![]() |
Welcome to Loot.co.za!
Sign in / Register |Wishlists & Gift Vouchers |Help | Advanced search
|
Your cart is empty |
||
|
Books > Academic & Education > Primary & Secondary Education > Grade 12 > Afrikaans
Die Klasgids - Hoërskool is ’n Afrikaans vaktydskrif vir enige iemand
wat belang het by Afrikaans in die klaskamer van Graad 8-12. Dit dien
as ondersteunende en verrykende materiaal vir onderwysers, leerders,
mense wat Afrikaans ekstra klasse aanbied, onderwysstudente, ensovoorts.
Hierdie boek is ideaal vir onderwysers en ouers! Onderwysers sal die
tekste in die klaskamer kan gebruik omdat daar meer as 50 tekste in ’n
verskeidenheid afdelings is, soos begripstoetse, visuele tekste,
luistertoetse en opsommings. Ouers kan ook die boek vir kinders aankoop
– dit is uitstekend vir addisionele materiaal en vir gebruik in
tuisskool.
Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer
en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Eerste
Addisionele Taal Graad 10-12 ideaal maak: Dit is ’n taalhersieningsboek
vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal met oefeninge vir taalstrukture
en -konvensies. Daar is hersieningsoefeninge van die volgende
taalaspekte: woordeskat-uitbreiding, woordkeuses, sinsbou, spelling en
punktuasie. Die hersieningsvrae is ook in noue samehang met die
Nasionale Eksamenvraestel 1 vir Afrikaans Eerste Addisionele Taal (NSS
en IEB) opgestel.
• Vir graad 8 tot 12 en verder.
Best Books Studiewerkgids: Verskuns vir Eerste Addisionele Taal Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe poësiebloemlesing? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, die voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die poësiebloemlesing word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die poësiebloemlesing verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids • Inleiding tot poësie. • Bespreking van elke poëtiese begrip wat in die gedigte voorkom. • Gedigontledings volgens poëtiese begrippe en uiteensetting van die gedig. • Kontekstuele vrae oor elke gedig. • Taalverrykingsaktiwiteite by sommige gedigte. • Engelse vertalings van elke gedig in die poësiebloemlesing. • Ses konsepvraestelle om leerders se kennis te toets en vir eksamens voor te berei. Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Verskuns vir Eerste Addisionele Taal, die goedgekeurde voorgeskrewe poësiebloemlesing vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal. ’n Volledige antwoordstel is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za.
Best Books Studiewerkgids: Fiela se kind – die drama Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe drama? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Fiela se kind – die drama, die voorgeskrewe drama vir Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die drama word daarin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die dramateks verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids Inleiding tot die drama. Opsommings van al die tonele. Engelse vertalings van moeilike woorde en begrippe asook Engelse hoofstukopsommings. Kontekstuele vrae in Afrikaans en Engels (met aanwysings waar leerders moet antwoord op papier). Antwoorde op alle vrae. ’n Bespreking van die drama, karakterisering, literêre begrippe, simbole, styl en motiewe. Post-leesverrykingsaktiwiteite om leerders se belangstelling aan te wakker. ’n Konsepvraestel om leerders se kennis te toets. Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens die KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Fiela se kind – die drama, die goedgekeurde voorgeskrewe drama vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal.
Die Best Books Eksamenoefenboek vir Graad 12 Huistaal is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help, en waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van Vraestelle 1 en 3 is ingesluit. Hierdie taaloefeninge en konsepvraestelle met wenke sal die worstelende én die vooruitstrewende Huistaal-leerder help om beter te vaar in die eksamen.
