekoms te gaan haal.

Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil.

Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop …

Twa die Tydloper is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe oë na die wêreld om hulle sal laat kyk.

Quinn se Jaar van Kwik (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Quinn se Jaar van Kwik (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.

Anderkant Die Blou (Afrikaans, Paperback): Zelda Bezuidenhout Anderkant Die Blou (Afrikaans, Paperback)
Zelda Bezuidenhout
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R232 Discovery Miles 2 320 Ships in 2 - 4 working days

Lienke en Dezi beleef die vakansie van hulle lewe in Kalkbaai.

By die hotel ontmoet hulle Danroy, 'n kelner wat vakansiewerk doen, wat hulle na al die mooiste plekke in die baai vat. Hulle leer ken Danroy se "skwad" en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer.

Soos Uncle Kaz altyd sê: "Mens het net drie goete nodig om gelukkig te wees: iemand om lief te hê, iets om jou hande mee besig te hou, en iets om na uit te sien."

Asterix in Korsika (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny Asterix in Korsika (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny; Illustrated by A. Uderzo; Translated by Sonya van Schalkwyk-Barrois
R198 Discovery Miles 1 980 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se leër op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar …

Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

“ … Ons noem jou Mysti,” sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.” Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie. Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar. Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in?

Hartklop - Die Ontwaking Van Winter: Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Sunel Combrinck Hartklop - Die Ontwaking Van Winter: Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Sunel Combrinck
R280 R263 Discovery Miles 2 630 Save R17 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ’n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en ’n vyand wat net nie wil los nie.

En dan is daar Colden Breakspear. Die ligtekop, blou-oog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla.

Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tír na hÓige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen?

Die Spaghettiboom (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs Die Spaghettiboom (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs; Illustrated by Pippa Pereira
Sold By Aristata Bookshop - Fulfilled by Loot
R256 Discovery Miles 2 560 Ships in 2 - 4 working days

In Mika-hulle se tuin is daar ’n boom. Dit het ’n dik stam vol knoetse en knoppe en dit is die perfekte boom vir boomklim. Maar dit is eintlik nie ’n doodgewone boom nie.

Party dae word die boom ’n seerowerskip. Ander dae word dit ’n besige restaurant. Sommige dae dra die boom die vreemdste vrugte, soos verfkwaste, ou sokkies of stringe spaghetti. Die boom is Mika se beste maat, tot daar op ’n dag nuwe bure intrek...

Hierdie is ’n verhaal vol verbeelding met klem op die waarde van vriendskap.

Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie (Afrikaans, Paperback): Jeff Kinney Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie (Afrikaans, Paperback)
Jeff Kinney
R195 R180 Discovery Miles 1 800 Save R15 (8%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Tot nou toe was hoërskool nie eintlik ’n pretrit vir Greg Heffley nie. Wanneer die dorp dreig om die vervalle gebou toe te maak, is hy min gespin.

Maar toe Greg besef hy sal na ’n ander skool as sy beste vriend, Rowley Jefferson, gestuur word, sing hy ’n ander deuntjie.

Kan Greg en sy klasmaats die skool red voordat die deure finaal gesluit word? Of is dit die begin van ’n splinternuwe hoofstuk in Greg se lewe?

Harry Potter en die Halfbloed Prins (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Halfbloed Prins (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R581 Discovery Miles 5 810 Ships in 12 - 17 working days

Wanneer Dumbledore een nag in Ligusterlaan aankom om Harry Potter te kom oplaai, is sy hand swart en verskrompel, asof die vleis weggebrand is. Geheime en gerugte versprei deur die towenaarswêreld, en selfs Hogwarts is nie veilig nie. Harry is oortuig dat Malfoy die Donker Merk dra: daar is ’n Doodseter tussen hulle. Harry gaan kragtige towerkuns en egte vriende nodig hê terwyl hy Voldemort se donkerste geheime ondersoek, en Dumbledore berei hom voor vir die lot wat nog altyd op hom wag . . .

Asterix En Die Trans-Italiese Wawedren (Afrikaans, Paperback): R. Goscinny, A. Uderzo Asterix En Die Trans-Italiese Wawedren (Afrikaans, Paperback)
R. Goscinny, A. Uderzo
R198 Discovery Miles 1 980 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

In hierdie album neem Asterix en Obelix deel aan die groot Trans-Italiese wawedren.

