0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
Price
  • R100 - R250 (8)
  • R250 - R500 (6)
  • R500+ (1)
  • -
Status
Format
Author / Contributor
Publisher

Books > Promotion > Father's Day > Afrikaans

Koors (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Koors (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 4
R365 R179 Discovery Miles 1 790 Save R186 (51%) In Stock

Die Koors het byna almal gevat. Maar nie dertien jaar oue Nico Storm en sy pa, Willem, nie.

Deur ’n Suid-Afrikaanse landskap feitlik sonder mense, met al hoe minder blikkieskos in die verlate winkels, Koeberg-bestraling in die Wes-Kaap en al hoe meer moorddadige hondebendes – én mensebendes – swerf Nico en sy pa, op soek na ’n plek om die samelewing weer te vestig.

Wanneer hulle dit eindelik sover het by die ou Vanderkloof – nou Amanzi – met ’n groepie swerflinge wat saam van voor af wil begin, steek al die ou sondes van die mensdom kop uit. Gou is Amanzi op geloofs- en politieke lyne verdeel, en verdediging teen die swaar gewapende motorfietsbendes wat dwarsoor Suid-Afrika plunder en moor raak al hoe moeiliker. En wat van die geheimsinnige, yskoue Domingo, wat by Amanzi aangery kom op ’n motorfiets van sy eie en spoedig as paramilitêre leier ontpop – kan hý ooit vertrou word?

Dis nie lank nie, of moord kom inderdaad ook na Amanzi …

In Koors vertel die volwasse Nico Storm die verhaal van die moord op sy pa. Dit is ’n aksiebelaaide nuwe rigting vir Deon Meyer, met al die aspekte wat lesers van sy spanningsfiksie verwag en nog vele nuwe lekkertes daarby.

Op Die Spoor Van Die Stasiemoordenaar (Afrikaans, Paperback): Julian Jansen Op Die Spoor Van Die Stasiemoordenaar (Afrikaans, Paperback)
Julian Jansen
R330 R249 Discovery Miles 2 490 Save R81 (25%) Ships in 5 - 10 working days

Vir agt jaar het die sogenaamde Stasiemoordenaar die Kaapse Vlakte in sy greep gehou – van 1986 tot 1994 verdwyn 22 jong seuns spoorloos en die gemeenskap leef in vrees. Sommige van die seuns se liggame word later gevind, begrawe in vlak grafte in bosse en
sandduine, met hulle hande agter hul rûe gebind. Meeste van die misdade is egter nooit opgelos nie en talle ouers soek steeds na die waarheid.

Norman Simons, ’n laerskoolonderwyser, is in hegtenis geneem, maar is in 1995 slegs skuldig bevind aan een van die moorde. Ná 28 jaar van gevangenisstraf is Simons op parool vrygelaat in 2023, met talle onbeantwoorde vrae. Waarom het ooggetuies destyds ’n ander
man beskryf? Aan wie behoort die DNA wat op tonele gevind is?

Die gesoute joernalis en skrywer, Julian Jansen, volg die spoor van die Stasiemoordenaar en ondersoek hierdie donker raaisel wat steeds by die families en gemeenskap spook.

Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback): Herman Lensing Herman se Tafel (Afrikaans, Paperback)
Herman Lensing
R420 R210 Discovery Miles 2 100 Save R210 (50%) In Stock

Vir hom begin alles met ’n besluit: Om mense te nooi vir ete. En dan kom die groot beplanning: die datum, die gaste, die tema en dekor en laaste – maar seker die belangrikste – die spyskaart.

In Herman se tafel bied Herman Lensing tien unieke spyskaarte, elkeen geskoei op ’n tema waarby al die gange – voorgereg, hoofgereg, nagereg en meer – pas. Die keurige geregte in hierdie boek is saamgestel met kundigheid en styl, maar is deurgaans gebruikersvriendelik en aanloklik. Daar is ou Suid-Afrikaanse bekendes, maar ook Italiaanse pastas en ’n Franse nagereg of twee; disse waarin vars kruie die kollig steel, kuierkos vir lank eet, afshow-geregte om jou gaste te beïndruk en ja, selfs happies vir honde. En dan wys hy jou ook hoe om jou tafel te dek: óf met uitspattighede, óf met dit wat jy reeds in jou huis het. Vir Herman is die etenstafel die kern van die huis en van saamwees – van bande versterk en van vriendskappe smee – en ’n simbool van alles wat mooi en goed is. Met hierdie boek nooi Herman jou uit om fees te vier, om moeite te doen, om die lewe te vier en om groot – dog moeiteloos – te kook.