Best Books Studiewerkgids: Lien se lankstaanskoene Hoe goed ken jy jou voorgeskrewe roman? Verstaan jy die inhoud en struktuur? Is jy reg om eksamen te skryf daaroor? Hierdie studiewerkgids is spesiaal saamgestel om leerders te help om Lien se lankstaanskoene, die voorgeskrewe roman vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal, ten volle te verstaan en te geniet. Dit voldoen aan die voorskrifte van die Kurrikulum- en assesseringsbeleidsverklaring (KABV) en al die belangrikste aspekte van die roman word hierin gedek – in taal wat leerders verstaan. Onthou! Die gids kan nie op sy eie gebruik word nie, want daar word die hele tyd na die roman verwys. Wat maak ons studiewerkgidse anders? Hierdie studiewerkgids is deel van ’n reeks. Soos die naam sê, is dit nie net ’n gids wat inhoud opsom, vertaal en bespreek nie, maar ook ’n werkboek waarin leerders aantekeninge kan maak. Dit maak hersiening vir die eksamen makliker en hou waardevolle notas bymekaar in een boek. Inhoud van hierdie studiewerkgids • Volledige hoofstukopsommings in Afrikaans sowel as bondige opsommings in Engels. • Onderrigvrae oor feite en begrip (met ’n variasie stelwyses asook denkvlakke wat by die antwoorde aangetoon word). • Praktiese voorstelle vir mondelinge sowel as kort stelwerkstukke. • Skryfhulp vir vraestel 3 deur uitvoerbare mini-skryfoefeninge. • ’n Maklike hersieningsvasvra. • ’n Omvattende lys van woorde en idiomatiese uitdrukkings met hulle Engelse ekwivalente. Alle studiewerkgidse in hierdie reeks is saamgestel volgens KABV-voorskrifte. Hierdie studiewerkgids sluit aan by Lien se lankstaanskoene, die goedgekeurde voorgeskrewe roman vir Graad 12 Afrikaans Eerste Addisionele Taal. ’n Volledige antwoordstel is verkrygbaar by www.bestbooks.co.za.
Die Best Books Eksamenoefenboek vir Graad 12 Eerste Addisionele Taal? is ’n gebruikersvriendelike werkboek wat ’n wye verskeidenheid taaloefeninge bevat om leerders met eksamenvoorbereiding te help, en waardevolle wenke en praktiese idees vir die beantwoording van vrae in Vraestel 1 is ingesluit. Hierdie taaloefeninge en wenke sal die worstelende én die vooruitstrewende addisionele taal-leerder help om beter te vaar in die eksamen.
Die reeks is volgens die Nasionale Kurrikulum- en Assesserings beleidsverklaring (“CAPS”) geskryf. ’n Moontlike werkskedule is ingesluit. Elke hoofstuk begin met ’n oorsig van wat onderrig word en die hulpbronne wat jy benodig. Daar is advies oor die voorgestelde pas wat jou sal help om die hele jaar se werk betyds af te handel. Ons gee by elke onderwerp raad oor hoe om konsepte bekend te stel en hoe om leerders met steierwerk voor te berei en te ondersteun. Al die antwoorde word gegee; jy bespaar dus tyd omdat jy nie die oefeninge self hoef uit te werk nie. ’n Volkleurplakkaat en ’n CD propvol hulpbronne is ook ingesluit om jou met onderrig en assessering te help. Addisionele voorbeeldvrae, toetse of assesserings take, wat jy kan kopieer, sal jou help om jou leerders effektief te assesseer.
Spesifiek geskryf om aan al die vereistes van die nasionale Kurrikulum- en Assessering beleidsverklaring (KABV) te voldoen. Sleutelterme word in rooi gedruk as dit vir die eerste keer verskyn. ’n Lys van hierdie terme word ook in rooi aan die begin van elke eenheid of hoofstuk gelys. Nuwe woorde is in blou en word in die kantlyn verduidelik. Aktiwiteite help leerders om te verstaan wat hulle geleer het. 'n Opsomming aan die einde van elke onderwerp help leerders studeer. Die Formele Assesserings taak (FAT) blokkie bevat take wat leerders voorberei vir die wat in die klas voltooi moet word. Vrae aan die einde van elke onderwerp help leerders met hersiening. ‘n Voorbeeld van ‘n eksamenvraestel aan die einde van die boek sal leerders ook help oefen en leer oor alles wat hulle nodig het om te weet. Gratis studiegids.
X-kit Presteer Letterkunde Studiegidse maak die nasionale voorgeskrewe romans, dramas, kortverhale en gedigte meer toeganklik vir leerders. Dit verskaf kontekstuele inligting, karakterbeskrywings, volledige ontleding van temas, asook spesifieke eksamenriglyne.