Alle volke van die Bekende Wêreld kan deelneem. Die gunstelingdeelnemer is die auriga van Rome: die gemaskerderde grote Coronavirus! Olyfolie op die pad en ’n gepeuter aan padaanwysings is enkele van die uitdagings wat die deelnemers moet trotseer, maar Asterix en Obelix was nog altyd opgewonde oor ’n lekker resies.

Asterix en die Trans-Italiese wawedren is die37ste boek in die gewilde Asterix-reeks.

Donkerster (Afrikaans, Paperback): Annerle Barnard Donkerster (Afrikaans, Paperback)
Annerle Barnard
R240 R225 Discovery Miles 2 250 Save R15 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde groep nie.

Die drie ouens in haar lewe maak ook dinge moeiliker. Wouter, toekomstige hoofseun en sterkrieketspeler; Stef, die sjarmante ouer buurseun; en Xander, ’n hardwerkende dromer en doring in haar vlees.

Paaie kruis en die gevaar styg wanneer Carli uitvind dat wildstropers die naburige rehabilitasiesentrum vir leeus en ander groot katte teiken. Carli, haar vriende en haar jonger boetie, Julian, besluit om ’n paar aande te help waghou sonder dat hulle ouers weet. Toe dinge skeefloop is almal in gevaar, en dis Carli se skuld. Is daar vir hulle uitkoms?

Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 2: Annabel Gaan Skool Toe (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra?

Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor?

Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ’n vuurhoutjie op die verkeerde plek ...

Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback): Betsie Vos Kattemaai 1: Die Bure Se Nuwe Dogter (Afrikaans, Paperback)
Betsie Vos; Illustrated by Shayna Olivier
R160 R150 Discovery Miles 1 500 Save R10 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam óók Annabel ...

Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te kyk wat gebeur.

Katastrofe!

Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories van Twee Skarminkels (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jakkals en Wolf 1 - 6 Lekkerlag Stories van Twee Skarminkels (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Gerda Smit
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Afrikaanse kinders word al geslagte lank vermaak deur die skelmstreke van Jakkals en Wolf. Jakkals probeer Wolf om elke hoek en draai ’n streep trek, tog is hulle beste maats.

Beleef die opwindende avonture van hierdie twee geliefde skarminkels opnuut en lag saam oor dié twee se skreeusnaakse avonture.

Hierdie bundel sluit ses pragtig geillustreerde stories in:

  • Jakkals en Wolf steel botter
  • Jakkals en Wolf pas Tier se kinders op
  • Jakkals en Wolf vang vis
  • Jakkals en Wolf kerjakker in Boer se kraal
  • Jakkals en Wolf en die rondekop dier
  • Wolf kry lus om skaapsklere te dra
Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback): Maritha Snyman, Lorraine Hattingh Reënboogrant Maats: Omnibus 2 (3 in 1) (Afrikaans, Paperback)
Maritha Snyman, Lorraine Hattingh
R250 R234 Discovery Miles 2 340 Save R16 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare!

Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Reënboogrant-jare! In die Reënboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens ’n skooluitstappie maak, tot ’n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop.

Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit dié gewilde reeks:

- ’n Nag van angs

- Die hanswors

- Teddie se geheim

Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
R200 R188 Discovery Miles 1 880 Save R12 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel van kortverhale.

Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ʼn reis na ʼn tyd toe die diere nog kon praat en die mense ʼn besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ʼn tyd waar elke ding ʼn betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is. Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.

Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou San-geskiedenis.

Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Saterdag Val Ek Vir Jou (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Donker Delia, soos haar vriende haar noem, glo nie in die liefde nie. Sy bewaar haar hart veilig agter ysmure, nes die planeet Saturnus waarna haar geboortedag, Saterdag, vernoem is. Toe sy haarself een Saterdag op Valentynsdag op ’n troue bevind, ontmoet sy vir Phoebe: ’n hopeless romantic wat met haar hart in plaas van haar kop dink. Vyf weke, belowe Phoebe. Dis al wat sy nodig het om vir Delia op ’n meisie verlief te maak. Daar volg ’n reeks warrelwind afsprake en ’n weddenskap wat haar hele lewensuitkyk kan maak of breek. Delia het net nie in ag geneem dat die meisie wat uit sonskyn en reënboë aanmekaargesit is dalk die een kan wees wat haar hart gaan steel nie.

