Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
|||
Books > Afrikaans > Opvoedkunde Showing 1 - 25 of 5193 matches in Opvoedkunde
Harry Potter se somervakansie is aaklig: nie net was dit die slegste
verjaarsdag ooit nie, maar boonop verskyn ’n vreemde huiself genaamd
Dobby om hom te waarsku om nie weer na die Hogwarts Skool vir Towerkuns
en Heksery toe terug te gaan nie – vreeslike dinge gaan daar gebeur. En
vreeslike dinge gebeur inderdaad. Dit is Harry se tweede jaar op
Hogwarts en nuwe probleme wag op hom. Hy hoor vreemde fluisterstemme
deur le gange – en dan begin die aanvalle . . .
Daar is mense wie se lewens van die begin af anders verloop. Sulke mense se liefde l nie op die gewone plekke en paaie nie, maar juis daar waar min ooit die moed sal h om hul toekoms te gaan haal. Twalie is die enigste meisiekind onder die eksentrieke Albrechts wat in ’n dorre landskap om oorlewing veg. Hulle is ’n geharde, eenkant gesin vol geheime. Twalie se pa verwerp haar en haar ma maak haar gedurig stil. Dan red die Namavrou Letgoed haar uit ’n sandstorm en leer haar die geheime van Die Poort, wat tydens die heuningmaan ’n magiese plek word. Hier maak tyd soms ’n deur agtertoe oop … Twa die Tydloper is ’n aangrypende roman oor een mens se groei wat lesers sal meevoer en met nuwe o na die wreld om hulle sal laat kyk.
Lienke en Dezi beleef die vakansie van hulle lewe in Kalkbaai. By die hotel ontmoet hulle Danroy, 'n kelner wat vakansiewerk doen, wat hulle na al die mooiste plekke in die baai vat. Hulle leer ken Danroy se "skwad" en sy geliefde Uncle Kaz. Dan is daar 'n tragedie op see wat Danroy en sy ma se lewe omkeer. Soos Uncle Kaz altyd s: "Mens het net drie goete nodig om gelukkig te wees: iemand om lief te h, iets om jou hande mee besig te hou, en iets om na uit te sien."
Excellentia is g’n gewone skool nie. Die plek is vol geheime en
tradisies wat Quinn se hare laat rys. Maar sy is nie daar om te
integreer nie – sy is daar om te leer. Ongelukkig is die lewe nie so
voorspelbaar soos ’n chemie-eksperiment nie. En soms maak dit nie saak
wat jy doen nie, die moeilikheid kom soek jou.
Vendettas, liggeraakte, trotse stamme en rebelle wat die Romeine in die maquis ontduik – dit is 50 v.C. in Korsika. Asterix en Obelix help hoofman Verinniwereldkitikitikitix om praetor Opsysenuvius se planne te fnuik en om teen Julius Caesar se ler op te staan. Want die Korsikane hou vol dat hulle net ’n Korsikaan as keiser sal aanvaar … Asterix in Korsika is die 20ste boek in die gewilde Asterix-reeks.
“ … Ons noem jou Mysti,” sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.” Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie. Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar. Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in?
Die dood. Dis al waaraan Lumi kan dink en in ’n poging om seker te maak dat sy verder as haar sewentiende verjaarsdag leef, word sy deur haar peetouers in ’n kosskool vir tienerfae gesit. Hier vind sy haarself vasgevang in ’n web van onbeheerbare faemagte, nuwe vriende en ’n vyand wat net nie wil los nie. En dan is daar Colden Breakspear. Die ligtekop, blou-oog Kruisfae wat haar gedagtes gevangene hou, maar iets pla. Waarom is hy amper belangriker as wat sy is vir twee van die sterkste faemonarge in Tr na hige? En wat presies het hulle ouers met alles te doen?
Gr 10-12 home and additional languageEnglish and Afrikaans50 000 hit wordsWord breaks and word stressParts of speechPast tense and past participlesIrregular verbsPlural formsNegative formsDegrees of comparisonCollective nounsAbbreviations, short forms and acronymsMasculine and feminine formsLabels indicating contextCross-referencesHomonymsCompound nouns and derivativesCollocations and fixed phrasesSynonymsAntonymsIdioms and proverbs
Die sprokies van Grimm is bekend en geliefd oor die wreld heen.
Tot nou toe was horskool nie eintlik ’n pretrit vir Greg Heffley nie. Wanneer die dorp dreig om die vervalle gebou toe te maak, is hy min gespin. Maar toe Greg besef hy sal na ’n ander skool as sy beste vriend, Rowley Jefferson, gestuur word, sing hy ’n ander deuntjie. Kan Greg en sy klasmaats die skool red voordat die deure finaal gesluit word? Of is dit die begin van ’n splinternuwe hoofstuk in Greg se lewe?
Wanneer Dumbledore een nag in Ligusterlaan aankom om Harry Potter te
kom oplaai, is sy hand swart en verskrompel, asof die vleis weggebrand
is. Geheime en gerugte versprei deur die towenaarswreld, en selfs
Hogwarts is nie veilig nie. Harry is oortuig dat Malfoy die Donker Merk
dra: daar is ’n Doodseter tussen hulle. Harry gaan kragtige towerkuns
en egte vriende nodig h terwyl hy Voldemort se donkerste geheime
ondersoek, en Dumbledore berei hom voor vir die lot wat nog altyd op
hom wag . . .
Die hersiene uitgawe van die Tesourus van Afrikaans gee ’n uitstekende
beeld van die verskeidenheid en kompleksiteit van die Afrikaanse
woordeskat en die fyn net van betekenisse wat binne die woordeskat
geweef word. Vir elkeen wat in Afrikaans belangstel en doeltreffend wil
komminukeer, is dit ‘n besondere instrument.