Ekstra taaloefeninge is iets wat skaars is en menige onderwyser (ouer
en leerder) soek. Dit is wat die Taalwerkboek Afrikaans Huistaal Graad
10-12 ideaal maak:
Reise kan soms net los oomblikke van belewing wees. Dis die verbande tussen die momente wat van 'n reeks ervarings 'n reis maak - 'n deurlopende belewing van ontdekking en verrassing, die prikkeling van nuutheid, die raakloop van bekendes. Hierdie titel is nie anders nie. Woorde as momente van taalbelewing maak sin in die verband van ander woorde. Maar dis lesers op hulle leestog wat woord met woord skakel. Die lees van 'n gedig is nie 'n passiewe ervaring nie; dis 'n ontdekking, 'n waagstuk, 'n herskepping en 'n belewing - 'n woordreis. "almal is important", lui die titel van die eenheid in die titel met gedigte oor mense. Dit kan ook gese word van die gedigte in hierdie titel: almal is important. Elke gedig is sorgvuldig gekies en het 'n spesifieke tuiste in die eenheid gekry. Lees gerus die bundel, of ten minste eenhede, van voor tot agter deur. 'n Verdere uitnodiging: lees die gedigte hardop.
Kollig Op is in die kol! Kollig Op is die gewildste kursus in Suid-Afrika en het alles wat ’n leerder nodig het in een boek. Kollig Op verbeter uitslae, maak leer prettig, maak onderrig ’n plesier en is maklik om te gebruik. Die Kollig Op Onderwysersgids het beplanningsmateriaal, Formele Assesseringstake, hersieningstoetse en eksamens.
Platinum - eenvoudig briljant! Briljante NKABV-dekking (CAPS) en geskryf deur kundige outeurs; briljante illustrasies en aktiwiteite sal uitslae verbeter en leerders motiveer; briljante onderwyserondersteuning, o.a. fotokopieerbare werkvelle, kontroletoetse en 'n vraagbron CD-ROM, maak voorbereiding vinnig en onderrig maklik; briljant + gehalter = sukses!
X-kit Presteer Letterkunde Studiegidse maak die nasionale voorgeskrewe romans, dramas, kortverhale en gedigte meer toeganklik vir leerders. Dit verskaf kontekstuele inligting, karakterbeskrywings, volledige ontleding van temas, asook spesifieke eksamenriglyne.
X-kit Presteer Letterkunde Studiegidse maak die nasionale voorgeskrewe romans, dramas, kortverhale en gedigte meer toeganklik vir leerders. Dit verskaf kontekstuele inligting, karakterbeskrywings, volledige ontleding van temas, asook spesifieke eksamenriglyne.
Lien se lankstaanskoene Afrikaans EAT Study Guide X-kit Presteer Letterkunde Studiegidse maak die nasionale voorgeskrewe romans, dramas, kortverhale en gedigte meer toeganklik vir leerders. Dit verskaf kontekstuele inligting, karakterbeskrywings, volledige ontleding van temas, asook spesifieke eksamenriglyne.
SLAAG Fisiese Wetenskappe se volledige oorsig van die Graad 12 Fisiese Wetenskappe-kurrikulum sal jou help om vir ʼn suksesvolle eindeksamen voor te berei. Hierdie gids voorsien jou van:
X-kit Presteer Graad 12 Letterkunde Studiegids: Voorgeskrewe gedigte maak die nasionale voorgeskrewe gedigte meer toeganklik vie leerders. Dit verskaf kontekstuele inligting, volledige ontleding van temas, asook spesifieke eksamenriglyne. |
You may like...
Characterizing Entanglement and Quantum…
Jordi Tura i Brugues
Hardcover
The Physics of Inertial Fusion…
Stefano Atzeni, Jurgen Meyer-Ter-Vehn
Hardcover
R10,145
Discovery Miles 101 450
Spectroscopic Methods in the Study of…
Jacob (Theo) Kloprogge
Hardcover
R2,721
Discovery Miles 27 210
|