![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Promotion > Clearance Sale > Afrikaans
Fisika, die metafisiese, en selfs wetenskapfiksie word verweef in Nou in infrarooi. Soos die titel suggereer, gaan dit hier oor dit wat sigbaar is versus dit wat nié deur blote sig waarneembaar is nie. Bestaande plekke – sommige naby en ander ver – word taktiel en ewokatief in reisgedigte uitgebeeld. Hiermee saam hang die verkenning van die onsigbare: van identiteit, ’n soeke na waar jy hoort, weemoed en liefde. ’n Debuutbundel wat bekroonde skrywer Tom Dreyer onomwonde as digter vestig.
In 2021, is Damian de Jong biesag mette boek oo serial killers. Hy
force homself ommie dae te onthou toe hy asse kind innie 90s oppie
sandduine gespeel. Die man wattie media ‘The Railway Ripper' noem,
het begin coloured boys doodmaak en begrawe in vlak grafte innie bosse
en sandduine rondomie Western Cape. Hy praat met ex-detective
Michelle Wakefield ma soe meer sy die feite vi Damian ytlê, soe minner
vestaan hy wat rêrag daityd gebeerit.
Hierdie woordeboek is ontwerp om jou te help om beter Afrikaans, indien jy n leerder van Afrikaans is, of beter Engels, indien jy n leerder van Engels is, te skryf en te praat. Dit bied ondersteuning in vier sleutelareas, soos hieronder aangetoon. This dictionary has been designed to help you write and speak better Afrikaans, if you are a learner of Afrikaans, or better English, if you are a learner of English. It offers support in four key areas, as shown below. Features: help leerders om die regte vertaling te kies; bied slegs dikwels gebruikte vertalings aan; wys hoe woorde werklik gebruik word; sluit nuwe woorde vanuit die hele kurrikulum in; helps learners choose the right translation; gives frequently used translations only; shows how words are really used; and includes new words from across the curriculum.
Hierdie lewendige boek stel kinders voor aan meer as 60 van die voëlgroepe wat in suider-Afrika te vind is: grasieuse flaminke, vinnige valke, juweel-agtige suikerbekkies, kordate neushoringvoëls en vele meer. Leer hoe om verskillende voëls te identifiseer en ontdek meer oor hul gedrag – hoe hulle kos soek, ’n maat kies, ’n nes bou, kuikens grootmaak en roofdiere vermy. ’n Volledige inleiding verduidelik konsepte soos hofmakery, migrasie en ververing. Meer as 500 treffende foto’s is ingesluit, waarvan baie aantekeninge het om interessante eienskappe aan te toon.
Unlock the chest and discover the wonderful world of treasure cove stories. These timeless books will nurture a child’s imagination and help develop a lifelong love of reading.
Wanneer Mosela se stat vernietig word deur wreedaardige seerowerpikkewyne, moet sy ’n gevaarlike reis aandurf om die Muiskoning te waarsku. Sy moet die Uitverkorene vind wat bestem is om Rodentia te red. Khova, die magtige Toweruil, het al die regte kenmerke. Daar's net een probleem: Khova is die irriterendste, mees arrogante dier wat Mosela nog ooit ontmoet het! Sal hulle die koninkryke kan oortuig om saam te staan teen die vyand?
