0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R100 - R250 (14)
  • R250 - R500 (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Heritage Month > Afrikaans

Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback): Annelien Pienaar Vleis - Die Omvattende Gids (Afrikaans, Paperback)
Annelien Pienaar
R480 R349 Discovery Miles 3 490 Save R131 (27%) In Stock

Suid-Afrikaners is nou maar eenmaal gaande oor vleis. Dis onontbeerlik op enige feestafel, en vir die meeste van ons is selfs ’n gewone weeksaandete nie volledig daarsonder nie. Nie net is dit heerlik en vullend nie, dis ook propvol voedingstowwe wat goed is vir ons.

Vleis: Die Omvattende Gids is ’n moderne ensiklopedie wat ’n ereplek verdien in die kombuis van almal wat graag vleis eet en gaarmaak. Afgesien van resepte vir smullekker vleisgeregte vir elke okkasie bevat dit hope inligting oor die beste manier om die verskillende snitte en soorte vleis te berei, hoe om vleis te vries of tot perfeksie te verouder, tesame met ’n hordes wenke om geur en sappigheid te verseker – alles sonder preserveer- en ander kunsmatige bymiddels. Die voedselwetenskaplike en gewilde kosskrywer Annelien Pienaar se passie vir goeie, volhoubare vleis word weerspieël op elke bladsy van hierdie boek.

Vleis: Die Omvattende Gids is die enigste vleisboek wat jy ooit weer sal nodig kry. Dit bevat:

  • Meer as 100 resepte wat die toets van die tyd deurstaan het – daar is beesvleis, lam en skaap, vark, pluimvee, afval en wildsvleis, en enigiets van maklike gesinsetes, tradisionele treffers en spoggerige onthaalkos tot kitsplanne met die oorskiet
  • Beskrywings van al die verskillende vleissnitte, hul gebruike en die beste metodes om dit gaar te maak
  • Nuttige inligting oor die voedingswaarde en veroudering van vleis, vleisterme en omskakelingstabelle
  • Ekstra resepte vir marinades, souse, soutmengsels, aftreksels en deeg wat vleis komplementeer
Ons Skulde (Afrikaans, Paperback): P.P. Fourie Ons Skulde (Afrikaans, Paperback)
P.P. Fourie
bundle available
R340 R292 Discovery Miles 2 920 Save R48 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Emma reis na Clarens om haar man se as te strooi. Terwyl sy by tante Vera tuisgaan, daag ’n geheimsinnige koevert op waarvan die inhoud Vera angsbevange maak. Dit blyk dat sy jaarliks anoniem só gedreig word voordat daar op iets wat vir haar kosbaar is toegeslaan word.

Wie koester ’n wrok teen Vera? Waarom? Sal Emma antwoorde vind voordat die teisteraar se wraak toeneem?

Met die spannende ontrafeling van ’n skrikwekkende raaisel word temas van skuld, straf, boetedoening en vergifnis ondersoek.

1 Recce: Volume 2 - Agter Vyandelike Linies (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 2 - Agter Vyandelike Linies (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R360 R309 Discovery Miles 3 090 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

1 Recce: Agter vyandelike linies neem die leser tot in die Recces se “binnekamer”. In hul eie woorde vertel Recce-operateurs van die lewensgevaarlike operasies wat hulle onder groot geheimhouding in die laat 1970’s in Angola, Rhodesië en Mosambiek uitgevoer het. Dié wat daar was vertel van die spanning, afwagting, vrees, adrenalien, moegheid, dors en hartseer wat hulle beleef het, maar ook van die humoristiese momente en die hegte vriendskapsbande wat hulle gesmee het.

1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan Ons (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
R360 R309 Discovery Miles 3 090 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

1-Recce was die skerpste, veelsydigste en dodelikste spesialiseenheid in die ganse Suid-Afrikaanse weermag. Dié manne was superfiks, bomenslik taai en het vir niks gestuit nie. Hulle het telkens hul lewens op die spel geplaas in die uitvoering van hoogs geheime operasies agter vyandelike linies.

Dekades lank is oor al dié hoogs geheime sendings geswyg. Nou, vir die eerste keer, openbaar die Recce's se groot generaals (waaronder die legendariese kol Jan Breytenbach) hoe hulle gestuur is om verskeie polities sensitiewe operasies uit te voer.

Daar word onthul hoe hulle in die doodsnikke van die apartheidsera gestuur is, en op die laaste oomblik verhoed is, om sleutel ANC-figure op te blaas. Hulle vertel van 1-Recce se betrokkenheid by die omstrede Grensoorlog en die bestaan van 'n hoogsgeheime "Eskadron" in die destydse Rhodesiese Weermag.

Ná jare van mites en geheimhouding gee dié boek 'n totaal nuwe blik op die Recce's en die werk wat hulle onsigbaar agter die skerms gedoen het.

30 Beste Bokke (Afrikaans, Paperback): Dawie Boonzaaier 30 Beste Bokke (Afrikaans, Paperback)
Dawie Boonzaaier
R370 R318 Discovery Miles 3 180 Save R52 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Wie is die beste Springbok van die moderne era?