Die fokus van die boek is om die onderwyser in die klas met hierdie genre te help. Hoe gemaak wanneer jy filmstudie as ’n genre in jou klas moet behandel? Druk speel! is spesiaal geskryf om onderwysers te help om die hoe en wat van filmanalise beter te kan verstaan. Nie net help flimstudie met leerders se verbetering van visuele geletterdheid nie, maar dit bevorder ook kritiese denke. Volkleurfoto’s van Suid-Afrikaanse fi lms word gebruik om filmiese aspekte te verduidelik. Aspekte soos die volgende word bespreek:
In hierdie album neem Asterix en Obelix deel aan die groot Trans-Italiese wawedren. Alle volke van die Bekende Wreld kan deelneem. Die gunstelingdeelnemer is die auriga van Rome: die gemaskerderde grote Coronavirus! Olyfolie op die pad en ’n gepeuter aan padaanwysings is enkele van die uitdagings wat die deelnemers moet trotseer, maar Asterix en Obelix was nog altyd opgewonde oor ’n lekker resies. Asterix en die Trans-Italiese wawedren is die37ste boek in die gewilde Asterix-reeks.
Voel Afrikaans soms vir jou soos 'n vreemde taal? Dis mos nou Afrikaans! neem jou vanaf graad 8 tot graad 12 op 'n reis om Afrikaans Eerste Addisionele Taal te bemeester, sodat jy die finale matriekeksamen met vliende vaandels sal slaag. Die boek is 'n omvattende, gebruikersvriendelike naslaanbron wat deur sowel onderwysers as leerders gebruik kan word. Die skrywers het saam meer as 50 jaar ervaring van Afrikaans-onderrig en 11 jaar as nasieners in die NSS-eksamen.
Carli Kirstein is 17 en so toegewyd aan wildbewaring dat sy soms van
gevaar vergeet. Met twee veeartse as ouers was dit eintlik
onvermydelik, maar haar passie maak haar nie juis deel van die gewilde
groep nie.
Mila se nuwe maat moet skool toe gaan. Maar sal sy weet hoe om haar soos ’n regte dogtertjie te gedra? Juffrou Kadawer jaag Annabel sommer dadelik uit die klas oor haar vreemde kat-maniere. Maar waar kom hierdie nuwe juffrou vandaan, en hoekom is sy op Rottes se spoor? Die toorpolisie keer die maats vas, en dan laat val Jannus ’n vuurhoutjie op die verkeerde plek ...
Die bure het ’n nuwe dogter. Waar kom sy vandaan, en hoekom lyk sy so baie na Annabel, die kat wat weggeraak het? Boonop is hierdie buurmeisie se naam k Annabel ... Mila besluit om ondersoek in te stel. Maar haar boetie Jannus spring haar voor en steel Annabel se mens-word-middel. Hy voer dit vir sy aaklige troeteldier, Rottes, net om te kyk wat gebeur. Katastrofe!
Die beste manier om jouself uit te daag en pret te h is deur hierdie boek te koop; jou brein is gewaarborg om bollemakiesie te slaan! In hierdie prettige aktiwiteitsboek is daar blokraaispeletjies, syferspeletjies en ander raaisels wat perfek is vir ouer kinders in die laerskool!
In Sonder Chocolate Charlie moet Nell die ongeluk wat haar geliefde Charlie se lewe geis het, verwerk. Brigadier en die raaiselponie is die verhaal van susters Zahn en Alex en hulle pa se stram verhouding, met 'n raaisel wat in die Knysna-bos ontrafel word deur Zahn en Brigadier. In City Girl en die swart hings is Nicole teen haar sin saam met haar ma aan die Kaapse Weskus terwyl haar vriendinne foto's van hulle glansvakansies deel.
Kom deel in die lekkerste tye van Shani en Sunette se lewe – die Renboogrant-jare! Een van die gewildste Afrikaanse reekse is nou in ’n omnibus beskikbaar! Kom deel in die lekkerste tye van Shani en haar sussie Sunette se lewe – die Renboogrant-jare! In die Renboogrant Maats-boeke is Shani-hulle op laerskool, en hulle beleef allerlei opwindende avonture – van ’n geheimsinnige hanswors wat sy verskyning tydens ’n skooluitstappie maak, tot ’n wetenskap-ekspo wat lelik skeefloop. Hierdie omnibus bevat die volgende drie titels uit di gewilde reeks: - ’n Nag van angs - Die hanswors - Teddie se geheim
Dis die Branderjaers se matriekjaar en Ben wou sy kop laag hou. Maar dinge loop van die begin skeef. ‘n Ou bendeleier is terug in Breekwater en Ben en sy suster Kalla word gekonfronteer met ’n legacy waarvoor hulle nooit gevra het nie; met oorlog. Die nag wat Kalla in die niemandsland aangeval is het alles verander. Nou het sy dalk 'n kans om dinge reg te stel. Om seker te maak daar is nie nog ’n slagoffer nie. Al moet sy alles om haar afbrand.
Milan, Andante en Nova gaan na ’n musiekfees om die beroemde popster, Tyrion, te sien optree, maar daar wag ’n groter avontuur . . . Milan beland op die verhoog saam met die Kaalbas Kitare en uit die bloute ontvang hulle ’n uitnodiging om ’n slypskool by te woon by ’n eksklusiewe superster-akademie. Maar daar skuil ’n donker geheim op Die Swart Roos en die drie van hulle moet vinnig plan maak – net soos toe hulle eens die bekende Sproetebessie-bende was.
Ontdek die betowerende wreld van limericke saam met Philip de Vos en
Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Laat jou verbeelding
bokspring terwyl jy deur die kleurryke bladsye blaai wat vol grappige,
soms tong-in-die-kies avonture en vrolike verse is. |
You may like...
|