0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R100 - R250 (14)
  • R250 - R500 (18)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Heritage Month > Afrikaans

Braaibroodjies En Burgers (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Jan Braai Braaibroodjies En Burgers (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai Jan Braai 1
bundle available
R430 R369 Discovery Miles 3 690 Save R61 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Wie sou kon raai dat Jan en sy boeke wreldbekend sou word vir braai! Die braaikoning is terug met ’n splinternuwe boek en di keer ondergaan die nederige braaibroodjie ’n gedaantewisseling of twee.Vind liplekker hoender-, beesvleis-, vegetariese en veganistiese braaibroodjie- en burgerresepte wat jou gesin sal laat terugkom vir nog! En moenie dink Jan het van die suikertande vergeet nie, die boek bevat alles van soet tot sout, alles oor die vuur – dis mos nou lekker!

Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback): Bernie Fabing Is Alles Oraait Byrie Hys? (Afrikaans, Paperback)
Bernie Fabing
bundle available
R255 R219 Discovery Miles 2 190 Save R36 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die laanie Bernie Fabing by Vannie Kaap wil wiet: Is alles oraait byrie hys? Dis ’n bundel van hul mees popular memes en sluit oek nuwe eksklusiewe content in, wat nooit aanlyn sal verskyn nie.

Vannie Kaap is ’n plaaslike brand wat gewild geraak het toe hul inhoud op Facebook viral gaan. Vannie Kaap, gestig in 2015, se doel is om Kaapse kultuur te eer, maar dit het oek ’n movement geword om ander kulture oor die Cape Coloured se herkoms en taal te leer. Die deure vannie eerste Vannie Kaapwinkel het in 2017 oepgemaak en daar’s tans winkels innie V&A Waterfront, Cape Gate en Canal Walk.

“Is alles oraait byrie hys?” is die tagline wat gepaard gaan met die Vannie Kaap brand – aanlyn en op merchandise. En as jy nog nie van hulle gehoor het nie . . . raak wys!

1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons Krag (Afrikaans, Paperback): Alexander Strachan 1 Recce: Volume 3 - Onsigbaarheid Is Ons Krag (Afrikaans, Paperback)
Alexander Strachan
bundle available
R360 R309 Discovery Miles 3 090 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Slag van Cuito Cuanavale is al dekades lank 'n bron van hewige konflik en emosie, maar tot nou toe was min bekend oor die Recces se teenwoordigheid en impak tydens di omstrede gevegte.

In hierdie laaste boek van die spanningsvolle trilogie oor 1 Recce onthul Alexander Strachan, bekroonde skrywer en self 'n oud-Recce, meer oor die Recces se betrokkenheid daar.

Propvol spanning, adrenalien, hoogdrama en onvergeetlike vertellings deur oud-Recces wat di ervarings eerstehands beleef het.

Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback): Via Laat die Potte Prut (Afrikaans, Paperback)
Via
bundle available
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) In Stock

Die beste resepte van die gewilde potjiekosreeks op Via. Van eenvoudig tot deftig, goedkoop tot duur – maar altyd gesellig en watertand lekker. Resepte vir voor- en hoofgeregte, bykosse en selfs nageregte, alles op die vuur. Potjies soos geroomde mossels, volstruisnekkerrie, lamskenkel, waterblommetjiebredie en ’n uithaler sjokalade-toringkoek! Met ’n verskeidenheid brode, om die laaste lekseltjie sous op te skraap – dus mos nou lekker!

Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback): Hendrik Hancke Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Hancke
bundle available
R290 R232 Discovery Miles 2 320 Save R58 (20%) In Stock

Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink?

Met die Rugbywreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Schalk “Schalla” Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees.

As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is di boek vir jou!

Resepte (Afrikaans, Paperback): Suzellediy Suzellediy Resepte (Afrikaans, Paperback)
Suzellediy Suzellediy 2
bundle available
R295 R231 Discovery Miles 2 310 Save R64 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Welkom by Resepte! Hierdie boek se bladsye is propvol geliefkoosde resepte wat ek oor baie jare versamel en opgetower het; van my Ouma se ou klassieke resepte tot my eie skeppings wat almal gaan laat gons y oor jou volgende feesmaal!