Hoe kies jy tussen Bakkies Botha en Eben Etzebeth? Was Jaque Fourie of Lukhanyo Am die beste buitesenter? Moet Os du Randt of Beast Mtawarira jou skrum anker? Sou Juan Smith vir Pieter-Steph du Toit disnis duik? Soek jy Joost van der Westhuizen se skeppende spel, of Fourie du Preez se berekende skopvoet?

Hierdie vrae, en soveel meer word deur ’n gesaghebbende paneel van voormalige Bok-afrigters soos Carel du Plessis, Nick Mallett, Jake White en Peter de Villiers, asook van die land se top rugbyskrywers, in die Rapport 30 beste Bokke beantwoord. Die tydperk het ingesluit drie Wêreldbekers en Drienasies-titels, een Rugbykampioenskap-titel, ’n destydse wêreldrekord van 17 agtereenvolgende wedstryde sonder ’n nederlaag, en twee reeksseges oor die Britse en Ierse Leeus.

Dié boek stel ons voor aan die 30 beste Bokke. Dit bevat ook onderhoude, statistiek, foto’s en staaltjies uit die kleedkamer. Onmisbaar vir elke rugby-liefhebber.

Grietjie Se Loutering (Afrikaans, Paperback): Bettina Wyngaard Grietjie Se Loutering (Afrikaans, Paperback)
Bettina Wyngaard
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Grietjie se loutering is die aangrypende verhaal van ’n weduwee wat haar inkomste as tydelike huiswerker verdien in Grabouw. Sy sukkel om kop bo water te hou, maar haar geloof dra haar. Wanneer haar seun deur ’n provinsiale rugbyspan gewerf word, het die gesin hoop op ’n beter lewe.

Grietjie se geloof word getoets wanneer ’n tragedie die gesin tref.

“Ek weet wanneer ek eendag by die punt kom waar ek weer met die Here kan praat met vrymoedigheid, dan wag Hy vir my. En wanneer dit voel ek kan nie meer nie, dan dra Hy my. Maak nie saak wat ek verloor nie, ek het Hom altyd. Wat meer wil ek hê?”

Die Kerkseun (Afrikaans): Wiaan Janse van Rensburg Die Kerkseun (Afrikaans)
Wiaan Janse van Rensburg
bundle available
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Willem is ‘n eenkantkind. Sy pa, die formidabele dominee Riaan Cronjé, is die trots van Bijlstad se Moedergemeente. Sy woord is wet; dit bepaal dat Willem in sy voetspore sal volg en ook die kansel bestyg.

By die seunskool tel al die Bybelstudie egter vir niks. Daar is Willem omring deur ’n spul Filistyne wat die see nie kan skoon was nie; tieners met seks op die brein en ’n dialek wat die verf van die mure af laat dop.

Te midde ’n eensame uur in ‘n koffiewinkel, kom sit ’n aantreklike ouer vrou oorkant die kerkseun. Sonder om ’n woord te sê, neem sy ’n hap van sy beskuit, ’n sluk van sy koffie, en verdwyn so gou soos sy verskyn het.

Willem, te oorbluf om enige rooi vlaggies op te let, is natuurlik die volgende dag terug.

Sy ook.

BlitzBoks - Rugby Sevens In South Africa: A History, 1904-2019 (Afrikaans, Paperback): Hendrik Snyders BlitzBoks - Rugby Sevens In South Africa: A History, 1904-2019 (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Snyders 1
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) Ships in 6 - 11 working days

Rugby Sevens enjoys worldwide appeal thanks to ever-popular international events. The national sevens team, nicknamed the “Blitzboks”, next to the New Zealand All Blacks, is ranked one of the two leading teams in the rugby world.

Blitzboks is a pioneering publication since no similar publications on the history of sevens rugby in South Africa, Africa or the World has been published thus far. Blitzboks is a book for all rugby lovers, irrespective of age, sex, language, geographic location, class identity, race, religion, educational level or nationality.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Braaibroodjies En Burgers
Jan Braai Jan Braai Paperback  (1)
R430 R369 Discovery Miles 3 690
Is Alles Oraait Byrie Hys?
Bernie Fabing Paperback R255 R219 Discovery Miles 2 190
1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons…
Alexander Strachan Paperback R360 R309 Discovery Miles 3 090
Laat die Potte Prut
Via Paperback R350 R301 Discovery Miles 3 010
Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal
Hendrik Hancke Paperback R290 R232 Discovery Miles 2 320
Resepte
Suzellediy Suzellediy Paperback  (2)
R295 R231 Discovery Miles 2 310
Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te…
PJ Botha, Geo Botha Paperback R250 R215 Discovery Miles 2 150
Marinda Se Koskas
Marinda Engelbrecht Paperback  (1)
R299 R257 Discovery Miles 2 570
Landbou Boerekos: Die Beste Gebak
Arina du Plessis Paperback R390 R335 Discovery Miles 3 350
Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe
Rassie Erasmus, David O'Sullivan Paperback R350 R241 Discovery Miles 2 410

 

Partners