0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (44)
  • R50 - R100 (252)
  • R100 - R250 (886)
  • R250 - R500 (122)
  • R500+ (32)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Afrikaans > Kinder en Tiener Fiksie

Showing 1 - 25 of 1336 matches in Kinder en Tiener Fiksie

Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Towenaar se Steen (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling; Translated by Janie Oosthuysen
R250 R185 Discovery Miles 1 850 Save R65 (26%) In Stock

Harry Potter se lewe verander op die dag wat 'n posuil 'n geheimsinnige brief by die Dursleys aflewer: 'n brief wat Harry nooi na 'n ongelooflike plek wat hy – en almal wat oor hom lees – nooit sal vergeet nie. Dit is juis op Harry se elfde verjaardag wat hy die verstommende nuus kry: Hy is 'n towenaar en hy word genooi na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery. 'n Ongelooflike avontuur is op die punt om te begin!

Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe): J. K. Rowling Harry Potter en die Kamer van Geheimenisse (Afrikaans, Paperback, Heruitgawe)
J. K. Rowling
R250 R185 Discovery Miles 1 850 Save R65 (26%) Pre-order

Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan daar gebeur. En vreeslike dinge gebeur inderdaad. Dit is Harry se tweede jaar op Hogwarts en nuwe probleme wag op hom. Hy hoor vreemde fluisterstemme deur leë gange – en dan begin die aanvalle . . .

Gezina En Die Bruin Wind (Afrikaans, Paperback): Maretha Maartens Gezina En Die Bruin Wind (Afrikaans, Paperback)
Maretha Maartens 1
R153 R135 Discovery Miles 1 350 Save R18 (12%) Ships in 5 - 10 working days

"Dis Gina, Ouma, nie Gezina nie - Gina," dring Bokkie aan toe Ouma grootjie kom kuier.

Krok En Dil 1 - Krok In Die Bad (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 1 - Krok In Die Bad (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
bundle available
R45 R36 Discovery Miles 360 Save R9 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Krok En Dil 3 - Krok Die Kok (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 3 - Krok Die Kok (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
bundle available
R45 R35 Discovery Miles 350 Save R10 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Jakkals En Kraai En Die Stuk Kaas (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Jakkals En Kraai En Die Stuk Kaas (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens; Illustrated by Nicolene Louw
bundle available
R65 R56 Discovery Miles 560 Save R9 (14%) Ships in 7 - 11 working days

’n Liefde vir lees is een van die grootste geskenke wat jy jou kind kan gee! Die Ek lees self-reeks is die perfekte wegspringplek vir beginnerlesers. Die prettige, bekostigbare dierestories sal ure se leesvermaak verskaf. Elke boek bevat ook nuttige wenke wat ouers kan help om die jongklomp se leeslus aan te wakker.

Hotel Pangolin (Afrikaans, Paperback): Dianne Hofmeyr Hotel Pangolin (Afrikaans, Paperback)
Dianne Hofmeyr
bundle available
R185 R159 Discovery Miles 1 590 Save R26 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Two very different nocturnal creatures learn the give and take of friendship on the African savannah, when they decide to open a hotel.

Aardvark, impulsive and full of ideas, is the perfect foil to Pangolin's calm and careful nature. The tempo of each chapter follows a pattern:

Aardvark, the dreamer, suggests a halfbaked idea. Pangolin refuses for rational reasons, then falls under Aardvark's spell, with the inevitable conflict that follows. Funny and adventurous, the story explores friendship and individuality. In the end it's the tiny gifts left by the animals who came to stay that help Pangolin appreciate what true friendship means.

Stalmaats Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Lize Roux Stalmaats Omnibus 2 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Lize Roux
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die gewildste perdestories in Afrikaans!

Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar! Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats! Of hulle nou aan 'n perdekompetisie deelneem, vakansie by die see gaan hou, of geld insamel om mishandelde en hawelose perde by 'n skuiling te red - waar Anri en haar maats is, is daar altyd hope pret! Natuurlik is die katterige Vinette gedurig besig met allerlei planne om die lewe vir die res van die Stalmaats moeilik te maak. En dan is daar Jacques, die ryskooleienaars se seun met sy blou oë, wat net so mal is oor perde en Anri se hart vinniger laat klop. Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats! Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks!

Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels:

* Komaan, Karen!

* Seeponies

* Roset

* Vrye Teuels

* Gevaar op Dagbreek

Stalmaats Omnibus 3 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback): Lize Roux Stalmaats Omnibus 3 (5-in-1) (Afrikaans, Paperback)
Lize Roux
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die gewildste perdestories in Afrikaans!

Die immergewilde Stalmaats-boeke is nou in 'n reeks lekkerlees-omnibusse beskikbaar!

Kom word deel van die pret en avontuur by die Dagbreek-ryskool saam met Anri, Megan, Karen en die ander Stalmaats!

Word deel van die pret en opwinding by die Dagbreek-ryskool saam met Anri en die ander Stalmaats!

Jong perdeliefhebbers sal versot wees op hierdie reeks!

Hierdie omnibus bevat die volgende vyf titels:

- Sirkusperde

- Afskeidsrit

- Perdespeurders

- Rivierperde

- Stormnag

Die Goorgomgaai (Afrikaans, Paperback): Julia Donaldson Die Goorgomgaai (Afrikaans, Paperback)
Julia Donaldson; Illustrated by Alex Scheffler
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days
Amok Op 'n Besemstok (Afrikaans, Paperback): Julia Donaldson Amok Op 'n Besemstok (Afrikaans, Paperback)
Julia Donaldson; Illustrated by Alex Scheffler
R143 Discovery Miles 1 430 Ships in 4 - 8 working days

Die heks en haar kat vlieg gelukkig deur die lug op haar besemstok. Maar dan kom raap die wind die heks se hoed, toe haar strik en toe haar towerstaf op. In die soektog na hierdie toor-noodsaaklikhede ontmoet die heks en haar kat talle hulpvaardige diere wat saam op haar besemstok wil ry.

Maar is daar plek vir soveel diere op haar stok? En sal die nuwe vriende haar kan red wanneer gevaar dreig?

’n Verhaal oor die vreugde van vriendskap en om met ander te deel.

Vuur (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Vuur (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard
bundle available
R230 R175 Discovery Miles 1 750 Save R55 (24%) Ships in 7 - 11 working days

Die elemente van ’n vuur is suurstof, hitte, brandstof, en ’n chemiese reaksie. Wat is die elemente van die apokalips? Wolk, Roet, Vuur, en ’n chemiese reaksie? Die noodlot het Rufus en Xandr van mekaar geskei. Rufus is op ’n skip iewers op die Indiese Oseaan terwyl Xandr veg om oorlewing in ’n wêreld wat deur die wolk vernietig is. Al wat hy het is Flip die hond en ’n rooi Mazda Midge. Gerugte van ’n toevlugsoord word Rufus en Xandr se enigste strewe: Vind mekaar, vind skuiling en ... wat dan? Hulle is lankreeds nie meer net vriende nie, is hulle? En hoe lank kan mens in elk geval oorleef as alles skynbaar deur vuur verteer is? Die kanse om mekaar te vind is egter skraler as om vars water te vind, veral as jy gekonfronteer word deur mense wat absoluut enigiets sal doen om te oorleef Hoop is vinnig besig om agter ’n sluier van roet te verdwyn, nie net vir hulle nie, maar vir alles en almal.

Krok En Dil 8 - By Die See (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 8 - By Die See (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
bundle available
R45 R36 Discovery Miles 360 Save R9 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n Rolprentdrama Vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback): Ivan Botha,... Skooluitgawe: Pad Na Jou Hart - 'n Rolprentdrama Vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal (Afrikaans, Paperback)
Ivan Botha, Donnalee Roberts
bundle available
R156 R134 Discovery Miles 1 340 Save R22 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer die aantreklike en selfvoldane Basson van Rensburg se pa sterf, aanvaar hy dat hy die baie suksesvolle familie­onderneming sal erf. Tot sy skok ontdek hy daar is voorwaardes. Hy het vyf dae om in die Kaap te kom en daar is ’n take om tydens sy reis te voltooi.