Jy sal heerlike nageregte ontdek, maklike aandetes, asook prettige en smaaklike afdraaipaadjies van Suid-Afrikaanse gunstelinge (enigeen vir bobotieballetjies?), sowel as paar ongelooflike resepte deur spesiale gaste wat ook, ag, shame, so graag in die boek wou wees. Hierdie kookboek is vir almal! Al is jy bobaaskok of beginner; al weet jy kwalik hoe om mikrogolfoond te hanteer of dink dat jou maaltye altyd so bietjie verroes lyk: daar sal iets in hierdie kookboek wees vir jou.

Strik jou voorskoot aan, liewe mens! Dis tyd om jou eie kreatiwiteit te volg en die kombuis in gastronomiese betowering te omskep. DIY? Want almal kan!

Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback): Marinda Engelbrecht Marinda Se Koskas (Afrikaans, Paperback)
Marinda Engelbrecht 1
bundle available
R299 R257 Discovery Miles 2 570 Save R42 (14%) Ships in 4 - 8 working days

"Die resepte in hierdie boek het ek fyn uitgekies. Dit is kos wat k sien as onthoukos."

Marinda se koskas maak voorsiening vir ontbyt, sop en voorgeregte, brood en beskuit, slaai, seekos, vleis, groente, pasta en bygeregte, nageregte, terte, koeke en ander soetigheid. Lipleklekker kos wat jy in ’n japtrap kan berei sonder fieterjasies of vreemde bestanddele. Die resepte is in eenvoudige taal geskryf vir elke dag se gebruik, vir elke kosliefhebber. Nou kan jy die gewilde aanbieder van Marinda Kook op VIA, se eerste kookboek geniet.

Landbou Boerekos: Die Beste Gebak (Afrikaans, Paperback): Arina du Plessis Landbou Boerekos: Die Beste Gebak (Afrikaans, Paperback)
Arina du Plessis
bundle available
R390 R335 Discovery Miles 3 350 Save R55 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Bakresepte uit die gewildste kostydskrif,Landbou Boerekos. As jyalooit jououma se verlore gemmerkoekie-of skonresepgesoekhet,dan het jy dit gevind! Diboek bevat alles–groot laagkoeke, stroopkoeke, kaaskoeke, soutterte, kleinkoekies, beskuit, kolwyntjies,soet en soutbrode,warm poedings en Kersfeesgebak. Beslis 'n mt vir elkebakster, tuisteskeppernwerkende ma.

Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback): Rassie Erasmus, David O'Sullivan Rassie - Stories Oor Rugby En Die Lewe (Afrikaans, Paperback)
Rassie Erasmus, David O'Sullivan
bundle available
R350 R241 Discovery Miles 2 410 Save R109 (31%) Ships in 5 - 10 working days

Rassie Erasmus is al geniaal genoem. Hy is al roekeloos genoem. Nog sy lewe lank het hy dinge anders gedoen. Nou sal Rassie op sy kenmerkende openhartige manier gesels oor sy lewe vol voorspoed en tespoed, op en weg van die rugbyveld – as Springbokspeler, provinsiale afrigter, en as die hoofafrigter wat die nasionale span na die Rugbywreldbeker-sege in 2019 en ook in die aanloop tot 2023 se Wreldbeker gelei het.

Hy sal terugkyk op sy loopbaan as speler en afrigter, iemand wie se ingebore rugby-instink, vermo om ’n wedstryd anders te lees en aptyt vir harde werk hom nog altyd onderskei het, en gelei het tot omstredenheid en mislukking, maar ook dawerende sukses.

Rassie werk saam met die bekende joernalis David O’Sullivan om sy lewensverhaal te vertel. David is ’n bekroonde skrywer en omroeper.

Van Vaders En Vlugtelinge (Afrikaans, Paperback): S.J. Naude Van Vaders En Vlugtelinge (Afrikaans, Paperback)
S.J. Naude
bundle available
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Danil voer ’n trekvolbestaan tussen Londen en Kaapstad.

Wanneer sy bejaarde pa sterf, bevat di se testament ’n ongewone klousule: Danil sal slegs sy deel van die boedel erf indien hy besoek afl by sy neef Theon, op die ou familieplaas in die Vrystaat. Di besoek lei tot ’n ander reis – hy en sy neef neem ’n siek seuntjie na Tokio, met die hoop dat ’n nuwe soort behandeling die kind sal genees.

