|
Books > Christianity
Die Verklarende Studiebybel is ’n omvattende Studiebybel gebaseer op
die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans. Twee vooraanstaande
teoloë het die verklarende notas, temas, tekskritiese inligting en
inleidings tot die Bybelboeke redaksioneel versorg om te verseker dat
dié inligting die Bybel getrou ontsluit en in ooreenstemming is met die
nuutste Bybelkundige insigte.
Unieke kenmerke en eienskappe sluit in:
- Teks van die 1933/1953-vertaling van die Bybel in Afrikaans
- Boek-vir-boek-inligting met inleidende artikels tot elke
Bybelboek
- 21 Onderwerp-vir-onderwerp-artikels wat ’n algemene oorsig
bied oor die hele Bybel
- Unieke “Bestudeer die boek”-kassies wat die Bybelboek se
vernaamste temas en leringe verken
- Vers-vir-vers-voetnotas wat dwarsdeur die teks voorkom
- Volkleur karate
Die Verklarende Studiebybel is spesiaal saamgestel om jou Bybelkennis
te verbreed, jou te help om persoonlike Bybelstudie te doen en jou
geestelik te laat groei.
Now available on CD, fifteen powerful a cappella songs from the
South African church, including the acclaimed 'We Are Marching in
the Light of God' (Siyahamba). Recorded in 1984. Songs collected
and edited by Anders Nyberg. Freedom is comingAsikhatali (It
Doesn't Matter)Gabi (Praise the Father)IpharadisiSingabahambayo (On
Earth an Army is Marching)Siph'amandla (O God, Give Us
Power)Akanamandla (He Has No Power)Bamthatha (He's Locked Up)Vula,
Botha (Open, Botha)Shumayela (Come, Let Us Preach)Nkosi, Nkosi
(Lord, Have Mercy)Siyahamba (We Are Marching)Haleluya! Pelo Tsa
Rona (Haleluya! We Sing Your Praises)Thuma Mina (Send Me Jesus)We
shall not give up the fight
Gebeur daar vandag nog wonderwerke? Groot wonderwerke, soos genesing
van terminale siekte en kreupelheid?
Isak Burger vertel in God se wonderbaarlike genesingskrag 11
verstommende ware verhale van gewone mense vir wie daar opreg gebid is
en wat bonatuurlik genees is. Saam met die ware verhale van mense wat
persoonlik wonderbaarlike wonderwerke beleef het, praat Isak oor die
aard van wonderwerke, wonderwerke in die Bybel en die mite dat God en
die wetenskap altyd teenoor mekaar gestel moet word.
Dié ware verhale van bonatuurlike genesings sal elkeen wat dit lees,
verseker dat jý as gelowige Hom ook kan vra om die onmoontlike te doen.
Soms sę Hy ja ...
God se wonderbaarlike genesingskrag getuig van die genade, liefde en
genesingskrag van God – Hy wat gister, vandag en tot in ewigheid
dieselfde is.
The Perfect Gift Bible
The New Living Translation Premium Gift Bible offers today’s most
popular features, including book introductions, a
dictionary/concordance, and a durable binding, at an affordable price.
It’s perfect for individual gift giving or for churches.
The New Living Translation is a clear and trusted English translation
of the Bible. It conveys the precise meaning of the original languages
in a flowing, effortless writing style that promotes comfortable and
meaningful reading.
• 7.25-point type size
The Alpha Guide is a companion to either the Alpha Film Series or
Alpha with Nicky Gumbel. This guide is divided up by session with
an easy-to-read outline so that guests can follow along during each
talk. With simple bullet-point organization and plenty of room for
notes, the guide functions as an invaluable resource to the guest
during Alpha, and as a reference tool for individual reflection
long after Alpha. It is considered an essential resource for Alpha
guests as well as the host and helpers on Alpha. Alpha creates an
environment of hospitality where people can bring their friends,
family, and work colleagues to explore the Christian faith, ask
questions, and share their point of view. Alpha makes it easy to
invite friends to have spiritual conversations which explore life's
biggest questions in a safe and respectful way. Alpha's approach to
hospitality, faith, and discussion is designed to welcome everyone,
especially those who might not describe themselves as Christians or
church-goers. Each session includes time for a large group meal,
short teaching, and small group discussion.
Melo se koninkryk neem kinders op ʼn wonderlike avontuur na die Afrika-bos saam met Melo en haar spesiale dierevriende. Elkeen van die bekoorlike stories is gebou op ʼn Afrika-spreekwoord en gebruik Bybelse beginsels om kinders op ʼn boeiende manier te leer en te inspireer.
Die stories, geskryf deur Thuli Madonsela en lede van haar familie, beklemtoon die belangrikheid van waardes soos eerlikheid, moed, respek, spanwerk en goedhartigheid, terwyl dit die wonders van die skepping benadruk.
Die boodskap van elke storie word versterk deur ʼn relevante teksvers, gebed, vrae vir nadenke, woorde van wysheid en ʼn prettige geloofsgebaseerde aktiwiteit.
Die Vrugte van die Gees is ’n kinderboek wat gebaseer is op die vrugte
van die Gees in Galasiërs 5:22–23 in die Bybel: “Maar die vrug wat die
Gees voortbring, is: liefde, vreugde, vrede, geduld, vriendelikheid,
goedheid, getrouheid, sagmoedigheid en selfbeheersing”.
Hierdie reeks bestaan uit drie boeke wat elkeen drie spesifieke vrugte
van die Gees weergee. Elke boek bevat ’n storie, Bybelstorie, Bybelles,
gebed, Bybelvers en ’n praktiese uitdaging vir elke spesifieke vrug in
die boek. Al die boeke is helder en kleurvol gedruk.