Langs die pad wag ’n beeldskone, boheemse meisie. Amory gaan ook Kaapstad toe, maar is op ’n missie van haar eie. En sy het sekere vaste reëls, nes Basson. Nie een van hulle is ingestel op hartsake nie, maar wie weet wat wag op dié lang tog propvol avontuur en onthullings? Daar is gevaar ook, want wie is die motorfietsman wat so verbete agterna kom – en wat gebeur as hy hulle inhaal?

Kan liefde seëvier met soveel struikelblokke in sy pad?

Pad na jou hart – ’n rolprentdrama ?is gebaseer op die draaiboek en is aangepas volgens die vereistes van die KABV vir Graad 11 Eerste Addisionele Taal met ’n inleiding tot die drama, kontekstuele vrae met antwoorde, ’n konsepvraestel en glossarium van woorde en literêre begrippe.

Krok En Dil 10 - Die Suur Sap (Afrikaans, Paperback): Jaco Jacobs, Nadia du Plessis Krok En Dil 10 - Die Suur Sap (Afrikaans, Paperback)
Jaco Jacobs, Nadia du Plessis
bundle available
R45 R36 Discovery Miles 360 Save R9 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Om te leer lees is een van die grootste avonture wat op enige kind wag - en Krok en Dil is die perfekte maats om die opwindende reis mee aan te pak! Die nuwe leesreeks uit die pen van Jaco Jacobs stel kinders deur middel van prettige stories aan verskillende klanke bekend. Die reeks het 'n sterk strokiesprent-aanslag, met volop spraakborrels en fantastiese volkleurillustrasies deur Nadia du Plessis, en die twee onwaarskynlike beste maats, 'n knorrige krokodil en 'n lewenslustige komkommertjie, sal dadelik in beginnerlesers se harte kruip. Jaco is self die pa van twee dogtertjies, Mia (9) en Emma (7), wat die afgelope paar jaar leer lees het, en hy se een van die grootste struikelblokke was om toeganklike beginnerleesboeke op te spoor. "My kinders het grootgeword met stories - van die heel lekkerste storieboeke in Afrikaans en Engels wat aan hulle voorgelees is. Dit was daarom vir hulle baie frustrerend as beginnerleesboeke net op die klanke fokus, sonder 'n sterk, vermaaklike storielyn. Dit is waarom ek die Krok en Dil-reeks begin skryf het - ek wou 'n leesreeks skryf wat vir lesers - en ouers! - 'n prettige storie in elke boek bied, met hope humor."

Eben Die Ellendige Eenhoring (Afrikaans, Paperback): Koos Kombuis Eben Die Ellendige Eenhoring (Afrikaans, Paperback)
Koos Kombuis
bundle available
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Na meer as twee dekades as musikant en kulturele opstoker het Koos Kombuis die afgelope paar jaar ‘n nuwe nis vir homself begin uitkerf; dié van kinderboek-skrywer.

En nou, sy eerste self-geïllustreerde kinderboek vir alle ouderdomme van agt tot agt-en-tagtig: Eben die Ellendige Eenhoring!

Die Kameraadskap Van Die Ring (Afrikaans, Paperback): J. R. R. Tolkien Die Kameraadskap Van Die Ring (Afrikaans, Paperback)
J. R. R. Tolkien; Translated by Janie Oosthuysen
R272 Discovery Miles 2 720 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Frodo Baalens sy oom Bilbo se towerring tydens dié se een-en-elftigste verjaarsdagpartytjie erf, is dit die begin van onvoorsiene avonture.

Eers verdwyn Bilbo spoorloos en dan daag die towenaar Ghandalf op met die nuus dat Frodo in lewensgevaar verkeer: wie ook al in besit is van die Ring, vertel Ghandalf, sal uiteindelik deur die korrupterende mag daarvan verwoes word. Daar is net een uitweg: om die Skeure van Verdoemenis in die dieptes van die Vuurberg te vind, die Ring daarin te gooi en dit só vir ewig buite die bereik van die Vyand te plaas.