’n Aangrypende roman deur die bekroonde skrywer SJ Naud.

Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback): PJ Botha, Geo Botha Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback)
PJ Botha, Geo Botha
bundle available
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) In Stock

Wat is die geheime en strategie van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, n boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies?

In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansile adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.

Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Alb Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansile ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.

Help, Help - Stories (Afrikaans, English, Paperback): Nataniel Help, Help - Stories (Afrikaans, English, Paperback)
Nataniel
bundle available
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) In Stock

This collection consists of 29 stories – 5 in English, 24 in Afrikaans. Several of the stories have been adapted from stage productions over a period of three years: BUTTERFLY, LOVESICK TIM, MOSCOW, SIX IN A BOAT, DIE SMITSTRAAT SUITE, ROME ’62 and PASSI PASSIO.

Hierdie jongste versameling van Natanil bevat 29 stories – 5 in Engels, 24 in Afrikaans. Verskeie van die stukke is verwerk uit Natanil-produksies oor ’n periode van drie jaar: BUTTERFLY, LOVESICK TIM, MOSCOW, SIX IN A BOAT, DIE SMITSTRAAT SUITE, ROME ’62 en PASSI PASSIO.

Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback): Frenette van Wyk Die Woud Van Sneeu & Ys (Afrikaans, Paperback)
Frenette van Wyk
bundle available
R260 R224 Discovery Miles 2 240 Save R36 (14%) Ships in 7 - 11 working days

“ … Ons noem jou Mysti,” sê Ravka, “dit pas by jou ... dis misterieus en mooi.” Mysti word in die sneeu in Lapland wakker. Verkluim. Met geen idee wie sy is of waar presies sy is nie. Ravka ontferm hom oor haar. Hy en sy ma Tóva neem Mysti onder hulle vlerk terwyl sy haar geheue probeer herwin. Intussen help sy Ravka by die rendiersentrum in Menetetty om getraumatiseerde rendiere te versorg, en raak al liewer vir hom. Maar iets onverklaarbaar gebeur in die nag met haar. Haar lyf verander en vervorm. Sy verstaan nie wat met haar gebeur nie. Mysti besluit om die raad van ’n heks in die vervloekte Iselande woud te gaan opsoek – voor Ravka uitvind daar is iets fout met haar. Wanneer Mysti moet kies waar sy wil bly, daag Cosmo, iemand uit haar verlede, op. Hy het haar kom haal om terug te neem na die woud waar sy vandaan kom. Saam met hom onthou sy al meer wie sy is. Is Ravka regtig wie hy sê hy is? Wie is Ozymoz? En hoe pas die legende van Joulupukki by die raaisel in?

Die VLV-Kookboek - Resepte Van Toe & Nou (Afrikaans, Paperback): Vroue-Landbouvereniging van Kaapland Die VLV-Kookboek - Resepte Van Toe & Nou (Afrikaans, Paperback)
Vroue-Landbouvereniging van Kaapland
bundle available
R390 R335 Discovery Miles 3 350 Save R55 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Trakteer jou gesin op ou familiegunstelinge soos lewerkoekies, bobotie en skaapboud in die Toe-gedeelte en geniet weer die liplekker lekkerte van melktert, gemmerkoekies en gemmerbier.

As jou tyd beperk is, wend jou tot die kortpad- getoetste resepte in die Nou-gedeelte, soos 'n sjokoladekoek wat in slegs 7 minute gemaak word, en beproefde, gesonder geregte soos spinasiegebak, pampoenmuffins, bobotie met 'n appellaag en eiervrugslaai.

Sluitstuk (Afrikaans, Paperback): Johann Rossouw Sluitstuk (Afrikaans, Paperback)
Johann Rossouw
bundle available
R290 R227 Discovery Miles 2 270 Save R63 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Drie jaar n die dood van een van Afrikaans se grootste skrywers kom ’n Nederlandse vrou Suid-Afrika toe om navorsing vir ’n biografie oor sy lewe te doen. Sy besoek die skrywer se voormalige vakleerling om meer oor die enigmatiese figuur vas te stel – bykans dertig jaar nadat die twee mans se we pynlik geskei het.

Onder die priemende blik van die biograaf l die vakleerling, eens ’n aspirantskrywer en nou ’n Zen-monnik, sy lewe bloot in die bestek van een nag.