Pikkie Pynappel en Saartjie Suurlemoen verskyn in al die stories saam
met die bepaalde vrug wat in daardie storie voorkom. Hierdie vrug leer
vir Pikkie en Saartjie ’n karakterles in verhouding tot die vrug van
die Gees wat hulle voorstel.
Die Vrugte van die Gees-reeks is geskryf om klein mensies te leer, te
bemoedig en te inspireer oor God se karakter, sodat hulle kan uitstaan
en hierdie karaktertrekke ontwikkel regdeur hulle lewens. Dit help ook
ouers om hulle kinders Bybelse waarhede te leer.
Baie woorde of frases in die Bybel is vir hedendaagse lesers moeilik
verstaanbaar.
Die Toeligtingsbybel ontsluit die Woord op ’n lesersvriendelike,
toeganklike manier. Dit bevat die volledige teks van die vertroude Nuwe
Lewende Vertaling, en verhelder woordkeuses en defi nisies, teologiese
begrippe, historiese konteks en geografiese inligting deur
verduidelikings in hakies. Hierdie toeligtende verduidelikings lei tot
’n dieper waardering vir die rykdom wat in die Skrif opgesluit lę.
God se Woord is ewig en vandag nog relevant. Die Toeligtingsbybel sal
die Skrif op ’n verfrissende wyse verlig en lei tot geloofversterking
en geestelike groei.
• Volledige teks van die NLV Bybel.
• Sinonieme, definisies of ekwivalente vir woordkeuses ter wille van
betekenisverruiming.
• Verduidelikings van teologiese begrippe.
• Historiese konteks en geografiese inligting om vir die leser ’n
vollediger prentjie van die Bybelse leefwęreld te skep.
• Elke Bybelboek het ’n kort inleiding oor die boodskap wat elke boek
oordra.
• Kruisverwysings na ander plekke in die Skrif waar ’n bepaalde
onderwerp aangeroer word.
• 8.8 punt lettergrootte
Reis saam na eerste-eeuse Rome en ontdek hoekom hierdie klassieke reeks
miljoene lesers oor die węreld heen geďnspireer het. Die drie boeke in
die Merk van die Leeu-reeks word as ’n spesiale geskenkstel aangebied.
’n Stem in die wind is die eerste boek in die reeks. Dit vertel die
verhaal van Hadassa, ’n jong Joodse meisie wat as slaaf weggevoer is,
maar steeds vashou aan haar geloof in God. Al voel sy verskeur deur
haar liefde vir ’n aantreklike jong edelman, word Hadassa ’n baken van
hoop en lig te midde van die duisternis en verval rondom haar.
’n Eggo in die duisternis vertel die verhaal van Markus, ’n welgestelde
Romeinse edelman. Diep geraak deur Hadassa se opregte geloof, begin hy
wonder of daar nie méér in die lewe is nie. In sy soeke na betekenis en
geloof, word hy gelei deur ’n sagte fluistering uit die verlede wat hom
kan bevry van die duisternis in sy siel.
Die trilogie sluit af met So seker as wat die dag breek. Dit vertel die
verhaal van Atretes, ’n Germaanse stamleier wat sy vryheid as gladiator
verdien het. Atretes wil saam met sy babaseun teruggaan na Germanië,
maar wat van Rispa, die gelowige weduwee wat sedert sy geboorte vir die
seun gesorg het?
Ontwikkel jou kind se taalvaardigheid met prettige speletjies en
lekkerlees-stories!
In Pret met letters kombineer Wendy Maartens 26 stories met prettige
aktiwiteite om 5- tot 8-jariges se taalvaardigheid ’n hupstoot te gee.
Wendy het woorde gekies wat ’n Bybelse inslag het, soos ark (A),
Betlehemster (B) en Christen (C). Aktiwiteite soos soek die woorde en
eenvoudige blokkiesraaisels sal sorg vir ure se pret vir besige lyfies.
Die antwoorde vir die speletjies word agter in die boek voorsien
The Fruits of the Spirit is a children’s book series based on the fruit
of the Spirit in Galatians 5:22–23 in the Bible: “But the fruit of the
Spirit is love, joy, peace, patience, kindness, goodness, faithfulness,
gentleness, and self-control”.
This series is made up of three books, each depicting three specific
fruits of the Spirit. Each book contains a story, Bible story, Bible
lesson, prayer, Bible verse and a practical application challenge for
each specific fruit in the book. All the books are bold and bright.
In every story you will find Prickles the Pineapple, Miss Lemon the
Lemon and the specific fruit for that story. In each story, the
specific fruit for that part of the book teaches Prickles and Miss
Lemon a character lesson in relation to their fruit of the spirit.
The Fruits of the Spirit series was written to teach, encourage and
inspire little people about the qualities of God so that they can shine
and refine these character traits throughout their lives and will help
parents teach their children Biblical truths.
This book will educate you in the care of your spouse,' explains Dr
Willard Harley. 'Once you have learned its lessons, your spouse
will find you irresistible, a condition that's essential to a happy
and successful marriage.' This fresh and highly entertaining book
identifies the ten most important needs within marriage for
husbands and wives. It teaches you how to fulfil each other's
needs. Couples who find each other irresistible during the early
years of their marriage may become incompatible if they fail to
meet these central needs. According to Dr Harley, the needs of men
and women are similar, but their priorities are vastly different.
Are you able to identify which of the following needs are his and
which are hers? In what order would you place them? Admiration,
Affection, An attractive spouse,Conversation, Domestic support,
Family commitment, Financial support, Honesty and openness,
Recreational companionship, Sexual fulfilment
|
|