Leo (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer Leo (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer 3
R375 R175 Discovery Miles 1 750 Save R200 (53%) In Stock

'n Student se dood in die berg by Stellenbosch lyk verdag. 'n Oud-recce vermoor as 'n boodskap. Aan iemand: Hou julle bekke. 'n Korrupte politikus se lyk in die sandkuil van Arabella se sestiende putjie. Met 'n onontsyferbare kode daarby. 'n Mooi veldgids, gewerf as 'n heuningwip vir die grootste dollar-rooftog in die land se geskiedenis. En staatskapers wat elkeen van die ondersoeke saboteer.

Jy't 'n koel kop nodig om dit alles te ontrafel, om die enorme druk te kan hanteer. Jy moet kalm en gefokus en nugter wees. Maar Bennie Griessel se kop is nie koel nie. Hy's bedruk. Bekommerd. Bevrees. Want op 12 Junie moet hy trou, 'n datum wat op hom afkom soos 'n sneltrein. En hy's glad nie reg vir dié ding nie. Dis 'n resep vir 'n ramp.

Griessel en Cupido is terug. Hier kom moeilikheid, GROOT moeilikheid.

Van Oekraine Tot Iran - Reisverhale Met 'n Lag En 'n Traan (Afrikaans, Paperback): Evert Buurman Van Oekraine Tot Iran - Reisverhale Met 'n Lag En 'n Traan (Afrikaans, Paperback)
Evert Buurman
R275 R225 Discovery Miles 2 250 Save R50 (18%) Ships in 5 - 10 working days

Van Oekraïne tot Iran is 'n kort verhaalbundel wat saamgestel is uit 'n keur van talle reisverhale en ervarings wat deur die skrywer, Evert Buurman, oor jare van herwaarts en derwaarts reis neergeskryf en opgeteken is.

In hierdie bundel verskyn staaltjies en annekdotes van veral ervarings in moeiliker begaanbare gebiede en bestemmings. Die verhale dek hoofsaaklik die gebied rondom die Swart See en verder suid na die Midde-Ooste en uiteindelik Iran.

Die verhale in hierdie bundel spruit uit die skrywer se voorliefde vir geskiedenis en argeologie en reise wat onderneem is vir doeleindes van navorsing oor die oudste strata van die mensdom se geskiedenis

Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover): Johan Bergh Paul Kruger - Toesprake En Korrespondensie Van 1881-1900 (Afrikaans, Hardcover)
Johan Bergh 3
R380 R229 Discovery Miles 2 290 Save R151 (40%) In Stock

Paul Kruger: Toesprake en korrespondensie van 1881–1900 probeer om die klem te plaas op minder bekende briefwisseling en optredes van Kruger om sodoende ’n verteenwoordigende beeld van staatspresident Kruger se werksaamhede en standpunte aan te bied. Die teks is deeglik toegelig met ophelderende voetnote. Verder is ’n algemene inleiding, agtergrondsinligting en -ontleding verskaf by elke toepaslike breër tydperk in Kruger se lewe tot 1900.

Die beeld wat van Kruger na vore kom uit ’n deeglike ontleding van veral sy minder bekende korrespondensie en toesprake, verskil dikwels ingrypend van dit wat oor ’n lang tydperk in publikasies oor hom aangebied is. Hierdie publikasie vervul daarom ’n belangrike behoefte: Dit stel die leser in staat om regstreeks deur die lees en bestudering van Kruger se standpunte tot eie en nuwe gevolgtrekkings te kom.