Wie was die groot skrywer werklik? Waarom was die impak van sy kluisenaarsbestaan en sy werk op die jong man so enorm? Hoekom het die skrywer hom na sy eensame sterfbed laat kom? Wat is die ware rede agter die Nederlander se biografie?

Sluitstuk is ’n elegiese roman oor verlange, verlies, wraak en versoening wat die roete na stilte en die skeppingsimpuls oopskryf.

Diensplig - Hoekom Stotter Ons Pa's So? (Afrikaans, Paperback): Anelia Heese Diensplig - Hoekom Stotter Ons Pa's So? (Afrikaans, Paperback)
Anelia Heese
bundle available
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

“Aan die einde van 12 weke se basiese opleiding moes al hierdie mans weet hoe om te skiet en baie moes bereid wees om dood te skiet.”

Anelia Heese hervertel die rou en soms skokkende stories van Suid-Afrikaanse mans wat in die 1970’s en 1980’s verplig is om weermagdiens te doen. In Diensplig praat van di mans, baie van hulle vir die eerste keer, openhartig oor hul ervaringe. Sy gesels met die bekroonde joernalis Murray La Vita, die skrywer Deon Lamprecht, genl.maj. Roland de Vries en talle ander oor hulle ondervindings in die weermag.

Die meeste dienspligtiges was eintlik maar nog seuns toe hulle gedwing is om aan te tree en hul hare onseremonieel afgeskeer is. Hulle praat hier eerlik oor onder meer die eerste kontak, die eerste keer toe iemand ’n makker verloor het, hoe sommige “terrie-ore” versamel het, oor patrollies in die townships, en die interne stryd wat dikwels agterna gevolg het.

Anelia vra soms ongemaklike vrae om haarself en ander — veral jonger — Suid-Afrikaners te help sin maak van diensplig en die nadraai daarvan. Soos wie nou eintlik die vyand was, en wat dit beteken om jou land te dien . . .

Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback): Ebbe Dommisse Fortuine - Die Wel En Wee Van Afrikaner-Magnate (Afrikaans, Paperback)
Ebbe Dommisse 1
bundle available
R340 R272 Discovery Miles 2 720 Save R68 (20%) Ships in 5 - 10 working days

’n Ongekende opkoms van Afrikaner-magnate het die Suid-Afrikaanse ekonomie die afgelope drie dekades gekenmerk. Dit is veral merkwaardig in die lig van die regering se omvattende program van swart ekonomiese bemagtiging.

Vandag ding talle van hulle internasionaal mee. Onder leiding van Koos Bekker het Naspers die Johannesburgse aandelebeurs begin domineer en is die mediagroep omvorm tot ’n internasionale beleggingshouergroep wat op e-handel en die internet fokus. Johann Rupert het Richemont in die naasgrootste groep in die mark vir luukse goedere gevestig, terwyl Christo Wiese en Whitey Basson onderskeidelik Pepkor en Shoprite tot Afrika se grootste kleinhandelgroepe in klerasie en voedsel uitgebou het.

Fortuine verduidelik hoe hierdie en ander sakeleiers, waaronder Jannie Mouton, Michiel le Roux, GT Ferreira, Laurie Dippenaar, Roelof Botha, Hendrik du Toit en ’n aantal megaboere, hul sakeryke tot stand gebring het. Dit beskryf hul lewens- en sakefilosofie en wat van hulle sulke suksesvolle entrepreneurs maak.

In onlangse tye het die ineenstorting van Steinhoff Internasionaal, die meubelhandelaar met Markus Jooste aan die stuur, ’n groot hap uit sommige van hierdie fortuine geneem. Jooste is die fokus van een van die hoofstukke, terwyl dit in ’n ander op die filantropiese projekte van hierdie superrykes val.

Minder As Water (Afrikaans, Paperback): Morne Malan Minder As Water (Afrikaans, Paperback)
Morne Malan
bundle available
R300 R234 Discovery Miles 2 340 Save R66 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Wat is ’n menselewe werd as jy minder as niks op jou naam het nie?

Toe die regering besluit om ’n yslike dam in die diep, dorre Noord-Kaap te bou, is die skrif teen die muur vir die vergete dorpie van Bitterwater. Inwoners het ’n jaar tyd om hul dorp te ontruim en voor die groot water uit te vlug.

