Willem is ‘n eenkantkind. Sy pa, die formidabele dominee Riaan Cronjé, is die
trots van Bijlstad se Moedergemeente. Sy woord is wet; dit bepaal dat Willem in sy
voetspore sal volg en ook die kansel bestyg.
By die seunskool tel al die Bybelstudie egter vir niks. Daar is Willem omring deur
’n spul Filistyne wat die see nie kan skoon was nie; tieners met seks op die brein en
’n dialek wat die verf van die mure af laat dop.
Te midde ’n eensame uur in ‘n koffiewinkel, kom sit ’n aantreklike ouer vrou
oorkant die kerkseun. Sonder om ’n woord te sê, neem sy ’n hap van sy beskuit, ’n
sluk van sy koffie, en verdwyn so gou soos sy verskyn het.
Willem, te oorbluf om enige rooi vlaggies op te let, is natuurlik die volgende dag
terug.
Sy ook.
General
Is the information for this product incomplete, wrong or inappropriate?
Let us know about it.
Does this product have an incorrect or missing image?
Send us a new image.
Is this product missing categories?
Add more categories.
Review This Product
No reviews yet - be the first to create one!