Ten Slotte (Afrikaans, Paperback): Eben Etzebeth Ten Slotte (Afrikaans, Paperback)
Eben Etzebeth
R380 R275 Discovery Miles 2 750 Save R105 (28%) In Stock

Eben Etzebeth is tans die speler wat al die meeste toetswedstryde in die Suid-Afrikaanse rugbygeskiedenis gespeel het. Op die veld word hierdie ellelange slot se intelligensie, energie en aggressie gevrees, gerespekteer en dikwels nageboots – maar hy bly ongeëwenaard. 
 
Hy is lid van die Springbokke se senior leierskapsgroep, en speel ’n deurslaggewende rol in ’n ongelooflik suksesverhaal wat twee agtereenvolgende Wêreldbekers insluit, asook die span se posisie boaan die wêreldranglys die afgelope twee jaar. 

In hierdie eerlike en onderhoudende vertelling beskryf Eben van die vernaamste faktore vir sy buitengewone sukses, en hoe hy gefokus bly – op en van die veld af. Van sy beskeie kinderjare in Goodwood – ’n voorstad van Kaapstad waar niks maklik kom nie – regdeur sy vroeë klubloopbaan, tot by sy swaar verdiende plek in die Suid-Afrikaanse nasionale span, vertel Ten slotte die verhaal van ’n merkwaardige sportloopbaan.

Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback): Hendrik Hancke Onkant - 'n Rugbyliefdesverhaal (Afrikaans, Paperback)
Hendrik Hancke
R295 R277 Discovery Miles 2 770 Save R18 (6%) In Stock

Het jy al ooit gewonder hoe dit moet voel om vir die Springbokke gekies te word of hoe 50 000 ekstatiese ondersteuners op die pawiljoen klink?

Met die Rugbywêreldbeker om die draai, het Hendrik Hancke die land deurkruis om met oud-Springbokke en ander rolspelers, insluitend breiers en’n skeidsregter, te gesels oor hul liefde vir rugby. Hulle deel oomblikke in die kleedkamer, persoonlike oorwinnings en voorheen ongepubliseerde stories oor wat van die veld af en op toer gebeur.

Schalk “Schalla” Brits verduidelik waarom dit so noodsaaklik vir ’n Springbok is om ’n spanspeler te wees, terwyl Gcobani Bobo aangrypend vertel van sy reis met rugby van King Williamstown tot Nieu-Seeland. Frik du Preez verklap weer hoe hy en ’n voormalige Nobelpryswenner mekaar gevind het oor hul gedeelde afkeer van Brusselse spruite en Jean de Villiers gesels oor die hoogtepunte en uitdagings van Springbok-kaptein wees.

As jy Saterdagmiddae kliphard vir die televisie skree of op die sypaadjie sal slaap vir ’n kaartjie na ’n groot wedstryd, dan is dié boek vir jou!

Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback): PJ Botha, Geo Botha Word Ryk, Bly Ryk - Hoe Om Welvaart Te Skep En Bestuur (Afrikaans, Paperback)
PJ Botha, Geo Botha
R260 R244 Discovery Miles 2 440 Save R16 (6%) In Stock

Wat is die geheime en strategieë van die uitgelese groep wat welvaart skep, hetsy as entrepreneurs, professioneles of salaristrekkers, én boonop daarin slaag om hul geld te laat groei, te geniet en oor te dra na komende generasies?

In Word ryk, bly ryk help Geo en PJ Botha, onafhanklike finansiële adviseurs en medeaanbieders van kykNET se gewilde Welvaartskeppers, gewone Suid-Afrikaners om geld te maak in ’n uitdagende omgewing en dit te laat groei. Hulle begelei jou op jou reis na rykdom en die vrugte daarvan.

Suksesstories van entrepreneurs soos Michael Jordaan, Albé Geldenhuys en Whitey Basson sal jou ’n kopskuif help maak om geleenthede raak te sien in moeilike ekonomiese omstandighede. Die skrywers se maklik verstaanbare finansiële ekspertadvies, gemik op die kweek van goeie gewoontes, rig jou fokus en ondersteun jou op jou welvaartreis.