Saam met sy kamerade Sam, Mannetjies en Pippin val Frodo in die pad met die hoop om die donker mag van Sauron vir altyd te verslaan.

Wolk (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Wolk (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard
bundle available
R240 R175 Discovery Miles 1 750 Save R65 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Wat gebeur as jy die apokalips misloop? Rufus (eintlik Ruth) en Xandr het pas graad 10 klaargemaak en hulle ken mekaar van kleintyd af. Voordat Rufus en haar gesin die land verlaat besluit hulle om vir oulaas ’n baie belangrike eerste saam te beleef. Sal hulle die plan kan deurvoer?

Halley se Komeet (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Halley se Komeet (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard 1
bundle available
R280 R241 Discovery Miles 2 410 Save R39 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Pete de Lange moet as tiener probeer oorleef in ’n klein Natalse dorpie gedurende die onstuimige tagtigerjare saam met sy nuutgevonde vriende: Petrus en Sarita. In ’n land wat bloei van rassekonflik is dit makliker gesê as gedaan. Pete en sy vriende het ’n wrede misdaad gesien en die skuldige is op hulle spoor. Sal reg en geregtigheid geskied in ’n land wat reeds polities verwronge is?

Roet (Afrikaans, Paperback): Hannes Barnard Roet (Afrikaans, Paperback)
Hannes Barnard
bundle available
R240 R175 Discovery Miles 1 750 Save R65 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Rufus en Xandr #disingewikkeld. Die nasleep van ’n apokaliptiese wolk. ’n Rooi Mazda Midge en Flip die hond. ’n Alternatiewe roete. ’n Sexy Duitser. ’n Geniale wetenskaplike. ’n 90’s mix tape. En chaos. Baie chaos.

Geraamte In Die Klas (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe): Fanie Viljoen Geraamte In Die Klas (Afrikaans, Paperback, Nuwe Uitgawe)
Fanie Viljoen
bundle available
R175 R151 Discovery Miles 1 510 Save R24 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Stephan en sy vriend, Cobus, is in groot moeilikheid. Hulle het per ongeluk hulle onderwyser, juffrou Beneke, in ’n geraamte verander! Maar dit is net die begin van die storie . . . want dan moet hulle haar op die skoolbus smokkel sodat hulle op 'n Graadsewe-toer kan gaan. En dan is daar boonop 'n wildejaagtog op 'n spoedvarkie, ’n geveg met 'n seekat, gevaarlike rekspronge, wilde ape en wie weet wat nog alles! En wat gaan Stephan en Cobus omtrent juffrou Beneke doen?

Die Hobbit (Afrikaans, Paperback): J. R. R. Tolkien Die Hobbit (Afrikaans, Paperback)
J. R. R. Tolkien; Translated by Janie Oosthuysen 1
R220 Discovery Miles 2 200 Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in ’n samesweerdery om die dwerge se verlore skatte terug te steel by Smaug die Vreeslike: ’n reusagtige en baie gevaarlike draak … Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasieverhale ter wereld en word met reg as ’n klassieke werk beskou.

Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback): Wendy Maartens Sankind Lees Die Wind (Afrikaans, Paperback)
Wendy Maartens
bundle available
R190 R139 Discovery Miles 1 390 Save R51 (27%) Ships in 7 - 11 working days

Ontdek die wonderlike wêreld van die Sanmense in hierdie asemrowende bundel van kortverhale.

Wendy Maartens leer jou van die skerp wysheid wat skuil in die dans van die Kwagga en die fluister van die wind. Neem ʼn reis na ʼn tyd toe die diere nog kon praat en die mense ʼn besondere verhouding met die natuur gehad het. Dwaal saam met diere en mense in ʼn tyd waar elke ding ʼn betekenis het, en waar die verbintenis met die natuur die grootste skat is. Hierdie stories is nie net oor die diere nie, maar oor die erfenis en kultuur van die Sanmense wat die hart van hierdie unieke boek vorm.

Kom ontdek die geheime van mitologie, volksverhale en die ou San-geskiedenis.