Hierdie boek is DEEL 2 van ‘n STEL van 2 Lewenswetenskappe-gidse wat die Graad 12 KABV-kurrikulum wat in 2014 geimplementeer is, breedvoerig dek. Dit bevat die 2 Kennisvelde wat in VRAESTEL II van die eksterne Nasionale finale eksamen geeksamineer word: Lewe op die Molekulere, Sellulere en Weefselvlak en Diversiteit, Verandering en Kontinuiteit. Beide DEEL 1 en DEEL 2 Graad 12 studiegidse bied: Breedvoerige NOTAS per module, Vrae en ‘Snelvure’ per module en Gedetailleerde memo’sHierdie 3 in 1 studiegidse spreek tot leerders van alle vermoens en leerstyle. Dit verskaf duidelike, nuut-nagevorsde notas en kolpuntlys-opsommings. Duidelike diagramme verbeter die leerproses en vergemaklik begrip van uitdagende onderwerpe. Vakmateriaal is in kleiner dele opgebreek en praktiese wenke word deurgaans gegee. Die ‘Snelvuurvrae’ aan die einde van elke module toets en bevorder konsolidering van noodsaaklike terminologie. ‘n Wye reeks vrae en antwoorde berei leerders vir hul finale eksamens voor. Deur reg deur die jaar, sistematies deur die vakmateriaal te werk, word die leerder in staat gestel om in hierdie vak te presteer.
X-kit Presteer Letterkunde Studiegidse maak die nasionale voorgeskrewe romans, dramas, kortverhale en gedigte meer toeganklik vir leerders. Dit verskaf kontekstuele inligting, karakterbeskrywings, volledige ontleding van temas, asook spesifieke eksamenriglyne.
In 'n samelewing waar fronte voorgehou word en ons soos almal wil wees
om in te pas, is dit tyd om ontslae te raak van die behoefte om jou met
ander te vergelyk en aan ander se eise te voldoen.
Die Oxford storieboom is 'n opwindende aanvangsleesreeks waarin daar van die standpunt uitgegaan word dat selfs leerders wat nog nie gereed is om simbole te interpreteer nie, wel belangstel in stories en hierdie stories kan interpreteer en weergee. Die reeks maak gebruik van 'n holistiese taalbenadering en is so gestruktureer dat alle leerders daardeur gestimuleer word. Die boekies bevorder kinders se bewustheid van ritme en rym en help hulle om klankvaardighede te ontwikkel.
Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek. Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake, hersieningstoetse en eksamens.
Ontdek die betowerende wêreld van limericke saam met Philip de Vos en
Piet Grobler in hierdie splinternuwe bundel! Laat jou verbeelding
bokspring terwyl jy deur die kleurryke bladsye blaai wat vol grappige,
soms tong-in-die-kies avonture en vrolike verse is.
Henk kan nie wag vir die kriekettoer om te begin nie. Wat kan nou lekkerder wees as om saam met jou vriende die land plat te toer en die een krieketwedstryd na die ander te speel! Maar van die begin af is dit duidelik dat hierdie nie ‘n gewone toer gaan wees nie. Wie probeer by die span se bussie inbreek? Is daar regtig iemand wat snags in die koshuisgange rondsluip, of is dit Henk se verbeelding? Kort voor lank lyk dit of die kriekettoer in ‘n nagmerrie gaan ontaard... Agterin die KABV-goedgekeurde skooluitgawe van hierdie gewilde boek verskyn opsommings, opwindende, uitdagende pre- en postlees-aktiwiteite en volledig uitgewerkte vrae en antwoorde wat aan die KABV-riglyne voldoen.
Wanneer Bilbo Baalens uit sy gerieflike hobbitgat weggevoer word deur Ghandalf die towenaar en dertien vrypostige dwerge, word hy onverwags meegesleur in ’n samesweerdery om die dwerge se verlore skatte terug te steel by Smaug die Vreeslike: ’n reusagtige en baie gevaarlike draak … Die hobbit is al vir tagtig jaar lank een van die mees geliefde fantasieverhale ter wereld en word met reg as ’n klassieke werk beskou.