Samboksalf en ?n Draaktraan (Afrikaans, Paperback): A.M. Holder Samboksalf en ?n Draaktraan (Afrikaans, Paperback)
A.M. Holder
R270 R253 Discovery Miles 2 530 Save R17 (6%) View more sellers Ships in 7 - 11 working days

Iets vreemd is in Rhynsburg aan die gang.

Lizelle het nie avontuur verwag toe sy een middag tydens haar Desembervakansie buite Stina’s Café vir die koerant gewag het met sambaksalf en ’n pakkie sigarette in die hand nie. Niks gebeur dan ooit in hierdie kurkdroeë klein Karoodorpie waar sy nou sit te danke aan haar pa se afdanking en haar ma se gebrek aan selfbeheer nie.

Maar sy kom vinnig agter iets is nie pluis nie. Die wit rose in almal se tuine steek iets baie meer onheilspellend weg – iets wat haar een aand aanval!

Lizelle het niks behalwe tyd nie, en sy is vasberade om uit te vind wat aangaan. Die koster en sy kerkklokke weet meer as wat hy voorgee, en so ook Wilma – die misterieuse bibliotekaresse wat deur die res van die dorp vermy word.

Sy is net glad nie voorbereid vir wat sy vind nie.

Drake ... in die Karoo.

Toe Als Groen Was (Afrikaans, Paperback): An-Mari do Carmo Toe Als Groen Was (Afrikaans, Paperback)
An-Mari do Carmo 1
R290 R272 Discovery Miles 2 720 Save R18 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Op haar agtiende verjaarsdag loop Marné weg van die huis af. Weg van Die Sending waar sy grootgemaak is tussen groen valleie. Weg van die kultus met hulle tienduisend reëls wat haar hele lewe beheer.

Sy begin ’n nuwe lewe by haar tannie in Klerksdorp en probeer leer hoe om ’n doodnormale meisie te wees tussendeur die uitdagings van matriek in ’n nuwe skool. Sy maak nuwe vriende, en dan is daar die kitaarspeler met die mooi groen oë …

Maar na jare van breinspoeling en manipulasie is dit nie so maklik om weg te breek van die sendingdogtertjie wat sy eens was nie. En haar ouers en Die Sending sal nie ophou om haar te probeer opspoor nie. ’n Aangrypende grootwordverhaal oor die soeke na self, die soeke na God en die soeke na waarheid.

Hierdie treffende debuut is gebaseer op ware gebeure by die KwaSizabantu Sendingstasie in KwaZulu-Natal, waarvan die skrywer deel was.

Onderwereld (Afrikaans, Paperback): Fanie Viljoen Onderwereld (Afrikaans, Paperback)
Fanie Viljoen
R230 R216 Discovery Miles 2 160 Save R14 (6%) In Stock

Sanlamprys vir jeuglektuur 2008: silwer ’n Spannende jeugspeurverhaal wat in die onderwêreld van kuberkrakers afspeel, deur ’n veelbekroonde skrywer. Greg Owen is die hoofseun by Lawson Kollege, waar Eckardt in matriek by hulle aansluit. Reeds met die inisiasie van nuwelinge vorm ’n band tussen hulle. Eckardt is ’n bedrewe rekenaarkraker en lei Greg in die geheime van dié onderwêreld in. Onwillekeurig word hy in ’n gevaarlike avontuur ingetrek. Wanneer Ekhardt skielik verdwyn, begin Greg alles wat hy voorheen as vanselfsprekend aanvaar het, bevraagteken.

Katkenades (Afrikaans, Paperback): Dav Pilkey Katkenades (Afrikaans, Paperback)
Dav Pilkey; Translated by Kobus Geldenhuys
Sold By Readers Warehouse - Fulfilled by Loot
R314 Discovery Miles 3 140 Ships in 5 - 7 working days

Die superspeurder kom weer te staan teen sy groot vyand, Ramkat, wat die lewe vir die polisie moeilik maak.

Ramkat ontsnap uit die tronk en breek in by ’n laboratorium. Hy steel ’n masjien en maak ’n miniatuurkloon van homself, Kleinkat. Intussen ontvries ’n professor ’n psigokentiese vis om sy brein te bestudeer, maar Hondman breek per ongeluk al die grate in sy lyf.

Die professor opereer die vis en maak ’n supervis.

Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback): C. J. Langenhoven Die Wandelende Geraamte - En Ander Spooksprokies (Afrikaans, Paperback)
C. J. Langenhoven; Compiled by Wendy Maartens
R209 Discovery Miles 2 090 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Hierdie bundel het ontstaan na aanleiding van ’n gesoute bibliotekaresse se vreugde oor kinders wat ’n ou hardebandbundel met Langenhoven se spookstories uit die volwasse afdeling smokkel om in die kinderafdeling voos te lees.

Die spookverhale is versigtig uitgekies en hervertel deur Wendy Maartens om by die oorspronklike teks aan te sluit, en terselfdertyd ook tot die kind van vandag te spreek.

Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback): Nico Meyer Rommel Die Ruimtehondjie (Afrikaans, Paperback)
Nico Meyer
R130 R120 Discovery Miles 1 200 Save R10 (8%) View more sellers Ships in 5 - 10 working days

Dis nie maklik om in die ruimte te kom nie, maar met verbeelding, vindingrykheid en beplanning is alles moontlik. Kom ons help Rommel om sy droom te bereik ... om in die ruimte te kom, en dalk tot so ver as die maan.

Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback): Andy Shepherd Die Seun Wat Drake Kweek - Boek 1 (Afrikaans, Paperback)
Andy Shepherd; Illustrated by Sara Ogilvie; Translated by Kobus Geldenhuys
R229 Discovery Miles 2 290 View more sellers Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Tomas ’n draakvrugboom in sy oupa se tuin ontdek en ’n klein drakie uit een van die vrugte bars, ontdek hy dat drake baie meer moeite is as komkommers! Daar is ontploffende draakbolle oral ‒ selfs eenkeer in Oupa se ontbytgraan ‒ die huiskat word gedurig rondgejaag en Tomas se tandeborsel (en ander persoonlike items) word gereeld brandgesteek. Maar dis darem nie net chaos en ontploffende draakbolle nie! Die eerste keer toe Flikker sy stert om Tomas se nek krul en hom met sy groot diamant-oë kyk, kom Tomas agter dat daar heelwat meer as net towerkrag in drake steek. Maar as jy ’n draak het moet jy dit geheim hou, want wie wil nie hulle eie draak hê nie?

Sondag Steel jy my Hart (Afrikaans, Paperback): Cecilia Steyn Sondag Steel jy my Hart (Afrikaans, Paperback)
Cecilia Steyn
R220 R206 Discovery Miles 2 060 Save R14 (6%) Ships in 7 - 11 working days

Net vriende. Dis al wat hulle is, sweer Karabo en Will. En dis waar.

Karabo het immers twee beloftes wat soos die Sondag-blues oor haar kop hang. Haar belofte aan haar tannie: dat sy nie eensaam en sonder liefde sou sterf soos sy nie. En haar belofte aan haarself: dat sy “die een” sal kry voor haar haar internskap by die hospitaal volgende jaar verby is. En Will, met sy motorfiets en leerbaadjies, is te wild om vir ewig aan iemand vasgeketting te wees, veral nie iemand soos sy nie. Hy slaan dan in kolle uit as iemand net “langtermynverhouding” noem.

So hulle is net pelle. Regtig. En pelle mag nie vryers word nie – dis algemene kennis.

Behalwe vir die klein feitjie dat Will heeltemal Karabo se hart gesteel het ... en sy het nie ’n idee hoe om dit terug te kry voor haar selfopgelegde sperdatum nie.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Ben en die Boelies
Zuleka Smit Paperback R180 R169 Discovery Miles 1 690
Toe Ons In Ghrieshuis Was
Maretha Maartens Paperback R200 R188 Discovery Miles 1 880
Katastrofe
De Wet Hugo Paperback R220 Discovery Miles 2 200
Maltrap
Jaco Jacobs Paperback R140 R127 Discovery Miles 1 270
Die Seun Wat Saam Met Drake Lewe - Die…
Andy Shepherd Paperback R229 Discovery Miles 2 290
Anderkind
Betsie van Niekerk Paperback R304 Discovery Miles 3 040
Spel
Annerle Barnard Paperback R274 Discovery Miles 2 740
Harry Potter en die Skatte van die Dood
J. K. Rowling Paperback R587 Discovery Miles 5 870
Kantiga Vind Die Perfekte Naam
Mabel Mnensa Paperback R145 R134 Discovery Miles 1 340
Kompleks
Louis Pretorius Paperback R240 R225 Discovery Miles 2 250

 

Partners