Biltong En Dior - Avonture Van 'n Afrikaanse Fransman (Afrikaans, Paperback): Louis Jansen van Vuuren Biltong En Dior - Avonture Van 'n Afrikaanse Fransman (Afrikaans, Paperback)
Louis Jansen van Vuuren
R320 R245 Discovery Miles 2 450 Save R75 (23%) In Stock

As grootoog seun in die ou Oos-Transvaal het Louis Jansen van Vuuren nooit kon dink dat hy eendag die Franse kunswerke in ’n ensiklopie in sy pa se studeerkamer in lewende lywe sou sien nie, wat nog te sê dat hy ’n château in die Franse platteland sou besit.

Louis se liefde vir alles wat Frans is, is so aansteeklik dat ’n rits ander Suid-Afrikaners die afgelope paar jaar ook blyplekke in die Boussac-omgewing gekoop het. In Biltong en Dior deel hy kostelike vertellings oor hoe inkommers in ’n vreemde land met ’n haas onleerbare taal en eiesoortige gewoontes moet oorleef.

Hulle tel baie op oor Franse styl en kultuur, maar die Franse leer ook iets oor Suid-Afrikaners se onblusbare ondernemingsgees en gasvryheid. Sy stories word verryk met boeiende brokkies oor die Franse geskiedenis, taal en kultuur.

Uiteindelik gee hierdie Afrikaanse Fransman se lewe in die vreemde gee hom ook ’n nuwe waardering vir dit wat hom uniek en trots Suid-Afrikaans maak.

Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover): Jan Braai Atmosvuur (Afrikaans, Hardcover)
Jan Braai
R620 R541 Discovery Miles 5 410 Save R79 (13%) Ships in 5 - 10 working days

Hierdie boek is ’n universele gids oor alles wat Jan Braai tans oor braai weet. Dit is ’n viering van hierdie wonderlike Suid-Afrikaanse tradisie waaraan 15–20 miljoen Suid-Afrikaners elke jaar op 24 September op Nasionale Braaidag deelneem. Om hierdie kulturele gebeurtenis se 20ste herdenking te vier het Jan Braai meer as 200 resepte bymekaargesit wat oor ’n houtvuur gaargemaak en daar langsaan geniet kan word.

Die boek is in 20 hoofstukke verdeel en sluit resepte in vir tradisionele gunstelinge soos klassieke potjies, steaks, burgers en ribbetjies, tot minder konvensionele geregte wat op die braai voorberei word, soos pasta, pizza, slaai en nagereg. Elke gereg is smaaklik en die meegaande fotografie sal jou mond laat water en jou familie en vriende geesdriftig op ’n samekoms langs die vuur laat aandring terwyl jy jou braaivaardighede ten toon stel. Jan Braai se duidelike instruksies en nugter houding teenoor die braaikuns sal verseker dat selfs groentjiebraaiers hierdie resepte maklik baasraak.

Daar is iets vir almal in hierdie boek, en die maklik verkrygbare bestanddele beteken dis verspot maklik om die maaltye saam te stel, aangesien die meeste items waarskynlik reeds byderhand is, of met min moeite of ’n vinnige rit na die supermark in die hande gekry kan word.

Ook beskikbaar in Engels, as 'Atmosfire'.

7 Dae (Afrikaans, Paperback): Deon Meyer 7 Dae (Afrikaans, Paperback)
Deon Meyer
R365 R326 Discovery Miles 3 260 Save R39 (11%) In Stock

Ek sal elke dag 'n poliesman skiet, tot julle die moordenaar van Hanneke Sloet aankla. So lui die dreigbrief aan die SAPS. En dan begin die jagtog. Bennie Griessel is die een wat die dossier moet heropen. Die saak is 40 dae oud, die spoor is koud. Daar's geen motief nie, geen leidrade nie, net 'n reeks naakfoto's, 'n hoogs ingewikkelde saketransaksie, en onmenslike druk van topbestuur, die media en die meedoenlose, onpeilbare sluipskutter. En deur dit alles moet Griessel sy nuwe vriendin, die sangeres Alexa Barnard, weghou van die bottel voor haar groot terugkeer-konsert, sy seun keer om nie skandes te maak nie, sy kollegas weerhou daarvan om die ondersoek te kelder, en sy eie, verterende lus vir die helende kragte van drank in toom probeer hou. Sewe dae van hel.