Die Prins-egpaar aanvaar die jong Delmarie Kemp met ope arms nadat sy in haar matriekjaar wees gelaat word. Sy word deel van hul familie en doen alles in haar vermoë om eendag onafhanklik te wees. Waarmee sy egter nie tred hou nie, is die feit dat die hart hom nie laat voorskryf nie. Deur die loop van jare het die Prins-boeties ontwikkel in aantreklike, selfversekerde jong mans, en tydens ’n gesinsvakansie by die see ontdek Delmarie dat sy in diep-diep moeilikheid is. Dit is immers een van haar “broers” teen wie sy haar hart moet staal, en sy moet probeer kophou om nie die grense van haar aanneemfamilie se lojaliteit te oorskry en hul vertroue in haar te skaad nie. Want hoe sal sy haar tweede stel ouers teleurstel as sy vir hulle moet vertel wat in haar hart brand? Veral as die gevoelens vir iemand is wat, deur die wêreld en haar aanneemouers gesien, veronderstel is om haar broer te wees? ’n Broer wat dit ook telkemale duidelik gemaak het dat hy haar nie in die familie wil hê nie!
In die laaste boek in die gewilde trilogie begin Lehandi se matriekjaar slegter as ’n rugbywedstryd wat uitgereen het. Haar ma is verloof en Prissie die Vissie is saam met haar strooimeisie. En dit terwyl Lehandi alweer single is. Boonop het die nerd Peyton van vakansie af teruggekom met spiere en kontaklense. En alles verander skielik handomkeer, 180 grade in die verkeerde rigting, wanneer haar vorige BFF Reqita weer terugstap in haar lewe in.
Sy liefde is soos die eerste lenteblom. Mia se gunstelingmens is haar ouma en haar gunstelingplek is haar ouma se blommewinkel, Die geel katstert. Daarom sal sy enigiets doen om te verhoed dat die nuwe indringer, sexy Emil Mühlbacher, die plek toemaak. Hy kan dreig, skreeu, vlei; niks gaan haar oortuig nie. Sy is bestand teen mans met geheime ná Jacques se verraad. Emil is wel nie 'n hartelose sakeman nie; hy het ʼn sagte kant maar ʼn troebel verlede. Hy het nie per toeval in dié pragtige dorpie kom bly nie. Mia moet ʼn plan maak om die winkel te red én sy moet haar hart beskerm. Hoe moeilik kan dit nou wees? Die verhaal handel oor hoe gemeenskappe in klein dorpies laer trek wanneer daar moeilikheid is. Die bykarakters is heerlik driedimensioneel, wat sorg vir ʼn genotvolle leeservaring.
Het jy senuwees van staal? Is jy nie bang om laatnag alleen in die bed te le en lees terwyl die wind buite waai en die takke teen jou ruite krap nie? Skrik jy nie vir stories oor gedaantes wat snags in die donker rondsluip nie? Dan is hierdie net die boek vir jou! Hierdie splinternuwe versameling bevat nog 13 verhale wat jou bloed yskoud sal laat word. So, maak toe die vensters, klim in jou bed... en maak gereed om die gedaantes te ontmoet wat snags in die donker ronddwaal.
Twee broers, seuns van ’n skatryk volstruisboer, wil vir beeldskone Margaretha hê. Sy kies Michael, die erfgenaam, en John gaan veg in die Boereoorlog. Later stort die veremark in duie en hulle is bankrot. Margaretha kry die geleentheid om te wys dat sy nie net ’n mooi gesig het nie.
Die storie van Jono, die alleenloper-visserman, wat een dag ‘n wonderwerk vang. Jono is ’n alleenloper-visserman wat met harde werk sy skuld moet terugbetaal. Uncle Mike is ’n fabriekbaas wat worstel om kop bo water te hou. Die Baai is ’n klein plekkie waarvan die inwoners al vir generasies op dieselfde manier hengel. En nou’s daar nie meer vis nie. Wanneer uitlanders met reuse vissersbote opdaag, steier dié eenvoudige gemeenskap onder die fratsgolwe van ’n veranderende wêreld. Hoe gaan die Baai dit oorleef? Maar die seun het ’n sonderlinge talent: hy kan die visse se gedagtes hoor. En in die dieptes skuil ’n groot geheim, iets wat slegs Jono met sy lyn kan uitkatrol… |
You may like...
|