Konstabel Cheslin Fielies is die een wat moet seker maak die hele storie gebeur betyds. Pas van die Cape Flats oorgeplaas, word hy gou in die dorpstories ingetrek: Hoekom verafsku die gemeenskap die drankwinkeleienaar Braam Pens so? Wat het Jan Boklam een nag in die dorpsdam sien gebeur? En spook dit regtig by die vervalle ou pastorie waar die Van Helsdingens probeer oorleef?

Terwyl hy van sy eie spoke vlug en die Bitterwaters van die sondvloed probeer red, is dit sy onverwagse vriendskap met die dominee se vrou, Miriam, wat die krake in Cheslin se damwal blootl. Want water is vergifnis, glo sy. Water is vergeet. Maar sommige geheime sal nie deur die vloed weggespoel word nie.

Minder as water is ’n meesleurende tragikomedie wat jou gaan roer, jou gaan laat lag en uiteindelik die vraag vra: Wat gebeur met die mens wanneer hy voor syeinde te staan kom?

Onbeskryflike Genade (Afrikaans, Paperback): Stefaans Coetzee Onbeskryflike Genade (Afrikaans, Paperback)
Stefaans Coetzee
bundle available
R275 R236 Discovery Miles 2 360 Save R39 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Stefaans Coetzee se pa was ’n alkoholis. Toe hy ses was, het sy ma hom kafee toe gestuur. Met sy terugkoms was sy weg. Van kleins af moes Stefaans veg vir aanvaarding en liefde, by die huis en in die kinderhuis.

Sy storie begin in die Vrystaat, loop deur donker dade in Worcester, via verskeie tronke, tot op Klerksdorp. Dit is die verhaal van ’n seun wat die heel ergste sou doen, vir aanvaarding.

Dit is ook ’n verhaal van hoop, genade, en tweede kanse. Dit wys dat enigeen kan verander. Jy ook.

Dwelm (Afrikaans, Paperback): Rudie van Rensburg Dwelm (Afrikaans, Paperback)
Rudie van Rensburg
bundle available
R365 R314 Discovery Miles 3 140 Save R51 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Twee gewese speurders word koelbloedig langs 'n plaasdam afgemaai. En Kassie en Rooi moet die moordsaak oorneem by 'n uitgedunde Paarlse speurspan wat al 'n week lank daarmee kleitrap.

Met die ooglopendste aspekte van die ondersoek reeds afgehandel, voel dit vir Kassie of hulle 'n saak erf waarvan die karkas klaar skoon gevreet is. Kassie bevraagteken egter die Paarliete se afleiding dat diefstal die motief vir die moorde was. Wanneer hy en Rooi ander moontlikhede ondersoek, begin dinge doller as kopaf raak.

Geraamtes uit die verlede, 'n oud-lid van die Brixtonse Moord en Roof-eenheid, 'n leier van 'n eens berugte tronkbende, en 'n swendelaar wat die grootste maatskappy-gekonkel sedert Steinhoff orkestreer, sorg vir talle vrae waarvan die Spookeenheid-speurders probeer sin maak. En sit daar dalk iemand anders agter die man wat die sneller getrek het?

Om sake vir Kassie te vererger, beleef hy 'n yslike persoonlike krisis wat hy nie weet h om te hanteer of op te los nie.

Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback): Ine Reynierse Low Carb Is Lekker (Afrikaans, Paperback)
Ine Reynierse 6
bundle available
R340 R266 Discovery Miles 2 660 Save R74 (22%) Ships in 5 - 10 working days

As jy 'n lae-koolhidraat, ho-vet leefstyl 'n bekostigbare 'n volhoubare werklikheid wil maak, sal jy mal wees oor die 178 lae-koolhidraat, graanvrye en suikervrye alternatiewe vir van ons land se geliefdste geregte.

Dit sluit gesinsvriendelike resepte in vir immergroen gunstelinge soos malvapoeding, beskuit en bevrore jogurt.

Die kleurfoto's en eenvoudige aanwysings sal jou oorgang na die leefstyl nie net makliker nie, maar ook lekkerder maak.

Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
bundle available
R450 R351 Discovery Miles 3 510 Save R99 (22%) Ships in 5 - 10 working days

Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.

As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!