Vegetaries (Afrikaans, Paperback): Jan Braai Vegetaries (Afrikaans, Paperback)
Jan Braai
R420 R375 Discovery Miles 3 750 Save R45 (11%) Ships in 5 - 10 working days

'n Versameling van Jan se beste vegetariese resepte en nog baie nuwe kinkels, alles op die vuur. As jy iets soek vir vleislose Maandag, jou nuwe vegetariese skoondogter moet onthaal, of die kleinkinders moet kosgee - is daar geen rede waarom jy nie kan braai nie. Met Jan se liplekker braaibroodtjies, potjies, kerrie, brode, burgers tot poedings sal selfs die vleiseters terugkom vir nog 'n skeppie!

Met My Honde - 'n Suid-Afrikaner Se Vlug Uit Oekraïne (Afrikaans, Paperback): Kobus Olivier, Hilda van Dyk Met My Honde - 'n Suid-Afrikaner Se Vlug Uit Oekraïne (Afrikaans, Paperback)
Kobus Olivier, Hilda van Dyk
R295 R264 Discovery Miles 2 640 Save R31 (11%) In Stock

Toe die eerste bomme op Februarie 2022 Kijif aan flarde skiet, was Kobus Olivier gereed. Maar om te vlug was bloot nie ’n opsie nie – wat sou van sy vier geliefde honde word?

In Met my honde word Kobus en sy vier brakke se verhaal vertel.

Die angswekkende nagte terwyl bomme om hul neerreën, die verhaal van onvoorwaardelike liefde tussen mens en dier, en hoe jy selfs tydens ’n oorlog op die hulp van vreemdelinge kan staatmaak.

Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover): Jamie Purviance Weber Braai Bybel (Afrikaans, Hardcover)
Jamie Purviance
R500 R384 Discovery Miles 3 840 Save R116 (23%) Ships in 5 - 10 working days

Weber Braai Bybel is ’n alles-in-een meestersklas oor elke aspek van die gewilde ketelbraai. Of jy nou met gas of houtskool kook, sal hierdie omvattende gids alles dek wat die ywerige eienaar van ’n ketelbraai behoort te weet.

Leer hoe om die perfekte steak of ribbetjies gaar te maak, om ’n lamsbeen oop te vlek, om hoenderboudjies en –vlerkies te braai sonder om dit te verbrand, en hoe om ’n kalkoen te berook. Daar is wenke en goeie idees wat die geheime van ’n suksesvolle braai sal onthul, terwyl hoofstukke oor marinades, geurmiddels en souse jou sal inspireer om jou eie kenmerkende smake saam te stel. Van sosati es, tjops en burgers tot meer ingewikkelde spitbraaie, geroosterde groente, pizza oor die kole en piesang-s’mores, is hierdie boek propvol resepte vir braai regdeur die jaar.

As braai deel is van jou leefstyl en jy jou buitemuurse kookvernuf wil verbeter, hoef jy nie verder as die Weber Braai Bybel te soek nie!

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Argylle
Elly Conway Paperback R380 R300 Discovery Miles 3 000
Once I Was A Soldier
Daniel Kemp Hardcover R1,141 R989 Discovery Miles 9 890
Midnight Black
Mark Greaney Paperback R305 R225 Discovery Miles 2 250
Damascus Station
David Mccloskey Paperback R295 R264 Discovery Miles 2 640
An Eye For An Eye
Jeffrey Archer Hardcover R637 R564 Discovery Miles 5 640
The Black Art of Killing - The most…
Matthew Hall Hardcover  (1)
R457 R423 Discovery Miles 4 230
Suspects
Danielle Steel Paperback  (3)
R401 Discovery Miles 4 010
Beneath the Purple Dawn
Brett Andrew Strange Hardcover R597 R551 Discovery Miles 5 510
Prelude To A Certain Midnight
Gerald Kersh Hardcover R351 R323 Discovery Miles 3 230
A Duty Of Care
Gerald Seymour Paperback R440 R393 Discovery Miles 3 930

 

Partners