Super Boeta (Afrikaans, Paperback): Super Boeta (Afrikaans, Paperback)
R80 R63 Discovery Miles 630 Save R17 (21%) Ships in 5 - 10 working days
SSS-Omnibus (3-in-1) - Selfone, skelms en sjokolade / SMS'e, skurke en spinnekoppe / Sepiesterre, sokkies en skobbejakke... SSS-Omnibus (3-in-1) - Selfone, skelms en sjokolade / SMS'e, skurke en spinnekoppe / Sepiesterre, sokkies en skobbejakke (Afrikaans, Paperback)
Nerine Ahlers, Alet Steenkamp
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Drie koshuisavonture in een boek!

Waar Lindie en haar vriendinne is, is daar altyd hope pret, avontuur en naelbyt-aksie! Die vyfstuks Lindie, Talita, Mia, Gina en Andrea beleef allerlei opwindende avonture saam in die Bergrif Meisieskool se koshuis. As daar nie gevaarlike skurke op hulle spoor is nie, gebeur daar vreemde dinge op die skoolkamp, of kry een van hulle selfs die kans om dalk ’n TV-ster te word. En tussendeur is daar darem ook oorgenoeg kans vir koshuiskattekwaad aanvang, die nuutste modes en grimering uittoets … en natuurlik ’n bietjie romanse!

Vir die eerste keer verskyn drie van die gewilde SSS-boeke nou saam in een omnibus:

Selfone, skelms en sjokolade

Lindie en haar maats se skooltermyn skop af met allerhande probleme. Wie is die twee geheimsinnige mans wat agter Lindie en Talita aan is – en wat wil hulle hê? En dan is daar nog Gina se katastrofiese nuwe haarstyl, Matrone wat ’n sjampanjebottel ontdek het en vasbeslote is om die skuldiges uit te snuffel, en die aantreklike Diaan met die kuiltjies wat Lindie se bene lam maak …

SMS’e, skurke en spinnekoppe

Vier dae in die bos… Dit is wat vir Lindie en die res van die graadneges voorlê op die skoolkamp. Die enigste ligpuntjie is die luukse lodge met die Franse sjef waarvan Mia praat. Maar voordat die kamp begin, is daar eers ’n nare onderwyseres wat ’n les geleer moet word. En iemand sorg daarvoor dat Diaan met die blou oë en die kuiltjieglimlag dalk nooit weer met Lindie gaan praat nie. ’n Verskriklike ding gebeur egter op die kamp wat hulle gou van al hierdie probleme laat vergeet…

Sepiesterre, sokkies en skobbejakke

Lindie en haar vriendinne is baie opgewonde oor die revue wat by die skool aangebied gaan word. Dit gaan fantasties wees en iemand gaan boonop gekies word om in ’n sepie te speel. Dink net, een van hulle kan dalk op TV wees! Ongelukkig kry hulle ’n nare verrassing toe hulle sien wie die nuwe dramajuffrou is …

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Twa Die Tydloper
Anoeschka Von Meck Paperback R310 R225 Discovery Miles 2 250
Kompleks
Louis Pretorius Paperback R230 R198 Discovery Miles 1 980
Hartklop - Die Ontwaking Van Winter…
Sunel Combrinck Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Asterix in Korsika
R. Goscinny Paperback R190 R140 Discovery Miles 1 400
Dagboek Van 'n Wimpy Kid 18 - Leekoppie
Jeff Kinney Paperback R185 R145 Discovery Miles 1 450
Die Woud Van Sneeu & Ys
Frenette van Wyk Paperback R260 R224 Discovery Miles 2 240
Die Sproetebessies En Die Hart Van Die…
Troula Goosen Paperback R199 R171 Discovery Miles 1 710
Asterix En Die Trans-Italiese Wawedren
R. Goscinny, A. Uderzo Paperback R190 R140 Discovery Miles 1 400
Anderkant Die Blou
Zelda Bezuidenhout Paperback R160 R138 Discovery Miles 1 380
Felina Kat, Geheime Agent
Louise Smit Paperback R170 R146 Discovery Miles 1 460

 

Partners