Maalkolk (Afrikaans, Paperback): Marie Lotz Maalkolk (Afrikaans, Paperback)
Marie Lotz
bundle available
R340 R249 Discovery Miles 2 490 Save R91 (27%) Ships in 4 - 8 working days

’n Onskuldige man word in sy motorhuis met ’n jaggeweer doodgeskiet. ’n Jong vrou se lyk hang aan ’n boomtak diep in die Magaliesberg.

Speurder-kaptein Alek Strauss en sy span by die Fiskale Spesiale Ondersoekeenheid is verbysterd. Iewers is ’n moordenaar wat slu speletjies speel.

Intussen is adjudant-offisier Anele Vilakazi op die spoor van ’n boogskutter aan die Wildekus.

Sal kaptein Strauss en adjudant Vilakazi die skuldiges kan stuit, voor daar nog slagoffers geteiken word?

Diana Se Dag (Afrikaans, Paperback): Helene De Kock Diana Se Dag (Afrikaans, Paperback)
Helene De Kock
bundle available
R350 R301 Discovery Miles 3 010 Save R49 (14%) In Stock

Toemaar, jou dag sal kom . . .

​Dis die woorde wat Diana Botha, wynmaker van die spoglandgoed Soeterwijn, help om staande te bly en telkens weer die lewe met nuwe ywer aan te pak. As jong meisie erf sy die las vir ’n skande vir iets waaraan sy geen skuld het nie. Dit pla haar tot ’n studiebeurs haar help om haar passie vir wynmaak te laat ontluik.

Maar in die Boland leer sy opnuut dat vooroordeel steeds stewig in die mensdom sit.

Decima (Afrikaans, Paperback): Eben Venter Decima (Afrikaans, Paperback)
Eben Venter
bundle available
R290 R232 Discovery Miles 2 320 Save R58 (20%) Ships in 5 - 10 working days

In die Oos-Kaapse veld maak ’n skrywer haar in sy verbeelding staan: Vir Decima – ’n formidabele swartrenosterkoei. Haar dogter, Tandeka, is dragtig, en die handvol renosters sien uit na die kalf se koms in die lente. Maar vir Decima is daar vrees wat met elke volmaan in haar opwel. Sy kan steeds die gebeure onthou wat haar baie seisoene vantevore wees gelaat het.

Al werkend aan Decima se verhaal, is Eben. Hy vra: Hoe skryf mens oor hierdie dier as gevoelvolle wese? Deel van die storie is die verskillende karakters wat ’n impak op die lot van die renosters het: stropers, hul klinte, beoefenaars van tradisionele medisyne, ook die bewaarders. En tussendeur is daar Eben se brose ma wat in die land agtergebly het. Soos hy sy weg vind deur die bladsye van sy manuskrip, is dit die stem van Decima wat die suiwerste in sy gedagtes klink.

Eben Venter se boek kombineer outofiksie, fabel, ’n speurverhaal en die wetenskap, en is ’n dringende pleidooi vir die bewaring van een van die wreld se megaherbivore. Decima is ’n elegiese werk vir baie stemme waarin die skrywer die aard van verlies in sy vele gestaltes besing en besweer.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Vleis - Die Omvattende Gids
Annelien Pienaar Paperback R480 R349 Discovery Miles 3 490
Ons Skulde
P.P. Fourie Paperback R340 R292 Discovery Miles 2 920
1 Recce: Volume 2 - Agter Vyandelike…
Alexander Strachan Paperback R360 R309 Discovery Miles 3 090
1 Recce: Volume 1 - Die Nag Behoort Aan…
Alexander Strachan Paperback R360 R309 Discovery Miles 3 090
30 Beste Bokke
Dawie Boonzaaier Paperback R370 R318 Discovery Miles 3 180
Grietjie Se Loutering
Bettina Wyngaard Paperback R270 R232 Discovery Miles 2 320
Die Kerkseun
Wiaan Janse van Rensburg R290 R249 Discovery Miles 2 490
BlitzBoks - Rugby Sevens In South…
Hendrik Snyders Paperback  (1)
R10 R8 Discovery Miles 80
Meat - The Ultimate Guide
Annelien Pienaar Paperback  (1)
R480 R412 Discovery Miles 4 120
Imprisoned - The Experience Of A…
Sylvia Neame Paperback  (1)
R280 R219 Discovery Miles 2 190

 

Partners